Dis die Ware Jakob
deur Wille Will
Hy staan gebukkend oor die driekwart gevulde badwater en adem die aromatiese geur van die badsout in, wat hy mildelik bygevoeg het. Hy toets die water se temperatuur met sy vingers en draai dan die kouekraan toe. Hy skommel weer die water en as hy voel dis nou amper te warm, draai hy die ander kraan ook toe. Hy’s net gekleë in sy onderbroek en skuif dit sonder seremonie af tot by sy enkels en treë daar uit. Hy klim tentatief in die bad in en as hy voel die water brand nie, skuif hy sy hele liggaam in tot sy voetsole, onder die krane, teen die badwand rus. Net sy tone en sy bo-lyf tot by sy tepels steek bo die water uit.
Hy glimlag as hy sy onbesnede, dik penis ook bo die water sien lê by sy bekken soos ‘n uitgespoelde stuk dryfhout op ‘n eilandjie. Hy neem dit in sy een hand en laat rus sy hoof op die agterrand van die bad en maak sy oë toe. Die badsout prikkel, tintelend, in sy bene, boude en rug op van onder af asof hy sy eie aromaterapie toepas. Hy begin sy penis op en af stimuleer en voel dit groei in sy hand.
Fok, dit was ‘n lang trip. Die oproep het gekom v’more net na hy sy kantoor oopgesluit het: “Jy moet … sorry, more-sê … jy moet onmiddellik afry na ons koöperasie in die Wes-Kaap. Die ouditeure het ‘n groot geldverduistering oopgevlek, die bestuurder het spoorloos verdwyn en die rekenmeester lê in die hospitaal na ‘n angsaanval. Alle vlugte is volbespreek, so gebruik die nuwe 4 x 4, die paaie is rof daar. Hou my op hoogte.”
Hy’t vinnig klere in ‘n drasak gegooi en net voor hy wou loop, by sy PC op sy kletsgroep ingegaan en hulle laat weet dat hy gaan vir ‘n onbetaalde tyd nie beskikbaar wees nie, want hy moet dringend na hierdie dorpie toe gaan vir werk. Een van sy getrouste kletsers, hulle was al soos vriende, het ge-antwoord sy was al daar en hy moet by die Royal Hotel inboek en vra vir kamer 16. Dis die enigste kamer met ‘n aircon en die sagste, lekker bed. Nou ja, hier is hy nou na 14 uur op die pad in kamer 16.
Sy Meneer het nou al meer as semi gegroei en hy begin die ritme versnel en maak sy oë oop en kyk af oor sy liggaam.
“Ai jy speel darem graag met daai ding van jou, Rowwe Rooies,” versplinter ‘n vrouestem sy passie oomblik.
Hy vlieg ôrent dat die water uit die bad spat met: ”Wat de Fok!”
Hy swaai sy hoof na links by die deur waar die stem vandaan gekom het. ‘n Vrou met donkerbruin, skouerlengte hare en donkerblou oë leun teen die deurkosyn met haar arms gevou onder haar klein borsies wat met naakte tepels uitdagend daarop rus. Sy’s atleties gebou, maar het ‘n kleinbroekie aan wat ‘n mors van materiaal was. Haar koek se spleet vertoon duidelik deur die deurskynende materiaal-lappie. Dis alles in ‘n oogopslag.
“Relax,” lag sy en gee ‘n treë tot by die bad en druk sy bo-lyf ferm terug dat hy weer teen die bad se rugkant rus.
“W-wie is jy?” vra hy uit die veld geslaan.
“Vir my om te weet en vir jou om uit te vind.“
Sy gaan op haar knieë langs die bad en tel sy penis op in haar hande. Die woorde wil ‘n klokkie lui êrens in sy agterkop. Hoe ken sy sy skuilnaam op die Internet in hierdie godverlate plekkie?
Sy begin sy penis weer op en af stimuleer sodat die voorvel elke keer afskuif en die pers kop ontbloot en dan weer toegaan.
“Ken ons m-mekaar … uhhh,” stamel hy, maar dit word so lekker by haar hande dat hy nie rêrig ‘n hel omgee nie.
Sy veë haar hare uit haar oë en kyk skuins op in sy oë en met ‘n glimlag sê sy “Miskien …”
Die klokkie lui weer in sy onderbewussyn. Dan sak haar hoof af in die bad en hy voel hoe sy voël in haar mond ingly. Die helder neonlig van die badkamer weerkaats strepiesrooi skynsels in haar haredos wanneer dit nou ritmies op en af oor sy skag beweeg. Sy baie erekte plesierstok voel of dit van sy lyf geskei is in ‘n kurktrekker van genot. Hy steek sy een hand uit en vryf oor haar bo-arm in aanmoediging. Hy gryp vas as hy voel die plesier begin sy beheer oorneem.
Dadelik hoor en voel hy sy lood met ‘n plop uit haar mond uitkom. Sy leun met haar hande op die bad se rand om regop te kom en trek die flenterjie pêntie met‘n sy gladde swoep van haar lyf af. Sy gee ‘n treë tot waar sy hoof rus en plaas haar verste been op die bad se kant. Haar kaalgeskeerde poes is nou ‘n armlengte van sy gesig af en dit lyk of dit geswel is. Haar donker naellak op die gemanikuurde vingers skuif nou oor haar poesie se bo-punt en hy sien hoe haar middelvinger haat klit vrywe. Haar drie vingers gly verder oor haar poesopening dat die buite labia soos flappies oopspring en na twee vrywe druk sy skielikal drie vingers diep in haar genotkanaal in en wanneer sy dit uittrek lui die klokkies nie meer nie.
Hy herken die ring op haar ringvinger van die foto wat sy eenkeer van haar linkerhand op die boeksyfers van haar werk vir hom gestuur het op die groep.Hy kyk op na haar oë en die donkerblou poele wag vir sy herkenning.
“Jy’t tot vervelens toe altyd gesmeek en gesoebat vir ‘n naakfoto of ‘n foto van my moemfie. Hier is nou die ware Jakob.”
Sy laat sak die been wat op die bad geleun het en hou haar hand uit na hom.
“Ek is jou kletsmaat, Malie. Kom ons gaan naai.”
9 COMMENTS
Ek sekondeer.
Wel gedaan ou maat. Pragtige verhaal.
Mooi man! Hierdie storie roep vir n opvolg verhaal…en wat gebeur toe daarna?
Ek buig in ‘n nederige, maar trotse, erkenning vir die komplimente van al my “kletsmaats”…(glimlag)
So’n warm, ‘custard’ gevoel. gaan goed af op die skrywerspalet!
Miskien volg ons die korrupsie saak op die dorp later op, ons gee eers die HELE dorp kans, getrou aan tradisie, om lekker te skinder daaroor.
Ons wag in spanning…
Dankie Will, ek het die ene voorwaar geniet
Welgedaan, Will! Die twee kletskouse gaan na die nag selfs nog meer hê om oor te gesels. Fantastiese storie!
Ha, ten einde laaste is die ou meester terug. Ou Will, hier stem ek ook saam met Annelise, hierdie storie is ook een van die bestes. Wel gedaan ou maat.
Sorry Wille Will, my kop raak koekoes dat ek eers geskryf het dis deur my geskryf. Dis nou reg en ek wou nogal sê dat ek dink hierdie nog van jou bestes is. 🙂