Tropiese Geheime
deur Belt Botha
Vir die soveelste keer gooi sy water oor haarself uit, maar die hitte bly kleef – aan haar dun wit rokkie, haar onderklere en aan haar lyf. Sy is kwaad. Kwaad omdat hy haar na hierdie donker, afgesonderde plek gebring het. Kwaad omdat hy sedert hulle aankoms nog nie aan haar geraak of meer as tien woorde met haar gepraat het nie.
Kwaad omdat sy veertig is, en sy haar beste jare op ‘n lewe saam met hom vermors het. En kwaad omdat die son al weer besig is om te sak en hy nog nie hier is nie.
Sy dink met hernieude wrewel aan die terloopse manier waarop hy haar gevra het om hierdie keer tog maar saam te kom. Hulle was in sy studeerkamer, die mure belyn met rye en rye boeke en plantmonsters. Sy koninkryk, die klein dammetjie van waar prof Tertius vir die rektor, die lede van die raad en die senaat asook sy studente op verskillende toonhoogtes sit en kwaak.
“Dit sal goed wees as jy saamkom, Ella,” het hy gesê, aandag soos gewoonlik by sy rekenaarskerm.
“Waarheen, weer die wildernis in?”
“Ja, sentraal Afrika, ‘n afgesonderde gebied so klein jy sal dit nêrens op ‘n kaart kry nie. Ek was al daar, en Rodney sal vir ons huishou. Heel aangename kêrel en nogal beskaafd, as jy verstaan wat ek bedoel.”
“Ek verstaan nie.”
“Wel, ek dink nie hy hou hom op met jag, bygelowe en kopulasie soos die res van sy stamgenote nie. Praat nogal verbasend goeie Engels.”
“En waarna soek ons?” het sy effe sarkasties gevra.
“O, ‘n baie skaars inheemse variëteit van phyllostachys nigra, of te wel swart bamboes.”
“En?”
“Die plaaslike populasie gebruik dit as opkikker.”
“Soos renosterhoring?”
“Ongelukkige woordkeuse, Ella, ongelukkige woordkeuse.”
Hy het vir die eerste keer opgekyk, en vir haar oor sy leesbril geloer.
“Dit sal help as jy saamkom. Die locals in daardie streek is wantrouig, en as hulle…”.
“Wag laat ek raai, as hulle sien jy’t ‘n vrou, dan lyk dinge vir hulle meer aanvaarbaar, meer normaal.”
“Goeie opsomming. Ons praat hier van uiteindelik groot geld, Ella, geld waarvan die universiteit en die Ontvanger nie hoef te weet nie.”
Die twee weke van voorbereiding was dol. Soos enige vrou betaam het sy lank getob oor watter klere sy moes saamneem. Uiteindelik het sy op drie sexy safari-uitrustings besluit, nuwe fyn onderklere en die dun rokkie wat sy nou aan het. Al het haar man se middelrif die afgelope paar jaar saam met sy akademiese status gegroei, en al kan sy nie onthou wanneer laas hulle seks gehad het nie, was sy nietemin hoopvol dat hy in die oerwoud haar nuwe klere én vir haar ín die nuwe klere sou raaksien.
2
Rodney het hulle op die lughawe kom haal. Lank en lenig, met ‘n spierwit glimlag en ‘n mooi stem. Die kontras tussen die man se koperkleurige bo-arms en die sagte wit van sy moulose katoenhemp het Ella dadelik opgeval.
Tertius het Rodney soos ‘n ou bekende gegroet, en toe na haar gedraai. “By the way, meet my wife, Ella. It’s her first visit here.”
Die man het met haar hand geskud, maar nie dadelik laat los nie, sy skraal vingers was sag en koel in haar handpalm.
“Pleased to meet you, Ma’m. Mind if I rather call you Miss Elly?”
Glad nie, het sy geantwoord, sy hand steeds in hare.
“We like first timers around here,” het Rodney ewe vroom gesê, maar om sy mondhoeke was spore van ‘n ondeunde glimlag.
Sy neem weer ‘n sluk water en kyk op haar horlosie. Dit raak laat, waar bly Tertius?
Ook vreemd dat Rodney nie hier is om aandete voor te berei nie.
Sy glimlag. Al is sy vooraf uitdruklik van alle kosmaakverpligtinge vrygestel, besoek sy gereeld Rodney se kookskerm wanneer Tertius weg is. Vir ‘n bietjie afleiding en om haar te verlustig in die geleerdheid van sy skraal hande en sy lenigheid van lyf.
Al is die plek beknop, en terloopse, skramse aanrakings onvermydelik, verdra hy haar teenwoordigheid op ‘n vriendelike, gesellige manier. Net een keer het hy haar nie geantwoord nie. Sy het heel ongevraag die kwessie van die geheime swart bamboes geopper, waarop hy net kop geskud en weggekyk het.
Dit was eergister. Gister was sy nog meer familiêr. Sy het so in die loop van die kosmaak sy linkerhand in hare geneem en met gemaakte dramatiese gebaar uitgeroep: “Rodney, you’re an excellent chef, but with hands like these you could be a concert pianist!”
Hy was opreg verleë, maar sy is onseker of dit oor die kompliment was of die manier waarop sy sy hand vasgehou het. Wat daarop gevolg het was ook nie deel van die script nie. Hy het daardie einste hande skielik om haar bo-arms gesit, sy donker oë op die heuweltjies bokant die boonste knope van haar kakie bloes. Sy kon hom teen haar voel. Hierdie man het nie swart bamboes nodig nie, het sy gedink, en skielik gewonder presies waar en hoe diep in die oerwoud haar professor-man hom nou bevind.
Met ‘n onderlangse “not now, Miss Elly,” het Rodney haar skielik gelos en voortgegaan met die tropiese vrugtedis waarmee hy besig was. En tog het hy geglimlag, dieselfde glimlag van die lughawe toe hy haar ‘n “first timer”
genoem het.
Sy kyk weer op haar horlosie. Vanoggend voor ontbyt was Tertius ekstra stuurs, asof iets hom pla. Hy het kort-kort loop en brom. Rodney was sy hoflike self, maar het hom meer as gewoonlik eenkant gehou. Sy kyk verlig op toe sy hulle jeep hoor nader kom. Maar waarom ry Tertius vanaand so vinnig?
Die voertuig kom slepend tot stilstand. Rodney klim uit, maar van Tertius is daar geen spoor nie.
“Sorry to bother you, Miss Elly, but we have quite a situation over there at the meeting place, and the chief has sent for you.”
“Situation? Chief?” Sy is dadelik op haar hoede. “Is my husband OK?”
Hy stel haar dadelik gerus. Die stamhoofde en haar man is besig om te onderhandel, en hy is opstandig. Na beraadslaging met hulle raadgewers is die hoofde van mening dat net sy vrou hom tot beter insigte sal bring.
3
“It’s about the black bamboo, and things are fairly tense in the village. Hop in, Miss Elly.”
Sy gehoorsaam dadelik.
Hulle ry woordeloos voort, oë stip op die ligkol in die dowwe bospaadjie.
Die ongemaklike stilte en die onsekerheid oor wat haar by die vergaderplek te wagte is, noop haar om die kwessie van die swart bamboes weer aan te roer.
Dis oor die prys, sê hy.
“Now tell me, does it really work, or is it just a matter of superstition?”
Rodney lag. “It‘s never been scientifically tested, but is in high demand. Not only here but in cities across the world. Black market, pardon the pun.”
So, dit werk wel?
“I wouldn’t know, Miss Elly, I wouldn’t know,“ sê hy laggend.
‘n Nedersetting omring deur hoë bome doem voor hulle op. Daar is feitlik niemand te sien nie. Enkele vroue, maar geen mans of kinders nie. Buiten die lig van ‘n paar knetterende vure, is dit heeltemal donker. Niemand praat nie, en van iewers klink die sagte, ritmiese slae van ‘n drom.
Met die stilhouslag staan ‘n paar vroue nader, almal in veelkleurige sarongs, hulle kaal bolywe blink in die lig van die vlamme
“I don’t see my husband.”
“He’s with the chief, in the meeting place over there.”
Haar oë volg die swaai van sy arm, en sy sien ‘n langwerpige hut waarbinne ‘n lig dofweg skyn.
Rodney maak verskoning, en laat haar in die sorg van twee vroue, wat weerskante van Ella stelling inneem. Hulle ontvang haar op ‘n vriendelike, gerusstellende manier, maar Ella weet instinkmatig dat dit nou ‘n tyd is om gehoorsaam te wees. Die vroue lei haar na ‘n hut, en sy moet buk om by die deur in te kom. ‘n Swaar, soet
geur hang in die lug en lamplig flikker teen die mure. ‘n Ouer, aantreklike vrou stap Ella glimlaggend tegemoet. Ook sy dra slegs ‘n veelkleurige sarong wat om haar vol heupe gebind is. Sy is ooglopend iemand van aansien.
“Good evening, my name is Mary.”
Ella antwoord met ‘n stadige, onsekere kopknik.
“I’ve been told that you are a very attractive lady, and indeed you are. Please relax, everything is going to be fine as long as you co-operate.”
Ella sluk. “Co-operate?”
“Your husband is at loggerheads with our chief, and he had to be subdued, since we don’t want things to get ugly.”
“Subdued? How?”
“Oh, tied up and gagged, nothing serious. I’m really sorry to say this, but your husband is not a very nice man.”
Maar sy wil nie hê hy moet seerkry nie, protesteer Ella.
“Nobody wants that, my dear. He just has to agree to our terms, which are fair. The black bamboo is ours, part of our story. That’s why we called for you.”
Sy staan op, en Ella voel hoe die vroue weerskante van haar se greep om haar polse en boarms verstewig.
“What am I now, a prisoner or a hostage?”
Die vrou antwoord nie, tel ‘n kleibak op en kom staan voor Ella.
“First you have to become one of us, even if it’s just for an hour or two.”
Weereens besef Ella dat weerstand nie ‘n opsie is nie.
4
“This is what it is all about. The black bamboo. This enough to light a fire of desire between your thighs and free your mind of any feelings of guilt and sorrow that might be inhibiting you. Now drink it. You’ll like its sweet taste. All women do.”
Ella maak haar mond oop, en ruik die warm, geurige mengsel nog voordat sy dit proe. Dit is swaar en soet op haar tong, en gly glad en gloeiend na benede.
“There. Sweet girl. It’ll start to work in a couple of minutes. Everything is going to be fine. We’ll get the price we want, your husband will be free to go and take along what is paid for.”
Mary kyk stip na haar besoeker voordat sy verder praat. Ella sien hoe die lamplig in die intense, donker oë dans: “And you’ll be pleasured in a way hitherto unknown to you.”
Mary beduie met haar kop. Die twee vroue laat vaar hulle greep om Ella se bo-arms en buk om haar sandale uit te trek. Sonder verdere instruksies lig hulle haar dun, klam rokkie op en trek dit oor haar kop. Mary neem die kledingstuk by hulle en sit dit versigtig eenkant.
Mary maak Ella se bra los, en streel oor die sagte, wit deinings van haar borste.
“You are a beautiful, mature woman. When last did someone tell you that?”
Ella antwoord nie, byt net haar onderlip vas, want sy weet wat volgende gaan gebeur.
Die twee vroue hervat hulle greep om Ella se bo-arms. Mary buk vorentoe en wikkel Ella se kantbroekie oor haar heupe tot by haar enkels. Vir ‘n paar oomblikke versteen Ella.
“Co-operate please,” sê Mary streng, en haar onwillige besoeker tree gedwee uit die klein kledingstukkie.
Mary tel die broekie op, bevoel die tekstuur tussen haar vingers en sit dit by die ander klere neer. Sy draai om en kyk goedkeurend na Ella terwyl sy haar hande oor die jonger vrou se kaal heupe laat gly. Ella laat haar oë sak. Sy sien hoe die lamplig allerlei patroontjies op die bleekwit landskap van haar naakte lyf maak. Dalk is dit die soet mengsel, die sagte skynsel van die lamp, die ouer vrou se ferm aanraking, die sagte dromslae of die smagtinge
van haar sekshonger lyf, maar skielik voel Ella nie meer weerloos en bang nie, eerder dat sy op die drumpel is van ‘n avontuur wat haar andersins nie beskore sou gewees het nie.
Mary knoop haar sarong los en laat dit in ‘n rooi en swart bondel op die hutvloer val. Die ander twee vroue volg haar voorbeeld.
“We’re equals now,” sê Mary en streel met die rugkant van haar hand oor die blonde haartjies tussen tussen Ella se bene.
“About tonight,” hoor Ella haarself vra, “who’ll be there?”
“Oh, your husband, suitably constrained and gagged, the chief and his two senior counsellors, and then of course the man who is going to pleasure you,” antwoord Mary nonchalant terwyl sy steeds oor Ella se fynhaartjies streel.
Ella voel hoe haar kop begin draai, en sy raak bewus van ‘n klam wellus tussen haar heupe. ‘n Stygende, meesleurende getygolf wat gaandeweg alles in die pad daarvan verswelg: vrees vir die onbekende, vooroordele, kodes oor wat ‘n getroude vrou mag en nie mag nie. En deur die newels besef Ella dat haar lyf weldra nie meer aan
haarself gaan behoort nie, maar aan ‘n donker, hedonistiese Afrika-nag en die man of mans wat haar vanaand hulle s’n gaan maak.
Die vrou tel ‘n kruik op. “This is even more pleasant than what I gave you to drink. No man can resist his woman when this is on her breasts.”
5
Die olie is warm en donker van kleur, en die diep, sensuele geur neem dadelik besit van Ella se sintuie. Sy maak haar oë toe, en voel hoe die ouer vrou haar borste met die olie masseer.
“It’s better if you lie down,” sê Mary, en die twee vroue help om Ella neer te lê. Stadig en versigtig, asof hulle ‘n stuk duursame wit porselein hanteer wat uit ‘n verre uithoek van die kontinent afkomstig is.
Steeds is haar oë toe, en onder haar kaal rug voel Ella die sagtheid van ‘n gebreide karos. Sy voel hoe sy onder die ouer vrou se ervare hande wegsink in ‘n skemerwêreld waarvan sy nie kan of wil ontsnap nie, ‘n wêreld sonder boeke en plantmonsters, sonder rekenaars en kwaai kyke oor leesbrille, ‘n plek waar net een ding saakmaak, en dis die hier en die nou en dit wat tussen man en vrou gaan gebeur, ongeag herkoms.
“You can go and tell them, she’s almost ready,” sê die vrou saggies vir een van haar assistente.
Intussen gaan Mary voort om die binnekant van Ella se bobene te masseer. Al hoër, totdat ‘n vingerpunt by haar klitoris huiwer.
“Before I proceed, there’s something I have to say.”
Ella maak haar oë oop.
“This is just to prepare you, not to bring you to a climax. I can see you are a neglected woman.”
Ella knik stadig. Haar instemming voel nie na verraad of die uitlap van slaapkamergeheime nie.
“About tonight. As I’ve said, your husband will be bound and gagged but not blindfolded, as he has to witness the power of the bamboo. The chief and his two counsellors will be onlookers, not participants. The man who will pleasure you is a real artist. I can think of no one better to end the drought between your thighs. I should know, because I taught him, and he still visits this hut from time to time.”
Mary glimlag, and Ella doen onwillekeurig mee.
“Another thing, sorry for being so blunt, but you can relax, he will be using a condom. We may be living in huts, but we are not ignorant.”
Terwyl sy praat is die vrou se hande vir geen oomblik stil nie. Saggies en egalig volg hulle ‘n sirkelroete oor Ella se nek, haar borste, haar maag, dye, tot tussen haar bene en weer terug. Ella moet op haar tande byt, want die damwal moenie nou breek nie. Vanaand moet ‘n man dit doen, enige man.
“The man who is going to pleasure you will be wearing a mask to avoid victimisation and to make future co-operation still possible. You will be blindfolded in order to heighten the sensation of being intimate with a complete stranger. Not gagged though, because every woman should be able to give vent to her feelings and
sensations during lovemaking.”
Weer knik Ella. Sy lê steeds met haar oë toe, oorgegee aan die ouer vrou se rustige stem en aanraking.
“The three of us will accompany you to the meeting place, where you’ll be given another drink of the same potion before we hand you over to the man waiting there. We’ll remain in attendance, though. Don’t be afraid, don’t think of your husband and enjoy what is coming your way. It’s going to be a once in a lifetime, life changing experience.
Ella se kop en skouers trek skielik agteroor.
“Must I rather stop?”
6
Ella knik. “I’m aching down there,” prewel sy. “It’s… it’s a strange feeling, a craving…”
Die woorde kom diep uit haar keel, eintlik laer af, uit haar dye, die kelder van lyflike genot.
“It’s the drink. The drink and the way I touch you.”
Mary kyk vinnig in die rigting van die deur. “It’s time,” sê sy.
Die ander twee vroue help Ella weer orent. Een hang ‘n string tradisionele krale om haar nek, en die ander bind ‘n veelkleurige sarong om haar middellyf.
Weer betrag Mary haar met groot tevredenheid: “Our tribal colours look so lovely on your white skin. You’re a goddess, Ella. Don’t be surprised if the chief decides to keep you here!”
Terwyl sy dit sê, streel Mary glimlaggend oor Ella se klam, blonde hare. Dit is duidelik dat sy haar woorde as ‘n kompliment bedoel, nie ‘n dreigement nie.
Skielik en sonder waarskuwing gly ‘n swart lap oor Ella se oë, en word dit stewig agter haar kop vasgemaak.
Die twee vroue is nou weerskante van haar, en Ella voel hoe hulle hande weer om haar bo-arms sluit. Saggies, maar ferm.
Stadig beweeg hulle na buite. Ella hoor hoe die ritmiese dromslae skielik harder klink, en sy voel die louwarm sand onder haar kaal voete.
“Almost there,” fluister Mary in haar oor.
Die dromslae hou skielik op, en Ella voel aan dat hulle nou in die vergaderplek is. Sy word bewus van ‘n ander geluid, en ten spyte van die blinddoek weet sy wie en wat die oorsprong daarvan is: ‘n beurende en protesterende professor Tertius Plomp D.Sc. (cum laude), magteloos en sprakeloos weens die beperkinge van mondprop
en gevlegde tou.
Ella ruik die soet mengsel nog voordat sy die rant van die kleibak teen haar lippe voel. Sy maak haar mond oop en begin drink. Nie stadig en huiwerig soos in Mary se hut nie, maar vinnig en met oorgawe. Sy gooi haar kop agteroor, en voel hoe die laaste van die mengsel oor haar ken loop, al met haar nek langs tot oor haar kaal borste.
Iemand maak die sarong om haar heupe los. Die volume van haar man se protes neem dadelik toe. Die twee vroue hou haar steeds vas. Hulle neem haar nog ‘n paar treë vorentoe.
“We’re at the altar now, Ella,” fluister Mary in haar oor. “You have to kneel, the man is going to take you from behind.”
Ella doen soos sy aangesê word om te doen. Die sagtheid onder haar kaal borste is dié van ‘n karos, en sy vat die altaar met altwee hande vas, gereed vir die aanslag wat nou enige oomblik gaan kom. Sy maak haar oë toe. Vir ‘n paar oomblikke gebeur daar niks, en dan voel sy die hande op haar kaal rug. Saggies en sensitief, maar tog dié van ‘n man, en dit kan net één man wees. Sy maak haar oë oop.
“Relax, Miss Elly, everything is going to be fine.”
Tipies Rodney, dink sy, om ewe diskreet sy gerusstelling in haar oor te fluister, al is professor Tertius se beurende
protes ook hoe luidkeels.
Sy glimlag, en maak haar oë weer toe.
Sy voel hoe elke senuweepunt in haar liggaam op sy binnekoms reageer, hoe sy greep om haar middellyf verstewig, hy sy sterk heupe stadig teen haar vasdruk. Die diep sug uit haar binneste word ‘n onwillekeurige, ononderdrukbare kreet van uiterste genot, want geen man was al ooit so diep binne haar nie. Gaandeweg neem hulle liefdespel se tempo toe, word hulle asemhaling vinniger, voel sy hoe Rodney se heupe teen haar stamp-stamp-stamp.
7
Hulle deel ‘n luiddrugtige, sidderende klimaks. Sy, ‘n bevoorregte besoeker van ‘n verre uithoek met sy sorgvuldig geweefde sosiale strukture, jaarbeplannings en oënskynlik beleefde agendas. Hy, ‘n bewoner van hierdie soel en robuuste landstreek met sy hier en sy nou. Dit neem ‘n hele rukkie voordat hartklop en asemhaling bedaar.
“This was great, Miss Elly, this was really great. You’re a beautiful mature woman, a champion, not a first timer,” hoor sy hom saggies sê.
Sy glimlag behaaglik, en voor hy opstaan soen hy haar saggies en waarderend in die waai van haar nek.
Vir sewe volle dae praat hulle nie met mekaar nie. Terwyl die vliegtuig begin daal vir landing verbreek sy die ysige stilte tussen hulle deur te verneem hoe hy die swart bamboes deur die doeane gaan kry.
Weer die vername trek om die oë. “Ek het ‘n permit.”
“En wat presies beteken ‘permit’?”
Professor Tertius Plomp sug hoorbaar. “Dit kom van die Latyn af Ella, dis tog redelik elementêr. Permissio, om toestemming te verleen, iets toe laat.”
“Wat andersins ontoelaatbaar sou wees, soos verbode vrugte?” Sy glimlag guitig, maar hy sien dit nie.
Weer sug hy. “Ja, Ella, as jy dit dan so wil stel, iets wat andersins verbode sou wees.”
“En vir hoe lank is die permit geldig?”
Hy gee eers ‘n snork van verontwaardiging. “Skei uit, Ella.”
“En waarvoor is die permit wat jy het?” Steeds glimlag sy, want sy geniet die vraag-en-antwoord-sessie asook sy totale onbegrip.
“Vir die inbring van plantmateriaal vir navorsingsdoeleindes. Meer hoef hulle nie te weet nie. Nie die doeane-owerhede of die universiteit nie. Ook nie die Ontvanger wanneer verkope vorentoe begin optel nie. Nog vrae?”
Vir ‘n paar oomblikke sit sy doodstil, en dan kan sy dit nie meer hou nie. Sy lag. Sy gooi haar kop agteroor en sy lag. Tertius Plomp krimp ineen. Party passasiers kyk gesteurd om, ander glimlag. Sy kom tot bedaring en klad haar oë met haar sakdoekie. Min het die arme droë drommel wat die permit uitgereik het, geweet wat hy alles goedkeur. En oor haar man se slinkse geheimhouding, die rat wat hy voor die doeane, die universiteit en
die Ontvanger se oë gaan draai, net dit: is dit vir haar nodig om hom te vertel dat sy en Rodney na daardie aand vir die res van hulle verblyf gemiddeld twee keer per dag seks gehad het? Dat dit moontlik was omdat hy, Tertius Plomp besig was om soos ‘n besetene te versamel dit waarvoor hy ten duurste betaal het? En dat Rodney na een van die stomende sessies in die kookskerm met haar ‘n geheimpie gedeel het? Dat die swart bamboes eintlik maar ‘n soort suikerriet is en ja, sy’s reg, die mengsel wat Mary haar die aand gegee het om te drink, inderdaad na stroop, bietjie meel en kaneel geproe het, want dit is wat dit was?
Nee. Nee, besluit sy, bewaar liewer die stilswye. En met dié trek sy haar regop in haar stoel. Gereed om by tuiskoms weer kuise mevrou professor te wees, al is dit met die heimlike hoop dat die volgende uitnodiging uit die geweste van die bamboesbelt aan haar gerig sal wees, en nie aan haar man nie.
2 COMMENTS
Mmmmm ek wil ook he!!!
Belt Botha ek salueer jou. Ek is bykans ‘n stigterslid van “Kombiekiehier” solank is ek al aan die werf verbind.
Ek is ‘n ywerige leser en ek skryf ook verhale vir die werf.
Ek het jou storie baie geniet, veral die verrassings element aan die einde. Jy het die mileu van die plek mooi saamgevat asook die karakters.
‘n vervolg is dalk nie ‘n slegte idee nie ?
Baie dankie en groetnis
WilleWill