
Weskus via Botswana en Namibië – hier kom ons!…
deur Always
Taalversorging deur Lusman
(Lees vorige episode HIER)
Afgepak en rustig staan ek op die balkon van die Lüderitz Nest Hotel. Die balkon kyk uit, nie net oor die see nie, maar ook oor hulle baie mooi swembad en privaat strand. Ek en Sandra beskou dié hotel as een van die beste hotelle in Lüderitz. Dit beskik onder andere oor ‘n privaat getypoel, ‘n sauna en ‘n restaurant – een met deksitplek wat uitkyk oor die see.
Ek wag vir Sandra om uit die badkamer te kom voor ek ook ingaan om reg te maak vir ons aandete-afspraak by die restaurant.
Die kroeg in die restaurant in die dorp, ‘n entjie weg van die hotel, is lekker koel en gesellig. Ons verkeer nie lank in die kroeg nie, voor ons na ons eettafel verskuif.
Ek kyk na Sandra wat oorkant my sit. Wanneer sy swart dra lyk sy vreeslik sexy. Haar rooi hare is in kontras met die noupassende swart rok wat sy dra. Haar lae hals vertoon die koperbruin vel van haar borskurwes – wat ‘n mooi gleufie vorm. Die res van haar borste is rond en styf onder die swart nommertjie. Ek kan nie haar bene onder die tafeltjie sien nie, maar ek weet sy dra swart kouse wat tot hoog aan haar bobene gaan. En sy het sexy stewels aan. Ek weet ook dat die kurwes van haar boude vanaand baie goed vertoon wanneer sy staan. Sy dra nie ʼn broekie nie. Onder haar rok is haar poesie vry en kaal.
Ek sit en dink aan wat gebeur het net voordat ons by die voordeur van die hotel uit is. Sy het na my toe gedraai en haar rok opgelig. In die skerp lig van die voorportaal het ek gesnak na my asem. Tussen haar hoog gekousde bene was dit baie duidelik dat sy gewaks het. Heeltemal kaal en baie glad. Ek het na die strepie gestaar wat deur haar vlesige twee labia gevorm word. Ek was onmiddellik lus. Ek wou op my knieë voor haar gaan en haar poesie soen. Ek wou haar lippe van mekaar wegtrek en my tong deur haar pienk voue laat gaan het. Sy het egter gou haar rok laat sak en dit reggetrek.
Ek het na die beweging van haar mooi boude onder haar stywe rok gekyk toe sy voor my by die deur uitgaan. My oë was op die smeulende heupies onder daai kort swart rokkie. Die lang, lenige latlyf met die amperse skaam tieties, haar vel die kleur van koper, was voorop in my gedagtes.
Sedert ons by die restaurant en sy kroeg ingekom het, het al wat ’n man hier is skielik weer daai wip in die stap teruggekry – selfs dié met verwaarloosde bierpense. Hulle het, wanneer hulle ‘n glimp van Sandra gekry het, kiertsregop en met drilboudjies styf saamgetrek rondgestap. Soos altyd, wanneer sy so sexy aangetrek is, is sy ‘n lus vir die oog. Dis dan wanneer mens die hemelsagte poele van lus waarin mans hulself kan verdrink, kan sien. Ek is oortuig daarvan dat sy ou mans snags met wilde drome laat slaap en dat die jonges manjefieke visioene sien. Ek sien die begeertes wat soos kruipswere klop as die manne vir haar hier in die restaurant loer.
Skielik voel ek Sandra se voet tussen my bene onder die tafel. Haar groottoon streel oor my bultende voël. Ek verstik amper aan my wyn. Sy gooi haar kop agteroor en lag lekker.
“Lyk my hy staan sommer maklik en gereeld regop, nè. Hou jy daarvan as ek dit doen?” vra sy onskuldig. Haar speelse glimlag is agter die rand van haar wynglas verbloem, terwyl haar voet steeds oor my broek vryf.
My kopknikkende antwoord op haar vraag is redelik voor die hand liggend.
Die ronde tafeltjie is klein. Ek vat ʼn sluk van my bier en dan probeer ek ongemerk onder die tafeltjie aan haar bene vat. My hand is op haar bobeen. Ek kan die tekstuur van die kous onder my hand voel. Dan trek ek my hand terug en sit dit op die tafel. Sandra se oë kyk belangstellend na wat ek met my hand doen. Met my stoel so naby aan die tafeltjie geskuif as wat dit kan, lig ek weer my hand op. Ek reik weer onder die tafeltjie in – weer na haar bene toe. Hierdie keer vat ek hoog op, verby die rand van die kous. Ek voel die gladde vel van haar bobeen. My vingers streel oor die ontblote deel van haar dy. My bolyf druk hard teen die tafeltjie en ek voel dit begin te kantel. Ek trek my hand terug en sit weer regop.
In haar regterhand hou sy haar wynglas steeds vas. Sy kyk na my en glimlag. Daar is vonkies van ondeundheid in haar heldergroen oë. Sy ken my al lank en sy weet ek is nou jags. Sy weet ek kan nou aan niks anders as haar gladgewakste poesie dink nie. Sy leun oor die tafeltjie na my kant toe. Sy sê iets maar ek kan nie hoor nie. Die musiek is te hard. Ek draai my kop sodat sy in my oor kan praat.
“Wil jy my steek?” vra sy en sit weer terug sonder om my ‘n kans te gee om haar te antwoord.
Sy vat ‘n sluk wyn. Sy glimlag stout, sit die wynglas neer, staan op en trek ongeërg met twee hande haar rok stywer na onder. Dit ontbloot meer van die kurwes van haar borste. Sy beduie sy wil weer iets vir my sê.
“Wat wil jy met my doen?” vra sy terwyl sy na my oorleun. Ek sien sy is haastig vir ‘n antwoord.
“Ek wil jou rok afskeur en …”
Dan het sy weer gaan sit. Ek kan die woorde uitmaak wat haar lippe vorm nadat sy haar handsak oor haar skouer gehaak het: “Volg my.”
Sy staan op.
Ek sit my beursie en selfoon in my broeksak. Dan kyk ek rond voor ek opstaan. Ek druk my hand voor by my broek in. Ek trek my onderbroek se rek oor die bokant van my harde regop staande piel, sodat dit nie so ‘n groot bult in my broek maak nie. Ek volg haar.
Ek dink eers sy gaan uit sodat ons in ons hotelkamer kan gaan naai. Maar sy loop na die badkamers toe. Sy sê ek moet wag. Dan loop sy in die damesbadkamer in. Ek lê terug teen die muur en maak asof ek vir iemand wag – heel normaal. Twee vrouens kom uit. Net voordat die deur toegaan, is sy daar. Sy beduie ek moet inkom. Ek volg haar en sy sluit die deur agter ons.
Ek dink aan die logistiek van die situasie en wonder hoeveel tyd ons het. Die kroeg by die restaurant was nie besig toe ons uitstap nie. Ons was nog besig om vir ons kos te wag. Dit is nog vroeg en niemand gaan ons in die restaurant mis nie, dink ek. Maar hoeveel tyd kan ons hier spandeer voordat iemand kom aanklop? Vyf minute sal ideaal wees vir ‘n vinnige enetjie met Sandra, dink ek. Maar dit gaan nie werk nie. Twee minute sal moet doen.
“Ons het seker nie meer as twee minute nie, Sandra,” sê ek.
“Ons beter vinnig maak,” sê Sandra. “Ek dink ons het dalk net ‘n minuut.”
Sy lig haar rok op en gaan sit wydsbeen op die wasbakblad. Ek wil haar poesie gou eers lek, maar sy por my aan om haar te naai. Ek ruk my broek se ritssluiter oop en haal my harde piel uit. Sy lê met haar bolyf terug terwyl sy haar bene nog wyer oopmaak. My piel se kop is gou by die nat opening van haar poesie en ek penetreer haar dadelik. Ek kyk hoe my piel in haar poesie ingaan. Sy is styf en warm om my piel. Ek naai haar. Ek naai haar vinnig en diep. Haar groot pienk klit is vet geswel. Sy kreun hard. Ek kan nie nog terughou nie. My my piel is nou heeltemal in haar ingedruk. Polsend stort ek my saad in haar poesie.
“Vee gou af!” hyg sy.
Ek trek my piel uit en staan terug. Haar poesie is oopgevlek en druppels semen vloei stadig uit haar uit. Ek gryp ʼn handvol sneespapier by die uitdeler teen die muur en vee haar skoon. Semen bly uitvloei. Ek kry nog sneespapier.
Iemand klop ongeduldig aan die deur.
Ek gooi die sneespapier in die toiletbak, eerder as in die afvaldrom, en spoel.
Sandra is gereed en het haar rok weer netjies reggetrek. Sy sluit die deur oop en ons loop uit. Nie een van ons kyk na die vrou wat ongeduldig geklop het nie.
Ons loop vinnig terug tafel toe. ‘n Oomblik later sit ons weer rustig aan ons drankies en suig. Sandra het ‘n mooi blos op haar gesig en ek smile van oor tot oor. Want so ‘n vinnige rapsie in die openbaar bly maar nou eenmaal baie lekker. Een paartjie by ‘n tafel naby ons kyk na ons asof hulle weet waarvoor ons uit was. Laat julle maar kyk, dink ek.
Terwyl ons nou rustig sit en eet en ons planne vir môre bespreek, wat ‘n besoek aan Kolmanskop insluit, begin ons gesels oor hoe die lewe in die eens klein, maar baie ryk myndorpie moes gewees het.
Sandra het heelwat opgelees en vertel: “Weet jy, dit bestaan al van 1912. Dis gevestig deur die eerste mynwerkers, wat hul nuutgevonde rykdom gebruik het om die dorp te bou. Die argitektoniese styl van ‘n dorpie in Duitsland is nagevolg. Baie geriewe en instellings is aangelê, insluitend ‘n hospitaal, danssaal, kragstasie, skool, kegel-stegie, teater en sportsaal.
“Ja, en daar was selfs ‘n casino en ysfabriek,” las ek by. “Dit het die eerste X-straal-stasie in die suidelike halfrond gehad en ‘n trem het dit met Lüderitz per spoor verbind.”
Sy vervolg: “Met sy casino as die middelpunt van die dorpie, waar jy saans etes kon nuttig terwyl jy na opvoerings kyk, was daar alle soorte feestelike geleenthede gehou.”
Ek vul aan: “Ek sien in my gedagtes hoe die deftig geklede dames, in hul Victoriaanse kleredrag, deur die strate sweef.”
“Tipies man – dink altyd aan vroue,” sê Sandra gemaak beskuldigend.
Sandra spits haar ore toe ek praat van die prostitute: “Daar was honderde los vroue wat besef het dat baie delwers in die beginjare nie hul vroue saamgebring het nie.”
Sandra weet ook van hierdie verwikkeling want sy vervolg met: “Ja, hulle het soontoe uitgewyk vir ’n betalende sondelewe saam met die skattejagters. Die manne moes in die kroeë vir hulle bie en die hoogste bieërs kon dan die nag saam met hulle verwyl.”
Ons is dit eens dat dit maar die beste is wat die manne kon doen, hul alleenheid in ag geneem.
Na ‘n heerlike ete is ons terug kamer toe en gou-gou was ons in droomland.
Die wind skarrel oor die sand, elke nou en dan, maar andersins is dit ‘n sonbakoggend hier tussen die duine op Kolmanskop. Ek en Sandra is besig om van gebou na gebou te loop. Dit bly maar ‘n fotografiese paradys. Elke keer is daar net mooier en mooier foto’s om te neem en dinge om te sien.
Ons wag vir die restaurant in die ou “Casino” om oop te maak sodat ons ontbyt kan nuttig. Daar het al reeds ‘n paar besoekers aangekom; hulle beweeg ook van die een besienswaardigheid na die ander. Ek en Sandra het beplan om na die swembad – of is dit nou die sandbad? – op die koppie te stap. Daarna wil ons na die verste gebou – ek dink dis die hospitaal – gaan. Ons sal hierdie staptog na ontbyt aanpak, besluit ons.
Jy lyk asemrowend vandag, dink ek terwyl Sandra my iets in die restaurant sit en vertel. Dis haar bruingebrande lyf en bene en fyn skouers wat blink in die oggendlig. Jou sexy borste styf teen jou hemp is net genoeg om enige man – en ek dink baie vrouens ook – se verbeelding vrye teuels te gee, dink ek toe ek my koffie afsluk.
Na ete is ons op pad na die swembad van weleer. Jy merk op dat ‘n mens vry voel hier tussen die duine – vry van alle voorafbepaalde reëls en perke wat die samelewing en ook mens persoonlik aan jouself stel.
Jy kyk in die rigting van ’n man wat eenkant staan.
“Wat dink jy is die storie agter die ou op die duin?” vra sy.
My oë vind hom … redelik aantreklik, min of meer ons ouderdom. Daar is ’n tipe rowwe houding omtrent hom.
“Hoekom dink jy is hy alleen daar op die duin?” vra Sandra.
“Dalk is sy vrou siek of moeg of so iets?” sê ek.
“Ja, dalk so iets,” sê sy. Ons laat dit daar terwyl ons aanstap na die eens populêre waterswembad, maar nou ‘n “sandswembad”. Die plek is redelik uit die pad van die ander besienswaardighede en effe op ‘n koppie, sodat mens ‘n redelike uitsig oor alles om jou het. Jy kan met ‘n staalleer opklim en inklim en in die sand speel. Jy kan ook om loop en heerlik aan die agterkant die duinevlakte bewonder.
Ek besluit ek gaan om loop terwyl Sandra met die leer op is. Sy gaan sit op ‘n sandwal.
Anderkant aangekom, kry ek die ou oor wie ons gepraat het daar.
“Newly-weds?” vra hy.
Ek verduidelik aan hom dat ons al jare getroud is. Maar, met ’n pragtige vrou soos myne, voel dit tog of ons pasgetroudes is, maak ek dit aan hom duidelik.
“Oh, that is very true … she is beautiful,” sê hy.
Ek vra hom of hy getroud is. Hy sê dat hy wel tegnies getroud is. Maar sy vrou het net na hul onlangse troue saam met die strooijonker weggeloop. Hy het toe maar besluit om alleen vakansie te kom hou.
Ek staan lekker en gesels met die vreemdeling, wat verbasend soos ‘n ou kennis voel. Ek nooi hom om later ‘n drankie saam met ons te kom geniet as ons terug is by die Lüderitz Nest Hotel.
Op pad terug Lüderitz toe besluit ons om ‘n draai of twee te ry. Dit sluit ‘n besoek aan die Dias-kruis, die Görke-huis (‘n voorbeeld van Lüderitz se koloniale Duitse boustyl) en die Lüderitz-museum in. Dan keer ons terug na ons blyplek.
Na ‘n lekker stort gaan soek ons lafenis vir ons kele by die deksitplekke wat uitkyk oor die see. Sandra is nou geklee in ‘n sarong.
“Vandag se trip na Kolmanskop was so lekker!” sê sy met ’n ondeunde uitdrukking op haar gesig. Ek sien hoe die duiweltjies dans in daai oë.
“Another bottle of wine sir?” vra die kelner, met ’n sterk Duitse aksent.
Ons bestel nog ’n bottel wyn, want na vandag se hitte proe die wyn net ekstra lekker. Ons sit en luister na sexy jazz-klanke wat van die klavier en die sangeres in die onthaalarea ’n paar meter van ons af kom. Daar is spanning in die lug, ’n tipe antisipasie van iets wat gaan of moet gebeur – ’n gevoel wat moeilik is om te beskryf. Ek vertel Sandra daarvan en sy voel dieselfde. Dit raak weer stil tussen ons. Dis net die klanke van die verleidelike stem, haar klavier en die water op die strand.
Intussen het Jorg, die ou wat ek op die duine raakgeloop het, by ons aangesluit. Ons gesels oor die dag en oor Namibië. Na ete sit ons weer rustig en kuier, toe Sandra die stilte verbreek.
“Arme siel. Ek kry hom so jammer,” sê sy na hy weg is om iets in sy kamer te gaan haal.
Ons besluit om gou langs die strand te gaan stap. Dit voel vir ons soos ure se stap toe ons stop om na die maanlig in die water te kyk. Ek staan agter Sandra en begin haar al in haar nek af soen. Sy begin sagte geluide van plesier maak. Sy staan daar in haar deurskynende sarong op die strand terwyl my hande oral op haar is. As my vingers oor haar lippies onder die sarong begin gly, merk ek sy is nat van opwinding. Ek voel hoe haar hand agter haar soek na my manlikheid – en dit vind.
My broek val op die sand. Sy het nog altyd die beste handjobs gegee … en daar is geen rede hoekom my broek in plek moes bly nie.
“Oh God, sorry, I did not mean to … sorry!” hoor ons ’n stem en kom agter dat dit ons nuwe vriend is wat op ons afgekom het op die strand.
Sandra lyk vir my so ontspanne en ek vra fluisterend in haar oor of sy vanaand iets mal wil doen.
“O-o, ja,” fluister sy vir my terug soos sy altyd doen as sy stoute idees het.
“Well, my gorgeous wife has just told me that she would not mind your company tonight,” sê ek en knipoog vir hom terwyl hy naderstap.
Ek neem Sandra in my arms en begin haar soen. Sy soen my terug soos iemand wat honger is om gesoen te word.
Dit was die begin van een van die mees verstommende goed wat ek en sy tot nog toe gedoen het!
Ek staan voor Sanda en hy agter haar. Sy kreun van plesier.
Ek knoop haar sarong los en dit val op die strand. Sy staan naak hier voor my en ’n relatief vreemde man. Maar tog voel dit of mens hom al jare ken. Dit voel vir my of ek Sandra vir die eerste keer so kaal sien.
“Jy oukei?” fluister-vra ek haar. Sy antwoord met ’n “h’m-m-m … ja.” Ek voel hoe sy my manlikheid so ’n ekstra harde trek gee – soos sy doen as sy my regtig jags wil maak.
Die ou agter Sandra beweeg nog nader. Hy neem haar verleidelike heupe in sy hande en druk sy onderlyf styf teen haar vas. Sy hande op haar heupe beweeg stadig om haar lyf en oor haar maag en verder op. Dit gryp dan al twee borste vas. Met my kop hier naby hare, merk ek sy tong is warm en nat in haar nek.
Sandra se nippels word hard; die man se hande bly terg. Ek soen vir Sandra nou en laat my hande afsak na haar boude. Hard druk ek haar teen my vas. Hy terg haar nog steeds met sy tong. Ek kan sien sy kan sy harde piel teen haar boude voel druk. Sy druk terug.
Die man se hande terg en trek nog steeds aan twee harde tepels. Maar dan los hy hulle skielik en beweeg af ondertoe. Sy hande stryk oor haar heupe, voor hulle hul pad na onder begin. Ek sien hoe sy een hand op Sandra se boud rus, terwyl die ander hand afgaan na haar mik. Ek merk dan hoe ’n honger vinger tussen haar lippies, wat nou nat in die maanlig glinster, ingaan en dit tussen die lippies deur getrek word.
As ek my kop laat sak en van naderby kyk, sien ek dat sy middelvinger diep binne haar tot ruste kom. Dan trek hy die vinger terug en speel weer oor haar lippies. Weer druk hy hom terug en trek weer uit. En weer. Ek let op dat die vinger ’n goeie in-en-uit-ritme bereik. As hy op ‘n stadium die vinger weer uittrek en op haar klit plaas, sien en voel ek hoe sy haar heupe vorentoe druk.
Aan my omhelsing van haar kan ek voel hoe haar regterhand agter haar soek en hoe haar arm beweeg met sy oopgeritste manlikheid in haar hand. Die plesier wat ek kry daaruit om haar so te sien, maak my mal. Haar geluide word al hoe harder. Terwyl hy met haar lippies speel, voel ek hoe sy haar van my omhelsing losmaak en vooroor buig. Sy leun so half teen my, my stywe in haar hand by haar gesig as die man sy piel, sy broek nou op sy voete, in haar druk. Ek sien hoe hy begin stoot. Hulle ritme raak al hoe vinniger. Haar geluide raak al hoe intenser. Daar is iets heeltemal anders in haar gekreun, kan ek hoor.
Dan sak ons besoeker af grond toe en gaan lê op sy rug, sy broek steeds op sy voete en sy piel penregop. Sandra kom regop. Sy draai om, gaan staan wydsbeen oor hom en sak dan oor hom af. Sandra druk sy orgaan terug in haar nat poesie en beduie vir my om nader te kom. Sy neem my weer in haar hand.
Dan begin sy hom ritmies ry. Ek kan sien hoe hy in en uit haar beweeg. Hy blink van haar natheid. In, uit, in, uit … Dit moet die sexyste ding wees wat ek in ‘n lang tyd gesien het.
Sandra is besig is om haarself eroties so te geniet – sonder inhibisies. Dit voel of alles om ons gestop het. Ek kan sien hoe Sandra se onderlyf al hoe vinniger teen sy onderlyf vasslaan. Haar boudjies lyk so heet soos sy hom ry – al hoe vinniger en vinniger.
Ons maak die heeltyd oogkontak en skielik skree sy van plesier soos sy ‘n orgasme bereik. Terwyl Sandra se lyf tot stilstand gekom het, hou hy vir omtrent nog ’n minuut of twee aan om haar van onder te pomp. Dan gebeur dieselfde met hom; hy stort oor die rand. Wat ’n gesig!
“Jy oukei?” vra Sandra dié keer vir my. Al wat ek kan uiter is wow!
Ek gee die bietjie klere wat sy aangehad het vir haar aan. Ons begin lag, want ons het skoon van ons “gas” vergeet. Hy het intussen opgestaan, sy broek opgetrek en sy belt vasgemaak. Hy bedank ons vir die wonderlike ervaring en noem dat hy môre terugvlieg huis toe.
Terug in ons kamer maak ek sjampanje oop terwyl Sandra in die stort verdwyn. Dan kom sy tevoorskyn sonder klere, met ‘n groot glimlag.
“En nou is dit jou beurt, Meneer …”
Ons naakte liggame is nat en warm teen mekaar, en ons brand om mekaar te kan voel, eet en lek. Sandra skuif terug op die bed en gaan lê op haar rug. Ek kom staan hande-viervoet oor haar en draai myself dat ek in die 69-posisie oor haar hurk. Ek begin haar bene weg van mekaar trek. Ek trek ook haar lippies van mekaar af voor ek met my tong oor haar klit begin vryf.
My piel is hard en nat in haar gesig as ek afsak. Sy vat hom hard in haar hande vas. Sy trek op en af teen my skag, eers stadig en dan vinniger. Sy maak haar mond oop en neem my piel gretig tussen haar lippe. Ek druk hom dieper in haar mond in; in ‘n laag hurkende posisie kom ek oor haar gesig tot stilstand. Sy lek my voël en suig hard, terwyl ek haar klit nog steeds hard suig en met my vingers in haar opening speel.
Ons kom regop en verander weer van posisie. Sy staan op haar hande en knieë op die bed en ek voel hoe my piel teen haar opening aandruk. Sy stoot haar knielende knieë wyer uitmekaar uit en druk haar heupe hard agtertoe. Ek voel hoe my piel hard in haar opdruk. Dan begin ek haar teen ’n stadige tempo steek.
Sy vat my in haar binneste in en ek voel hoe ek haar hard en diep volmaak. Sy lê effe vorentoe en as ek my lyf vir ‘n oomblik stil hou, begin sy, op haar beurt, my stadig en ritmies steek. Ek kan maar net konsentreer op al die verskillende sensasies en plesiere wat sy aan my verskaf. Die plesier wat sy my gee, is besig om oor te neem. Ek sukkel om te konsentreer op alles wat om my aangaan. Ek weet net dat ek enige oomblik gaan kom, en kan voel hoe die hitte besig is om op te beweeg in my liggaam.
Soos dit is, het ek met my beste bewegings gewag tot sy naby is. Ek beweeg my heupe nou van kant tot kant om haar doos se sye te vryf. Sy sper haar oë en haak haar onderbene oor my kuite toe sy begin brul in haar orgasme. Ek ry haar asof ek in die pornofliek Deep Throat speel: my heupe klap teen haar boude in ‘n plat, dierlike ritme. Met ’n harde kreun kom ek in haar. Dik, warm strome maak haar vol.
“Ek dink nie ek het al ooit so naby aan jou gevoel nie,” sê Sandra.
“Ek wou dit nou net self sê,” antwoord ek en besef van voor af wat ’n spesiale band daar tussen ons is – die welkome nagevolge van gereelde, goeie, orgasmiese seks.
Saterdagoggend lê ons al van vroeg af wakker en besluit – voor ons klaarmaak vir ons dagtoer in die Sperrgebiet – wat ons later die dag, na die toer, gaan doen. Want ons gaan eers môre die pad vat Port Nolloth toe.
Ons word net na 08:30 buite ons hotel deur ‘n dame met ‘n 4×4 opgelaai. Aangesien ons die enigste paar is wat vir die toer geboek is, kry ons reguit rigting na die Rotkop-hek.
Ons toergits is ‘n Duitse dame met die naam Megan. Sy is goedbedeeld, effens mollig maar met ’n baie mooi oop en vriendelike gesig. Haar oë is ‘n haselneut-bruin en spreek meestal net van vriendelikheid. Sy bly al ‘n geruime tyd in Lüderitz en ken die myne en spookdorpies se geskiedenis baie goed.
Ons eerste stop is by die waterpompdorp Grillental, wat oorspronklik ook water aan Kolmanskop voorsien het. Ons volgende stop sou die spookdorp Pomona wees. Maar voordat ons daar aankom, stop ons eers by ‘n paar ander mynruïnes, insluitend die ruïnes van die Pomona-myn. Die stilte en die gesig van die sand wat die geboue verslind is nogal spookagtig.
Volgende kom ons in Pomona aan. Megan doen met ons ‘n vinnige rit deur die verlate dorp om die verskillende puinhope en hul gebruike uit te wys. Ons sien ‘n hele paar ou geboue en fasiliteite: die bakkery, die administratiewe kantore, die rolbalbaan en die winkelsentrum. Daar is ook ‘n paar badkamers en koshuise te sien.
Ons toeriste-4×4 staan buite ‘n verlate ou gastehuis, waar ons reg is om ons middagete te eet. Terwyl Megan ons maaltyd voorberei en Sandra haar geselskap hou, het ek die geleentheid om in die strate van Pomona rond te dwaal en die fantastiese ruïnes en uitsigte te fotografeer.
Megan het ‘n koue middagete saamgebring, wat slaaie, brood, schnitzels en kaas insluit. ‘n Klein koelboks met drankies is ook beskikbaar. Die ou gastehuis in Pomona is ons “woestynrestaurant” en dit bied beslis ‘n outentieke ervaring. Na middagete is ons weer op pad.
Verskeie interessante terreine word uitgewys en meer oor die geskiedenis van die mynbou hier in die Sperrgebiet word uiteengesit.
Ons volgende stop is die beroemde Bogenfels-rotsboog in die see net buite die verlate gehuggie met die naam Bogenfels. Hier geniet ons koffie en beskuit. Sandra en Megan besluit om die boog te bestyg. Ek bly agter om die skouspelagtige uitsig te fotografeer. Na koffie ry ons deur die gehuggie van ouds. Megan wys meer van die puinhope uit en verduidel die gebruike daarvan.
Nou is dit tyd om terug te keer! Die toer het ons die hele dag besig gehou en ons het baie gery. Die ou myndorpe is almal ‘n hele entjie van mekaar af en die pad is sanderig en lastig om te ry. Maar gelukkig is daar die fantastiese fotografiese geleenthede, en soos voorheen genoem, is dit ‘n baie outentieke ervaring en een van die beste aktiwiteite om in die Lüderitz-area te onderneem.
Laatmiddag terug in Lüderitz en klaar gestort, lê ek op die bed. Ek het die TV aangeskakel en rits deur die kanale. Maar hierdie tyd van die dag is daar niks wat my aandag trek nie.
Skielik is dit weer stil. Die enigste geluide is die sonbesies in die bome.
“Hè?” sê ek met toe oë toe Sandra iets sê en ek nie kan uitmaak wat dit is nie.
“Ek wil gou na die kurio-winkel toe gaan hier langs die hotel. Wil jy saamgaan?”
“Ek dink nie so nie, stap jy maar,” antwoord ek lui-lui.
Sandra het haar denimkortbroek uitgetrek en ‘n ligte somersrok aangetrek. Sy het haar hare netjies gekam. Sy kom sit langs my op die bed.
“Ek’s nou terug,” sê sy en soen my. “Ek wil sommer vir ons ‘n aandenking of twee koop.”
“Oukei.”
Ek moes ingesluimer het, want toe die kamerdeur weer oopgaan skrik ek effe.
“Kom ou slaapkous, dis amper tyd vir aandete. Laat jy aantrek sodat ons ‘n lekker stywe dop gaan drink.”
Sandra se geel somersrok wat so aan haar vasklou maak dit onmoontlik om haar te ignoreer. Ek voel ook daai bekende gekriewel in my broek.
Ek en Sandra is al ‘n rukkie in die skemerkelk-area toe ek hulle vir die eerste keer opmerk. Dis seker twee van die aantreklikste vroue wat ek in ‘n lang tyd gesien het.
Hulle sit in ‘n donker, stil hoekie met hulle koppe naby mekaar en gesels. Die een is blond en die ander een donker. Die blonde meisie se vrolike rok glip kort-kort van haar skouer af. Haar vel lyk soos porselein. Die donkerkop se bloedrooi mini wys dat sy pragtige bronskleurige bene het.
Die donkerkop sê blykbaar iets amusants en gooi haar kop agteroor terwyl sy lag. Die blonde vrou reik glimlaggend met haar hand oor die tafel en streel oor die donkerkop se hand. Sy bring die donkerkop se hand na haar mond toe. Sy soen die vingers een vir een. Dan maak sy haar mond oop en gee elke vinger ‘n paar klein bytjies. Die twee vroue kyk vurig in mekaar se oë. Ek verstik amper aan my drankie en staar hulle nou openlik aan.
Die twee raak weer aan die gesels, maar die atmosfeer tussen hulle is nou intiemer. Die donkerkop raak ontslae van haar swart sandaal en stuur haar voet sekuur tussen die blonde meisie se bene in. Ek sien hoe die blonde meisie se bene stadig oopgaan.
Sandra gee my hand ‘n drukkie en vra of ek die show geniet.
As ek na Sandra kyk, voel dit asof ek ‘n droom beleef, ‘n heerlik erotiese droom. Sandra trek my aandag na haar borste. Terwyl ek na hulle staar, kan ek sien hoe haar tepeltjies hard word en teen haar rok beur.
Die twee meisies kyk mekaar vas in die oë. Die blonde meisie se uitdrukking verander en sy fluister ‘n paar woorde naby die donkerkop se oor. Dié soen die blonde meisie se palm en wink die kelner nader.
Ek en Sandra hou die meisies dop terwyl hulle hand aan hand by die restaurant uitstap. My broek raak nou ongemaklik en ek voel Sandra se hand op my knop. ‘n Rukkie later vra sy my of ek ook aan die twee meisies dink. Sy sê die een se vel is so mooi porseleinwit en die ander een s’n so mooi brons. En die blonde meisie se borste is so mooi vol. Hul lywe sal mekaar so mooi komplementeer as albei kaal is en hulle teen mekaar aandruk. Sandra lek haar lippe af as sy vir my kyk, om te sien hoe ek op haar jagsmakende sêgoed reageer. Sy kan natuurlik veel uit die vergroting van die knop in my broek aflei.
Die prentjie van die twee se kaal borste teenmekaar is te veel vir my. Ek vat vinnig ‘n sluk van my wyn. As ek na Sandra kyk, kan ek sien dat sy net so opgewerk is.
Terug in die kamer gaan sit ek langs Sandra op die bed en buig vooroor om haar sag, maar dringend, te soen. My liggaam wil die pas al vinniger maak, maar ek hou my terug. Ek dink aan die plesier wat ek haar vanaand wil gee. Ek soen haar gesig, haar nek, haar ore. My tong in haar oor laat haar kreun van plesier. Ek byt geniepsig aan haar oorlel en sy smeek my om aan te hou of op te hou … ek is nie seker nie. Ek beweeg af na haar borste. Albei roosknoppies staan al vol in die blom. Ek probeer kophou, maar my liggaam vra na verlossing. Ek sit myself deur loutere hel van begeerte – suig en byt eers haar een bors, dan die ander. Sandra se hande is in my hare en sy wriemel onder my. Ek soen haar magie en druk my tong in haar naeltjie.
Sandra sê en kreun woorde wat ek nie mooi uitmaak nie, maar ek verstaan dit baie goed. My tong beweeg in haar papnat vallei van genot in. Die tong soek ‘n paar sekondes voor ek die klein piekie ontdek. Eers laat ek my tong ‘n paar keer daaroor gly. Sandra kerm al hoe harder. Ek begin liggies daaraan suig en nie lank daarna nie voel ek hoe haar spiere begin saamtrek. Ek weet nie hoeveel langer ek dit sal kan uithou nie. Dit voel soos ure en dit voel asof ek wil bars.
Toe Sandra kom, voel dit vir my asof ek die grootste prys gewen het. Ek soen haar binnebene terwyl my hande vinnig van my broek ontslae raak.
Minute later lê ons in mekaar se arms, uitgeput. Miskien weet vroue beter oor vroue, maar ek weet beter oor Sandra.
En ek weet Lüderitz was die moeite werd, nie net vir gewone toerisme nie, maar ook vir lyfplesier.
(Lees volgende episode HIER)
5 COMMENTS
Wat n puik storie. Wel gedaan
Terwyl ek die storie lees kuier my gedagtes by ‘n ander storie wat ek lank terug gelees het. Daar het die gids die woestyn beskryf as ‘n vrou.
Die storie het my met heerlike heimweë gevul.
Baie lekker gelees. Dankie
Ja, ek herinner my ook daaraan…verbeel my dit was deur formidabele Annelise geskep>
Dis lekker om te lees veral as mens al self daar was en daar gebly het- dankie!
Shitterbox, dit was nog ‘n bo-baas storie in die reeks…. mens wil nie hê dit moet ophou nie. Pragtig geskryf Always met historiese feite en aanwysings slim ge-integreer !
Genotvol is die minste wat ek kan sê ! ☺