
Die trofeë
deur Ramkat Erasmus
Neto sit voor op die spoorsnystoeltjie wat op die Cruiser se neus gemonteer is. Dis warm. Snikheet warm. Maar dit pla hom blykbaar nie. Selfs in die koelte van die Karee waar ek geparkeer het is dit warm.
Ek hoor die deur oopgaan en kyk op. Sy kom uitgestap, haar blonde hare in ‘n kamoefleerdoek opgebind en onder ‘n bofbalpet ingedruk. Sy’t ‘n stywe kamoefleerboek aan, stewels en ‘n kamoefleerhemp wat styf span oor haar indrukwekkende borste. Oor haar skouer hang haar 375 H&H geweer. Dis bietjie lig in die broek vir ‘n buffel, maar sy kan nie veel groter geweer, of kaliber, hanteer nie. Dis die kleinste wettige kaliber om buffel mee te jag en soos hulle sê “The customer is King.”
Ek klim uit, loop om die Cruiser se neus en vat die geweer by haar. Ek leun in die kajuit in en sit die geweer versigtig in die rak teen die agterruit van die kajuit. Onder hare hang my 500 Nitro Express. Ek hou die deur vir haar oop en sy klim in. Ek is terdeë bewus van die boudjies onder die broek wat so styf span.
Ek klim agter die wiel in en ons trek weg.
“Jy reg vir die ding?” vra ek.
Sy knik net en kyk by die kantvenster uit. Ek vermoed sy is baie senuweeagtig en ek blameer haar nie. Dit sit nie in enige man se broek om ‘n trofeëbuffel te jag nie. Ook nie in enige vrou se broek nie.
Ons kies koers in die rigting van die rivier waar Neto gesê het hy het spore gesien van ‘n paar groot daggaboys – dis nou alleenloper buffelbulle. Soms loop hulle drie of vier in ‘n trop saam. Die Cruiser stamp en stoot oor die rowwe paadjie en as ek na haar kyk, klou sy met een hand aan die handvatsel teen die dak vas, en met die ander arm probeer sy keer dat daai borste nie te veel rondskud nie.
Na omtrent dertig minute van heen en weer ry, steek Neto sy hand op. Ek stop en hy spring af. Hy kyk eers diekant toe, dan daaikant toe, en dan kies hy ‘n rigting en begin loop. Na ‘n paar treë gaan sit hy op sy hurke en bestudeer die grond. Dan staan hy op en wys my ek moet in die koelte parkeer.
Sy klim uit en kyk om haar rond. Dan vat sy haar geweer van die rak af en gooi die dra-band oor haar skouer. Neto haal die skietstokke van agter die Cruiser af. Dis ‘n driepoot met ‘n V-vormige mik aan die bokant. As die jagter reg is om te skiet, sit Neto die driepoot neer. Die jagter vat dooierus oor die V, en as alles reg verloop, klap die skoot en die bok val.
Hy kom nader en sit die driepoot voor haar neer. Ek beduie sy moet dooierus vat sodat ons die skietstokke vir haar kan verstel. Sy sit haar geweer oor die mik, maar die stokke is te hoog en Neto verstel hulle laer. Neto is ‘n outydse tradisionalis en hy neem my erg kwalik dat ek soms vrouens uitneem om te gaan jag. En die enetjie wat ‘n buffel wil skiet steek baie ver dwars in sy krop. As ek en sy tevrede is met die skietstok, vou Neto dit op en draai sonder ‘n woord om en begin op die spoor aanstap.
Ek kyk vir haar en sien dat sy redelik bleek om die kiewe is, maar sy begin sonder ‘n word agter Neto aanstap. Neto kyk oor sy skouer na my en beduie daar is drie bulle en hulle was omtrent 20 minute gelede hier.
Ek fluister vir haar dat dit nogal ‘n lang stap kan afgee en dat ek haar geweer kan dra as sy will. Sy skud net haar kop en stap verder.
45 minute later stop Neto en gaan sit op sy hurke. Sy stop, ek stop. Ek trek twee van die massiewe rondtes uit my belt uit, breek die geweer oop en glip die twee rondtes in, een in elke loop. My 500 Nitro Express is ‘n nekbreker. Met ander woorde dis soos ‘n dubbelloop haelgeweer. Sy nek knak vorente en jy sit die patrone in die lope, maak dit weer toe, en jy is reg om te skiet. Haar geweer het vier rondtes in die magasyne en een in die loop. Sy haal oor, en sit die loop van haar geweer in die waai van haar elmboog sodat die geweer na die kant toe wys. Die vrou verstaan van wapenveiligheid.
Haar man, Harry, het al ‘n paar keer saam met my gaan jag. Wewenaar en geld soos bossies. Hy het altyd die beste en duurste gewere, en hy deel rojale fooitjies aan die personeel uit. Hy moes diep in sy sewentigs gewees het toe hy met Jackie trou. In die koerante het ek verneem dat sy kinders met hofsake en goed dreig. Dit lyk egter nie of dit vir Jackie pla nie en Harry is baie trots, en verlief, op sy pragtige jonger vrou.
Ek skat haar laat 40’s, vroëe 50’s en sy is goed versorg en fiks. Mooi lyfie, ronde heupies, pikante boudjies en natuurlik daai manjefieke buuste. Ek is nie eintlik ‘n man vir groot tiete nie, maar in haar geval …
Neto draai om en wys vir my twee vingers. Tweehonderd meter na die buffels toe. Dan steek hy drie vingers op. Drie diere. Dan steek hy albei hande op en beduie met die linkerhand. Dan met die regterhand en dan bring hy sy linkerhand oor die regterhand en beduie met oop gespreide vingers. Sy kyk vraend na my.
Ek kom nader en sit my mond amper teen haar oor.
“Drie buffels. Twee honderd meter ver. Die een agter in die ry is die grote. Dis joune …”
Vir ‘n oomblik dink ek sy het trane in haar oë, maar sy knyp hulle toe en haal weer diep asem. Dan draai sy en begin versigtig agter Neto aansluip. Ek begin tweede gedgtes kry. Ons het die vorige aand lank gepraat oor buffels en hulle gewoontes. Ek het vir haar buffelfoto’s gewys waar hulle in verskeie hoeke staan en seker gemaak sy verstaan presies waar om te mik. Nou lyk sy egter vir my of die oomblik te groot is vir haar. Dis nie ‘n goeie ding nie. Daar is baie stories van buffels wat nege of meer skote nodig gehad het voor hulle val. Sê nou maar sy vries? Fok!
Ek verstel die Colt Python met die ses duim loop op my heup. 357 Magnum. Dis my back-up. Die vervaardigers beweer die ding kan deur ‘n enjinblok skiet. Wel hy beter, want as sy mis en my twee patrone is op, is dit ek, die buffel en die 357.
Neto loop nou vooroor gebuk in die rigting van ‘n Kremetart. Hy hou die boom tussen ons en die diere. Ek leun vorentoe en vat aan haar hempkraag. Die girl spring amper uit haar vel uit. Ek beduie sy moet stilstaan en wag tot Neto roep. Versigtig, versigtig loer Neto om die boom. Dan maak hy die skietstokke oop en sit hulle neer. Hy beduie ons moet nader kom. Sy hou kop en bly agter Neto tot sy by haar skietstokke is. Sy steek die loop deur die mik en beweeg nader, dan kyk sy deur die teleskoop. Ek kom staan agter haar, op haar skouer, my geweer reg. As sy mis, skiet ek.
Die drie daggaboys staan 60 meter van ons af. Hulle staan lekker in die son en herkou. Ek kan die modder op hulle velle sien en ek ruik daai onmiskenbare reuk van buffel. Die een heel regs in definitief die grootste, en as ek hom so kyk, is hy ‘n trofeëdier. Sy trek die geweer in haar skouer in en beweeg die loop stadig na regs. Sy druk die veilgheidsknoppie na vorentoe en sit haar vinger op die sneller. Ek sien hoe haar kneukel begin wit word en dan fokus ek heeltemal net op die buffel. Die skoot klap.
Ek sien die bloedkol waar die koeël hom tref en dan begin hy in ons rigting draai. Sy haal oor en skiet weer. Die tweede koeël tref amper op dieselfde plek. Die buffel gee ‘n diep steun en iets soos ‘n bulk van woede. Dan draai hy na ons toe. Ek voel of hy in my oë inkyk en in daai bloedbelope oë sien ek al die haat en woede van die hel.
Hy begin in ons rigting beweeg. Al vinniger en vinniger kom hy. Ek trek die hane van my geweer terug. Dan hoor ek haar stem. Sag. Dringend.
“Moenie fokken skiet nie!”
Sy trek nog ‘n skoot af en ek kan sien hoe die koeël die buffel in die regterknie tref. Hy wankel, lig sy neus in die lug in en bulk van woede. Steeds kom hy en sy trek haar laaste skoot af. Later sou ek ontdek dit is deur sy borskas tot in sy hart. Die twee kantskote het hom ook in die hart getref. Drie hartskote en die fokker kom nog steeds!
Neto gryp vir Jackie en pluk haar agter die boom in. Ek mik vir die aanstormende buffel se neus. Dan. Ongelooflik en amper in stadige aksie gee sy gewonde voorpoot in en hy struikel. Hy probeer regop beur, maar hy kan nie meer nie. Jackie ruk los en kom agter die boom uit. Net betyds om te sien hoe die buffel se voorpote onder hom invou en hy op sy ken te lande kom. Vir een sekonde is sy oë nog oop en hy gee ‘n laaste flou brul, van pyn. woede en haat. En dan vrek hy.
Fok, maar ‘n buffel is ‘n kak ding ….
Jackie se asem jag. Sy buk en tel haar geweer op waar sy dit laat val het toe Neto haar agter die boom ingepluk het. Haar asem jaag en deur haar hemp kan ek haar tepels sien wat nou stokstyf staan.
As almal bedaar het vat ek haar na die dooie buffel toe en help haar om langs hom te sit met haar geweer voor haar.
Dan staan ek weg en begin foto’s neem op my selfoon. Foto’s wat ek na Harry toe moet stuur sodra ons weer sein het. Langs my staan Neto en skud net sy kop van kant tot kant asof hy ‘n spook gesien het.
Jackie begin praat. “Het julle daai gesien. Vier skote! Dit was fantasties!” en op die trant babbel sy aan. Neto skud weer sy kop en sê hy gaan die Cruiser haal en hy sal die slagspan op die radio roep en verduidelik waar die buffel is. Hy draai om en beweeg weg. Kort voor lank verdwyn hy in die ruigte.
Jackie loop al om die buffel, bestudeer die koeëlgate en babbel aanmekaar. Sy pluk die pet af, haal die die kopdoek af en vra of ek nog ‘n foto sal neem. Sy skud haar kop heen en weer en die blonde krulle val in plek in om haar skouers en haar hartvormige gesiggie. Sy gaan sit weer en ek neem die foto. Dan wys sy ek moet wag.
“Die een is vir Harry!”
Sy begin haar hemp losknoop en ek was reg, sy het nie ‘n bra aan nie. Sy trek die hemp oop sodat die materiaal net-net haar tepels bedek en haar cleavage amper tot by haar naeltjie kom. Ek neem Harry se foto en sy staan op en kom na my toe aangeloop. Haar asem jaag steeds, maar nou op ‘n ander manier.
As sy by my kom knoop sy die hemp heeltemal oop en daai lieflike melksakke lê oop en bloot voor my.
“En die een is vir jou … as jy belangstel …”
Ek voel of ek geklap word as ek besef wat sy gesê het. Dan gryp sy my aan die nek en trek my nader. Sy soen my hard en intens. Haar tong diep in my mond. Haar heupe wat druk en vryf teen my stywe voël. Dan kom haar hand by en vryf my deur my broek. Ek kry een van haar tepels met my mond beet en suig en soen vir ‘n vale. Dan stoot sy my weg en begin haar stywe broek los maak. Sy draai weg en loop na die buffel toe. Met haar rug na my toe trek sy haar broek tot by haar knieë en dan volg die pieklein wit broekie. Sy buk vooroor en sit haar hande op die buffel se romp. Dan kyk sy oor haar skouer en glimlag.
Ek loop tot by haar en kniel. Ek druk my tong van agter af in die pragtige poesie is, maar sy is reeds druipnat. Ek rol my tong oor haar rosyntjie ook en sy kreun diep in haar keel.
“Moenie wag nie. Ek is reg. Naai my. Naai my nou, op my fokken buffel!”
Ek staan op, trek my broek ook ‘n entjie af en sonder seremonie glip ek in haar poesie in. Ek vat aan haar heupe, die stank van die dooie buffel skerp in my neus en begin haar met lang hale naai. Sy druk terug teen my en skree amper…
“Naai my. Naai my hard! So hard as wat jy kan! Maak my seer! O fok!”
Ek stamp verwoed in haar in. Leun vorentoe en kry haar tepels in die hande. Ek knyp en trek en hoe seerder ek haar maak hoe meer moedig sy my aan. Ek voel die druk opbou en net voor ek kom, pluk ek uit en skiet oor haar rug. Ek gee haar tiete ‘n laaste knyp. Druk weer in haar poesie en stamp haar. Ek vat van die sperm op my hand, leun oor en druk dit in haar mond in. Sy lek en byt my vingers en dan kom sy soos ‘n masjiengeweer.
Haar knieë knak en moet haar gryp om te keer dat sy nie vooroor op die dooie buffel val met die gedroogde modder op sy vel nie. Ek trek haar regop en my piel glip uit haar uit. Sy draai haar lyf na my toe en vryf haar tiete teen my bors.
“Fok dit was lekker ….”
Ek is nie seker of sy van die naai of die jag praat nie. Dan stoot sy my weg en trek eers haar broekie en dan haar broek op. Sy soek haar hemp en kry dit so ‘n ent verder oor ‘n miershoop. Sy skud dit uit, trek aan, knoop toe en maak haar broek vas.
EK hoor die gedreun van die Cruiser en pluk vinnig my klere ook aan. Sy staan en kyk na haar buffel.
“Is dit ‘n trofeë?” vra sy.
Ek knik. “Beslis Rowland Ward … Hy moet reg gemount word. Hy sal mooi lyk in Harry se trofeëkamer”
Sy glimlag en kry dan so ‘n stoute uitdrukkign inhaar oë.
“En ek?”
“Hoe bedoel jy?”
“Is ek ook ‘n Rowland Ward trofeë?”
EK lag. “Beslis”
“Nou maar vannaand as Harry slaap … kom kuier ek vir jou. Dan mount jy jou trofëe … Ordentlik!”
.
6 COMMENTS
Kol skoot … pun intended …. baie baie lekker lees die een
Dankie vir die komplimente. Ek waardeer
Flippen hel Ramkat! Die storie het my bloed aan die kook.
Dankie
Brilflippenjant Ramkat – dis my tipe storie die.
Eks mal oor di storie dankie
Vol punte, Ramkat ! Uiters lekker storie. Dankie.