
Muur toe.
deur Whale
Ons oë ontmoet vir ‘n halwe sekonde oor die plat dak van die renmotor voordat ek inskuif en my gordels begin vasmaak. Ek herken haar, en sy weet dit. Fok, hoe lank terug is dit? Sewe jaar? Ek skud my kop, probeer op die wedren fokus. Ek sien haar bene langs die kar uitsteek toe ek my valhelm opsit. Dan buk sy af en haar vleklose gesig verskyn hier langs my kop. “Sterkte” is al wat sy sê voordat sy net so skielik verdwyn as wat sy verskyn het. Ek knik, en druk die aansitter. Die agt silinders brul en ek sluit my af van alles buite die voertuig.
-0-
Ek loop haar in die pouse voor die finale wedren by ‘n kosstalletjie raak. Sy is steeds beeldskoon, maar ek kan sien sy het vrou geword. Ek kan nie help om die volronde borste onder die stywe hempie op te merk nie, ook nie die perfekte boude wat teen die kortbroek beur nie. Haar bene was my oorspronklike downfall, model-perfek. Ek kry skielik warm in die ren-oorpak en wonder selfbewus of my halwe horing sigbaar is.
Sy lag vir my. “Jy moenie so staar nie meneer Grimbeeck, jy kan dalk in die moeilikheid beland”.
Die ry beweeg vorentoe en ek eis ‘n verduideliking met my oë. Maar sy antwoord nie dadelik nie.
“Bedoelende?” Sy het geweet ek gaan vra, ek kan sien.
“Wel, jy trek my uit met daai paar kykers van jou, wie weet, netnou wil ek jou nie keer nie”.
Haar stem is skor en net-net hoorbaar bo die eentonige gedreun van die kommentator se stem wat aankondig dat die renne binne tien minute weer gaan begin. Ek is vaagweg bewus van my naam wat genoem word. Ek kyk weer na haar.
“Dalk wil ek nie hê jy moet nie”. En ek draai om en loop, sonder die koeldrank waarvoor ek eintlik daar was.
-0-
My finale ren is ‘n fokkop. Ek verloor twee plekke, gaan te wyd in die tweede laaste rondte en sien hoe die muur nader storm voordat ek dit met ‘n slag tref en pynlik hard teen die skouerharnass geslinger word. My kop draai toe die voertuig tot stilstand kom en in rekordtyd maak ek die harnas los en klouter uit. Behalwe vir ‘n ligte kneusgevoel in my skouer is ek fine en ek waai na die toeskouers wat bekommerd by die draad saamdrom. Sy is ook daar tussen hulle, maar ek is te kwaad om my nou aan haar te steur. Dis omdat ek aan haar fokken rukkende liggaam onder myne gedink het toe ek die draai ingaan. Ons seks was die beste seks van my lewe, want sy, vroom soos wat sy voorkom, kan net so rof wees in die bed. Ek vloek, kyk vir oulaas na die wrak van my kar, steek ‘n sigaret aan en stap na die ambulans.
-0-
Sy huiwer by die deur van die trok waarin ons die renmotors vervoer. Die ander manne is almal by die prysuitdeling, maar ek was nie lus om te gaan nie. Deels omdat daar nie rerig iets is om voor te gaan nie, en deels omdat ek nie lus is vir die kamma-simpatie van die ander drywers nie. Sy klop nie, stap net in.
“Is jy okay, Ivan?” Ek hoor die kommer in haar stem, sy is regtig besorgd.
“Ja wat, skouer bietjie styf maar dis reeds uitgesort.”
Ek kyk na haar, die goddelike blou oë wat blink van ingehoue trane. Fok! Moet sy nou staan en tjank…
“Ek het so groot geskrik toe ek sien jy gaan muur toe, ek dog jy het seergekry…”
Die sin stol met ‘n snik op haar lippe. My hart krimp ineen en ek trek haar in my arms in. En is dadelik spyt. Sy ruik soos ek haar onthou, iets tussen blomme en peppermint. Haar sagte hare ruik vars soos altyd, en haar lyf pas steeds teen myne asof hy net daarvoor gegiet is. Ek voel hoe my liggaam reageer, en sy moes dit ook voel, want sy kyk vraend op. Ek sluk, en verloor dan my laaste bietjie selfbeheersing.
Ek sukkel koorsagtig om die knoop van haar broek los te kry terwyl ek haar soet tong diep in my mond in trek. Sy sug behaaglik in my mond toe die broek op die vloer val en ek my hande om haar boude skulp. My voël klop pynlik teen die renoorpak en ek skuur dit teen haar heuwel terwyl ek oor haar boude knie. Skielik staan sy terug en kyk grootoog na my. Maar ek druk deur en hou my hande op haar boude. Sy kom weer nader en ek skuif my een hand na voor. Die sagte materiaal van die g-string is klam voor en ek trek dit versigtig weg. Haar skoongeskeerde koekie is deurnat toe ek my vingers daarin begrawe en ek trek haar stywer teen my vas met my ander hand. Sy kreun liggies, en dan knak haar knieë as sy kreunend kom.
Ek trek die renpak se ritssluiter oorhaastig af, stroop dit van my af en druk haar vorentoe oor die dak van my stukkende renmotor. Sy weet wat ek soek en gaan lê vooroor sodat haar vytjie blink tussen haar bene uitloer. Ek vryf nog eenkeer daaroor voordat ek my voël daarin druk en al die genot soos ek dit onthou na my toe terugkeer. Ek begin haar vinniger ry en na enkele minute pluk ek my uit haar uit en skiet die skoot tussen haar bene deur op die vloer.
Sy draai om, trane in haar oë. “Hoekom het jy my gelos jou bliksem?” ontplof dit uit haar mond.
Sy verwys na sewe jaar terug toe haar pa my voor hulle rykmans-deur weggejaag het sonder dat sy dit weet, met die waarskuwing dat ek die verhouding moet verbreek. Ek het die rykmansbuurt sonder ‘n woord verlaat en weer die drie kilometer na ons spoorweghuis gestap. Ek het ons verhouding die volgende dag verbreek en myself belowe dat ek nooit weer so verneder sal word oor my herkoms nie. En nou, sewe jaar later staan die ou ryk donner se dogter voor een van die hoogsbetaalde sportmanne in die land en vra my hoekom ek haar gelos het? Ek sal haar die vernedering van haar pa se verraad spaar.
“Want ek het gedink jy is moeg vir my” lieg ek binnensmonds. En help haar aantrek.
1 COMMENT
Was nie self ‘n drywer nie, maar ken die bedryf. Een oomblik se konsentrasie verlies… Die weer-ontdek van ‘n ou minnares…
Goeie storie!