
Uit die mangrot: Wat dink en voel mans?
deur Plugandplay
Na aanleiding van ‘n baie diep vraag van ‘n dame, het ek besluit hierdie artikel sal ek haar vrae beantwoord. Dit was nogal ‘n moeilike paar vrae om eerlik en presies te beantwoord. Dit is soos volg:
Ek wil weet hoe mans intiemheid ervaar? Emosies? Of is julle net op diere-drive?
Hoe voel ‘n vrou vir n man? Soos oor die algemeen? Like julle ons oor ons sag is teen julle harde manlywe? Soos is ‘n vrou se mond vir jou sag? Of haar vel?
Diep vrae … en hulle kan op ‘n hele paar maniere beantwoord word. Mans verskil van Alpha tot Omega. Uit die staanspoor kan ek nou al vir julle sê dat mans nie seks het en aan niks dink of niks voel nie. Daar is fisiese gevoelens en denke wat wyd verspreid is en hulle verskil hemelsbreed van man tot man. Kom ons gaan stap vir stap …
Blowjobs. Daar is altyd die vraag of dit soos ‘n vagina voel. Ja, dit voel wel nogal soos ‘n vagina. Maar nie heeltemal nie. Dis soos die verskil tussen ‘n worsbraai op die kole en ‘n wors in die pan met ‘n lekker sous daarby. Altwee kan ewe lekker wees, maar tog verskillend. Natuurlik sal baie mans sê daar is niks so lekker soos ‘n penis binne ‘n vagina nie, maar ek kan julle belowe dit is mans wat nog nie ‘n hemelse blowjob gehad het nie. Ek kan julle ook vertel dat die twee nie rerig vergelyk kan word nie. Daar is baie mans wat ‘n blowjob verkies bo die vagina. Dit is omdat die aksies en oomblikke te verskillend is. Die feit dat jy dit in jou mond vat en daarmee speel is al klaar ‘n turn-on en die idee dat jy hom bevredig met iets so intiem soos jou mond stuur allerhande gedagtes deur sy kop. Hoe hy oor jou dink verander ook en hy sal begin fantaseer, miskien oor jou en miskien oor iemand anders. ‘n Blowjob het partykeer baie meer met fantasie te doen as wat julle dink, soos die idee dat hy jou domineer, of selfs jy vir hom domineer. In ‘n vorige artikel het ek genoem dat vrouens nooit die waarde van ‘n uitstekende handjob moet onderskat nie. Moenie … dit kan baie keer die ongelooflikste ervaring vir ‘n man wees, en selfs beter voel as ‘n vagina of blowjob. Dit is omdat daar baie meer direkte stimulasie is met jou hand. Jou hand krul en vou rondom sy penis, en dit kan fantasties wees.
Wat voel en dink ‘n man as hy binne jou is? Dit voel lekker, baie lekker. Maar kom ons wees eerlik met mekaar: vaginas is almal verskillend. Daar is vaginas wat sag en glibberig is, los of styf is, droog of baie nat is, lank of kort, party is moeilik om in te kom en party glip jy sommer net maklik in. Die gevoel is soos iets warm en glibberig wat jou penis saggies masseer. Die gedagtes wat deur ‘n man se kop gaan is onvoorspelbaar. Enigiets kan in sy kop kom. Hy kyk hoe hy in en uit jou gly. Hy wil sien, want mans is vreeslik visueel as dit by seks kom, en sekere vroue ook. Die wat nie is nie raai ek aan om sulke visuele dinge te probeer geniet en te kyk. ‘n Man wil sien hoe hy in en uit jou gaan. Partykeer wil hy net na jou gesig kyk en hoe jy reageer op wat hy doen. Jou oë trek miskien styf of hulle rol om soos jy lekker kry. Dit is ook ‘n visuele stimulasie vir hom, en ‘n oomblik van mag omdat hy jou plesier gee. Dis die idee dat hy die mag en skills het om jou beheer te laat verloor. Dat hy jou sulke bevrediging gee met net hande werk, want elke man wil glo hy is die beste in die bed.
Hoe voel ‘n vrou vir n man? Hier gaan ons effens ernstig moet wees en noem dat dit moeilik is om presies te sê. Daar is nog steeds die idee in baie gemeenskappe dat seks beteken “kry julself hard/nat, druk hom in en pomp voort. Siedaar.” Dit is jammer dat baie mense nog dink seks is net “druk die plesierspier in die genotgrot” en niks verder nie. As jou man of vrou so is, leer hulle reg, of kry ‘n nuwe bedmaat as hulle nie wil leer nie. Die mens se lyf is iets om te ontdek en bewonder. Daarmee bedoel ek nie as ‘n natuur-bewondering nie, maar as ‘n seksmasjien. Klink reguit, nê? Alles kan gevat en gevoel en gelek word. Die kurwe van ‘n vrou se borste, die dimpels bo haar boude, die vou wat jou boude maak net bo jou been, die vallei tussen haar bene … elke man ervaar hierdie dinge verskillend. Daar is die manier wat jou boude beweeg as hy jou dogge-styl ry, of hoe jou tone krul as jy lekker kry. Miskien gryp jy die lakens of bêre jou gesig diep in die kussing soos jy skree van genot. Dit is waarvoor meeste mans kyk en dit is deel van hoe jy voel.
Die gevoel van jou vel is vir sekere mans belangrik, en ander nie. Oor die algemeen is die sagter vel iets lekker vir ‘n man, want dit is iets anders as syne. Maar na alles hier genoem, onthou dat mans oor die algemeen nie net diere is wat wil pomp en klaarkry nie. Partykeer ja, want die situasie vra dit dam. Maar meestal ervaar ‘n man amper dieselfde emosies en gevoelens as ‘n vrou tydens intieme oomblikke. Dit hang rerig af wat op daardie oomblik aan die gang is. Mans hou van vat, en gryp, en hulle vingers in plekke druk. Praat met hom. Vra hom. Wys hom.
Emosies. Glo dit of nie maar mans het ook emosies. Tydens seks is hulle volop, maar meeste mans sal nooit daaroor praat of dit erken nie. Dis mos nie cool vir ‘n man om sy emosies te wys of verklap nie. Ek dink dit is een van die redes hoekom meeste mense dink dat mans nie emosioneel kan word met seks nie, want mans praat nie daaroor nie. Tydens seks kan ‘n man baie emosies deurgaan. Vrees, want hy weet nie altyd of hy die regte ding doen nie. As jy as vrou byvoorbeeld baie lank vat om te kom, sal hy begin dink hy doen iets verkeerd, of selfs miskien bietjie ongeduldig raak met jou of homself. Ja, dit gebeur! Daar is genot, want jou vagina voel miskien soos warm chocolate waarin hy dryf. Imagine dit … Hy kan ook teneergedruk word, want ewe skielik dink hy aan iets wat hom pla of bekommer, soos party vroue partykeer dink aan wat sy nog moet doen na seks … klere stryk of kos maak ens.
Daar is fantasie, soos miskien ‘n ou skool kys, of Angelina Jolie. Moenie bang wees of jaloers raak daaroor nie. Almal doen dit en fantaseer soms oor iemand anders. Dit beteken geensins hy wil jou verneuk of stel iemand anders bo jou nie. Dis net ‘n fantasie. Emosies word in my opinie gevoer deur wat ‘n man wil hê, of voor wens of na smag. Partykeer in die verlede, of die toekoms, of die nou. Hy kan selfs aan iemand anders dink juis omdat jy hom so goed laat voel.
Nabyheid, aandag, mag … dit is meestal waarna ek en ander mans smag. Seks bring dit vir my. Daar was al baie oomblikke wat dit gevoel het ek kan die vrou binne-in my indruk wanneer ek kom. Amper saamsmelt. Dit is die ongelooflikste gevoel. En weereens, vra jou minnaar. As hy nie wil praat nie, probeer weer op ‘n ander tyd. Laat hom verstaan jy wil ook weet wat deur sy kop gaan. Jy sal hom net beter leer ken, en sodoende word die seks net beter. Seks is ‘n taal, gepraat met die mond en lyf en sintuie.
1 COMMENT
boobs en ‘n vagina is almal dieselfde maar verskillend. elkeen is uniek op sy eie manier en verskaf plesier op verskeie maniere. mans word visueel gestimuleer – daarom hou ons daarvan om ons koppe te draai om ‘n paar mooi bene te sien – sonder enige bybedoelings – dis stimuleerend. soos jy sê – “seks is ‘n taal” en ‘n vrou skryf dit!