Sy ruik soos vla

Hoe lank gaan ek lees: 10 minute

deur Janneman

(Hierdie storie is die vervolg van Ploeg hier en saai daar.)

Ek word die volgende oggend met ʼn horing wakker. Ek dink aan die vorige aand. Haar naakte lyf, haar tong in my mond, haar tiete teen my lyf en die kaal vlesige lippe tussen haar bene. Haar nat vrug en die stywe ingang tussen haar boude.

Ek streel oor my balsak en vat dan my piel vas. Herman het al opgestaan en badkamer toe gegaan. Ek tos. Ek ruk my piel op en af. Boelie my pers pielkop met my duim. Ek tos die skommel uit terwyl ek aan haar dink. Ek vul my handpalm met die warm taaiheid en dan vee ek dit aan my PT-broek af en druk die broek vinnig in die klein grasmandjie saam met my ander wasgoed.

Nadat ek gestort en aangetrek het, dink ek daaraan om nie ontbyt te gaan eet nie. Ek is honger en besluit om dit verby te kry.

Ons moet in ʼn groep ontbyt gaan eet. Ek draf met die trappe af en gaan wag onder op die stoep. PP kom uit en ek moet hom groet. Vir hom “Meneer” sê terwyl ek af kyk. Ek staan op en doen dit maar.

“Ja sit, fok,” sê hy en trek diep aan sy sigaret.

Ons gaan in ʼn groep eetsaal toe terwyl ons Shosholoza sing. Sy is op haar pos. Ek kan nie meer aan haar as “Tannie” dink nie. Sy is nou net “sy” in my gedagtes.

Net voordat dit my beurt is, los iemand haar af en sy verdwyn in die kombuis in. Ook maar goed so, ek weet nie wat en of ek iets vir haar moet sê nie. Ek dink ek moet maar net maak asof niks gebeur het nie.

Daar is vandag mieliepap ook. Dit proe nie soos die pap wat Ma of Sussie maak nie. Dit proe soos winkel. Dit is omdat hulle die pap op ʼn elektriese stoof maak. Hulle maak nie pap in ʼn swartpot op ʼn koolstoof nie. Dis ook jammer Ma kan nie vir my ʼn blok vars botter met ʼn pakkie stuur nie. Ek sal vir Ma moet skryf sy moet vir my kaiings stuur. Sy kan dit styf toedraai in waspapier en dan in ʼn boksie sit.

Ek eet stadig. Ek is nie lus om simpel liedjies buitekant te gaan sing saam met die wat klaar geëet het nie. Ek het my pyp en twak ook in die kamer vergeet.

Ek vat amper heel laaste my bord terug, en toe kom sy uit die kombuis uit, en vra my doodnormaal om die plastiek broodkratte agter te gaan bêre. Niks ongewoons daaraan nie. Ons help gereeld wegpak.

Ek sit die kratte agter in die kombuis neer en toe brand my gat! Fok! Daar is niemand anders agter in die kombuis nie en sy het die lepel gevat en my ʼn helse hou op die boude gegee! Ek kyk haar verbaas aan en toe lek sy net stadig oor haar lippe en gaan in die glashokkie kantoor in.

Buitekant is PP in ʼn kak bui. “Wat’s fout met hom vandag?” vra ek vir Herman, maar hy trek net sy skouers op. My boude brand. Tyd vir klas, die dag het begin.

Ek gaan eet nie middagete nie. Ek weet waar om kondome te gaan haal en ek gaan kry vyf. Dalk is dit beter dat ons nooit weer naai nie, maar as ons dalk weer naai, wil ek in haar poesie skiet. In haar poesie, in die kondoom.

Ek gaan in ʼn toilethokkie in en sluit die deur. Ek trek my broek af en gaan sit. Ek dink aan haar en vat aan myself, tot ek styf is. Ek haal ʼn kondoom uit en rol dit af oor my piel. Dit is nie moeilik nie. Die kondoom het ʼn paar voue in wat riffels maak, maar ek het hom aan. Ek moet hom meer gelyk oor my piel afrol. Ek trek die kondoom af en gooi dit tussen my bene deur in die toilet. Ek maak nog ʼn kondoom oop en probeer weer. Baie beter. Nog een, die keer vinniger. Daarso, ek het dit.

Ek moet my horing wegkry, maar al waarin ek kan dink is my piel in die kondoom wat in haar poesie ingaan. Haar tiete. Haar boude. Ek los die kondoom aan en begin tos. Ek kom vinnig en my skommel maak die punt en meer van die kondoom vol. Ek trek die kondoom af toe my piel begin sak. Semen spat oor die rand van die toilet toe ek dit in die water gooi. Ek vat toiletpapier en vee my piel skoon, daarna die toilet se rand, staan op, trek my broek op en spoel die toilet. Shit, die kondome spoel nie weg nie. Ek los dit so en loop vinnig uit die badkamer uit.

Die dae gaan verby. Sy vat my nie om haar vrieskas te gaan skuif nie, maar sy praat af en toe lelik. Dit maak my jags as sy so lelik praat. Af en toe as ek help om die kombuisgoed weg te pak en sy kry die kans, fluister sy in my oor. Goed soos: “Ek is nat” en vrae soos: “Het jy vanoggend aan jou piel gevat?” en “Jy is wild Janneman, ek gaan jou tem en by jou piel begin.” Ander kere fluister sy net een woord soos: “Poesie”.

Sy doen niks verder nie. Sy lyk egter anders. Daar is ʼn lig in haar oë. ʼn Lig wat lyk na iets tussen jags en gevaarlik. ‘n Lig wat my wil vashou.

As die vakansie net wil aanbreek. Ek sal vir Drikus van die buurplaas vra wat hy dink. Drikus het al baie genaai en hy het vir Marietjie, wat by die plaasstal langs die grootpad werk, in die ander tyd gesit. Ek weet ook van ʼn klitoris, maar nie baie nie.

Ek en Drikus het eenkeer Scopes gekyk in hulle skuur, toe sê hy as mens ʼn vrou wil mal maak van plesier, moet mens weet hoe om haar klitoris “te werk.” Drikus het ook gesê toe hy die eerste keer vir Marietjie gesteek het, was sy nog ʼn maagd en haar poesie was styf en nie baie nat nie. Marietjie smeer toe speensalf aan sy piel en toe gaan hy in, maar ʼn paar dae daarna het haar poesie begin jeuk. Hy sê as mens haar klitoris reg werk word sy baie nat en glad. Mens moet eerder nie speensalf gebruik nie. Ek het speensalf saamgebring, maar dit is vir my gebarste hakskene.

Eksamentyd breek aan. Ek leer hard. Dit is droog op die plaas en Pa het gesê dit kos baie beeste om my op universiteit te hou. As ek druip, is dit skade soos beeste wat gesteel word of soos ʼn hele mielieland wat afbrand.

Pa het laat weet hy kan my eers die dag nadat die vakansie begin het kom haal. Dit is stil in die eetsaal. Meeste is weg.

Herman eet klaar en toe spat hy. Hy ry met die trein. Ek moes ook eerder met die trein gery het.

Ek vat my bord terug. Sy kom na my toe. “Wanneer gaan jy huis toe?”

“Eers more.”

“Kom slaap vanaand by my.”

Ek hardloop. Ek hardloop dat die wind in my ore suis en my hart tromme speel. Ek gaan kry kondome, dan klere en my tandeborsel en skeergoed en gaan wag by haar kar.

Sy is bot. Kortaf. “Klim in!”

Ons ry in stilte. Wanneer ons voor haar huis stop, sê sy net: “Klim uit!”

Ek aarsel. Wat de fok?

“Uit!” Sy kyk reguit na my. Die lig in haar oë is intens.

Ek klim uit en kry my goed. Wag dat sy die deur oopsluit.

Binne in die huis vat sy my bagasie by my. Ek probeer protesteer dat ek dit sal dra. Sy kyk na my. Haar oë flits in die namiddagson wat deur ʼn skrefie in die gordyne insluip. Ek laat los.

“As jy nie wil verder gaan nie of wil stop, dan sê jy so.”

Ek kyk vraend na haar.

Sy staan nader. Dit voel of my vel kriewel. “Verstaan?”

Ek knik.

“Verstaan!?”

“J… Ja!”

“Trek al jou klere uit en wag op die bank.”

Ek laat nie op my wag nie. My klere waai. Gelukkig het ek die kondome in my broeksak gesit. Ek het reeds ʼn enorme horing. Dit is asof haar stem… en haar oë… vir my ʼn horing gegee het.

Ek wag lank. Iewers in die huis hoor ek haar. Ek het die kondoom klaar uitgehaal, gereed om hom oor my piel te rol sodra ek haar hoor in die gang.

Jissis fok! Dit tref my skielik. Die sitkamer is nou skemerdonker, maar ek kan sien daar is ʼn dik plastiekseil oor die mat gegooi. Ek wil gaan, by die voordeur uitgaan en hardloop, maar ek wil ook nie, so ek bly sit. Ek tel my broek van die vloer af op en vroetel in sy sak vir my pakkie sigarette. Ek steek een aan. Dit is nou heeltemal donker.

Ek hoor haar agter my. My spiere trek styf. ʼn Klikgeluid en dan gaan daar ʼn dowwe lig aan. Ek los die kondoom op die kussing langs my. My horing is in elk geval weg. Iets vat die sigaret uit my hand.

Sy kom staan voor my. Haar swart hare met die grys strepe is styf teen haar kop na agter in ʼn poniestert vasgemaak. Sy beweeg haar gewrig en ʼn swepie piets deur die lug. Donker grimering gaan skuins op vanaf die buitenste hoeke van haar oë. Haar lippe is diep donkerrooi. Sy het ʼn bostuk aan wat lyk soos leer wat blink gepoleer is. Dit laat haar borste vol lyk, en bedek net-net haar tepels. Haar broekie is van dieselfde blinkswart leer, maar dit bedek nie haar poesie nie.

Sy het lang swart stewels aan, wat gaan tot bokant haar knieë.

Sy draai om en buk voor my. Daar is net ʼn dun riem van die broekie wat tussen haar boude deurgaan. Ek is verskriklik jags. My piel is weer styf. Ek wil haar naai.

Sy beweeg haar boude nader na my toe. Nog nader. Ek sit my hande op die rondinge van haar boude. In ʼn oogwink swaai sy om en die swepie klap verbasend hard deur die lug. Ek vries.

Sy buk die keer met haar bolyf na my toe, haar borsgleufie talm ʼn ruk voor my en dan buk sy verder sodat sy my reg in die oë kyk. Na ʼn oomblik kyk ek weg, af, reguit na haar borste toe. Die swepie klap weer iewers langs haar. “Kyk op!”

Ek kyk in haar oë. Die lig in die sitkamer is dof, maar haar oë glinster helder. Ligblou oë. Mooi oë. My oë gaan af na haar lippe toe. Vol lippe. Lippe wat ek wil soen. Die swepie klap. Ek kyk weg van haar lippe, na haar oë toe.

Sy kom stadig regop, maar my oë volg haar oë. Sy staan heeltemal regop en vanuit my sittende posisie kyk ek boontoe na haar oë toe. Die swepie speel en draai geluidloos deur die lug. Sy staan nader. Haar poesie is net so hoog soos my gesig. Ek weet dit net. Net ʼn bietjie afkyk. Net ʼn klein bietjie. Haar poesie is net hier … hier voor my.

Ek hoor die swepie deur die lug swaai. Ek moet kyk. My kop net so hou en net met my oë afkyk. Ek MOET. Die swepie swaai al vinniger.

Net vinnig. My oë vinnig af en weer op. Wag tot sy haar oë knip en kyk gou. Die swepie klief nou deur die lug. Sy staan nog nader. Haar poesie moet nou omtrent teenaan my ken wees. Ek kan terugsit, daar is baie plek tussen my en die rugleuning, maar ek wil nie.

Wat ruik so?

Iets ruik soos …

Sy staan nog nader. Ek kyk af. My kop en my oë gaan af en ek kyk reg in haar poesie vas. Dit is vla. Sy ruik soos vla. Haar poesie ruik soos vla. Die swepie klap. Ek kan nie wegkyk nie. Ek asem diep in en ruik haar poesie. Die swepie knal. Nog ʼn knal en nog ʼn knal. Sy staan nog nader. My oë trek skeel soos wat ek probeer om haar skaamspleet in fokus te hou.

O liewe hel, die swepie is stil maar… daar is iets om my nek. Dit is nie grof nie, dit is sag, baie sag. Dit streel en speel om my nek. My hele lyf tintel soos wat dit om my nek speel. Wat is dit?

Dit stop. Dit span saggies oor my ken. Dan ruk dit skielik styf en pluk my kop boontoe. ʼn Donkerrooi band of lint gaan boontoe tot by haar hande. Sy hou ʼn punt in elke hand vas. Sy trek die een kant van die band en my kop draai links terwyl my keel effens toetrek. Sy trek nog. My keel trek toe. Ek draai my nek so ver na links soos wat ek kan. Sy trek nog. Ek beweeg my lyf. Sy trek nog. Ek draai heeltemal om dat my rug na haar toe wys. Ek staan op my knieë voor die bank.

Die band gly weer baie sagkens oor my nek en dan stop dit. Dan begin die band weer ruk en pluk, gly en wurg. Die band beheer my liggaam. Toe ek handeviervoet met my kop teen die plastiekseil en my boude in die lug staan, glip die band van my nek af.

Die band gly oor my rug, so sag, so strelend en so prikkelend. Dit dans oor my kaal boude en dan tussen my boude in, liggies oor my anus.

Sy swaai die band blitsvinnig tussen my bene deur en dan speel die band oor my ballas. My piel is buite beheer. Ek gaan nog nie kom nie, maar as sy my dan nie wil naai nie, gaan ek nou tos. Ek kan nie meer nie. Ek verskuif my lyf sodat ek met my regterhand my piel kan vasvat.

Ek hoor eers die slag, en toe kom die pyn. Ek voel verbouereerd. Sy het gesê ek moet sê as ek nie verder wil gaan nie, maar ek bly stil. Nog twee dowwe knalle, baie vinnig na mekaar, maar nie so hard soos die een wat my boude soos vuur laat voel nie. ʼn Ligte een reg op my anus en nog een op my balsak.

Ek dink ek… wat… jissis fok, ek is baie naby aan kom. Raak aan my, smeek ek in my binneste. Enige een. Die band of die sweep. Net een raak aan my en ek skiet semen die hele plek vol.

Sy staan of baie stil of sy is weg. Ek beweeg ook nie. Stadig kalmeer die vulkaan in my onderlyf.

Ek het nie eers agtergekom die band is weer om my nek nie. Die band speel eers sagkens, en dan ruk dit skielik en is ek op plat op my rug.

Twee swart voorwerpe beweeg een vir een langs my kop verby tot ongeveer langs my heupe. Ek beweeg net my oë. Dit is haar stewels. Ek hoor hoe die leer kraak soos wat haar bene beweeg.

Ver, iewers baie ver, hoor ek ʼn sagte fluistering. “Jy is wild Janneman en ek gaan jou tem…”

Iets baie sag, die band dalk, speel oor my piel. Sy buk af en bring haar boude al nader na my toe. Ek besef ek ruik die vla baie sterker die keer. Haar boude kom nader en nader. Haar poesie ook.

Streel oor my piel. Speel oor my piel. Haar stewels kraak soos wat sy opstaan. Die wind fluister. “Jou tem Janneman …” Sy staan wydsbeen oor my.

Dit reën. Die hemel drup op my piel en my onderlyf. Warm druppels wat oor my streel. Dit stroom.

Ek kom. Ek kom en kom en kom. Die semen spuit en spat uit my piel uit. “…tem Janneman…”

Ek sweef. Saggies word ek blind en dan is ek op my voete. Ek loop. Loop nog. Draai. Loop.

Gewigloos sink ek af. Die warmte omvou my, vang my en omhels my en dan het ek weer my sig terug. Ek sit in ʼn groot skuimende bad. Kersies flikker op die bad se rand.

Ek skud my kop. Ek het nie woorde nie. Iewers hoor ek water loop. Dit klink soos ‘n stort, dalk.

Toe ek klaar gebad en afgedroog het, loop ek deur die huis. Sy sit op die bank met ʼn pienk japon aan. Die plastiekseil is weg en sy sê ek moet langs haar kom sit.

Haar hare is los en sy ruik soos vars blomme. Sy gee vir my ʼn bakkie met ʼn lepel in aan. “Vla-skywe. Spesiaal vir jou gebak, ek weet mos jy is mal daaroor.”

Ek vat ʼn happie. Dit is heerlik.

“En Janneman…”

“Ja?”

“Jy het nog baie om te leer. Vir jou gaan ek tem.”

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

4 thoughts on “Sy ruik soos vla

  • Avatar
    Feb 21, 2019 at 10:15 am
    Permalink

    Goeie storie….die spanning laai op vir die volgende episode

    Reply
  • Avatar
    Feb 20, 2019 at 8:46 pm
    Permalink

    Janneman, absoluut fantasties man. Hier kom n groot storie.

    Reply
  • Avatar
    Feb 19, 2019 at 12:22 pm
    Permalink

    Wat ‘n skryfstuk ! janneman, jy het die potensiaal om die beste skrywer nog, hier op KBH te word. Goeie taalgebruik, op bouende spanning, pragtige omskrywing met detail. En ‘n pragtige tema met kennis gelewer.
    Baie dankie, sien uit na meer !

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)