Liedjiestorie: These boots are made for walking …
deur Ramkat Erasmus
Hy lê op sy rug met sy hande bo sy kop vasgemaak. Sy voete is aan weerskante van ‘n “spreader bar” vasgemaak.
Meesteres sit eenkant en rook ‘n sigaret. Sy ignoreer hom heeltemal. Dan staan sy op en loop uit. Sy het ‘n rooi rok aan met rooi hakskoene. Sy lyk soos ‘n mooi huisvrou wat gaan inkopies doen. Hy was effens teleurgesteld toe sy die deur oopmaak in die “normale” klere. Maar sy het hom gou-gou op sy plek gesit met ‘n klap deur die gesig en ‘n kortstondige bevel om sy klere uit te trek en te gaan lê.
Bewend van opwinding het hy dit gedoen. Sy’t die leerbande gevat en hom vasgebind. Toe’t sy hom lank aangekyk, haar rug op hom gedraai en ‘n sigaret aangesteek.
Hy hoor haar in die vertrek langsaan rondbeweeg. Hy wonder wat sy vandag vir hom in gedagte het. Hy wonder skielik ook wat die werknemers van sy organisasie sou dink as hulle hom nou kon sien. 33 000 werknemers wat hom vrees, soos die duiwel die slypsteen, en hier lê hy kaalgat, vasgebind op ‘n wrede vrou se vloer.
Die deur gaan op en hy hoor haar naderkom. Hy baklei teen die behoefte om sy kop op te tel en na haar te kyk. Sy kom nader en staan wydsbeen oor hom. Sy het lang swart leerstewels aan en niks anders nie. In haar linkerhand is ‘n karwats. Sy laat die punt van die karwats sak tot teen sy bors. Sy tik hom liggies en dan skielik een harde hou oor sy tepel. Hy kreun, van plesier of pyn, is hy nie seker nie.
Dan buig sy haar kniëe en begin stadig oor hom hurk tot haar skoongeskeerde lippies bo sy gesig hang.
“Jy weet wat om te doen!”
Hy lig sy kop na haar toe, maar sy is te hoog. Hy steek sy tong uit, desperaat om haar te proe, maar hy kan nie bykom nie. Hy kreun en beur, maar tevergeefs.
“Nog steeds so fokken useless soos altyd!”
Sy staan regop en beweeg haar een voet tot op sy bors.
Sy druk die skerp hak in sy vleis in.
“Is dit lekker slaaf?”
“Ja Meesteres …”
Haar blou-pers oë betrag hom en dan glimlag sy.
Sy beweeg nader aan sy middellyf en sit haar stewel op sy klipharde horing neer. Dan begin sy trap. Die pyn rol oor hom, deur hom en hy sien haar oë en die minagting daarin en hy kom en kom en kom.