Maak soos ek sê
deur Daan de Lange
Daar is min dinge in die lewe wat oorwinning verteenwoordig soos wanneer ‘n vrou die eerste keer haar rug hol maak en haar boude van die bed af lig sodat jy haar broekie van haar lyf kan afstroop.
Om haar te spyker is goed en wel, ou pel. Baie goed en wel, om die waarheid te sê. Maar jy is nooit seker jy gaan tussen daai paar sagte dye inskuif voordat daai rug die heel eerste keer agteroor buig nie.
Jy kry natuurlik die wenke op pad daarheen, want dit vat ‘n tydjie voor jy daar opdaag. Die aand begin immers nie met jou wat aan haar onderklere rem nie. Dis baie soos visvang – jy werk die aas die hele tyd hier onder haar neus en hoop sy vat die hoek. Maar een verkeerde draai en jy sit met ‘n slap stok en sonder ‘n vangs.
Maar laat ek jou vertel hoe jy te werk gaan.
Barman, gooi daar nog ‘n kortetjie. En sommer ‘n bier vir my jong maat hier ook, asseblief.
Eers gaan julle uit. Verkieslik ‘n derde, vierde afspraak. Goeie kos. Sagte musiek. En jy dra haar op die hande met komplimente, met deure wat oopgehou word en wyn wat gegooi word. Gedra jou soos die bes opgevoede jong man in die dorp, want maak nie saak hoeveel planne jy saamdra nie, dis die meisie wat gaan besluit of jy regkom of nie. En jy is gelukkig – jy hoef nie te mooi te wees om ‘n gelukkie te kry nie. Goeie maniere kan jou ver in daai rigting vat.
As jy haar by haar huis of woonstel aflaai, stap jy saam deur toe. As sy daar stop, omdraai en na jou kyk, giggel jy gemaak skaam – dis goud hierdie, jong man, luister maar wat ek hier vir jou te vertel het. Jy trek jou skouers op, kyk skugter grond toe en gee haar dan ‘n drukkie.
Eers broederlik ordentlik, dan effe stywer. En hou fyn dop hoe sy reageer. As sy stokstyf, soos wyle Lot se wederhelf, daar staan, weet jy dadelik die kans is skraal dat jy nie met daai broekie gaan kennis maak nie. Jou vooruitsigte is nie daarmee heen nie, maar die kans is baie goed dat jy oor ‘n uur alleen met knellende knaters in jou kooi gaan lê en en wroeg oor die pap wat op die grond geval het.
Maar as daai armpies soos twee wriemelende slangetjies om jou nek of lyf seil, kan jy maar die kruisie langs wenk nommer een trek – jy is nog goed op pad.
Dan staan jy effe terug. Let wel, jy los haar nie, jy verslap net jou greep ‘n aks en buig jou rug half terug – nes jy hoop sy gaan oor ‘n uur of twee maak. Dan glimlag jy. As sy gegiggel het oor jou skaamheid van so flussies, sorg jy dat daai glimlag ewe skaam is. Mens jaag immers nie ‘n wenperd veld toe om te gaan wei nie.
Dan buig jou jou nek so half – sy is tog bietjie korter as jy – en piksoen haar op haar lippe. En hierdie is weer ‘n kruispad. As sy haar kop wegdraai, kan jy maar begin plan maak om huis toe te gaan om daai halfbotteltjie Richelieu in die kombuiskas te gaan takel – hier gaan jy nie vanaand regkom nie.
Maar nie te vining nie, ne? Want wie weet, dalk is jou geluk beter op die vierde of vyfde afspraak en jy kan dit heeltemal in die drein afspoel as jy haar nou die idee gee dat jy net daar is om daai paar oulike enkeltjies teen jou ore te kry. Vroue is snaaks as dit by sulke goed kom.
Nee, jy maak of jy dit gelate aanvaar, trek jou skouers op en gesels vriendelik en vreugdevol verder. So asof die geselskap vir jou baie meer saakmaak as die vooruitsig om bietjie punt nat te maak.
Maar as sy haar lippe tuit en aanbied vir die aanvanklike piksoentjie, kan jy maar die tweede kruisie trek.
Dan vat jy haar stywer vas en soen jy driftiger, jou lippe baie effentjies oop, jou hand op haar rug. Maar hou jou tong tuis, en moet om vadersnaam nie daai hand na haar boude toe skuif nie. Minder is meer, glo my maar. As jy jou tong in haar mond gaan druk en haar gatjie soos warm brooddeeg begin knie, gaan daai botteltjie die enigste nattigheid wees wat jy die hele aand gaan smaak. Dis in hierdie stadium wat sy haar uit jou omhelsing gaan losmaak. Maar moenie bekommer nie, dit kan nog albei kante toe gaan.
As sy sê dit was lekker, dankie, maar ons kan nie te laat kuier nie, want more is ‘n werkdag of so iets, weet jy dinge jag fluks in ‘n doodloopstraat af. Maar as sy die deur oopsluit, oor haar skouer kyk en met ‘n fyn glimlaggie vra of jy wil inkom vir koffie, weet jy jy is op die snelweg op pad na behaaglikheid in jou middellyf. Kruisie nommer drie.
Jy drink daai koffie, of jy nou van koffie hou of nie. Want dit gaan glad nie oor koffie nie. Maar jy hou jou oë oop vir tekens. Die situasie in hierdie stadium is met moontlikhede gelaai. As jy kaartspeel, weet jy hoe jy jou oë oophou vir die Ace. Daar is een spesifieke soort meisie wat die Ace verteenwoordig. Luister na die musiek wat speel. Popmusiek – Katy Perry, Britney Spears, daai tipe ding – is wat jy soek. Of Abba. En belangriker nog, probeer haar bed sien. As sy Katy Perry luister ‘n wit teddiebeer met rooi linte en hartjies en stront op haar bed het, is jou kop halfpad deur. Dan moet jy jou woorde inspan, hier gaan jy daai groot galjoen uittrek as jy kophou.
Lieg as jy moet lieg. Maar praat sag, vriendelik, verleidelik. Moenie vloek nie. Stroopsoet, selfs stroperig. En gooi daai komplimente, dit werk altyd vir meisies met wit teddiebere. Laat haar begeerlik voel. As sy langs jou kom sit, draai jy, steeds sittende, na haar toe, jy sit jou hande op haar middeltjie en soen haar. Driftig, maar hou die tong terug, totdat sy eerste met daai streek kom.
As sy steeds gelukkig met jou is, kan jy jou hormone bietjie vryer teuls gee.
Laat jou hande dwaal. Steek eers jou hand onder haar toppie in en kielie haar kaal rug. Dan, as die oomblik reg is, beweeg daai hand na haar bors. As sy ‘n bra aanhet, oor die bra, maar as daai onderkleertjie makeer, vou jy haar borsie toe in jou hand en voel hoe die tepeltjie soos ‘n bang diertjie lewe kry.
Hou aan soen. Op haar mond, maar veral in die nek. Lig dan die hempie op en soen haar op die tepeltjie. Eers ‘n piksoentjie, maar dan sit jy jou lippe oor hom en suig saggies. Glo my, ou pel, binne drie suige gaan sy kreun, dan trek jy die vierde kruisie. En moenie bekommerd wees oor ‘n skryfding nie – teen hierdie tyd behoort jy ‘n groot, stywe pers potlood met jou in jou broek saam te dra.
Barman, dink jy ons kom sit hier om te krepeer van die dors. Nog ‘n rondetjie, asseblief. En sommer twee tequila shooters ook, asseblief.
Dan dwaal jou ander hand na daai broekie toe. Miskien moet jy die denim se knoop losmaak. Dalk dra sy ‘n romp. Maar jy sal teen hierdie tyd self weet wat om te doen.
Eers net oor die broekie, dan glip jy jou vingers onder die rek in. En nee, nie soos ‘n idioot van bo af nie – hier langs die been, by die rek wat mens seker maar die broekspyp kan noem. Nie dat vroue-onderklere juis sulke goed het nie.
In hierdie stadium gaan sy wegtrek, jou aan jou hand vat en kamer toe lei. As dit gebeur, is dit krismis, want jy weet jy gaan ontbyt ook kry.
Anders moet die bank maar doen.
Eers knip jy die bra los, dan waai die denim. Dan die toppie. En dan weet jy dis D-dg. Die maak-of-breek-oomblik.
Jy vat daai broekie vas. Aan die boonste rek, die een om die middel. Met albei hande, aan albei kante. Jy glip net jou duime onder die rek in en wag vir die buig van die rug. En as sy daai rug buig, stroop jy daai broekie met een haal af. Met jou hande, moenie met fratse kom en die dingetjie die laaste entjie met jou voet oor haar voete probeer afkry nie. Jy gaan net soos ‘n sot lyk.
Maar wag, kyk hoe laat is dit al. Net een laaste tip, ou maat.
Dra ‘n effie. Luister nou maar na my, dra ‘n effie. Want ons Afrikaners is vrugbaar, soos die walle van die Oranjerivier. Dis net sjoef sjaf, en sy bel jou en sê vir jou sy’s laat. En dan sit jy in hierdie gemors waarin ek is. Kyk, dis nog nie eers agtuur nie en ek moet al huis toe gaan. Ai, broer. Dis nie lekker as jy ‘n meisie wat jy nie goed ken nie op die paal sit nie.
3 COMMENTS
Jy’s so reg ou maat! Dis seker die heuglikste oorwinningsoomblik as jy met die inhaak van jou duime in daai rekkie voel en sien hoe sy, voetjies ferm op die bed, daai heupies lig en oombliklike later die beentjies oopgaan en ‘n hunkerende dosie hier reg voor jou oë verskyn. Dis beslis ‘n oomblik om te koester.
Ek het so ‘n oom geken… Baie by hom geleer.
Luv it!