Padblokkade
deur Annelise
Dit is nie gereeld dat ek en my man die geleentheid kry om ‘n aandjie sonder die kinders uit te gaan nie. Ons sosiale kalender word gevul deur opwindende familiegeoriënteerde uitstappies soos uiteet by ons plaaslike restaurant of fliek waar kinders onder tien toegelaat word. In my fantasie nooi ‘n vriendin ons om haar verjaarsdag op ‘n plot ‘n ent uit die stad uit te kom vier en ons gryp die geleentheid vir ‘n grootmensaand sonder springmielies en groenkoeldrank aan.
Die uitnodiging beveel ons om soos ‘n liedjie aan te trek. My man trek soos die Bielie van die Bosveld aan kompleet met velhoed, kakieklere en ‘n lang sweep. Na lang oorweging besluit ek om myself in ‘n engel te verander. ‘Angel’ van Robbie Williams is my tema-lied. Ek trek ‘n lang, vloeiende wit aandrok aan wat ek uit die kis opdiep waar klere van vervloë dae in papier toegedraai is. Die rok sit maar knap, maar ek is seker dat ek dit vir een aand sal kan uithou. My dogtertjie se feetjievlerkies rond die prentjie af. En omdat geen vrou geheel en al engel wil wees nie, trek ek my lang swart leerstewels en my swart kant onderklere aan. Ek is ‘n engel met ‘n sexy geheim.
Die wintersaand is bytend koud, maar snel in ‘n gesellige warboel van kuier en lag en eet verby. Later is dit nog net die langasems wat saam om die kroeg gesels. Dit is al naby aan drieuur in die oggend wanneer ons besluit om die tog huis toe aan te pak.
Teen dié tyd begin my stywe rok my asem al belemmer en voordat ons nog behoorlik deur die hek is, stroop ek dit van my af en gooi dit sommer deur die venster tot agter in die bakkie. Gelukkig is daar ‘n sjaal, wat ek vir koue noodgevalle hou, in die bakkie en ek vou dit om my bo-lyf om die winter se byt af te hou.
Dit is nogal ver huis toe en ons is alleen op die pad. Soos dit getroude mense met klein kindertjies en min tyd betaam, maak my man van die geleentheid gebruik om opnuut met my verskeie liggaamsdele kennis te maak. Die hitte van die verwarmer en die hitte van sy linkerhand op my bo-been troetel my en ek maak my oë toe en laat my kop agteroor lê.
Die volgende oomblik hoor ek hom swets en ek voel hoe hy skielik rem. My oë vlieg oop om ‘n ent voor ons ‘n padblokkade blou te sien flits. Daar is nie tyd vir oorklim tot waar ek my rok in die verste hoek van die bak geslinger het nie. Ek trek die sjaal maar stywer om my en hoop dat hulle soos gewoonlik net die taxi’s aftrek. Met die naderkom sien ons dat die blokkade deur die polisie beman word. Die voertuig voor ons word deurgewaai asof hulle nie veel erg aan die hele storie het nie. Maar toe ons nader ry, stop hulle ons.
“Goeienaand, Meneer. Skakel asseblief die motor af.” Daar is twee van hulle by die bakkie, ‘n ent verder aan die oorkant van die pad staan nog ‘n paar en gesels. Die man in kamoefleerdrag vra my man waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. Hy kyk na sy bestuurslisensie. Ek probeer myself onopsigtelik maak deur nie ‘n vinger te verroer nie. Daar is ‘n man aan my kant van die motor ook, maar ek maak of ek hom nie sien nie. Dan vra die geselserige polisieman my man om saam met hom te stap. Die motor se dakliggie skyn vir ‘n oomblik helder voordat hy die deur weer vinnig toeslaan. Hulle verdwyn al geselsend in die rigting van die groep mans aan die oorkant van die pad.
Ek wag, wikkel myself nog dieper in die sjaal in wat skaars my bo-lyf toemaak. Skielik klop iemand aan my venster. “Mevrou, klim uit die motor.” Ek het vir ‘n oomblik heeltemal van die tweede polisieman vergeet! Ek rol die venster af. Ek wil nie uitklim nie, ek het omtrent niks aan nie, maar ek weet nie of ek mag weier nie. Dan maak hy sommer die deur oop. Vir die eerste keer sien ek hom in die lig. Hy is rugbyspelergroot met ‘n blonde kuif wat nie by sy uniform pas nie. “Klim uit,” sê hy. Sy stem duld nie teëpraat nie. Ek skuif uit my sitplek, die sjaal styf om my geklem. Hy staan nie weg van die deur af nie met die gevolg dat ek omtrent teen hom te lande kom met die uitklimslag. Die deur van die bakkie slaan toe en die donker vou om ons. Ek weet skielik dat die mense aan die ander kant van die pad ons nie agter die bakkie kan sien nie.
“Ons moet net doodseker maak dat daar nie enige onwettige middele verby ons gesmokkel word nie,” sê hy teen my oor. “Haal die lap af.” Hy trek self die sjaal van my af en gooi dit op my sitplek deur die oop venster van die bakkie. Al wat ek nou aan het is my kant onderklere wat ek spesiaal vir hierdie grootmens-aand aangetrek het en my kniehoogte stewels. My sexy geheim het uitgelek. Ek begin protesteer en probeer wegkom, maar hy druk my teen die deur vas met sy hand oor my mond. “As jy moeilikheid maak sal ek my kollegas moet roep om my te kom help met my pligte. Ek is seker hulle sal glad nie omgee nie.”
Miskien moet ek maar vir die oomblik saamwerk. My man sal enige oomblik terugkom en dan sal die polisieman my laat gaan. Ek hou op stoei. Hy laat my versigtig gaan en gee ‘n tree terug. “Fokkit, maar jy is sexy,” sê hy.
“Asseblief laat my gaan.” Ek smeek nou. “Jy kan tog sien dat ek niks aan my versteek nie.”
“Mens kan nooit te seker wees nie.” Sy antwoord is bars. “Draai om en sit jou hande teen die voertuig.”
Die metaal is koud onder my hande. My hele lyf het hoendervleis. Sy hande begin by my voorarms, dit vryf warm weerskante teen my koue lyf, al langs my sye af tot op my middel. Ek kan my asem sien wolkies maak in die koue lug. Dan voel ek sy vingers in my hare; hy draai my kop kant toe en ek voel sy mond teen die pols in my nek. Sy tong volg die lyn van my wang en ‘n rilling trek deur my as hy in my oor fluister: “Wens jy was myne …”
Die bloed suis so hard deur my ore dat ek nie meer my man en die res van die groep se stemme aan die oorkant van die pad kan hoor nie. Sy lyf druk teen my van agter af en ek voel hoe sy hande voor om my lyf beweeg. My asem steek in my keel vas wanneer hy my borste bereik en sy hande daaroor vou. Hy vryf my reeds stywe tepels tussen sy vingers en werk dit by my bra uit. Ek voel nie meer die koue nie. Dan beweeg sy hand kruipend oor my maag. “Sprei jou bene.”
Ek kan hom styf deur sy broek teen my voel druk. Sy vingerpunte glip onder my broekie se rek in, af, oor my syerige bos en dan gly hy sy vingers tussen my warm, nat lippe in. Ek kreun wanneer sy vinger my binnedring. Ek voel hoe my liggaam teen my draai en my heupe verraderlik die tempo van sy vinger oorneem. Vinniger, vinniger, dieper, dieper. En my lyf ontplof in ‘n orgasme wat my verswelg en laat sidder … en my verwese daar langs die verlate pad laat, in my onderklere en my stewels, met ‘n vreemde man se vingers in my.
Ek is reeds weer terug in die bakkie met my sjaal om my skouers wanneer my man uiteindelik weer teruggestap kom. Die reuk van ‘n ver-af veldbrand glip saam met hom by die bakkie in. Soos hy maar is, het die nagaan van sy bestuurslisensie seker op ‘n geselsie oor die Blou Bulle en toe oor die politieke toestand en sommer oor die weer uitgeloop. Hy hoop nie ek het koud gekry terwyl ek gewag het nie. Die donkerte van die bakkie bedek my stilte en my skaamte. My mond is nog gekneus van die soen waarmee hý my gelos het. In my hand is ‘n gefrommelde nota met ‘n telefoonnommer wat ek nooit sal bel nie, maar waarskynlik vir altyd sal hou.
6 COMMENTS
‘n Tweede lees na die eerste verskyning van hierdie storie in Julie 2014 is soos om ‘n edel-verouderde wyn oop te maak en die adele aroma in te adem, voor jy die proe-slukkie in jou verhemelte skommel
Wow
Dat selfs `n padblokkade lekker kan raak…..!!!!!
Wow….wat kan ek meer se?
Wow, Annalise! Jou fantasie het my sopnat! Ek het nou daai man in die uniform se vingers tussen my lippies nodig!
Dankie 🙂 🙂 Ek is bly jy het dit geniet. 🙂