Vingerlekkerte (2)

Hoe lank gaan ek lees: 4 minute

deur Wille Will

Met die wakkerword te danke aan Zack wat opgeklim het en die kwansuis skewe nok probeer reguit slaan het met ‘n hamer, sit bykans almal half regop met groot gape. Ek het my hemp deur die nag uitgetrek en lê op my rug en rus op my elmboë en vra vir Pinky of sy ‘n regte sigaret wil hê. Sy’t bly plat lê, maar haar hand het opgeskuif oor my lende en sy kielie my pishoring met haar naels.

“Nee ek soek hierdie,” mompel sy vanuit die sponskussing en vou haar vingers styf om my voël. Ek loer na Joshua se kant toe, maar altwee slaap nog. Karen lê met haar rug nog vas teen Josh se lyf met sy ontblote arm beskermend om haar. Anemè sit regop terwyl sy die gordyn se punt om haar bo-lyf vashou: “Fôk, Zack, moes jy só vroeg begin!” skree sy op na Zack toe. Ek wonder waarom sy haar tieties toehou, het sy dan ook haar top uitgetrek.

“Wie moet almal klas loop vanoggend?” vra ek hardop en steek my sigaret aan.

Zack sê wrang: “Ek is die enigste poepol, ek het toevallig almal gister gevra.”

Anemè spring op en ek sien haar tepels is stokstyf onder haar bloes voordat sy haar arm weer daaroor plaas en trippel na die kleedkamers toe.

“Cheers julle, ek waai eers,” skree Zack, gryp sy sak en stap voordeur toe.

Ek maak my sigaret sommer dood op die vloer langs my en laat sak weer my lyf af en draai na Pinky toe wat veroorsaak dat sy my voël moet laat los wat sy intussen weer stokstyf gekry het.

“As jy nog aangehou het het ek hier innie kooi gepis.” Ek vryf met my handpalm oor haar wang.

Sy giggel. “Ek wou net kyk of hy weer so groot kan word soos laasnag.”

“Was dit lekker?” vis ek vir komplimente en streel my hand oor haar een bors.

Sy kom vorentoe en soen my met nat lippe op my voorkop.

“Jy sal jou wat verbeel, maar ek het al ‘n paar ouens in my lewe gehad maar nog nie èèn het my gevinger soos wat jy gedoen het nie. Dit was wonderlik.”

Ek voel haar tepel het alweer verhard onder my hand. Ek knyp dit tussen my duim en wysvinger.
Haar hand is skielik hard oor myne.

“Nie nou nie, jy weet Anemè kan enige oomblik terugkom. Ons het mos ooreengekom dat ons dit eendag
behoorlik sal doen?”

Ek soen haar terug op haar voorkop. “Akkoord,” glimlag ek en trek my hand weg.

Pinky klim uit die kooi uit en rek haar lyf terwyl Anemè op daai oomblik terugkeer.

“Môre julle,” sê sy. Die arm is skielik nie meer “kuis” oor die bolyf nie. “Pinky watter kant toe gaan jy nou ry?”

“Ek moet skilder goedjies gaan kry by Brooklyn Mall, hoekom vra jy?” Sy trek haar kortbroek reg waar dit in haar sloot opgetrek het.

“Dit sal my perfek pas, want ek moet my ma ontmoet by die Goddess Café in Waterkloof wat net ‘n paar blokke van daar af is. Kan ek saam ry?”

“Geen probleem, maar wat van Wille ?” glimlag sy en knipoog vir my.

“Ag hy kan na homself omsien, ek’s seker !” lag Anemé.

Haar boudjies is maar baie plat dink ek gemeen wanneer ek weer besef sy voel eintlik fôkol vir
my. Ek wys duime-op na hulle.

Hulle groet en verdwyn na die buitedeur toe.

Ek voel my voël is nog steeds semi-erek en ek staan op om te gaan pis. Toe ek die laaste druppels afskud van my voël, dink ek skielik weer aan Pinky en my meneer wil weer styf word, maar ek bêre hom in my kort broek en stap terug verhoog toe.

Josh lê nog steeds en slaap op sy rug met sy hoof gedraai na die anderkantste muur. Karen sit egter regop met haar bene opgetrek teen haar bors. Sy speel met een van haar rooi haar lokke wat sy om haar vingers draai maar haar blik is versonke in ‘n ander wêreld, asof sy diep sit en dink.

“Lekker geslaap?” vra ek terwyl ek die gordyn begin opvou.

Dis asof sy wakker skrik wanneer sy haar kop na my draai.

“Ha-ha-ha,” lag sy “Jy’t my laat skrik! Môre, Wille, ja dankie en jy?”

Ek het nou alreeds drie kante van die swaar gordyn bymekaar gevou en vou die laaste kant oor. Ek kyk na haar. Daai rooi bos hare is sowaar baie mooi. Daarby het sy sproetjies oor haar neus wat haar baie
onnutsig laat voorkom. Daarmee saam die pragtige groot ligblou oë en ek dink Josh het voorwaar ‘n gelukkie geslaan!

“Ek voel maar bietjie styf v’more,” sê ek. “Ek is nie gewoond om op die vloer te slaap nie”

Sy spring op en stap na my toe. Haar tepels maak harde knoppe onder die mansfrokkie wat sy aan het en sy’t net ‘n deurskynende pêntie aan onder. Goeie fôk, wat ‘n lyf!

Sy stap tot agter my en skielik is haar hande koel op my skouers. Ek sien haar denim en bloes aan Josh se kant van die matras lê.

“Ek masseer jou bietjie dan kry ons jou litte reg vir die dag,” lag sy en haar hande begin my skouers knie.

Haar duime beweeg behendig weerskante van my rugstring af en die voorvingers oor my rug en dan weer op na my bladspiere.

“Aaahhh, dis ‘awesome’ hoor,”sug ek behaaglik.

Karen gee net ‘n laggie en herhaal die aksie nog ‘n paar maal. Meteens knie sy hard aan my twee boude.

“Jammer jy’t ‘n broek aan, dit kniehalter die verslapping van die spiere,” sê sy, maar dan is haar wonderhande by my nek en vir die eerste keer druk haar lyf van agter teen myne. Soos sy my nek op en af masseer beweeg haar borste teen my kaal rug en kan ek haar tepels voel skuur oor my blaaie. Ek raak effens kortasem en voel my ereksie alweer opkom.

“Daarsy, ou Wille, nou sal jy darem lekkerder kan rondstap vandag,” gee sy my ‘n klap op die boud en kom om my gestap.

Sy kyk af na my broek wat met so’n bult uitstaan en lig dan haar kop op en glimlag in my oë.

“Ek dink nou daaraan: Josh gaan v’more sy kar laat diens en ek weet jy bly anderkant die berg. Ek het ‘n voorstel.”

Ek kyk vraend in haar oë terwyl ek so onopsigtelik moontlik my semi probeer plat druk.

“Ry saam met my tot by my Ma se huis dan leen ek jou een van my Pa se swembroeke en ons vang ‘n lekker ‘goof’ terwyl ek intussen jou klere laat was en tuimel droog?”

Sonder enige oordenke sê ek: “Sjoe wat ‘n plan, dit sal lekker wees!”

(Lees volgende episode HIER)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)