Toeval (2)

Hoe lank gaan ek lees: 7 minute

deur Wille Will

Taalversorging deur Lusman

(Lees vorige episode HIER)

Ek het uiteindelik my verlepte penis uitgetrek uit Mirna en opgestaan. Sy’t dadelik ook van die tafel afgewip. Ons het mekaar onmiddellik om die lyf gegryp met ons arms – sy om my maag en ek om haar skouers. Dit was seker ‘n komiese prentjie: Ek kaalgat aan my onderlyf en sy met die afgeskeurde stuk lap van haar kaftan by haar borste. Ons het mekaar net styf vasgehou en gedruk sonder om ‘n woord te uiter, vir seker ‘n minuut lank.

Met haar wang wat teen my bors rus, sê sy skielik: “Ek moet seker dankie sê … dink ek.”

Ek buk af en soen haar op die kroontjie van haar hare van bo-af. Ek stoot haar liggies weg en tel haar ken op na my toe.

“Waarvoor?” wil ek weet. Ek vee ‘n haarkrul uit haar oë. “Dis eerder ek wat so wonderlik deur jou vermaak is. Dit was baie lekker.”

“Miskien net ‘n dankie dat jy nog vir ‘n ou vrou soos ek soveel genot gee!”

Sy lag, maak haar los van my en gee my ‘n klap op my kaal boud.

“Kom, ons kan seker al twee doen met ‘n stort en dan kom maak ek hier skoon. Ons eet en ons gaan kamer toe. Jy slaap by my vanaand.” Sy draai om, tel haar broekie en my klere op en gee myne vir my aan. “Sien jou nou-nou”

Sy gee my voël ‘n drukkie en stap laggend by die kombuis uit.

***

‘n Nag saam met Mirna is soos ek my voorstel die Persiese “1001 nagte van Ali Baba” vir Ali was. Ek praat nou van die Playboy-weergawe!

Toe ek terugkeer na die kombuis het Mirna reeds gevee en die tafel weer gedek. Die geur van gebraaide tamatie hang in die lug.

Sy loer oor haar skouer na my waar sy voor die stoof doenig is. “Is jy honger?”glimlag sy.

“Seks maak my altyd honger. Goeie seks maak my rasend honger. Ek is nou rasend verby,” antwoord ek terwyl ek by een van die gedekte plekke aansit.

“Ha-ha-ha,” lag sy uit haar maag uit en kom met twee opgeskepte borde na die tafel toe. Sy sê: “In die bakkie voor jou is daar gekrummelde kaas gemeng met blatjang. Dit proe nogal smaaklik saam met die tamatiebredie. Help jouself.”

Die maaltyd was uitmuntend en in harmonie met ons geselskap. Na ons vroeëre intimiteit en sekerlik ook weens die afwesigheid van oom Potjie, het ons nou meer loslit en openlik gesels. Ons het baie gelag met stories uit ons verlede.

Ons het sommer net daar bly sit na ete en net die borde eenkant toe geskuif. Sy’t ‘n bottel Buffels uit ‘n kombuiskas gehaal en vir ons ‘n nagsopie geskink.

Tydens ‘n verposing in ons pret-gesels sê Mirna skielik: “Wille, ons moet oor iets praat, al vermy ons dit albei – voortdurend.”

Dis skielik baie stil in die kombuis. Ons oë staar in mekaar en ons wonder seker albei wie gaan eerste praat.

“Oom Potjie,” sê ek stil. Haar kop knik instemmend.

“Ek … ” Ek maak keel skoon. “Hy … o-ons twee …” haak ek vas en kyk eers eenkant toe. “Ons kom al ‘n lang pad saam.”

Mirna sê niks.

My emosies skommel tussen ware vertroue met hegte vrienskap en vleeslike genot. Ek neem haar hand in myne oor die tafel.

Uiteindelik praat Mirna: “Wat netnou gebeur het tussen ons moes eintlik nie gebeur het nie … uit respek vir Potjie.”

Sy trek haar hand uit onder myne en vee met albei haar hande haar hare agter haar ore in. Sy kom weer vorentoe met haar elmboë op die tafel. Haar een hand draai die trouring in die rondte op haar linkervinger van die ander hand.

“Wille …” Sy sug. “Ek is baie lief vir Potjie. Hy sorg vir my en niks is ooit te veel vir hom, om vir my te doen nie. Ons het elke Vrydagaand vriende wat oorkom en dis heerlik. Dit hou ons in die stroom met ander mense sodat ons nie met mekaar alleen sal stagneer nie.”

Mirna neem weer ‘n teug van haar dop. ”Is jy nog orraait?” Ek knik net.

“In die begin het hy bietjie gesukkel, maar vandat hy die blou pilletjie drink maak ons mekaar relatief gelukkig in die bed.”

“Ek sê ‘relatief’, want as hy klaar is en omdraai en lekker diep snork, neem ek aan hy’t dit geniet. Ek lê meestal egter nog lank wakker sonder dat ek geklimaks het … en dan kom gedagtes op … wat …” Sy bloos en kyk my skielik indringend in die oë en tel my hand op.

“Laat ek dit maar erken: Ek dink aan my en jou se eerste keer saam.” Haar oë soek bevestiging in myne. Ek gee haar hand ‘n drukkie. “Jy’t seks weer wakker gemaak in my. Jy’t dinge gedoen aan my wat ek nie geken het nie … wat my mal gemaak het van plesier. Ons het daai aand saam pieke bereik wat ek nog nooit by Potjie of enigiemand anders ervaar het nie. Ek het gebrand om net weer deur jou bemin te word.”

Mirna bly ‘n rukkie stil voordat sy vervolg: “Maar ek’t ook besef dat die geluk en gemoedsrus en vrede wat Potjie my gee nie vervangbaar is nie. En dat ek seksuele plesier en ontdekking iewers anders moet kry, uit ‘n fisieke oogpunt. Want geestelik sal ek Potjie nooit daarvoor verruil nie.”

Ek drink my dop met een teug leeg en staan op.

“Kom ons gaan lê, Mirna. Ek sal poog om jou altyd fisiek gelukkig te hou.”

Ek steek my hand uit en sy plaas haar hand daarin met ‘n tevrede glimlag om haar lippe.

Ons stap saam slaapkamer toe.

***

In die kamer het ons onsself sonder woorde albei poedelnakend uitgetrek. Sy’t haar arms voor haar inmekaar gevou en met haar skouers gesak teen my liggaam kom staan. Ek het my arms om haar gevou en haar lyf teen myne vasgedruk.

Ek het gevoel hoe groei my ereksie, maar sy seker ook. Want ek voel hoe neem sy dit in haar hande. Sy streel hom op en af oor sy lengte.

Enige vrou se hande op my voël laat hom onmiddellik swel tot maksimum grootte.

Haar wang skuur teen my ribbes voor haar oë opkyk na my.

“Wil jy hom nou insit in my?” fluister sy. “Hy’s so pragtig gereed en ek het self sopnat geword.” Sy trek die voorvel weer op en af oor die glans.

Ek wil bars van jagsheid, maar stoot haar effe weg. “Kan ons iets anders probeer wat jou hoë plesier sal gee? Ek sal baie stadig en versigtig wees.” Haar oë sien die gerusstelling in myne en sy antwoord: “Ja, asseblief”

“Gee my weer van daai room aan waarmee ek laas binne-in jou gesmeer het.”

Sy buk dadelik by die bedkassielaai en haal die klein groen blikkie agter onder papiere uit. “Ek en Potjie het dit nog nooit gebruik nie.” Sy skroef die deksel af en gee dit vir my.

Ek draai haar aan haar arms om dat sy na die wit gelakende matras kyk.

“Rus nou met jou elmboë op die bed, maak jou bene wyer oop en lig jou boude op en stoot hulle in die lug in.”

Ek plaas die oop blikkie eers langs haar regterknie neer. Dan masseer ek met vier vingers van elke hand oor haar rug, van haar nek af tot onder om haar boude. Ek herhaal dit ‘n paar keer tot ek voel hoe die knope en knoppe in haar rugspiere ontspan.

Ek sak op my hurke neer en herhaal die massering aan haar binnebene, van haar knieknoppe tot bo by haar poesie. Dié het nou oopgesper knap onder haar boude en tussen haar binnedye, tevoorskyn gekom. Ek herhaal die massering oor albei binnebene tot by die buitelippies van die poesie, wat ek baie saggies masseer. Weer en weer doen ek dit. Dis elke keer met effe meer druk, tot sy gedemp, met haar kop onderstebo, dringend met ‘n hyg sê: “Wille … Wille … dis ontsettend lekker.” Dan is daar weer ‘n lang hyg, gevolg deur: “E-ek weet nie of ek kan terughou nie.” Die hygery het nou omgesit in ‘n lang kreun.”

Ek skep vinnig met die voor- en middelvinger van my regterhand ‘n ruim klont van die room uit die blikkie, terwyl drie vingers van my ander hand in haar vrug inglip.

Haar bobene begin tril en sy stamp dadelik met haar boude agtertoe. Dan is dit weer vorentoe en dan weer agtertoe, herhalend. So ry sy my vingers tot sy roep: “Sit hom in! Sit hom in!”

“Kalmeer net as jy kan, ontspan en werk saam met my. Hou nog so ‘n bietjie uit,” sê ek.

Ek begin om room om haar anus te smeer, en dan stadig al dieper in haar hol in. Ek voel haar holspiere binne verstyf om my regterhand se twee vingers, maar ek hou aan room smeer.

“G-gaan jy hom d-d-daar insit?” Haar stem klink verward en baie bang.

“Dit gaan net seer wees tot die kop verby die opening is. En dan word dit net plesier wat jy nog nooit geken het nie.”

Ek trek my vingers flink uit haar hol en omklem my voël met my linkerhand. Vinnig smeer ek nog room uit die blikkie oor my hele voëlkop wat heeltemal uit sy voorskede is en reeds blink van pre-kom. Ek ruil hande. Met my regterhand hou ek my voël vas as ek die kop teen die opening van haar hol aanhou vryf. Aan die gevroetel onder my voël, naby my balsak, voel ek hoe haar vingers nou na haar klit soek.

“Ontspan net, ontspan … soos ek binnegaan.”

Die punt van my harde peester forseer haar gaatjie oop dat hy ‘n entjie begin ingaan.

“E-ei-na !” roep sy hard.

“Speel met jou klit, speel met jou klit!” roep ek terug. Haar vingers beweeg freneties langs my balsak teen haar klit. Ek stoot die groot kop vinnig in, verby die opening. Sy kreun baie hard en haar vingers stop ook. Dan hou ek ook baie stil, sodat sy gewoond raak aan die gevoel van ‘n oopgerekte en gevulde anus. Die lekkerte moet diep in haar setel, is my wens.

Ek stoot nou dieper in en laat weet haar: “Begin nou ry, agtertoe so vinnig of stadig soos jy verkies.”

Sy begin stadig, maar ek voel hoe sy spoed optel. Ek bly in pas met haar bewegings teenstootjies gee. Ek voel haar vingers werk nou op haar klit, saam met ons beweging. Ek voel ‘n effense versnelling van haar kant aan en kap dan hard terug. Ek ry haar genadeloos, vinnig, aanmekaar!
“O Here, Wille … O Here … Wille, Wille.” Sy val plat op die bed, op die kant van haar gesig, want albei haar arms het opgespring. Hulle reik na agter en haar hande klem haar boude vas asof sy hulle verder wil ooptrek.

My kom skiet onbeheerbaar in haar in en dit laat haar orgasme ook ontplof.

“W-W-Wil-l-e, W-i-ll-e,” skree sy. Haar boude slaan teen my bekken soos kanonskote. Sy kreun, kla en kerm en haar hande gaan oop en toe, oop en toe op haar boude … “Fok, fok, fok,” kerm sy. Dan gaan dit oor in snikke.

Ek probeer ons liggame teenmekaar hou en hou haar styf in haar lieste van agter af vas. Geleidelik neem die spasmas in haar onderlyf af. Dan kantel ek ons albei saggies op ons linkersye op die bed. Ek trek my penis saggies uit. Sy lê soos ‘n fetus opgekrul teen my maag en ek streel met my hand oor haar hele lyf.

Dit het soos etlike minute gevoel voordat sy, nog steeds op haar linkersy en met my wat agter haar lepellê, haar regterhand onder my strelende arm deurskuif. Sy plaas dit op my heup en met haar duim begin sy na my lies toe vrywe.

Dan raak haar hand stil.

So raak ons heerlik aan die slaap.

(Lees volgende episode HIER)

4 thoughts on “Toeval (2)

  • MMmmmmm….. ouer vroue wat juis meer wil ontdek en meer wil he is sooooo ‘n droom fantasie

    Wel gedaan en geskryf… ek kon die prente/beelde voor my sien af speel… asof ekl self daar was

    Reply
  • Will, jou ou meester. Absoluut uitmuntend..

    Reply
  • Bliksem Will dis bitter mooi beskryf

    Reply
  • Geriatrix

    Die storie raak nou interesant! Het dit geniet

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)