
Gesamentlike vervolgverhaal: Bobaasspeurder Faber (5)
deur Always
Taalversorging deur Lusman
(Lees vorige episode HIER)
Met my hande diep in my broeksakke gesteek, drentel ek deur die tuin huiswaarts. Iemand wat my op daardie oomblik sou sien, sou seker wonder waarom ek so ‘n ernstige uitdrukking op my gesig het. Maar ek loop en dink oor die gebeure van die laaste twee weke. Ek het oorgenoeg om oor na te dink, is my gevolgtrekking toe ek die woonstel binnestap.
Daar is Janette, die heel nuutste byvoeging en ook die gespierde afrigter Christof. Verder is daar nog mev. G, ofte wel Gerda, se woedebui en die beëindiging van haar afrigkontrak met Christof.
Dan is daar nog die voorstel van Paul, Gerda se man. Paul het my vertel hy en Gerda het ‘n huis in die Cederberge. Hulle het ‘n groep vriende genooi om ‘n paar dae daar te kom ontspan oor ‘n langnaweek. Hy vermoed dat sy vrou die kat in die donker knyp met een van die mans, Harry, wat ook daar sal wees. Paul wil hê hy wat Faber is moet hom as genooide by hulle aansluit en dophou wat moontlik tussen Harry en Gerda kan gebeur. Hy kan hom voordoen as Paul se suster Elisna se kêrel, het Paul voorgestel.
Ek was stom van verbasing toe ek Janette, wat ek op die gholfbaan ontmoet en by wie se huis ons ‘n lekker tyd gehad het, ook by Paul-hulle se vakansiehuis raakloop. Voor ek verder vertel wat gebeur het, is dit nodig om mee te deel wat Janette my later vertel met haar gebeur het, voor ek daar opgedaag het.
Terwyl die laatmiddagson goue strepies deur die venster gegooi het, het Janette alleen in die kamer gelê en lees. Haar oë het die reëltjies van links na regs gevolg, maar sy het nie een enkele woord ingeneem nie. Haar aandag was by die stemme in die sitkamer op die onderste verdieping.
Die vakansiehuis het twee verdiepings; bo is al die slaapkamers en badkamers en onder is die kombuis en ruim leefarea. Die gesels en gelag onder haar het haar aandag bly aftrek. Janette het haar leesboek geïrriteerd toegeslaan. Sy’t haar oë toegemaak en na die stemme onder probeer luister.
Paul het my vooraf ingelig oor wie daar gaan wees, so ek het taamlik goed verstaan van wie Janette gepraat het. Die stemme wat sy gehoor het was dié van Gerda en Paul en Willem en sy verloofde, Igna. Willem en Igna kuier gereeld saam met Gerda en Paul, het Paul my vertel. Dan was daar ook Harry – die man wat Paul gemeen het sy vrou hom mee verneuk – en dié se vrou Janeke. Paul het gesê Janette het al vantevore vir Harry ontmoet, maar sy ken glad nie vir Janeke nie.
Volgens Janette het Paul aan die gaste vertel hy het sy suster Elisna en dié se kerel saam genooi. Maar ongelukkig het iets voorgeval en Elisna, soos ook Janette se eie man, kon nie meer kom nie.
Janette se relaas het ingesluit hoe sy, Paul en Gerda Donderdagoggend net na tien voor die huisie stilgehou het. Die ander twee paartjies was kort op hul hakke. Almal het gegroet en afgepak. Paul het dadelik die kaggel in die sitkamer aangesteek om die winterkoue weg te jaag. Igna het koffie gemaak en die groep het rustig voor die kaggel in die sitkamer gesit en ontspan toe iemand aan die voordeur klop.
Paul het die deur gaan oopmaak. Dit was “my suster Elisna se kêrel” het hy my aan die gaste voorgestel.
Janette het vertel sy het haar onderkaak voel val tot op haar skoot. Sy kon haar oë nie glo nie toe sy my sien nie. Want nie net was dit Paul se suster se kêrel nie, maar ook Faber wat ‘n week gelede die hele middag romanties saam met haar spandeer het. Sedert daai middag het sy nog nie weer met my gepraat nie.
Dis oor die einste kêrel wat nou opgedaag het se teenwoordigheid dat Janette in die kamer gaan wegkruip het. Alhoewel sy my wel dadelik herken het, het sy geglo Gerda het my nie van die kontak met hulle op die gholfbaan herken nie.
Maar Janette het geweet dit gaan ‘n opwindende naweek wees, het sy teenoor my erken toe sy my die relaas meegedeel het.
Janette het vertel hoe sy die volgende dag, die Vrydag, heeltyd ‘n plan probeer maak het om my eenkant te kry. Maar Gerda het haar nie veel van ‘n kans gegee nie.
So nou is ek hier en het my eie planne wat ek in werking moet stel. Ek het al ʼn paar keer in Janette se rigting gemik, maar daar is oorgenoeg ander dinge om my besig te hou. Gisteraand het ek wakker geword, want dit het gevoel of iemand my dophou. Deur skrefiesoë het ek mev. G (Gerda vir haar vriende) in die deuropening sien staan. Die kamerlig was af, maar die ganglig het gebrand. Sy het gevra of ek nog wakker is.
Ek het half orent gekom en saggies “Ja” geantwoord.
“Kom kyk. Ek wil vir jou iets gaan wys.”
Ons stap in die lang gang af en gaan staan onder waar die badkamer links afdraai. Sy vat my hand.
“Jou hande is baie koud.”
Ek lag saggies en trek haar teen my vas.
“Wel, jy weet wat hulle sê van koue hande?” terg ek.
En dan besluit ek om ‘n onmoontlike kans te vat. Ek soen haar nat lippe. Sy stop, skep asem en kyk my vas in die oë. Ek dink eers sy gaan my klap, maar dan omhels sy my en soen diep terug. Ek staan met haar styf teen die stort se muur, versigtig om haar nie seer te maak nie. My onderbroek maak ‘n knop en ek posisioneer myself sodat die sagtheid tussen haar bene regoor my ereksie is. My lyf sidder en ek leun met een arm teen die muur. Ek skuur myself liggies teen haar. Sy giggel met haar hand voor haar mond.
“Jy’s jags!” sê sy, maar voordat ek die daad by die woord kan voeg, hoor ek iets by die deur. Toe ek omkyk, word al my nagmerries waar. Daar staan Janette, leunend teen die muur, arms gevou. Sy kyk na ons. Sy het net ‘n loshangende bloes aan, maar ek is blind daarvoor. Al wat ek sien, is dat een nagmerrie op die ander my vir die res van my lewe gaan ry.
“Wat gaan hier aan dat hier niks aangaan nie!” vra sy kwaai. “Toe, toe! Moenie nou ophou omdat ek hier is nie – gaan aan!”
Ek voel hoe my bene lam word en ek weet: Vandag het ek drooggemaak soos nog min in my lewe.
“H… hallo,” stamel ek totaal verbouereerd. “Wat maak jy hier?”
“Ek kom kyk hoe dit lyk as jy my beste vriendin naai!” sê Janette sonder om te skroom.
“Nog nooit!” skerm ek. Ek weet dat ek vandag moeilikheid het wat ek nie sal kan hanteer nie. Dit kom daarvan as jy met alles behalwe jou brein dink!
Ek draai om na Gerda sodat sy moet help verduidelik en daar val my mond vir die soveelste keer die dag weer oop. Sy staan nog net soos ek haar gelos het. Al wat bygekom het, is dat sy nou poedelnakend is met ʼn ekstra stout flikkering in haar oë! Wat de donner …?
Toe ek terugdraai na Janette, besef ek finaal dat ek my laaste varkies verloor het. Want hier kom sy sensueel en kaalvoet aangestap, besig om haar bloes uit te trek. Sy het ‘n ondeunde vonkeling in haar oë! Maak my wakker! Nee moenie my wakker maak nie! maal dit deur my kop.
“Janette het my vertel hoe lekker jy kan naai,” kom dit van Gerda se kant af. “Ek wil ook daardie yslike piel van jou voel. Kom wys my of sy reg is, Faber!”
Ek voel hoe die wêreld om my duisel. Ek draai stadig na Gerda toe en neem haar sag in my arms. Haar mond gaan vanself oop onder my lippe as ek haar vashou en diep soen. Haar arms vou stadig om my nek terwyl sy my nog nader trek en met meer passie soen. Ek voel hoe haar borste styf teen my bors gedruk word en haar tepels soos klein kooltjies vuur teen my skuur.
Janette se mond hang effens oop en haar tong streel oor haar lippe terwyl sy grootoog kyk hoe ons vry. Janette leun oor my en neem Gerda se ander bors in haar hand. Die vrou kreun behaaglik toe Janette die tepel in haar mond neem.
Na ‘n ruk het Gerda beide hande weerskante van haar vriendin se kop geplaas en haar weggedruk van haar bors. Sy buig vooroor en soen Janette hartstogtelik oopmond. Ek voel hoe nog ‘n hand om my voël sluit – Gerda s’n. Saam trek hulle my draad stadig, terwyl hulle tonge mekaar se monde verken.
Asof vooraf ooreengekom, buk die twee vrouens weerskante van my, koppe in die rigting van my onderlyf. Met lang hale van hul tonge lek hulle my skag van onder af – in perfekte harmonie. Wanneer hulle bo kom, lek hulle saam-saam die deursigtige druppels wat onophoudelik op die kop begin pêrel het. Dan soen hulle mekaar weer.
Ek verstyf skielik ongemaklik toe ek ‘n hand hier onder tussen my boude voel. ‘n Slanke, nat vinger soek-soek by my anus. Dit is Janette se vinger. En toe, skielik, het sy dit gevind – sekuur. Ek voel hoe die vinger deur my gewillige kringspier dring en in my wegsink.
“Uhhg, fok … o, fok tog,” kreun ek en druk my onderlyf hard teen Gerda, wat intussen regop gekom het. Sy is ferm met haar rug teen die stortmuur toe ek hard in haar instoot. My teëhoumeganismes het opgehou werk. Ek spuit diep in haar in. Ek voel hoe sy styf om my klem terwyl my voël diep in haar intiemste opening klop. Ek voel hoe my kringspier amper Janette se vinger morsaf druk voor sy dit uithaal.
Oor haar skouer sien ek … Harry?
(Lees volgende episode HIER)
1 COMMENT
Eroties verby, toegestaan, maar die baie karakters verwar effens. Die storie neig meer na Agatha Christie se “Murdered at dinner” of die speletjie “Cluedo”…nie baasspeurder Faber nie.
Makisaki, nogtans storie geniet, Always !