Selfaanvaarding (4)
deur Jan Pielewiet
Taalversorging deur Lusman
(Lees vorige episode HIER)
Ek is steeds by my ouers se huis tydens die grendeling en is besig met ‘n navorsingsprojek wat ek aan die universiteit, waar ek studeer, voorgestel het. Ek is besig om op my laptop na die nuutste statistieke te kyk van die Covid-19-epidemie wat oor die wêreld heen amok maak. Italië het vir China verbygesteek met die meeste sterftes. Amerika het ‘n massiewe klomp mense siek en gaan heel waarskynlik binnekort boaan die sterftelys wees.
Die onverwagse gebewe van my selfoon in my broeksak laat my ruk van die skrik. Dis deels omdat ek diep verlore is in my navorsing en deels omdat dit al amper middernag is en my foon gewoonlik nie so laat in die aand boodskappe kry nie.
Ek besluit half teësinnig ek sal maar eers die boodskap lees en dan agterna kyk hoe die statistieke vergelyk. Ek wil baie graag dringend weet watter persentasie van elke land is siek en hoe groot die verskille is as mens appels met appels vergelyk.
Ek worstel die foon uit my broeksak. Ek’s aangenaam verras toe ek sien dis ‘n boodskap van Sandra.
“Slaap jy?” wys die dof verligte skerm van my Samsung.
“Nee?” antwoord ek terug en dan: “Hoekom?” Ek kan nie help om terselfdertyd aan ons Zoom-sekssessie van ‘n paar weke gelede en nog twee daarna te dink nie. Ek wonder of sy weer so iets gaan voorstel.
“Vra maar net, ek is nog wakker en toe ek loer is jou kamervenster donker.”
Ek dink aan hoe die fisiese afstand tussen ons drasties gekrimp na die skuif van hul woonplek. Waar hulle eers aan die anderkant van die straatblok gebly het, is sy nou sommer heelwat nader. Nie dat dit nou juis help vir fisieke sake nie – lockdown is grendeling en grendeling is algehele inperking – niks goeds vir lyflike pret nie. Die dubbelverdiepinghuis, wat haar ouers ‘n jaar gelede toevallig ‘n hanetreetjie van ons af gekoop het, help ons niks. Dis weer in dieselfde straatblok as ons huis, soos die kraai vlieg seker nie verder as 100 m nie.
Sandra se kamer is op die boonste verdieping. Haar kamer en myne is so geleë dat ons mekaar se vensters net-net kan sien as mens halflyf uithang by jou venster. Natuurlik sou sy nie die dowwe gloed van my skootrekenaar se skerm kon sien nie. Ek weet sy het maar net ‘n kans gevat en gehoop ek is nog wakker.
Ons begin via WhatsApp gesels oor die ramp wat besig is om hom in die wêreld af te speel. En verder, watter impak dit op ons gewone mense se lewens kan hê. My pa kla dat sy syfers af is, veral weens die inperking op beweging, asook die verbod op die verkope van drank en sigarette. Dis twee van sy mees winsgewende lyne. Hy is baie bekommerd oor die huur van die winkel wat betaal moet word en die hoë rentekoerse wat nou geldig is na ons land ‘n rukkie terug tot rommelstatus verklaar is. Sandra se pa is weer bekommerd of sy maatskapppy dit gaan oorleef en of hulle nog arbeiders gaan hê. Ons land is nog lig geraak, maar hy voorspel dat ons hard in die hoëbevolkingsgebiede geslaan gaan word.
Na nog so rukkie se gesels, laat val Sandra ‘n skimp. Sy is nou moeg vir al die negatiewe gedagtes is en wil weet of ek nie iets meer positiefs het om oor te gesels nie.
Natuurlik kan ek net aan seks dink as ek met haar gesels. Onmiddellik wonder ek hoe ek haar kan oortuig vir nog ‘n sessie foonseks met Zoom. Terwyl ek nog wonder, kom haar boodskap deur dat ek by die venster moet uitloer – sy wil my iets wys. Ek staan op my tone en hang halflyf uit. Wanneer ek na haar loer, sien ek hoe sy ook uithang. Sy hou ‘n flits of iets voor haar en lig na haar bolyf – dis heeltemal kaal! Dan blaas sy vir my ‘n soen en verdwyn weer in.
Wanneer my foon biep is daar ‘n boodskap wat sê sy kry my in die bos by die tuinhekkie. Dis ‘n stukkie inheemse bos met ‘n mooi, groot olienhoutboom en ‘n kleiner kareeboom. Daar is ook ‘n paar digte inheemse struike. Die bos was een van die hoofoorwegings toe haar pa ‘n jaar gelede op die dubbelverdiepinghuis op die groot erf besluit het.
Ek glip stilletjies by ons agterdeur uit en sluit dit toe. Dan draf ek suutjies met die gangetjie in die diensserwituut deur na hulle straat. Sy het die tuinhekkie reeds oopgesluit toe ek daar aankom. Gelukkig het Sandra se pa die hekkie geolie tydens sy ekspedisie en dit glip geruisloos oop. Wanneer ek in die bos ingaan, staan Sandra en wag vir my onder die oorhangende takke van die kareeboom. Ek herken haar aan die strikkies op haar pienk pantoffels. Ek stoot die takke weg en glip onder hulle deur. Sy hou haar arms oop en ek stap in haar omhelsing in. Haar warm mond maak oop onder my lippe. Ek voel hoe haar been om my haak en haar hande my aan my boude nadertrek. Haar japon val oop en ek kan sien sy is heeltemal kaal onder hom.
Haar regterhand sak na my slaapbroekie se voorkant. Ek voel hoe sy my meneer by my linkerpyp uithaal en hom teen haar koek vastrek. Sy is alreeds sopnat. Ek glip sonder enige weerstand in nadat ek my knieë vir ‘n wyle moes buig om my stand vir insit reg te kry. Ek begin haar spyker met haar rug teen die regop stam van die kareeboom. Haar heupe wieg saam, die beweging teenoorgesteld aan myne.
Ek voel hoe my orgasme van ver af op my begin afstorm. Sandra se heupe beweeg al hoe vinniger. Hulle slaan al harder teen my vas. In die dowwe lig van die straatlamp sien ek die siddering van die takkie met die drievoudige kareeblaartjies skuins bo haar kop. Ek besef dis weens haar boude wat nou met elke kragtige truhaal van haar teen die boom se stam vasslaan. Ek hoor die gesjloep-sjloep van ons ywerig wisselwerkende organe en kan voel hoe haar lus teen my been afloop. Sy begin te ruk en dan stop sy skielik en word stokstyf, haar heupe vasdrukkend teen myne. Hoflik kom ek ook tot stilstand terwyl die eerste genotsgolf oor haar spoel. Wanneer sy weer net effens begin beweeg, kan ek ook nie meer terughou nie. Ek stort oor die rand en die sperm spuit uit my uit, diep in Sandra in.
Sandra gee my nie eers kans om klaar te ontspan nie. Sy stoot my weg. Die nat, opgefrommelde bokant van die pyp van my slaapbroek teen my skaamheuwel skuif terug oor die rug van my neersakkende voël. Dit glip oor die kop en val oopspreidend na benede, byna perfek weer in plek om my linkerbobeen.
“As my pa ons vang is jy dood!” fluister sy in my oor as sy vir ‘n oomblik weer nader tree. Dan begin sy wegdraf huis toe. Ek is so verstom oor die twee minute se kwiekie dat ek haar agterna staar. Ek dink skaars daaraan dat ek moet huis toe voor ek dalk betrap word.
Terug in my kamer, my nat, besmeerde slaapbroek in die wasgoedmandjie terwyl ek die duvet oor my taaierige, slap voël trek, sien ek nog ‘n boodskap van Sandra: “Dankie, lekker slaap.”
(Lees volgende episode HIER)
3 COMMENTS
Dankie Jan vir ‘n lekker droom storie.
Jack wens hy het so ‘n jags meisie gehad… Al ons manne wens dit. 🙂
( Die privaat-sitkamer in die ingangsportaal voor die koshuisvader se kantoor was die laaste plek waar hulle na jou gesoek het en ‘n ‘veilige’ spasie waar jong manne en dames met ‘n oorvloed hormone skelm kon vry. 😉 )
Dankie JouBok.
Ons koshuis het self so sitkamer gehad waarvan ek al vergeet het. Dalk moet ons ‘n paar stories deel oor wat daar gebeur het…
Wens ek het so n jags meisie gehad toe ek jonk was