Lockdown-nuwigheid

6+
Hoe lank gaan ek lees: 8 minute

deur Jan Pielewiet

Taalversorging deur Lusman

So is ek en my ou vrou ook opgesluit in ons ou huisie met net die hond en die kat as geselskap. Verder is daar TV en radio om die stilte te verbreek. Die kinders is saam met hulle klein kinders ‘n paar blokke van ons af in dieselfde bootjie. Oupa en Ouma mag nie eers vir hulle gaan hallo sê nie. Tussen die skoondogter en polisie is daar genoeg om ons twee bang te maak. Ons wil haar nie ontstel nie en wil ook nie in die tronk oornag nie. Dus is ons maar stroopsoet in ons ou huisie. Ons het in elk geval ook nie geld vir die belaglike boetes nie.

Stroopsoet is seker nie die regte woordkeuse nie. So ‘n dag of twee voor lockdown het ek in die tweedehandseboekwinkel van ons welsynsorganisasie gaan rondsnuffel vir bietjie leesgoed vir die tyd wat voorlê. Tussen die bokse kry ek toe ‘n boek van die Kama Sutra. Ek besluit om hom tussen die ander boeke te verdoesel – dalk net ietsie interessant om te lees as die vrou my die moer in maak.

Nou soos die onheil maar werk, is ek na dag drie weer lekker die moer in vir my wederhelfte. Ek gaan sit buite op die stoep met my boks vol boeke. Daar is ‘n redelike verskeidenheid in. Dis van gewere en messe, tot kos en tuinmaak. En dan ook ‘n paar aksieboeke en romans vir ontspanning – en natuurlik die een oor die Kama Sutra. Ek begin uitpak en blaai so deur ‘n paar boeke.

Net toe ek die een oor die Kama Sutra optel, kom my vroulief met ‘n koppie koffie om vrede te kom maak. Ek probeer die boek ongemerk wegsteek, maar haar valkogies het klaar gesien ek is met iets besig wat nie heeltemal reg is nie. Sy snuffel die boek uit. Ek is nou in die moeilikheid, weet ek sommer, en berei my voor om vanaand alleen op die sitkamerbank te slaap.

“Het jy enigsins gedink voor jy die boek gevat het … en wat het jy gedink?” kom haar skerp snydende stem.

Nog voor ek aan ‘n gepaste antwoord kan dink, begin sy deurblaai. Tot my verbasing sien ek hoe haar kwaai gesig ontspan en na haar liefdesgesig verander.

“Ek het gehoop ons kan dit saam lees,” mompel ek saggies.

“Kan dalk lekker wees,” antwoord sy saggies en kyk vinnig na my.

Die eerste aand tap ek vir haar ‘n lekker warm bad met kerse, skuim en lekkerruik-olietjies. Dan gaan sit ek op die toiletbak se klap links van haar en begin vir haar uit die Kama Sutra-boek voorlees, terwyl sy ontspan en ‘n wyntjie geniet. Ek het gelukkig ‘n redelike wynvoorraad voor die tyd opgebou. Ons is nie hardehoutdrinkers nie, dus het ek ‘n lekker sagte rosé vir haar ingegooi en vir myself ‘n droë rooie van die mooie Kaap se Stellenbosch.

Die voorwoord handel oor die skrywer en hoekom die boek oorspronklik geskryf is. Dan praat hulle oor die verskil tussen liefde en seks en hoe die twee met mekaar koppel. Ek is nog besig om te lees toe my vrou klaar gebad is. Sy klim uit en stel dan voor dat ons plekke ruil. Ek tap ‘n bietjie water uit en vul die bad op met vars skuim en warm water. Ek klim in en sak behaaglik terug in die warm water.

Ek maak my oë toe terwyl sy begin voorlees. Wanneer ek deur skrefiesogies na haar loer, sien ek sy het die handdoek om haar borste geknoop. Haar lang bene steek ver onder die handdoek uit.

Daar was so ‘n paragraaf of twee van die inleiding oor toe ek opgehou lees het. Sy lees dit vir ons klaar. Dan blaai sy na die afdeling oor posisies. Sy sê sy sal eerste ‘n posisie kies; dan kan ek volgende keer kies. Sy wil iets “maklik” soek sodat ons eers kan verstaan hoe dit werk, sê sy. Haar besluit val toe op die posisie getitel “reverse cowgirl position”.

Die skets is redelik duidelik, maar is darem so ‘n bietjie oop vir interpretasie, sien ek toe sy die boekie na my kant toe draai en die prentjie wys. Die bewoording laat ons darem verstaan wat die posisie behels.

Teen die tyd dat ons klaar gepraat oor die omgedraaide-cowgirl-posisie – bietjie daaroor gefilosofeer het – is ek klaar gebad. Wanneer ek opstaan is my peester, nie meer slap nie, se punt in lyn met my vrou se mond. Sy sit die boek neer en vat hom diep in haar warm mond in – nog voor ek kan strek vir my handdoek.

Die onverwagse warm, sagte gevoel van haar mond, na die koue lug se blootstelling, laat my amper net daar kom – so opgewerk is ek deur dit wat ek vir haar gelees het en wat sy toe verder voorgelees het. Haar hande kelk my ballas en sy rol die balle saggies tussen haar vingerpunte. Dan laat los sy.

Met ‘n wip in haar gat stap sy slaapkamer toe. Terwyl ek haar agterna kyk, begin haar handdoek grond toe val. Sodra sy heel nakend uit die handdoek tree, loer sy oor haar skouer en fluister hees: “Maak vinnig, ek wag vir jou!”

Ek droog vinnig die ergste nat af en spoel dan my mond uit met gorrelgoed, voor ek ook na ons slaapkamer toe stap. Vroulief sit kaal op die rand van die bed en beduie ek moet langs haar kom sit. Wanneer ek links van haar gaan sit, draai sy skuins na my, sodat ek haar kan soen. Haar been gly oor my been en ek voel die hitte van haar koekie teen my been uitstraal.

Ons tonge dartel ‘n vlinderdans teen mekaar terwyl haar hand saggies oor my bors en maag vryf. Ek het my linkerhand agter tussen haar skouerblaaie en my ander hand streel teen haar kaal regterbeen se bokant op, die vingers sag voelend aan die binnebeen. Haar sysagte vel is glad en sag onder my growwe hande. Wanneer ek nader aan haar heup kom, hoor ek hoe haar asemhaling meer gejaag raak. Dan staan sy op. Sy kom sit op my skoot met haar rug na my gekeer.

Ek plant soentjies teen haar rug en verkyk my aan die lyne van haar skouers en hoe die spiertjies onder haar vel al langs haar ruggraat liggies tril soos sy effens heen en weer op my skoot skuif. Die agterkant van haar boude raak-raak aan my manlikheid en alhoewel ek hom diep in haar wil inplant, weet ek sy is in beheer. Sy bepaal die gebeure en die spoed.

My vrou se hande vryf teen die kante van my bene voor haar. Op en af vryf sy. Ek sien hoe sy terselfdertyd in die lang spieël voor haar kyk hoe my hande te werk gaan. Hierdie keer vryf albei hande aan die binnekant van haar bene opwaarts – in die rigting van haar koekie. Ek kan so effens oor haar skouer loer en sien haar koeklippe is opgeswel. Hulle begin al effens oop gaap met ‘n nat glinstering wat deurskemer.

Teen die tyd wat ek die vingers van my regterhand oor haar lippe laat gly, is sy al besig om haar boude teen my skag op en af te beweeg. Ek voel aan die glibberige smeersel sy is teen dié tyd al net so opgewerk soos ek. Wanneer sy haarself effens oplig, voel ek hoe haar hand om my voël vat en hom dan in haar laat inglip. Sy gaan sit stadig. Die gevoel oorweldig my.

Sy begin my harde paal saggies op en af ry terwyl my vingers hulle besig hou met haar klit. Ek vryf saggies heen en weer oor die knoppie wat uitstaan en voel hoe haar nat al meer word. Wanneer sy gemaklik is met haar lyf se stadige op-en-af-beweging oor my piel, begin sy effens vinniger beweeg. Ek moet al my selfbeheersing gebruik om nie my boude van die bed te lig en hard in haar in te stamp nie. Haar linkerhand rus op my bobeen vir ondersteuning. Haar ander hand strek tussen haar bene deur en is besig om met my ballas te speel. Na nog so ‘n rukkie se ry staan my vrou op. Sy beduie ek moet terugskuif en op my rug op die bed lê.

Ek skuif op en gaan lê effens regop met my rug teen die kussings. Dan klim my vrou ook op die bed. Sy kom kniel met haar knieë weerskante van my bobene, haar rug na my gesig toe. Met haar bene oopgesper kan ek die geswelde, effens oop lippies van haar koekie sien uitpeul. Soos netnou, vou sy weer my stywe horing in haar sagte hand toe. Ek sien hoe sy afkyk as sy haar onderlyf in die regte posisie probeer kry. Haar hand gaan effe oop, met slegs haar duim en voorvinger wat my nou in die middel van my skag vashou. Ons twee se organe is nou millimeters van mekaar.

Dan laat sak sy haar sopnat doos oor my piepie se punt. Die keer lê sy effens vooroor terwyl sy ten volle afsak oor my penis. Dan hou sy haar lyf stil, so asof sy wil hê ek moet die situasie beoordeel na gelang van wat ons in die Kama Sutra-boek gelees het. Ek het ‘n lieflike uitsig op haar boude, wat peervormig uitklok onder haar middel. Vir haar ouderdom is haar figuur nog moer seksie. Ek bewonder haar sagte wit vel, wat gloei in die skemer donkerte van die kamer se lig.

Haar gewig word deur haar elmboë ondersteun en haar een hand vou om haar tiet terwyl haar ander hand haar doos opsoek. Dit gaan na die deel net bokant die onderkant van my weggesakte voël. Alhoewel ek niks kan sien nie, weet ek haar vingers is besig met haar klitoris. Ek verkyk my aan hoe die spiere in haar rug dans en dan volg ek haar ruggraat verder op. As ek weer laer af kyk, sien ek haar boude  wieg effens soos sy ‘n enkele sirkelbeweging met haar heupe maak. Getrou aan wat ons in die boekie gesien het, is sy ooglopend nie haastig nie. Die gevoel van daai wye sirkelbeweging is ongelooflik lekker as ek voel hoe my voël op ander plekke as normaalweg aan haar binneste raak.

Dan kry ek ‘n idee. Ek haal haar huweliksherdenking-geskenk van so ‘n jaar of drie gelede – die suigende vibrator – uit die laai van die bedkassie. Ek gee dit vir haar. Ek weet as sy hom gebruik, dan is sy spoedig in die orgasmehemel.

Ek moet net keer om nie te gou te kom nie, want die uitsig op haar lyf gee my wilde gedagtes van alles wat ek met haar wil doen. Wanneer sy die silikoonrubber-opening mooi oor haar klit gepas het, begin sy stadig op en af beweeg terwyl die masjien teen ‘n konstante spoed vibreer en suig. Ek kan sien hoe haar sappe uit haar begin vloei en my nat smeer. Van my balhare tot bo teen my piel se nek, verskyn die blink met elke opwaartse haal. Elke keer as sy afsak, vou haar binnelippies in en dan, as sy op gaan, dan strek hulle weer uit na onder. Ongelooflik!

Teen dié tyd kan ek nie meer my hande stil hou nie. Ek plaas hulle op haar heupe en probeer haar aanspoor om vinniger te gaan. My orgasme huiwer in my lende en wil net opstyg na die volgende fase toe. Dan voel en sien ek hoe haar boude begin saamtrek. Ek sien hoe haar bruin ogie begin om oop en toe te maak soos sy spiersametrekkings begin kry. Ek laat rus my duim op die opening en druk vir ‘n oomblik net so effens daar, om haar bewus te maak van my. Dan plaas ek al twee my duime weerskante van die opening, maar steeds op die bruin omringende vlekkie.

Ek kan aan my duime voel hoe my piel binne in haar beweeg elke keer as sy op en af beweeg. Met my duime steeds weerskante van haar agterdeur en my palms en  wydgespreide vingers oor die binnewange en aangrensende rondings van haar boude, begin ek haar ondersteun. Ek wil hê sy moet meer kan fokus op haar eie orgasme. Dan begin ek haar van onder af naai met ‘n passie wat nie meer gekeer kan word nie. Dis al die opgekropte jagsheid, ook van netnou se skootsittery toe ek nie kon beweeg nie, wat nou voluit tot uiting kom. Gelukkig begin sy om haar orgasme te kry en gee sy nie om dat ek beheer oorneem nie. Wanneer ek nog harder en dieper in haar begin inslaan, skree sy haar orgasme uit. Ek verloor my diep in haar. Die skote lading verlaat my lyf in kragtige sarsies.

Dit is seker een van my mees intense orgasmes nog. Dit voel soos om na ‘n video te kyk in 4D, want jy is deel van die movie …

Net toe dit voel of my piel gaan breek soos sy tekere gaan, begin sy bedaar. Na ‘n rukkie se stil lê, lig sy haar lyf stadig. ‘n Supernat gespandeerde, maar steeds stokstywe piel maak geleidelik sy verskyning. Toe kontak volledig breek is, draai sy om.

“So dis hoe omgedraaide cowgirl is,” sê sy half nonchalant, terwyl sy my stip aankyk. En dan, meer geesdriftig: “Wat ‘n ongelooflike ervaring! Dankie my Skat, en dankie vir jou leesgierigheid.”

“Dankie vir jou ook.” Ek weet sy het op hierdie oomblik niks meer van my nodig nie.

Moes dit regtig ‘n lockdown vat vir ons om saam die vreugdes van die Kama Sutra te begin ontdek het? wonder ek toe sy badkamer toe stap en ek na my slapgeworde piel kyk. Ek wonder wat gaan ons volgende probeer. En of sy game gaan wees na die eenmalige afwisseling van ons normale posisie …

‘n Ou man kan seker maar net hoop.

 

6+

7 thoughts on “Lockdown-nuwigheid

  • May 18, 2020 at 3:14 pm
    Permalink

    Ek sien Wille Will se comment asook my terugvoering het verdwyn? Of misgis ek my.
    Dankie vir julle terugvoering, sal beslis plan maak met opvolg.
    Dalk het die groot baas dit verwyder vir eennof ander geheimsinnige rede.

  • May 16, 2020 at 8:25 pm
    Permalink

    Jan Pielewiet – Ek het nou rustig jou storie kon sit en lees. Jy gee my wilde gedagtes. 🙂 Ek hoop jou wederhelfte het jou vinnig weer die moer in gemaak sodat jy weer vir haar kon verder ‘voorlees’. 🙂

    Dankie vir ‘n lekkerlees storie. Wag vir die volgende ervaring.

  • May 16, 2020 at 3:42 pm
    Permalink

    Jan – jys n ou doring. Onthou Kama Sutra het 365 posisies so ons soek nog 364 stories hieroor. Baie dankie – ons kyk uit.

  • May 15, 2020 at 12:56 pm
    Permalink

    Ek het sommer ‘n vreeslose video ook in Kombiekiehier Vreesloos gesit om by hierdie storie se tema aan te sluit 😉

Leave a Reply

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)