
Gesamentlike vervolgverhaal: Bobaasspeurder Faber (6)
deur Kroo
Taalversorging deur Lusman
Hier staan ek in die stort, rukkende met my klimaks in die kreunende Gerda wat self uitmekaar uit val. Harry staan leunend teen die badkamerdeurkosyn en aanskou die orgie … Fok, nou het ek myself regtig in my moer in gefok, dink ek terwyl ek na Harry se niksseggende-sonder-enige-emosie-gesig kyk.
Harry trek himself regop en sonder ‘n geluid draai hy om en loop weg.
Die twee vrouens weet duidelik nie eens dat Harry daar was nie. Hulle staan mekaar kreunend en steunend soen en vinger. Faber junior het alle lus verloor en ek klim uit die stort, droog af, trek my sweetpak aan en loop uit. Ek wil amper vir myself sê dat ek my verbeel het. Want, was Harry regtig daar? Hoekom het die vrouens hom nie gesien nie?
So in die loop praat ek met myself: Dit kom daarvan! Jou pa het jou gewaarsku om jou ding uit gate te hou! En nou is jy self erger as net ‘n verdagte! Wat gaan jy vir Paul, wat jou opdraggewer is, sê? Vir seker sal Harry, wat dik vriende met hom is, nie stilbly nie! Fok! Fok! Fok!
Ek hou by my kamerdeur verby. Ek het ernstige versterking nodig. Op die drankbuffet in die groot sit-eetkamer het ek ‘n bottel Jameson sien staan. Met net die ster- en maanlig loop ek deur soontoe. Die viervinger wat ek vir my gegooi het is in my hand as ek deur die groot glasdeur na die maanverligte vallei kyk.
Ek besluit om eers so ‘n bietjie in die koel nag te gaan sit om tot verhaal te kom. Ek loop tussen die sitkamerstoele deur. Dan struikel ek oor iets lapperigs. Ek gryp na die muur om myself te stabiliseer en my Jameson te red. Die klein gilletjie wat ek gehoor het, laat my omkyk.
In die halflig sien ek vir Paul en Janeke op die mat lê – kaal. Paul se vaalwit semen loop in straaltjies oor Janeke se bruingebrande maag, soos wat hy half skuins van haar afgeswaai het. Janeke vou haar arms oor haar borste terwyl sy steeds op haar rug lê. Sy draai na Paul toe. Paul kyk na my met groot oë. Ek mompel ‘n verskoning en gooi die kombers wat ek met my gestrompel van hulle afgeruk het na hulle toe. Ek loop kamer toe sonder om ‘n woord te sê. Die lus om op die stoep te sit, is skoon weg.
Met die deur agter my toegedruk, soek ek sitplek op die gemakstoel. My bene voel maar rubberig. Ek het te veel gesien, en ek is te veel gesien. Die groot sluk hardehout loop warm deur my mond en in my keel af en versprei in ‘n gloed deur my. Ek oorweeg dit om stilweg my goed te pak en te verdwyn, sommer van die aarde af te verdwyn voordat enigeen in die groep kan begin notas vergelyk.
Die klik van my deurslot laat my opkyk. Gerda staan met haar rug teen die deur, wat sy toegemaak het. Sy is geklee in ‘n wit japon. Trane biggel oor haar wange.
“Ek is bly jou deur is nie ook gesluit nie,” kom dit stotterend, amper huilend uit haar mond. “Paul het ons kamerdeur gesluit,” snik sy. “Janette en Elisna babbel en giggel,” sê sy met rukkerige asemhaling. “Willem-hulle snork en Harry en Janeke is in ‘n heftige fluistergesprek.”
Ek kyk haar oopmond aan, die glas halfpad na my lippe toe.
“Net jou deur is oop,” snik-snik sy, “en ek soek slaapplek.”
Sy loop na my toe, vat my glas en neem ‘n groot sluk. Die onverdunde alkohol laat haar snak na haar asem. Sy gee die glas vir my terug. Sonder ‘n woord verder, draai sy om en klim in die dubbelbed waar sy toe-oog nog snikkend-hortend asemhaal. Ek sit steeds oopmond versteen met die glas in my hand.
Langsamerhand raak sy rustiger. Sy maak haar oë oop en kyk vir my.
“Jy kan nie die heel nag daar sit nie, kom slaap,” sê sy en tik-tik op die anderkant van die bed agter haar rug. “Ek wil net slaap.”
Ek sluk die laaste van die voggies weg, sit die lig af en klim onder die duvet in. Veiligheidshalwe lê ek ver weg op my eie kant. Ek hoor haar asemhaling rustig raak terwyl ek voel ek is besig om in ‘n rustelose slaap te verval.
So teen ligdag word ek wakker van ‘n gevroetel in my hare en aan my oor. Ek maak my oë oop. Voor my is Gerda se ek-is-lus-oë. Ek wil nog wegdraai, toe soen sy my en pop met haar tong een van daardie vinnig-oplos-pepermente in my mond.
“Die koeël is in elk geval deur die kerk. Gisteraand het net begin lekker raak in die stort en toe ons weer sien, was jy weg,” fluister sy in my oor. “Janette sê jy doen wonderlike dinge met jou hande.” Met dié sit sy my regterhand op haar bors en rits my sweetpaktop oop.
Haar tepel is hard in die palm van my hand en onwillekeurig skulp my vingers om die satynsag ronding. Ons begin sagweg soen. Haar tong vlinder oor my lippe en toe verdwyn alle terughoudendheid. Ons tonge soek vroetelend lêplek bymekaar en beide my hande troetel en bevroetel haar borste en tepels.
Ek verbreek ons soen en trek haar japon heeltemal oop. Sy lig haarself en laat val die japon van haar skouers af en bevry haar arms. Sy is kaal soos ek haar in die stort gesien het. Sy trek my sweetpaktop van my af, haak haar tone in my broek se band in en stroop my kaal. Faber junior begin die lig sien en steier regop.
Ek druk haar weer terug op haar rug en terwyl ek met haar ore en hare speel, soen-lek ek haar keel en bors al laer – totdat my mond om die beurt haar borste insuig en my tande aan haar tepels knibbel. Sy wriemel kreunend en probeer vir Faber junior in haar verlangende warmte indruk. Maar ek het eers ander planne.
Ek skuif laer af en terwyl ek met haar borste speel en die tepels effe knyp, lek ek nat strepies oor haar maagvel en blaas daarop. Haar vel word hoendervleis. Sy druk my kop af tussen haar bene en so met die verbygaan lek ek die geswolle liefdeslippe. Sy kreun en lig haar heupe … soebat vir meer.
Bietjie vir bietjie en tergend lek ek. Ek proe haar luswees. My tong vroetel dieper. Sy maak haar bene heeltemal oop – haar binnelippies krul uit en oop. Haar natwees loop uit haar uit en ek slurp die nektar op. My tong flikker oor die uitstulping van haar klit.
Haar liggaam begin ruk met ‘n klimaks. Sy druk my mond op haar vas en ek suig haar klit tussen my lippe in. My linkerhand bly om die beurt met haar borste en tepels speel, terwyl my regterhand se vingers gladweg in haar vagina inglip.
Die vroetel en suig laat haar kom … en weer kom. Ek laat haar so ‘n bietjie tot verhaal kom en begin dan weer met my vingers die knopperigheid in haar warmnat poesie troetel. Sy tel die ritme met haar heupe op en ek voel hoe sy weer op die kruin van ‘n golf balanseer. Ek buk af, knibbelbyt haar klit en sy stort in die maalkolk van genot in. Ek gly teen haar lyf op en Faber junior vind sonder moeite die polsende warmte. Ek begin haar stoot in pas met die ritme van haar sametrekkings. Haar orgasme bereik ‘n crescendo terwyl sy die duvet in haar mond druk om haar gille te smoor. My eie binneste ontplof. Strome semen stort diep in haar elke keer as ons bekkens ontmoet. Haar sametrekkings melk my rukkend leeg.
En toe lê ons net, hygend, in mekaar se arms en bene verstrengel. Vir ‘n lang tyd.
“Die koeël is nou regtig deur die kerk,” sê sy saggies.
Ek kyk na haar en vra wat sy bedoel.
‘n Traan biggel in haar ooghoek. “Paul gaan my wegjaag,” sê sy.
Ek hou haar maar net vas en sê-vra na ‘n ruk: “Jy is lief vir hom? Maar jy sou met ‘n oper huwelik kon vrede maak?”
Sy knik bevestigend en sê: “Ons het al so geraak-praat van swieng, maar ons het nooit weer … dit genoem nie.”
Na lang ruk stilte sê ek so half versigtig: “Miskien moet julle weer daaroor praat.”
Sy knik net en haar oë val toe, haar asemhaling rustig.
Die son sit al goed hoog toe ek alleen wakker word en vrolike stemme in die eetkamer hoor. Ek stort vinnig en pluk klere aan my lyf. In die eetkamer sit Paul, Gerda, Harry en Janeke met koppe na aan mekaar giggelend en gesels. Die ontbytbuffet-opskepbakke word uitgepak en Paul roep my nader dat ek by hulle moet aansluit. Ons kry kos en koffie en sit aan.
Paul sê vir my dat iemand hom gebel het daaroor dat my neef aan moederskant siek geword het en dat my ondersteuning daar benodig word. Ek sê mompelend dankie en dink: Dis nou ‘n manier om gefire te word.
Maar dit bly vreemd dat die saamwees en die ontbyt baie gemoedelik verloop. Na my tweede koppie koffie maak ek verskoning dat ek maar moet gaan pak en staan op.
Paul staan ook op en groet my vriendelik en gee vir my ‘n koevert. “Pos dit vir my asseblief,” sê hy.
“Sekerlik, sal so maak.” Ek groet vir Harry en Janeke en Gerda.
In die kamer gooi ek my goed in my tas en verkas buitentoe. By my kar staan Gerda.
“Ek kom net behoorlik groet,” sê sy toe sy my soen en vasdruk. “Dankie! Vir alles! Ek weet Paul was jou kliënt, maar uiteindelik was ek toe ook. En Harry en Janeke! Ons het voor jy by ons kom sit het, lekker gesels oor ons gesamentlike toekoms!” sê sy blosend. “Hier is vir jou nog ‘n koevert om te pos asseblief.” Sy draai om en stap met ‘n huppel weg.
Ek klim in my kar en kyk na die twee koeverte. My naam is op albei. Binne die een van Paul is daar ‘n tjek wat vier keer meer is as ons kontrakprys. Daar is ook ‘n dankie-briefie met ‘n verwysing na ene André de Jager wat van my dienste gebruik wil maak.
En die een van Gerda? Dit het ook ‘n verwysing na ‘n vriendin, Petro. En saam daarmee is daar genoeg note wat ‘n FSB-navraag sou ontketen as ek dit sou bank.
Ek val kopskuddend in die pad Kaap toe.