Die begin (1)
deur Annanina
Dis 12:00 en die Waterfront is besig. Oral is toeriste met hulle moonbags en Duitse aksente. Om die draai sien ek hom buite by ’n tafeltjie sit. Balducci’s vir lunch. Hy smile toe hy my sien en ek wonder wat die gespring in my binneste is.
“Wyn?”
“Wit. Met ys.” Ek gaan sit oorkant hom en sit my handsak op die stoel langs my neer. Haal my serp af en voel hoe die boonste knoop van my hemp oopspring soos my borste teen die knope beur. Hy sien, maar wink die waiter nader. Sy oë blink.
“Wat is ons besig om te doen?”
Ons is verby die stadium waar ons die issue vermy. Dis energie tussen ons is tasbaar. Elektries.
“Dalk moet ons net vry en klaarkry en dis dalk ’n major let-down?”
Ek vat die eerste sluk van my wyn, maar is baie bewus van my lippe op die glas. Hy byt sy onderlip en ek sit vorentoe. Knyp my bene toe.
Ons “praat” al twee jaar hieroor. Twee jaar lank werk ons sy aan sy en elke keer gebeur iets wat ons keer. Of ons besluit om dit te stop voor dit begin. Dis té mal. Té close to home. Té risky. Maar nou is dit té intens.
Twee bottels wyn later gaan ons stap. Daar waar die bote lê en die gedrang van mense minder is. Ons betaal om die een boot van binne af te bekyk. Ek stel fokkol belang in die boot nie. My hart klop in my ore. Is ek reg hiervoor?
Hy stap voor my uit, maak of hy kyk na die kajuit, die kombuis, die stookkamer. Hy verdwyn om ’n draai. Steek sy kop uit en wys my om hom te volg.
“Jy’s mal!”
Wil ek keer, maar ek is in sy arms. Sy arms in oor my lyf, my hande in sy hare.
Sy tong is dringend, soekend in my mond, sy bultende gulp druk styf tussen my bene. Ek is verlam.
“Jy’s mal.”
Kry ek uit. Die keer flou. Sag. Bewerig. My hande bewe, my bene wil swik. Om die tension te breek stap ek voor hom uit. Maak of ek na die boot kyk waarin ek niks belangstel nie.
“Kom hiér!”
Trek hy my aan die voorkant van my hemp om nog ’n hoek. Sy hand glip by my broek in. Sy vingers is binne my en ek vou om sy hand. Ek is vloeiend, glyend, vallend en hy beheer my hele wese met sy regterarm. Ek snak na my asem en klou aan sy nek, versigtig om nie merke op sy gesig te los nie. My asem is agter sy oor, sy ander hand oor my boude. Druk my teen hom vas.
En ek weet: ek is heeltemal verlore. Goddelooslik verlore.
3 COMMENTS
Beslis ‘n opvolg nodig!
Sjoe !…Annanina hierdie storie skree vir ‘n opvolg !
Terg… jou spesiale talent