Ons Kuier (3)

21+
Hoe lank gaan ek lees: 6 minute

deur Wille Will

(Lees vorige episode HIER)

My gesonde verstand en etiek teenoor ‘n vriend het in die daaropvolgende week in stryd verkeer met my herinneringe van daardie aand, wat in my broek gereageer het. Ek het egter nie gebel nie.

Vrydagaand se gewone kuier het vir my verander, veral toe ek Gys sien. Hy kom skielik oorgestap na my toe: “Ou Willa, hoe gaan dit ? Ek het nog nie eers vir jou bedank vir laas Vrydag se huis toe vat nie.”

“Gys jy ken my mos, ek help julle manne graag voor julle kak optel met die gereg,” antwoord ek met ‘n glimlag.

“ Wilmie het darem ‘n e-pos gestuur, verstaan ek ?”

Ek knik net en vat ‘n sluk van my soda-water.

“Ek het reeds gewonder … dalk kan jy help. Sy sê jy’s so ‘n aangename, sjarmante man. Die ding is ons praktyk brei nou uit en ek moet more aand in Nelspruit wees vir die openingsgeleentheid van ‘n nuwe tak en gaan daar oorslaap. Ek het Wilmie egter geruime tyd terug belowe om haar te vergesel na ‘n klavierkonsert deur die befaamde pianis, Gerald Boehm, wat eenmalig gaan optreë hier in Suid-Afrika op sy wêreldreis. Hou jy van sulke musiek?”

‘n Warboel gedagtes flits deur my kop, voor ek antwoord.

“Ek is mal oor Boehm, ‘n maestro in eie reg. Dit sal ‘n voorreg wees, maar is Wilmie orraait daarmee? Wie se voorstel was dit, joune of hare?”

Gys lag: “Nee, sy was eers baie teleurgesteld, maar toe vra ek of iemand nie in my plek kan gaan nie. Sy sê toe dalk kan ek by jou hoor dan is dit sommer ons dankie-sê tegelyk. “

Met ‘n beterwetige glimlag sê ek: “Okay, dit sal ‘n voorreg wees. Vra haar om my te epos met die besonderhede, dan doen ons so.”

“Ek sê dankie,” antwoord Gys. “Verskoon my ek moet nog iets anders afhandel.” Hy knip-oog en stap oor die vertrek na die kelnerin van die vorige keer. Ek wonder of sy nie dalk saamgaan Nelspruit toe nie?

Ek besluit op ‘n vroëe aand, groet die manne en vertrek huistoe.

***

Seweuur Saterdagoggend  ‘beep’ my foon my wakker. Dis Wilmie op video-pos. Ek sit regop op die bed, vee my hare bietjie reg en druk die nodige knoppies.

Haar gesig vul die skerm en ek sien die hare is lekker deurmekaar geslaap.

“Hy’t nou net gery om te gaan golf speel. Dankie dat jy ja gesê het.”

Sy hou haar hand voor haar mond soos sy lekker gaap.

Die beeld zoom effens uit en ek sien hoe sy met een tepel speel deur die deursigtige ligpers negligee wat oor haar borste is met die kombers net daaronder. My voël begin rys onder die laken waaronder ek nakend geslaap het. My los hand gaan onder die laken in en ek vat my penis warm in my hand en begin stadig masturbeer. Ek laat sak die foon dat die bewegende ereksie wat knop maak deur die laken in beeld is.

Wanneer ek die foon weer voor my gesig het sien ek op die skerm dat die negligee nou afgeskuif is oor die een bors wat sy nou oplig na haar mond  en die tepel ritmies lek.

“Shit,” verskyn haar gesig weer vol op die foon se skerm. “Gooi daai laken vir my af voor ons aflui en sorg dat jy so seweuur vanaand hier is vir ons afspraak, stouterd.” Sy glimlag intiem. “Bye.”

Ek gooi die laken af en bring die foon se kameratjie af oor my erekte voël wat nou dik beaard op en af skuif tussen my vingers. Na twintig sekondes waar ek my reaksies se stuwings begin voel kyk ek op die foon, maar die skermpie is reeds swart. Wat doen die vroumens aan my?

Vyf voor sewe klop ek weer die leeukopklopper op die deur.

Ek het my swart aandpak aan.

Die deur swaai wyd oop en Wilmie staan daar gegiet in ‘n donkerrooi aandrok wat skitter met duisende sequins. Dis ‘n halternek wat haar vol borste oplig en beklemtoon en dan vloei oor die effens wye heupe. Twee diamantoorbelle skitter in haar ore bo die slanke nek met die hare wat bo-op die kop vasgemaak is met ‘n perlemoenkammetjie daarin.

My mond hang seker oop want sy groet met, “pasop vir brommers (laggie), jy lyk baie chic.”

“J-Jy lyk asemrowend!” stamel ek voor ek haar in my arms neem en soen.

Ek voel hoe sy my oor die drumpel intrek en die deur saggies toeskop terwyl altwee haar hande agter my hoof tussen my hare klem en sy my vurig terugsoen.

Ons koppe kom op met ‘n snak van albei en sy sit haar arm om my middellyf en stap met my tot by ‘n ander divan wat blykbaar uitkyk deur ‘n venster, maar nou toegetrek is met gordyne.

“Ek’s nou by jou,” stap sy weg agter my soos ek gaan sit.

Skielik verdof die ligte na ‘n ligrooi glans en Brahms se Eerste klavierkonsert vul die vertrek.

Ek leun terug in die bank en sit my hande agter my kop en sluit my oë soos sy mooiste klavierkonsert gekomponeer vir sy geliefde deur my siel bruis. ‘n Geluid naby my laat my regop sit en my oë oopmaak. Die gordyne het elektries oopgegaan en die venster kyk uit oor die baie liggies in die verte by die Kyalami Winkelsentrum asook die ligte van die komplekse tot daar naby.

“Hierdie opname het Gerald Boehm in Wene opgeneem en is baie raar,” sê sy saggies wanneer sy styf langs my kom sit.

“Proe ‘n egte Kaapse Hanepoot,” sê sy en druk ‘n druiwekorrel in my mond.

Ek maak my oë weer toe as ek die korrel knars en die heuningsoet sap my mond vul. Haar parfuum aroma om my en ek voel ‘n beweging by my bo-bene en haar hande wat onder my aandpak baadjie is en dit van my skouers afskuif.

Ek maak my oë oop. Sy sit wydsbeen op my met haar knieë weerskante van my dye. Sy is nakend en in die pienk lig weerkaats  haar liggaam soos ‘n mistieke, fantasie godin wat herrys en sweef oor my. Ek lig my arms as sy die baadjie van my aftrek en pluk my hempsknope los daarna. Wanneer ek die hemp self begin uittrek voel ek die ritssluiter van my broek oopgly en albei haar hande wat my geslagsdele uit my onderbroek uit oplig. My ereksie is oombliklik en sy kom effens orent op haar knieë voor sy ten volle gaan sit op my voël wat sy vashou. Haar asem snak weer as sy my begin ry en haar vingers klem in my twee skouers in en sy gooi haar kop agteroor in die ligrooslig. Haar genotskanaal voel soos ‘n tonnel van fluweel om my penis.

“Jou liggaam bring my in ‘n ander dimensie, asof ek dieper in jou wil ingaan tot ek jou siel kan aanraak,” sê sy intens en sag.

My sit posisie onder haar verleng my uithouvermoë en soos ons ritmies ry met Brahms se musiek laat die goddelikheid van die oomblik die mure verkrummel om my hart en ek stoot tentakels uit na haar binneste.

Haar kop kom weer vorentoe waar dit agteroor gegooi was en haar hande gaan om my wange, maar ek kan haar oë nie sien nie as gevolg van die lig nie, net donker kolle.

“So soek ek jou al my lewe lank,” sê sy met haar mond millimeters van myne af.

My oë rek as ek voel asof daar nou klampe in haar is wat my voël knyp en los, knyp en los soos wat sy vinniger begin ry.

Ek beveg hierdie nuwe erotiese, sublieme ervaring met die woorde: “Wilmie jy weet soos ek dat hierdie paradys wat ons nou ervaar nooit in die toekoms kan aangaan nie.”

“Niemand kan dit van ons wegvat of verander nie,” hyg sy nou en ons ritme versnel nog meer. “Moenie nou kom nie as jy kan … ek’t ‘n laaste wens, asseblief. ”

Die Brahms-konsert is klaar en in die stilte hoor ek ‘n slurpgeluid as sy van my afklim. Sy help my aan my nat stang op en gaan sit hande-vier-voet op die mat met haar gesig na die liggies in die donker daar buite.

Ek buk af op my knieë agter haar boude tusen haar bene.

“Moenie tussen my boude ingaan nie, ek’t nie nou smeermiddel naby nie, maar stamp hom so diep moontlik in en speel ook met my borste.”

Ek neem my voël in my hand en soek-soek in die pienk lig na haar gleuf. Dan voel ek die vogtige skede en met een haal stoot ek so diep ek kan in haar in en buig vorentoe oor haar rug. Van agter vou my hande een oor elkeen van die mooi borste en ek knie hulle in my hande.

Die amper smeekroep wat sy gegee het toe ek binnegaan verander in klein kerm geluidjies in ritme met ons liggame wat aanhoudend teen mekaar stamp. Ek voel my klimaks onkeerbaar opstoot toe sy my eiers in haar hande neem en vrywe onder ons.

“Wilmie!” roep ek.

“Skiet in my! Skiet in my!” skree sy terug.

Ek brul in klimaks en skiet my saad oor en oor in haar in. Met die laaste sidderende paar stote van my bereik sy ook haar orgasme en sy gil dat deur die vertrek weergalm. Ons gaan deur die laaste stuiptrekkings en sy val plat op haar maag dat my meneer net uitglip. Sy lê op haar een wang en sê vir my: ”Ek sal nooit weer met iemand anders so kan kuier nie. Dankie.”

Soos ek nou op haar rug lê met my maag na onder, kyk ek uit na die ligte daarbuite wat vonkel asof hulle oogknip.

21+

6 thoughts on “Ons Kuier (3)

  • Avatar
    Aug 25, 2019 at 10:50 pm
    Permalink

    Dankie vir die komplimente en aanmoediging van almal. Ek was vir so 2 weke nie op ons werf nie maar is nou weer terug vir ‘n tydjie en was aangenaam verras met julle terugvoer!
    Ek het ander stories wat ek huidiglik nog skommel voor ek dit op skrif stel, maar sal weer daarna terugkom en besluit of ek hierdie verhaal verder gaan laat loop.

    Reply
  • Avatar
    Aug 23, 2019 at 1:56 pm
    Permalink

    Will my ou maat, weereens meesterlik geskryf. Ek sien uit na die vervolg.

    Reply
  • Avatar
    Aug 22, 2019 at 9:42 pm
    Permalink

    Well done Will. Moes nou eers weer die eerste twee dele gaan lees. Hoop nie ons wag amper weer ‘n jaar vir die opvolg nie. Ek glo die tweekies het nog paar afsprake oor so onder die besige man se neus. Wonder wat gaan gebeur as hy hulle twee betrap…

    Reply
    • Avatar
      Aug 23, 2019 at 10:29 am
      Permalink

      Dis ek wat nou eers hierdie storie gepost het. Hy het dit waarskynlik al ‘n jaar gelede gestuur.

      Reply
  • Avatar
    Aug 22, 2019 at 8:40 am
    Permalink

    Pragtig…en die storie is nog nie klaar nie.
    Sien uit na meer

    Reply
  • Avatar
    Aug 21, 2019 at 12:57 pm
    Permalink

    Meesterlike storie! Ek sien huweliksklokkies…..

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)