Liedjiestorie: Who’s gonna drive you home?
deur Ramkat Erasmus
Ek sien haar op die sypaadjie sit as ek by OR Tambo uitloop. Sy’t elfie steweltjies aan wat tot middelkuit kom. ‘n Stywe denim, ‘n wit t-hemp sonder moue en tattoos. Baie tattoos. In haar ore is ‘n hele rits ringetjies en goetertjies van metaal. Sy’t ook ‘n klein neusringetjie aan. Vuilerige donker-blonde hare. Langs haar staan ‘n tamaai rugsak. Ek verwonder my aan die mooi kind wat haarself so mismaak.
Ek kyk op my selfoon. Gladstone is seker nog so tien na vyftien minute weg. Ek glip die selfoon in my sak en maak my tas langs my staan op sy wieletjies. Ons het ‘n lekker stertwind opgetel na ons by Heathrow opgestyg het en amper ‘n uur vroeg in Suid-Afrika geland. Sodra ek kon, het ek vir Gladstone gebel en gesê hy kan maar kom. Gladstone is my drywer en my butler. ‘n Malawiër van geboorte, werk hy al amper twintig jaar vir my. Hy is netjies, stiptelik en onwrikbaar eerlik.
Ek kyk weer na die meisie en sien hoe sy ‘n stompie van die grond af optel en aansteek. Dan sien ek die trane oor haar wange loop. Ek trek my tas se handvatsel uit en loop terug die gebou in. Daar is ‘n sigaretkiosk net ‘n paar tree van die ingang af en ek koop ‘n pakkie 20’s. Ekself het twintig jaar gelede opgehou, maar ek onthou nog steeds die seer van luskry vir rook as jy nie sigarette het nie. Ek stap weer uit en loop na die meisie toe. Sy’t haar stompie tot op die kurk gerook. Ek hou die pakkie na haar toe uit. Sy kyk vraend na my.
“Oom?”
“Dis vir jou. Ek het gesien die stompie wat jy gerook het.”
“Dankie oom.”
“Plesier.”
Sy ruk die plastiek haastig af en trek ‘n sigaret behendig uit die pakkie uit. Dan steek sy aan en trek ‘n diep teug in haar longe in. Sy maak haar oë toe en gooi haar kop agteroor. Dan staan sy op, blaas die rook eenkant toe en hou ‘n klein handjie na my toe uit.
“Ek is Monica.”
“Hallo Monica. Goed om jou te ontmoet. Wat is die probleem?”
“Hoe bedoel oom?”
“Jy’t nie net ‘n stompie van die vloer af opgetel en gerook nie. Jy’t gehuil ook.”
Sy kyk weg, vat weer ‘n trek en dan begin die trane weer loop. Ek vroetel in my sak, haal ‘n sakdoek uit en gee vir haar. Sy vat dit en vee ergerlik die trane af.
“Ek is gemug oom. Hulle het my handsak met al my geld, my selfoon, my paspoort, ID, alles gevat. Ek was by die polisie, maar hulle het net ‘n verklaring gevat. Ek weet nie wat gaan ek doen nie.”
“Waar moet jy uitkom?”
“Durban, oom.”
Uit die hoek van my oog sien ek hoe Gladstone die Bentley langs die randsteen intrek. Hy klim uit en kom nader, maar steek onseker vas as hy sien ek staan met ‘n meisie en gesels. Ek wink hom nader.
“Monica, this is Gladstone, a pearl of great worth. Gladstone, this is Miss Monica. She has a problem. She was mugged and have lost all her papers.”
“Good day, Miss. That is a shame. A real shame”
“I have a suggestion, Gladstone. Why don’t we offer Miss Monica a place to sleep tonight, and then tomorrow you can take her to Home Affairs to get temporary papers and to the bank to stop her cards, and so on.”
“That sounds like an excellent idea to me, Sir.”
Ek draai na haar toe wat met groot oë na my en Gladstone staan en kyk. “Hoe lyk dit?”
“Ek kan mos nie oom. Ek ken oom glad nie.”
“Wel jy kan ook nie hier op die sypaadjie sit en stompies rook en hoop iets gebeur nie.”
Weer kyk sy weg. Dan vat sy ‘n laaste teug aan die sigaret en loop na haar rugsak toe. Gladstone vat my tas en sit dit in die Bently se kattebak. Dan vat hy haar sak by haar en sit die ook in. Hy maak die kattebak toe en loop na die agterdeur toe. Hy maak dit oop en met ‘n effense buiging beduie hy vir Monica om in te klim. Sy huiwer eers, maar dan glimlag sy en klim in. Gladstone se sjarme is baie handig partykeer …
-0-
Op pad begin sy my skamerig haar storie vertel. ‘n Gap-jaar in London het drie jaar geword. Later vier en uiteindelik vyf. In die tyd was sy nooit weer by die huis nie. Sy’t verlief geraak op ‘n Sweed, haar werk in ‘n bank gelos, en wou saam met hom Swede toe, net om te ontdek hy’t ‘n vrou en ‘n baba. Daarna het sy geswerf van een werk na die ander, kelnerin, kombuiswerker, skoonmaker, au pair … Uiteindelik het sy genoeg geld bymekaar geskraap om ‘n kaartjie te koop huistoe. Haar pa is dood toe sy nog klein was en haar ma het haar met ‘n gesukkel deur die skool gekry. Op 18 het sy ‘n klein erfporsie van haar pa gekry en dit gebruik om London toe te gaan.
Ek luister en verwonder my dat die kind nie lankal huistoe gekom het nie.
-0-
Gladstone stop voor die deur en klim uit. Weer hou hy vir Monica die deur oop en sy bedank hom met ‘n helder glimlag. Ons stap in en Gladstone vra vir Monica om agter hom aan te stap na haar kamer toe. Ek gooi vir my ‘n whiskey en drentel kombuis toe. Gladstone het iets in die oond wat hemels ruik en ek besef skielik dat ek nogal honger is.
Ek staan en dink aan Monica. Onder die metaal in haar ore, neus en heel waarskynlik ‘n paar ander plekke ook, is sy ‘n mooi meisiekind. Hare gewas en ander klere en sy sal regtig die manne se koppe laat draai.
Gladstone kom in en op sy hakke is Monica.
“Oom kan ek dalk bad, oom?”
“Natuurlik. When will dinner be ready, Gladstone?”
“In forty minutes, sir.”
“Geniet jou bad. Ons eet oor veertig minute”
-0-
Na ete wys ek vir Monica hoe die TV en dekodeerder werk en dan gaan ek na my studeerkamer toe. Ek raak gou verdiep in die verslae uit Engeland, die bewegings op verskeie effektebeurse en as ek uiteindelik nie maar my oë kan oophou nie, gaan ek slaapkamer toe. Ek loer by die TV kamer in. Monica is vas aan die slaap op die groot leerstoel voor die tv. Ek staan vir haar en kyk, ongemaklik bewus dat haar skoon hare en die rokkie wat sy aangetrek het regtig ‘n verandering gebring het. Sy is mooi. Baie mooi. Ek ruk my reg. Die kind is jonger as my seun, wat niks met my te doen will hê nie, behalwe as hy geld nodig het.
Ek voel skielik half jammer vir myself. Suksesvol in besigheid ja, maar ‘n reuse mislukking as mens. Twee gebroke huwelike, ‘n seun wie ek nie ken nie en verder ‘n groot leë huis en Gladstone.
Ek skud aan Monica se skouer, maar sy sug net en rol effens eenkant toe. Ek staan en wik en weeg, dan druk ek my arms onder haar in en tel haar op. Sy weeg nie baie nie en ek dra haar in die gang af na haar kamer toe. Gladstone het reeds die komberse oopgetrek en ek sit haar neer en trek haar toe. Ek weet nie wat my besiel nie, maar ek gee haar ‘n soentjie op die wang, los die badkamer lig aan sodat as sy in ‘n vreemde kamer wakker word sy darem kan sien. Ek trek die deur toe, gaan skakel die TV af en gaan slaap.
-0-
Gladstone bring vroeg koffie, ek stort en dan trek ek aan. Pak klere, das, die uniform van die korporatiewe wêreld. Gladstone laai my af en ek gee vir oulaas instruksies rondom Monica se dag.
Op kantoor is daar een krisis na die ander en almal wil ‘n stukkie van my hê na twee weke in London. As Gladstone my uiteindelik oplaai is ek dankbaar vir die geruislose Bentley.
Gladstone gee terugvoer oor sy dag. Monica kon ‘n tydelike ID kry, was by die bank en het haar kaarte gestop. Hy’t ook die huishouding se kredietkaart gebruik om vir ‘n paar goedjies te betaal by die apteek, en toe het hy haar gevat om haar hare te laat sny. Ek bedank hom en by die huis gekom gaan trek ek my pak uit en trek iets gemakliker aan. Gladstone kondig aan dat hy tafel gedek het in die klein eetkamertjie en dat ete teen sewe dertig bedien sal word.
Ek kry haar in die TV kamer waar sy weer verdiep sit voor ‘n Afrikaanse sepie oor ‘n hospitaal en sy mense. Sy staan op en draai na my toe as sy van my bewus word.
Haar hare is effens korter en netjies gestilleer. Sy het grimering aan en die neusring is weg. Meeste van die goed in haar ore is egter nog daar. Ek vang ‘n sweempie van iets wat lekker ruik. Sy’t ‘n rooi rok aan saam met haksoene. Haar bene is mooi en ek onthou dat sy my vertel het van dansklasse toe sy klein was. Die rok wys haar lyfie af en haar borsies, alhoewel klein, lyk goedgevorm en net die regte groote. Ek word pynlik bewus van die roering in my broek en hoop nie sy kom iets agter nie.
“Hallo Oom”
“Lekker dag gehad?”
“Ja, oom, dankie, oom. Gladstone is so ‘n nice ou!”
“Hy is nogal. ”
“Hy sê hy werk al twintig jaar vir oom.”
“Dis reg, en ek kan nie sonder hom klaarkom nie.”
“Sodra ek weer my bankkaarte het sal ek oom terugbetaal. Ek belowe oom.”
“Dis goed so. Daar’s nie haas nie.”
Dan weet nie een van die twee van ons wat om te sê nie.
Gladstone maak in die deur keelskoon en kondig aan dat aandete gereed is.
-0-
Gladstone se kerriehoender is heerlik en namate ons albei ontspan begin Monica al vroliker babbel. Ek sê nie veel nie, geniet net haar vrolike gesiggie en die stories wat sy vertel oor haar tyd in Europa en London. Sy’t ‘n talent vir stories vertel en ek besef naderhand dat ek lanklaas iemand se geselskap so geniet het. Iewers vertel sy dat sy die weirdste droom gehad het. Sy’t gedroom iemand soen haar op die wang. Dit het laas gebeur toe haar pa haar in die bed gesit het toe sy nog klein was. Ek knik net en hoop ek bloos nie.
Na ete gaan sit ons in die TV kamer en sy kry ‘n speurdrama op die TV. Ek gooi vir haar ‘n glas wyn en ‘n whiskey vir my. Gladstone vra of ek hom nog nodig het en ek sê ons is reg. Hy groet, knipoog vir Monica en gaan stil uit.
Ons kyk die episode klaar en dan vra ek wanneer ek vir haar ‘n kaartjie moet bespreek Durban toe. Sy huiwer en vertel dat sy die huisfoon gebruik het om haar ma te bel, maar dat haar ma nie geantwoord het nie. Haar ma antwoord nie onbekende nommers nie. Sy wil eers met haar ma praat voor sy die kaartjie bespreek. Ek sê sy is welkom om te bly tot sy alles uitgesorteer het. Ek stel voor dat Gladstone vir haar een van my ou fone gee en vir haar ‘n simkaart gaan koop, sodat sy nie aan die huisfoon gebind is nie.
Sy byt haar onderlippie en vra hoekom ek so goed is vir haar. Ek glimlag en sê sy het hulp nodig en ek is in ‘n posisie om haar te help. Buitendien sy herhinner my aan iemand wat ek lank gelede geken het.
“’n Ou girlfriend, oom?”
Ek skud my kop en bly stil. Hoe verduidelik mens dat sy jou aan jouself herinner toe jy jonk was, voor die lewe met jou gebeur het …
Ek sit die TV af, soen haar op die wang en ons stap saam in die gang af. Sy stop by haar kamerdeur en ek sê nag. Sy kom nader en gee my skamerig ‘n soen op die mond, dan maak sy die deur agter haar toe.
Ek stort, klim in die bed en lê lank met die meisiekind in haar rooi rok voor my geestesoog, voor ek aan die slaap raak.
-0-
Ek word wakker as die slaapkamerdeur oopklik. Ek soek-soek na my pistool in die bedkassie en dan sê sy: “Oom… slaap jy?”
Ek druk die knoppie van die ligte se afstandbeheer en die ligte kom stadig aan. As dit net lig genoeg is dat ek haar kan sien laat los ek die knoppie. Sy staan in die deur met ‘n lang t-hemp aan.
“Wat’s fout?” vra ek.
“Ek kon nie slaap nie, oom, toe dink ek, ek moet vir oom kom dankie sê.”
“Jy het al. ‘n Paar keer …”
“Ek wil vir oom ordentlik dankie sê.”
En sy trek in een beweging die t-hemp oor haar kop. Aan haar linkerkant, is ‘n tattoo van ‘n draak wat op haar heup begin, teen haar ribbes oploop na haar rug toe. Aan haar regterkant is ‘n slang. Sy’t net ‘n klein swart snakstringetjie aan.
“Ek dink nie dis ‘n goeie idee nie,” kreun ek dit uit.
“O, ek dink dit is, oom. Gladstone het my vertel oom is baie eensaam. En oom het nie ‘n girlfriend nie …”
“Gladstone praat te veel.”
“Kan ek maar oom se girlfriend wees vir vanaand oom?”
Ek begin my kop skud.
“Ag toe oom, dit sal lekker wees. Ek belowe …”
Ek sit regop en dan klim sy aan die voetenent van die bed op en duik bo-op my. Ek wil nog keer, maar haar borsies druk teen my borskas en haar mond is op myne en haar tong proe soeter as enigiets wat ek nog ooit vantevore geproe het.
Ek kreun, probeer haar wegdruk, maar sy hou vas en trap die komberse van die bed af. Dan is haar lippe weer op myne en die keer kan ek nie help nie, ek soen terug. Dan glip haar hand tussen my bene in en sy begin my hardheid vryf.
“Lyk my oom wil hê ek moet vir oom dankie sê …” en sy giggel.
Sy rol van my af en staan op die vloer langs die bed. Met een gladde beweging gaan die laaste stukkie klere ook vloer toe en dan buk sy en vat die rek van my slaapbroek vas. Ek lig my heupe om te help en sy trek dit af tot by my enkels en dan heeltemal af.
Sy staar na my klipharde horing, steek ‘n handjie uit en begin hom streel. Ek kreun en dan buig sy haar vingers en trek haar vingernaels teen die skag op. Ek gril van plesier en sy lag. Sy doen dit weer en die keer probeer ek my heupe uit die pad rol om weg te kom van die ongewone intense plesier.
“Lê stil, oom!”
“Wag … wag” kreun ek dit uit, maar dan vat sy my skag en begin haar handjie op en af beweeg. Die ontploffing vat nie lank nie en as sy sien ek gaan skiet, buk sy vorentoe en vat my in haar mond. Ek skiet haar mond vol saad en sy sluk-sluk en suig dan die laaste paar druppels ook uit. Dan, terwyl sy nog steeds my horing vashou kyk sy vir my en glimlag ondeund.
“Gladstone was reg. Oom het nie ‘n girlfriend nie”
Ek maak my oë toe en dink aan iets gepas om te sê.
“Draai om oom, ek wil jou rug vryf.”
Ek rol om tot op my maag an voel hoe sy bo-oor my klim. Ek voel haar warm nat poesie teen my boude en dan begin sy my rug streel. Eers met haar vingerpunte, dan met die naels, dan met haar warm hande. Die laaste keer wat iemand my rug gekielie het was my suster toe ons nog op laerskool was. Ek maak my oë toe en gee myself oor aan die lekker. Dis op ‘n snaakse manier nie seksueel nie. Alhoewel ons albei kaal is en ek haar nat vroulikheid teen my boude kan voel is dit meer ‘n speelse vertroeteling, ‘n klein dogtertjie wat haar gunsteling oom se rug kielie.
Dan voel ek hoe sy afskuif teen my bene af. Haar hande beweeg na my boude toe en sy begin hulle ook streel en kielie. Dan voel ek hoe sy my boude ooptrek en vorentoe buk. Die volgende oomblik gly haar tongetjie oor my anus. My rug trek krom van die lekker en sy speel harder met haar tong oor my kringspier. Golwe van plesier rol oor my soos die senuwees op daai sensitiewe plekkie al meer wakker word vir die vreemde liefkosing.
“Is dit lekker, oom?”
Ek kreun en knik en sy lag. Dan begin sy weer. Die sensasies raak al intenser tot ek haar moet smeek om op te hou. Sy rol my om en vat my weer in haar mond. Sy kyk my in die oë terwyl haar koppie op en af beweeg teen my skag. Dan, sonder om haar mond af te haal begin sy om beweeg en klim oor my sodat haar sagte pienk poesie reg voor my gesig is. Ek trek haar heupies nader ek begin haar versigtig proe. Daar is ‘n ringetjie in haar klit en ek byt dit vas en begin stadig daaraan trek. Sy kreun en ek trek harder. Dan lig sy haar kop en kyk oor die draak se kop na my.
“Nee, oom. Lek, moenie trek nie.”
Ek voel soos ‘n doos, maar dis immers die eerste keer dat ek met ‘n klitring gekonfronteer word. Ek laat los en begin lek. Sy sak haar mond weer oor my pielkop en dan 69 ons vir ‘n vale. My eerste vrou het daarvan gehou. Baie. Soveel so dat sy dit met verskeie ander mans gedoen het. Nie die beste formule vir ‘n stabiele huwelik nie. Syt ook van anale seks gehou en toe ek haar in ons bed kry met ‘n ander man se voël in haar hol, het ek besluit om halt te roep.
My tweede vrou wou niks weet van orale of anale seks nie en na die geboorte van ons seun het sy sommer heeltemal toegemaak. Ook nie ‘n formule vir ‘n stabiele huwelik nie.
Maar Monica doen met entoesiasme mee. Sy suig en ek lek en naderhand hoor ek haar asem jaag kwaai. Dan begin haar heupies ruk en haar soppe begin vrylik uit haar uitvloei en sy stoot haar poesie teen my gesig vas en kom met ‘n paar fyn gilletjies.
Ek rol haar van my af en sy lê op haar rug met haar bene opgetrek, haar hand op haar poesie wat nog steeds ‘n spasma of twee kry. Ek druk haar bene oop, tel haar enkels op en druk stadig in haar in. Sy is styf, maar sopnat sodat ek sonder moeite baldiep ingaan.
Sy kreun diep in haar keel en ek begin stadig in en uit beweeg.
“O fok, oom, Oom naai lekker!”
Ek druk stadig en so diep as wat ek kan in haar in en sy maak haar oë oop en kyk vir my. Ek begin voel asof die oomblik my gaan oorweldig.
“Ek gaan nie breek nie. Jy kan my maar hard naai. Ek hou daarvan hard.”
Ek verdubbel my spoed en konsentreer op diepte en hardheid. Ek stamp in haar in en sy begin sulke klien fyn gilletjies gee. Ek stamp harder en dieper en sien haar oë omrol. Sy stamp terug en dan kom sy met ‘n lang gil en haar sappe spuit uit haar uit. Ek hou nog vir ‘n minuut of twee uit en dan kom ek ook met ‘n brul.
Ek sak vorentoe en lê op haar. Ons asems jaag en ek kan haar warm asem in my nek voel. Na ‘n ruk kreun sy.
“Klim bietjie af oom. Jy’s baie swaar”
Ek rol af en lê op my rug.
“Was dit lekker, oom?”
Ek knik.
“Wil oom bietjie rus, dan doen ons dit weer?”
Ek knik weer.
“Wil oom ‘n whiskey hê?”
Weer knik ek.
Sy wip van die bed af en loop kaal na die deur toe. Sy draai om.
“Ek‘s nou terug oom. Moenie wegraak nie!”
Ek begin lag. Sy kyk my vraend aan.
“Wat’s fout oom?”
“Sal jy asseblief ophou om my oom te noem!”
-0-
Diep in die nag lê sy in my arms. Haar warm lyfie gemaklik teen myne. My vingers streel oor die riwwe van haar tatoos, haar asem warm in my nek. Dan fluister sy:
“Ek is bly jy het my huistoe gebring,”
Ek knik. Ek ook.
12 COMMENTS
Bliksem oom. Daardie storie laat my juices ini regte rigting vloei. Wens ek het so ‘n lekker oom gehad.
Dankie Sandy. Bly jy’t dit geniet!
En nou sit ek alweer met ‘n horing in ‘n boring vergadering! Hoop nie ek moet gou opstaan nie, want ek kan diamante slyp met dié ding!
He he he
” O fok oom, oom naai lekker ”
Dit som alles op. Dankie, Ramkat, jy skryf soos jou naam : RAMKAT !…smile
Is dit jou fantasie ook?
Beslis ! Ek’t bykans identiese ervaring gehad maar sonder die weelde en die Bentley…smile
… and so say all of us.
Dit was bliksems mooi geskryf.
Dankie. Waardeer.
@ Ramkat. : jy kan maar hoor!
Baie goeie, warm storie oom!
Dankie!