Erotikaans: Aanmekaar of aan mekaar?
deur Lusman
Baie van ons het soms die probleem dat ons nie weet wanneer om “aanmekaar” (vas) te skryf en wanneer los, d.w.s. as “aan mekaar”, nie. Die saak word hier onder belig, met voorbeelde uit o.a. Kombiekiehier.
“Aanmekaar” (vas geskryf)
“Aanmekaar” (vas geskryf) het basies drie betekenise. Voorbeelde is die volgende:
Die betekenis van aanhoudend, sonder om op te hou
Ek sien dat sy haar een bors nou aanmekaar knie en die tepel uitrek. (uit: “So ongelooflik soos jy”)
Sy kom weer en weer en aanmekaar, afwisselend met gille en kreune. (uit: “Bobaasspeurder Faber (3)”)
Aan die kopkant van die tafel het twee dames met koppe bymekaar gesit en aanmekaar gesels. (uit: “Totsiens Marianne”)
As my pa dan ‘n ander meisie spyker, gaan dit lank aan en sy maak aanmekaar geluide … (uit: “Die lank en kort daarvan (variasie 2)”)
Dit reën aanmekaar op die vakansieplaas, maar hulle gee nie om nie want hulle het tyd om in te haal in die bed.
Hulle naai soms vir ure aanmekaar.
Hy kla aanmekaar omdat hy nie ‘n vry by haar inkry nie.
Die betekenis van: die een vas teen die ander
Hulle begin aanstap koshuis toe, hande millimeters van mekaar wat net so nou en daan aanmekaar raak. (uit: Die stoute tydskrif)
Sweetgom plak ons lywe aanmekaar. (uit: “Is jy seksueel gefrustreerd (5)”)
Haar poeshare kleef aanmekaar van die oormatige afskeiding.
Hul kaal lywe is aanmekaar, soos een saamgevoeg.
Die hare staan aanmekaar op sy bors.
Die betekenis van: baklei
Hulle is aanmekaar oor of hulle in ‘n driesaam moet swieng of nie; die hare waai behoorlik.
“Aanmekaar” met ‘n derde komponent in ‘n samestelling
Soms kom daar nog ‘n komponent (woord) by aanmekaar. Van die meer gebruiklike samestellings is die volgende:
Met die betekenis van: bou, monteer of bymekaarsit
Toe sy die prentjie aanmekaarsit word haar man se verneukery met die ander vrou vir haar duidelik.
As sy die vibratordele aanmekaarsit wil dit nie werk nie. (Nie uit die oog te verloor nie, is dat mens ook kan inmekaarsit hier kan gebruik – die vibrator inmekaarsit.)
Die inskrywingsgeld sal waarskynlik hersien word volgende jaar wanneer dinge anders aanmekaargesit gaan word. (uit: “Liewe Kombiekiehier-leser” van 10 Des 2019)
Ander samestellings met “aanmekaar”
Sy sê sy gaan solank in die swembad afkoel, terwyl ek gou vir ons ‘n lekker ete aanmekaarslaan. (uit: “Jasmin (5)”)
Hy weet dat, omdat hy nie kans gehad het om te was nie – en dadelik in die pad moes val – sy balhare weer gaan aanmekaarkoek van haar sappe.
Sy geniet haar nou in die bed saam met hom, maar weet hulle gaan môre by die ontbyttafel weer aanmekaarspring omdat hy ander meisies ook naai.
Sy kla omdat hy in sy e-posse woorde aanmekaarskryf wat hy nie moet nie; dit maak haar deurmekaar.
“Aan mekaar” (los geskryf)
“Aan mekaar” word gewoonlik los geskryf as daar ‘n element van wederkerigheid in die betekenis is. Voorbeelde is:
Hulle stuur die hele dag seksboodskappies aan mekaar en is superjags toe dit tyd is om huis toe te gaan.
Hulle is absoluut aan mekaar verknog en vry met niemand anders nie – nie eens ou naaivriende nie.
Hulle voel albei hulle is iets aan mekaar verskuldig oor die misverstand en sit alles in om die gekafoefel vir mekaar so lekker as moontlik te maak.
Hulle is na aan mekaar en gesels altyd lekker – en naai soms as die geleentheid hom voordoen.
Sy wil hê hulle moet gereeld aan mekaar sexy goed skryf as hy oorsee gaan.
Ten slotte
Ons hoop bogenoemde het vir skrywers en lesers so ‘n bietjie lig op “aanmekaar” en “aan mekaar” gewerp. Oor die algemeen is “aanmekaar” die regte vorm, behalwe waar wederkerigheid ter sprake is, gewoonlik waar twee persone betrokke is – wat op die een van toepassing is, is ook op die ander.
Daar is natuurlik nog baie ander woorde soos “by”, “deur”, “in”, “teen”, “van” en “uit”, wat vooraan “mekaar”, soms vas en soms los, gebruik kan word. Ons sal by ‘n ander geleentheid daaraan aandag gee.
Kommentaar op bg. word verwelkom. Lesers kan in hul kommentaar ook enige ander taalsaak opper.

Wat van- Die honde sit aanmekaar aan mekaar vas…….