Die Waterval

10+
Hoe lank gaan ek lees: 5 minute

deur Annie

My voetval op die grondpad is die enigste klank in die vroegoggend-stilte. Dit en my ritmiese asemhaling, aangepas by die voetval, is al wat my kop nou besig hou.

Hierdie vroegoggend-drafsessies is my tyd. Want hierdie 45 minute behoort net aan my. Ek kan my kop skoonmaak. Dis soos ‘n vorm van meditasie. My gedagtes is net by my voete wat moet vorentoe.

Vanoggend is egter anders as ander oggende. Beelde bly agter my oë verbyflits. Dis beelde wat uit fokus en verwronge is.

Ek versnel my pas, swenk in die tweespoorpaadjie af en dryf myself bergop. Miskien kan ek so ontslae raak van die beelde. My asem begin jaag, maar saam daarmee raak die beelde duideliker. Hulle is minder vaag, minder flitsend. Ek hardloop nog harder en dryf myself tussen die klippe deur. Ek konsentreer nou net op my voete hier onder my.

Die geluid van vallende water bereik my ore en ek weet dis nog net so 800 m tot by die waterval. Daar kan ek asemskep en ‘n paar monde vol koue bergwater drink. En dan is daar die terugtog.

Ek val op die gras langs die stroompie neer, te uitasem om water te drink. Ek probeer my asemhaling beheer. Die sweet stroom oor my en dit voel of my lyf oorverhit. Ek huiwer net ‘n oomblik voor ek regop kom en my tekkies en sokkies uittrek. Met klere en al stap ek die ysige poel in. Die koue water slaan my asem weg. Maar dit verdryf nie die beelde nie. Dit raak eerder meer intens en ek probeer hulle nie meer keer nie – ook nie die swaar en warm gevoel in my bekken nie.

Ek stap dieper die poel in, tot waar die water oor my kop gaan. Dan draai ek op my rug en bly in die water hang. Ek maak my oë toe en gee gestalte aan die beelde in my kop.

Die water maak klein brandertjies om my, soos wanneer iets die water versteur. My hart begin in my borskas skop, maar nie omdat ek bang is nie – eerder van afwagting. Wanneer die water weer stil raak, maak ek my oë oop. Ek kyk vas in jou laggende groenes. Jy staan hier reg voor my in die water.

“Jy is vroeër as gewoonlik.” Ek sien die woorde aan sy mond meer as wat ek dit hoor.

“Ek het harder as gewoonlik gehardloop … gehoop ek sal jou vandag hier kry. Jy was lanklaas hier.” Ek is effens hees as ek praat en my asemhaling het vinniger geword.

Jy kom staan teen my. Met jou linkerhand druk jy my om my bobene teen jou lyf vas en lig my uit die water. Met jou ander hand pluk-pluk jy aan my nat klere.

“Kon jy nie maar soos gewoonlik uitgetrek het nie?” Jou oë is vraend en jou mond is warm teen my koue vel.

Jy laat sak my weer en onder die water stroop jy my drafbroek en broekie af en gooi dit op die gras. My bene strik om jou lyf en ek sien hoe die lag in jou oë opspring. Maar jy sê niks. Jy wikkel net die nat hempie en bra oor my kop en skiet hulle met ‘n boog tot op die gras.

As jy weer vir my kyk, is jou oë ernstig. Jy kyk na my asof jy my die eerste keer sien. Jou oë huiwer op die watervlak, daar waar die ronding van my borste net-net sigbaar is. Ek kan voel hoe my tepels onder die water groei. Nou nie meer van die koue nie, maar van afwagting.

Jy kyk weer in my oë. Jy laat sak jou voorkop teen myne terwyl jou regterhand om my linkerbors vou. Dan soen jy my, eers sag, dan dringender. Jou tong is soekend in my mond. Jou regterhand brei my bors, terwyl jou linkerhand om my boude vou. Sonder om die soen te breek, beweeg jy met my deur die water in die waterval se rigting. Jy mik na daar waar die rotse ‘n holte vorm reg langs die vallende water.

Jy lig my halfpad uit die water, sodat my rug teen die rotse kan stut. Jou mond maak ‘n warm spoor af teen my nek en klamp om my tepel. Jou onderlyf is beurend en soekend teen my. Die warmte van jou mond laat my tepel swel. Ek voel jy suig harder. Dit voel of daar draadjies vanaf my tepel tot in my bekken loop. Dit moet draadjies wees wat vuurtongetjies vervoer, want my bekken slaan aan die brand. Dis asof die warmte van my tepel na my bekken afloop.

Ek boog my rug sodat my bekken nader aan jou kan kom. Ek wil jou voel. Jy skuif jou mond na my regterbors, op dieselfde oomblik wat ek jou hardheid in my hand vat. Jou lyf ruk, maar jy suig my tepel in jou mond in. Weer voel ek die warmte afloop – van my bolyf na my onderlyf. En dan is dit asof van die warmte teen my been afloop.

My vingers vou om jou skag. Ek laat my hand ‘n keer of wat op en af om jou omhoogstaande orgaan beweeg. Daarna druk ek jou stywe effens omlaag en lei hom gretig na my nat opening.

Die water van die waterval val op jou rug en spat in my gesig. Dit verblind my en laat my my fokus verloor. Ek los jou hardheid om die haarslierte en water uit my gesig te vee. My palms druk teen jou bors en ek stoot jou effens weg. Ons albei se asems jaag. Ek gooi my kop agteroor, maak my oë toe en haal diep asem. Ek kan jou hart onder my palms voel klop.

My oë gaan oop. Hulle kyk in joune. Die groen van jou oë is donker van drif en emosies. Sonder om oogkontak te verbreek, begin jy in my instoot. Gretig ontvang ek jou heerlikheid in my nat warmte. Jy is dik geswel en maak my binneste vol. Vir ‘n oomblik kyk ons net na mekaar. Dan, met ‘n kreun, stamp jy dieper in my in, terwyl jy my terselfdertyd teen die rotse oplig. Dis sodat my boude daarteen kan stut. Ek klamp my bene om jou lyf en probeer jou nog dieper in my intrek. Maar jy trek terug – amper heeltemal uit – en stoot jou weer half stampend in my in. Jy hou aan om jouself kragtig heen en weer in my te werk. Jou stoothale word al vinniger en harder.

Dis asof jy die weke wat verby is se frustrasies op my uithaal. Jou vingers grawe in my boude in. Hulle kneus my vel. Dis heerlik pynlik. Net so heerlik en pynlik is die harde rots onder my ruggraat waaroor ek skuur met elke brute stoothaal wat jy gee.

Ek voel hoe die klimaks in my opbou, hoe die vuur in my bekken ‘n vulkaan word. Die vulkaan borrel oor, en ek kreet in die oggendstilte my orgasme oor die veld uit.

Eers wanneer ek van my bergpiek afkom, voel ek hoe jy uitswel en in my begin klop. Jy het opgehou pomp, maar jy beur met jou laaste stoot dieper in my in. Dis asof jy wil seker maak jy stort jou saad so ver as moontlik van die opening van my genotskanaal af in my. Dis asof jy nie wil hê dit moet kan uitloop nie.

Ons bly doodstil in ons sit-lê-posisie. Jy is steeds binne my. Opeens voel ek hoe jy begin uitgly. Dan lig jy jou self op, tree terug in die water en trek my agter jou aan. Ek vou weer my bene om jou lyf terwyl jy my sag soen.

“Maak toe jou oë.” Dis asof jou stem nagalm met die toegaan van my oë. Dan maak jy my bene om jou lyf los. Jy draai my op my rug, sodat ek weer in die water lê.

As ek weer my oë oopmaak is jy weg … soos altyd net weg. Ek draai om op my maag, duik onder die water in en swem na ‘n vlakker deel. As ek my voete laat sak en die bodem raak, stap uit die water. Ek is blou van die koue en die oggendluggie sny ysig deur my nat klere. Maar my kop is stil. Ek tel my tekkies op en begin teen die helling af loop.

Môre sal ek weer hardloop op hierdie roete en tot by die waterval. Jy gaan môre nie hier wees nie, ook nie oormôre of die dag daarna nie. My kop sal jou hiernatoe bring wanneer hy weer genoeg raas.

 

10+

12 thoughts on “Die Waterval

  • Avatar
    Nov 7, 2019 at 8:09 am
    Permalink

    ‘n Baie interessante invalshoek; baie goed geskryf

    Reply
  • Avatar
    Nov 6, 2019 at 11:55 am
    Permalink

    Heerlike storie…. so amper werklik dat dit my ver terug laat dink aan my waterval in die berg op die plaas. Skryf gerus meer Annie

    Reply
  • Avatar
    Nov 4, 2019 at 8:04 am
    Permalink

    Daar is maar net iets aan water… En aan Annie. Regtig ‘n goei een Annie.

    Reply
  • Avatar
    Nov 2, 2019 at 2:12 pm
    Permalink

    Annie, absoluut fantasties geskryf. Sien uit na jou volgende storie.

    Reply
  • Avatar
    Nov 1, 2019 at 4:51 pm
    Permalink

    Ja nee, skryf kan sy skryf. Ek onthou haar eerste storie. Net so baie geniet soos die. Pragtige werk!

    Reply
  • Avatar
    Nov 1, 2019 at 3:38 pm
    Permalink

    Annie ek glo nog steeds jy’s baie eerlik en reguit en ek laaik dit van jou.
    Hoekom jy gelieg het oor jou skryf vermoe is seker omdat jy maar skamerig is van natuur.
    Met hierdie skryf stuk het jy ons dus verras en dit was uiters aangenaam ! !
    Pragtige werk, baie dankie!
    Wanneer jou kop weer raas…vertel ons daarna daar van asseblief…

    Reply
    • Avatar
      Nov 1, 2019 at 3:44 pm
      Permalink

      Gaan soek bietjie (daar is ‘n soekfunksie) Annie het al vir ons geskryf. Ek het geweet sy kan. 😊

      Reply
  • Avatar
    Nov 1, 2019 at 1:51 pm
    Permalink

    Pragtig en diep Annie! Dankie.

    Reply
  • Avatar
    Nov 1, 2019 at 1:20 pm
    Permalink

    Annie!!!! Uiteindelik!!! Wat ‘n fantastiese storie. Wonderlike skryfwerk. Nog, nog, nog!!! X

    Reply
    • Avatar
      Nov 1, 2019 at 2:19 pm
      Permalink

      Annie kan skryf. Daar is nog ‘n storie van haar hier iewers. 😁 Baie sexy storie Annie x

      Reply
      • Avatar
        Nov 1, 2019 at 4:13 pm
        Permalink

        Dis duidelik sy kan skryf. Verskoon my eers, want ek gaan nou dadelik soek na die res!

        Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)