
Kampverleiding
deur Annelise
Dit is warm hier in die Karoo al is dit reeds Mei. Ek lê op die opblaasmatras onder die gazebo terwyl my man op ‘n kampstoel naby my voete sit. Hy is besig om na die foto’s op sy kamera te kyk. Ek wou lees, maar ek is selfs te lui daarvoor.
Ek luister na die kamp se geluide. Hierdie tyd van die dag is die meeste mense iewers in ‘n skaduwee. Jy hoor hulle musiek, hoor hulle gesels. Op hierdie fees is mense nie oor dinge soos afgemerkte kampe of persoonlike ruimtes bekommerd nie. Ons het wakker geword en uitgevind iemand het deur die nag ‘n meter van ons koppe af ‘n tent opgeslaan. Ons kon in die bed lê en luister hoe hulle oor vandag se program praat.
Die son skyn op die een helfte van my lyf – my linkerkant. My man weet nie dat ek vir hom agter my donkerbril loer terwyl ek wonder of ek heeltemal in die skaduwee moet inskuif nie. Hoe gelukkig is ek nie dat hierdie soort besluite vir ‘n week lank die enigste soort is wat ek hoef te neem nie?
Ek strek my lyf eers soos ‘n kat en wikkel dan ‘n lui sentimeter op ‘n slag na die koelte. Die beweging trek my man se aandag. Hy kyk na waar my romp met die skuifslag teen my bo-been opgeskuif het. Om sy uitsig interessanter te maak, buig ek my bene albei wanneer ek nog so ‘n entjie dieper onder die skaduwee inskuif. My romp gly al die pad teen my bene op en ek weet hy kan nou waarskynlik my wit broekie sien uitsteek.
Iewers agter die tent lag ‘n vrou. My man kyk nog steeds vir my sonder dat hy weet ek weet. Ek maak my bene effens wyer oop. Hy sit effens regopper in sy stoel. ‘n Man lag nou saam met die vrou en ek sien hoe my man vlugtig in daardie rigting kyk wanneer ek my t-hemp stadig begin optrek. Ek wil vir sy reaksie glimlag, maar konsentreer dan daarop om my borste onder my bra uit te glip.
Hy lig die kamera.
My een hand gly oor my bors terwyl my ander hand van bo af binne my broekie ingly. Ek maak my bors puntstaan en hoor die kamera kliek. My oë is nou toe – ek hoef nie meer te wonder of hy kyk nie. Ek vermoed hy hou nie meer dop of die ander feesgangers ons sien nie.
Ek gee ook nie eintlik meer om nie, want die vingers van my een hand is nou nat. Die kamera kliek weer as ek my hand na my ander bors toe oorskuif. Die son moes my skaduwee gesteel het, want ek voel nou hitte op die agterkant van my hand. Dalk sal ek dit met ander dele van my lyf ook kan voel. Ek draai my heupe bietjie, haal my hand uit my broekie en maak my bene wyer oop. Ja, ek kan die Karoo-son se hitte voel. Dit jaag my temperatuur op.
Ek hoor my man se stoel skuif wanneer ek my broekie se een kant wegtrek sodat die son direk op my kan skyn. Dan vat ek weer aan myself.
Die kamera kliek. En weer en as dit nog kliek dan weet ek nie, want my lyf brand nou.
‘n Mens kan smelt. Smelt is wanneer hitte jou lyf in golwe oor jou vingers laat spoel.
My man is voor my oop bene wanneer ek my oë weer oopmaak. Hy het die kamera neergesit. Sy lyf blok die son van my lyf af. Ek glimlag vir hom en hy weet ek het geweet hy kyk. En dan sak hy oor my af.
2 COMMENTS
Sjoe, dit klink vreeslik lekker. Wens my vrou was game vir so iets!
Werklik bogemiddeld! Verbeelding-stimulerend! Lekker verbeelding en goeie ontknoping.