Die simboliek in Tesserakt

3+
Hoe lank gaan ek lees: 7 minute

deur Uther Pendragon

As mens net ‘n storie (lees Tesserakt HIER)  lees vir die storie se onthalwe, geniet jy dit dalk, maar verstaan jy die storie net gedeeltelik. Ek stel dikwels meer belang in die rede hoekom ‘n skrywer ‘n storie geskryf het, want dit maak soveel meer aspekte oop as net die detail van die storie self.  In hierdie storie raak ek ‘n tema aan wat altyd in my agterkop dwaal, maar meer onlangs in ‘n gesprek skerp vorentoe gekom het – naamlik: hoe anders sou ‘n mens se lewe uitgedraai het as ‘n mens ‘n ander lewensmaat vroeg in jou lewe ontmoet het, of as mens se omstandighede net effens anders was, of die ontwikkeling van die een of die ander of altwee mense in die verhouding bietjie anders plaasgevind het? Sou daardie persoon nog seksueel dieselfde persoon wees as wie hy of sy nou is?  Hoeveel van ‘n mens se persoonlikheid en emosionele toestand hang van sy of haar seksuele verwesenliking en hul vermoë om dit uit te leef af?  Hoeveel van ons lewens word deur sSinchronositeit en hoeveel deur Oorsaaklikheid bepaal?  Hoeveel Sinchronositeit was daar in ons keuse van seks-/lewensmaat wat jy as bestiering, een of ander metafisiese teken of voorafbestemming geïnterpreteer het toe jy jou keuse gemaak het?  Hoeveel Oorsaaklikheid was daar in die ontwikkeling van julle persoonlikhede en die uitdrukking van jou seksualiteit as gevolg van julle interaksie?

* * *

Volgens Einstein se Relatiwiteitsteorie bestaan die kosmos uit die verhouding tussen tyd, ruimte en massa.

‘n Singulariteit het geen ruimtelike dimensie nie.  ‘n Lyn bestaan in die eerste ruimtelike dimensie.  ‘n Oppervlak bestaan uit twee dimensies en ‘n Kubus bestaan in die derde ruimtelike dimensie. ‘n Hiperkubus of Tesserakt bestaan in die vierde ruimtelike dimensie.  ‘n Tesserakt bestaan uit ses kubusse wat ‘n sentrale kubus omring terwyl dit deur ‘n kubus omsluit is – al agt kubusse het dieselfde afmetings (die model by die storie is ‘n poging om dit in drie dimensies uit te druk, want dit is onmoonlik om dit in die derde ruimtelike dimense uit te druk).  Die binneste vlakke van die omliggende ses kubusse vorm die sye van die binneste kubus terwyl vier van elke kubus se vlakke met die kubusse wat elk omring gedeel word.  Die buitenste vlakke van die ses kubusse rondom die sentrale kubus vorm die sye van die buitenste kubus.

In hierdie storie gaan die aarde deur ‘n singulariteit (soos dit wat in die middel van ‘n swart gat voorkom). ‘n Singulariteit bestaan in die vierde ruimtelike dimensie.  In die storie open agt paralelle heelalle wanneer die aarde deur die singulariteit beweeg.

In die agt verhale is sewe daarvan moontlike uitkomstes (alhoewel een in die onlangse verlede en een in die nabye toekoms plaasvind) van wat met die man en vrou gaan of kon gebeur (tyd is ook ‘n dimensie).  Die eerste deel en die laaste deel is die agste verhaal waaruit (of waarbinne) die ander afspeel en ingesluit is.

In die tyd-aspek is daar die verhaal van die houthut wat in die verlede afspeel en die ruimtestasie wat in die toekoms afspeel, met al die ander stories tussen-in – net soos in ‘n oopgevoude hiperkubus as mens dit op ‘n tydskaal sit – met ‘n onderste kubus (verlede) en ‘n boonste kubus (toekoms) en vyf op dieselfde vlak.

In die massa-aspek is daar die ruimtestasie se gewigloosheid wat met ‘n driedimensionele koppelgang wat op die XYZ asse al die ander modules verbind.  Net soos wat die ruimtestorie die stories wat aan massa onderhewig is, koppel.  Dit is hoekom ek hierdie storie ook in die middel van die ander stories geplaas het.

In die ruimte-aspek is daar die verhale wat op die aarde in alle lokaliteite vanaf die berge tot onder die see, van die woestyn tot op die arktiese sirkel, van die plaas tot suburbia afspeel.  Hierdie ses stories wat op aarde afspeel word deur die ruimtestasie gekoppel.  Die ruimtestasie is die enigste een waar hy die hele aarde tydens sonsondergang deur die venster kan sien – dit simboliseer dat die ruimteman (toekomstige) die geheel van alles en hoe dit gekoppel is (weliswaar deur retrospeksie) kan waarneem.

Die mees hostiele omgewings, wat deur die woestyn en pool stories verteenwoordig word, lê verste van die middel weg, want beide is oor net dominansie en verwerping en nie die seksuele konneksie tussen die man en die vrou nie.  In die Dom/sub stories is daar ‘n balans tussen die wellus en geweld tot beide die man en die vrou se perverse plesier.  Die soetsappige vanilla storie en die wispelturige louerige plaasstorie lê weerskante van die ruimtestorie, want ek dink dat daardie twee scenarios die meeste verhoudings beskryf.  In hierdie drie stories is daar die meeste mag-ekwillibium tussen die man en die vrou.  Die magsewewig skuif al verder weg van die middel na die vrou aan die een kant (onderwater en poolstories) en na die man aan die ander kant (hut en woestynstories).

In die twee stories waar die vrouens vasgevat word staar die vrouens na die son wat hier die manlike natuurkrag (force) simboliseer en waaruit die man sy krag (power) in al die stories put.  Die sonsondergang dui op die man se orgasme.  Waar die son nog bo die horison is, het hy nie afgekom nie.  Die son oorweldig beide vrouens wat aan die man se geweld onderwerp word – die een raak bewusteloos en die ander kan dit net deur skrefie-oë aanskou.  Net in die soetsappige een is daar niks, want die man is so flou dat daar geen magsonewewig tussen hom en die vrou is nie en beide kyk na die sonsondergang.  Die plaasstorie is die enigste een waar die man die son bo die horison en dan weer onder die horison sien – net soos wat hy sy wellus aan en af moet skakel om by sy vrou se libido aan te pas.  In die stories waar die vrouens die mag het, steur hulle nie hulself aan die son nie en gaan slaap of teef ten spyte daarvan.  In die poolstorie trek die man die blindings teen die sonlig toe net soos hy sy verwerping aanvaar.

Water simboliseer weer die vrou se krag (power) in die stories.  In die storie waar die dominante vrou die man onderdruk bly hulle onderwater en die man moet skottelgoed was en sy pis op hom en forseer hom om sy eie sperms op te lek.  Die dominante vrou is ook die natste van al die vrouens – pis, slym en later vol sperms.  In die plaas-storie simboliseer die warm en koue temperature van die stort waaraan sy hom blootstel haar seksuele wispelturigheid waaraan hy homself moet onderskik.  In die Arktiese storie waar die vou hom verwerp is die water verys.  In die hutstorie, die ruimtestorie en die vanilla-storie is die vrouens nat, maar in respons op die man terwyl in die dominatrix storie sy vir haarself sorg.

Die huis en kombuis is ‘n metafoor vir die vrou as die hart van die huis of die eier – wat die man soos die sperm moet penetreer.  In die poolstorie is die vrou nie in die kombuis nie wat haar dissosiasie met die huis wys en in die onderwaterstorie is die man in die kombuis.  Die onderwaterstorie is die enigste een waar die vrou eerder as die man na buite toe gaan – en dan ook om deur ander mans volgespuit te word wat haar dominansie illustreer.  Die kombuis is waar die huis / huisgesin / verbintenis tussen mense rondom kos gebou word – en is vir my meer simbolies van die rede vir die bestaan van ‘n huis as die slaapkamer.  Die enigste storie waar die mense nie in die kombuis seks het nie is in die vanilla storie, want dit is ook die oppervlakkigste, mees sentimentele en kwesbaarste verhouding.  Daar is ten minstens ‘n perskeboom buite wat op kos – maar dus ook versoeking (soos die boom in Eden) buite die huis/verhouding dui.

Jung het geglo dat die mens nie as ‘n tabula rasa begin nie, maar dat mens met ‘n argetipiese potensiaal gebore word.  Ek glo weer dat die seksuele instink en voortplantingsdrang reeds van geboorte af as argitiepe in elke mens vasgelê is, maar dat ‘n tabula rasa stadium (onderworpe aan die spesifieke argetipe) daarop volg wat ingevul word soos wat die persoon ontwikkel en aan sekere positiewe en negatiewe prikkels blootgestel word.  Hierdie prikkels veroorsaak dat die onderliggende seksuele argetipe op sekere maniere gedy of geknou word en in verskillende rigtings kan ontplooi en vergestalt word.

Uiteindelik word elke mens se seksualiteit bepaal deur sy of haar vermoë en geleentheid om aan hierdie oerinstink uitdrukking te gee en kan dit dus nie in isolasie geskied nie.  Die seksuele belewenis is uiteindelik die liggaamlik/emosionele/intellektuele koppeling en interaksie met ‘n ander.  Die stories is hoofsaaklik op die magspel tussen mans en vrouens in ‘n verhouding gefokus en hoe dit hulle seksuele interaksie en dinamika bepaal.  Die storie begin en eindig met die jong mense as ‘n tabula rasa waarop die toekoms geskryf gaan word.

Jung se anima/animus filosofie skemer in van die stories deur soos die magsewewig van die een na die ander seksmaat beweeg.  Ek speel ook ‘n bietjie met Jung se konsep van Sinchronositeit wat ek met die herhalende simbole soos die paralelle heelalle, die onderganende son, die man wat by die huis/kombuis inkom, die aardbewing, uitbeeld.  En hoe, ondanks hierdie eendersheid, die uitkomstes van elke gesprek wat op die aardbewing volg, soos hulle lewens self, elke keer radikaal verskil en dus nie voorspelbaar is nie.  Met ander woorde onvoorspelbare (“Acausal”/ Butterfly effect van Chaos teorie) gebeure wat gevolg het nadat die man en die vrou oor die drumpel gestap het, het veroorsaak dat hulle lewens elke keer radikaal anders uitgedraai het as wat hulle kon voorspel het.

Ek juksapositioneer die konsep van Sinchronositeit met dié van Oorsaaklikhied wat stel dat alles in die kosmos ‘n rede het en dus ‘n effek van daardie rede is.  In die storie verwys dit na die verhouding tussen die man en die vrou wat deur elkeen in verhouding/magspel met die ander bepaal word, m.a.w. die man se dominansie verwek die vrou se submissiwiteit en andersom in sekere gevalle.  Oorsaaklikheid bou ook op Newton waar hy wys dat elke aksie het ‘n gelyke en teenoorgestelde reaksie het wat ek uitbeeld met die Dom/sub verhoudings, die onderhandelde seks in die plaasstorie en in die ruimtestorie waar ek dit deur die mense se bewegings in gewigloosheid uitbeeld.

Vir my is seks veel groter as naai.  Seks is vir my die emosionele en fisiese kommunikasie en interaksie tussen twee mense en as jy regtig gelukkig is, is daar ook intellektuele aspek waarbinne jy die ander kan ontmoet en saam verken.  Hierdie seksuele uitlewing tussen mense is soos die slag en skering van ‘n stuk weefwerk.  Jy het die jukstaposisie en inmekaarwewing van beide nodig om die lap te maak anders is dit net twee bolle tou.

Ek dink dat mens se seksuele wese vanuit die oerinstink waarmee jy gebore is ontwikkel en groei in verhouding met die persoon met wie jy dit kan uitleef.  Jy en jou seksmaat bepaal dus die ontpopping van julle instinkte in mekaar deur die uitlewing daarvan waar die een die klankbord van die ander is.  Jy kan slegs jou seksuele wese heeltemal tot uiting bring as jy met die mees geskikte seksmaat is, maar dat dit heeltemal anders kan evolveer of onderdruk word as jy met enigiemand anders is.  Hierdie balans tussen die manlike en vroulike kragte lei tot ‘n magdom van ervarings wat vanaf geweldige seksuele frustrasie en spanning tot ekstase en vervulling kan wissel.

3+

3 thoughts on “Die simboliek in Tesserakt

  • Avatar
    Nov 7, 2019 at 8:50 am
    Permalink

    Baie interessant. Een ding waarmee ek baie saamstem is dat seks nie net n daad is nie, maar n konneksie – twee energie bronne wat met mekaar kommunikeer en deel. Dit behoort elke keer n belewenis te wees van energie en emosie

    Reply
  • Avatar
    Oct 31, 2019 at 10:47 pm
    Permalink

    Besonder insiggewend, Uther. Ek gaan nog lank herkou hieraan.

    Reply
  • Avatar
    Oct 31, 2019 at 11:26 am
    Permalink

    Uther die veronderstelling dat hierdie skrywe 7 minute neem om te lees is in jukstaposisie met hierdie skryfstuk se waarde en inhoud om ten volle in te neem, te verwerk en jou eie te maak.
    Baie dankie vir veelvlakkige informasie wat ek met elke herlees uit ‘n ander hoek waarneem.
    “It makes you THINK “

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)