Liedjiestorie: The first time ever I saw your face…
deur Ramkat Erasmus
(Lees die eerste episode HIER)
Die eerste ding wat my opval as ek die foon dooddruk en neersit is dat my hande bewe. Na jare as profesionele atleet het ek geleer om my adrenalien te hanteer en positief te kanaliseer. Bewende hande is nie eintlik my ding nie.
Die twee ding is dat my asem jaag en ek ‘n hol kol op my maag het. Anton. Swart hare, weerbarstige kuif, blou oë… Anton my matriekkys, wat al sy talente tenspyt, by die polisie aangesluit het. Anton vir wie ek op sy agtiende verjaardag verlei het en in sy ouerhuis met hom seks gehad het terwyl sy ouers in ‘n ander vleuel van die huis slaap.
Hy was onhandig, maar ‘n gewillige leerling, en het sommer gou-gou die konsep verstaan dat die vrou se plesier eerste kom… By wyse van spreke. Dis altyd makliker om met ‘n skoon bladsy te begin. Ons het een laaste marathon sekssessie gehad voor ek Stellenbosch toe is en hy teruggekeer het na die polisiekollege toe. Atletiek het my weggevat van Suid Afrika af – Amerika toe – en ons gereelde telefoongeselsies het opgehou.
Toe ontmoet ek vir Chuck. Charless Marshall 111. Paalspringer met lang blonde hare, charisma en ‘n stoute glimlag en hy het my laat verstaan dat hy my bo alles en almal wou hê. Daardie soort behoefte by ‘n man is vir meeste vrouens onweerstaanbaar en ek het nie lank gevat voor ek hom bed toe genooi het nie. Hy was die eerste en laaste na Anton. Saam het ek en Chuck die wêreld volgereis agter atletiekbyeenkomste aan. Later het ek gehoor Anton is getroud aangesien my ma en syne boesoemvriendinne was.
Ek het oorgeskuif van 100 meter hekkies na 400 meter op aandrang van my Amerikaanse afrigter en skielik het ek weer medaljes begin wen. My borge het groot geld in my ingepomp en vir ‘n wyle was alles rooskleurig en wel met die wêreld. Toe gebeur Chuck se ongeluk …
Dit was ‘n frats. Met sy aanloop tydens ‘n Goue Liga byeenkoms in Lausanne het hy sy paal in die gat ingestamp en sy voete van die baan afgelig. Toe breek sy paal en Chuck skiet vorentoe plaas van op. ‘n Stuk van die gebreekte paal steek in sy dy in en sny sy slagaar af. Met sy landing breek hy ook sy been. Die volgende paar dae was ‘n mengelmoes van hospitale, dokters en terapeute en uiteindelik is hy buite gevaar.
Sy ouers, Charles 11 en Mabel, het ingevlieg van die VSA af en ons het Chuck teruggevat na hulle huis in Denver, Colorado.
Chuck se been het aangegroei sy spiere het sterk geword en hy het weer begin oefen, maar iets in sy kop het gebreek met die ongeluk, en hy het keer op keer sy aanloop begin net om op die laaste nippertjie die paal te lig en oor die gat te hardloop. Wanneer hy wel die paal in die gat ingekry het was sy pronge power en sonder fut.
Sy ouers het hom na al wat sportsielkundige is gevat en vir ‘n rukkie het dit gelyk of dit werk, maar Chuck kon eintlik nooit weer spring nie en defenitief nooit weer die hoogtes haal, wat vir hom, so gereeld gebeur het nie. Met ons verhouding was daar niks verkeerd nie en die seks was uitstekend, maar Chuck het al hoe meer begin skimp dat ek ook maar handdoek moet ingooi, en soos hy by die plaaslike uiniversiteit begin afrig. My loopbaan het egter nuwe lewe gekry oor die nuwe afstand en ek wou nie aftree voor ek nie weer in ‘n wêreldkampioenskap of Olimpiese Spele kon hardloop nie.
Toe vra Chuck my om te trou en sonder om te huiwer het ek ‘ja’ gesê. Sy baie wel-af ouers het geen geld gespaar nie en bekendes en aanhangers het van heinde en ver gekom vir die okkasie. Ek kon selfs my ouers oorreed om oor te kom en met behulp van pille en drank kon my ma haar doodsvrees vir vlieg te bowe kom en het hulle uiteindelik in Denver geland. My pa en Chuck 11 het baie goed oor die weg gekom, as gevolg van beide se voorliefde vir jag. My ma en Mabel was goedgemanierd genoeg om nie hulle afkeer in mekaar te wys nie en so het die tyd saam met hulle baie lekker afgeloop.
Intussen het ons ‘n wittebrood in Venesië gehou en toe ons by die huis kom het my ouers gegroet en die lang vlug Suid Afrika toe aangepak. Ek het weer begin oefen en aan ‘n paar groot byeenkomste in New York en Los Angeles deelgeneem. Chuck het sy gevoelens duidelik gemaak. Hy wou nie hê ek moet op my eie gaan nie, maar saamkom wou hy ook nie. Ek het amper besluit om op te hou hardloop, maar sy ma, Mabel, van alle mense, het my baie sterk aangeraai om nie op my drome op te gee nie.
Na ‘n brons op die Wêreldkampioenskappe en twee jaar later ‘n wen by die Olimpiese Spele het ek ook besluit genoeg is genoeg. Mabel het my medaljes eendag kom oplaai en hulle ‘n week later terug gebring, almal netjies volgens jaar geraam. Sy het haar man omgepraat om die rame met medaljes in my en Chuck se kroeg op te hang, Chuck s’n aan die eenkant van die vertrek en myne aan die anderkant.
My Olimpiese goud het bo-aan gehang.
Chuck het nooit ‘n Olimpiese goud verwerf nie.
Ek het vir Chuck 11 se eiendomsmaatskappy begin werk, nie omdat daar geldnood was nie maar bloot omdat ek nie heeldag by die huis wou rondsit nie. Chuck se gedrag het algaande meer vreemd geraak en hy het harder en harder begin drink. Nog later het hy kokaiën begin gebruik. En nog later het die universiteit sy kontrak beeindig vanwëe sy laatkommery en die swak voorbeeld wat hy aan die studente stel. Weer het hy ‘n rondte by die sielkundiges gehad en weer het dit begin lyk asof hy regkom. Hy’t ook ophou oefen en gewig begin aansit. Ons sekslewe het algaande minder geword en alhoewel ek meer as een geleendheid gehad het om my lus te bevredig het ek halstarrig geweier en gewag dat die Chuck vir wie ek lief was, terug kon kom.
Intussen het ek gehoor Anton is gewond in ‘n skietvoorval. Ek het vir my ouers gaan kuier, maar gaan poging aangewend om hom te kontak nie. My pa het ook ‘n slag of wat kom kuier en saam met Chuck 11 gaan jag.
My lewe as eiendomsagent het my die kans gegee om uit die huis uit te kom en ek het naderhand heel suksesvol geraak. Maar een aand na ‘n dag van moeilike kliënte en ‘n opdringerige verkoper het ek omtrent negeuur by die huis gekom. Ek het ‘n baie dronk Chuck in die kroeg gekry waar hy besig was om al ons medaljes van die muur af te pluk en die rame op die vloer stukkend te gooi. Ek het prober om hom te kalmeer, maar hy wou niks weet nie en toe ek hom gryp en prober vashou het hy my eers met die elmboog en toe met die vuis geslaan.
Na hy bewusteloos tussen die glasskerwe en gebreekte rame begin snork het, het ek sy ouers gebel. Hulle het inderhaas daar aangekom en Chuck 11 het vir Chuck 111 in die bed gaan sit. Mabel het my gehelp om die kroeg skoon te maak en al die glas op te vee en weg te gooi. Ek het Chuck se medaljes op die kroegtoonbank gesorteer en myne met borrel plastiek toegedraai en in ‘n boks in die garage gaan wegsteek. Dit was die begin van die einde.
Eindelik het selfs Chuck 11 die skrif aan die muur gesien en my aangeraai om met sy prokureurs te praat oor ‘n egskeiding. Ek het al die nodige papiere geteken, geweier om ‘n sent te aanvaar van die Marshall’s af en my kar en ander goed verkoop. My bagasie en medaljes het ek laat verpak en met ‘n koerier na my ma in Suid Afrika gestuur. Toe’t ek met ‘n rugsak op die vliegtuig geklim en Argentinië gaan verken en geleer om te tango.
Na drie maande en vele frantiese oproepe van my ouers en die Marshall’s af het ek Atlanta toe gevlieg en van daar af die direkte SAL vlug na OR Tambo gehaal. Die Gautrein het my tot in Hatfield gevat en van daar af het ek ge –Uber tot by my ouerhuis. Dis nogal sleg om voor dooiemansdeur te staan te kom as jy jou ouers wou verras. Eers het ek vir ‘n ruk op die sypaadjie op my rugsak gesit en toe het ek maar ingegee en my ma gebel.
-0-
Na ‘n maand se rondsit en opvang met ou skoolvriendinne het ek begin om te swot en die eksamens te skryf om in Pretoria te kan huise verkoop. En ek het my ma die dood voor die oë gesweer as sy vir Anton se ma sou sê ek is terug.
-0-
Nou sit ek met bewende hande in my kantoor. Met ‘n afspraak om Anton oor ‘n week te ontmoet vir middagete.
Die week draal verby, en alhoewel ek baie besig is kan ek nie ophou om aan Anton te dink nie. Hoe lyk hy deesdae? Het hy bles geword? Het hy, soos so baie ander mans ‘n boep en ‘n drankprobleem ontwikkel? Hoekom het hy en sy vrou geskei? Keer op keer tel ek die foon op om te bel en te kanseleer, maar ek doen dit nie. Dan breek die dag aan en ek kanseleer al my afsprake en gaan gym toe.
Ek oefen tot my asem jaag, my hart voorhamer in my bors en my fiksheidshorlosie vir my sê ek is op die punt om te beswyk. Dan gaan stort ek, sauna, stort weer en trek aan.
Ek klim in die Jeep en haal ‘n paar keer diep asem om myself te kalmeer. Ek skakel aan en ry na die restaurant toe. Daar aangekom parkeer ek onder ‘n koelteboom, vat my handsak en sleutels en klim uit. Ek sit my donkerbril op en stap stadig in die rigting van die restaurant. Twintig treë van die ingang af sien ek hom op die stoep sit. Ek stap in, beduie dat iemand vir my op die stoep wag en stap uit. Ek het ‘n stywe denim aan met ‘n los bloes en hakskoene. Ek is bewus daarvan dat mans se koppe draai en dit laat my goed voel. Vrouens kyk met dolke in hulle oë na my en dit laat my nog beter voel.
Anton word van my bewus en staan op. Hy’t nie ‘n boep of ‘n bles nie. Ons eerste soen is half skeef en onhandig, maar dan trek hy die stoel vir my uit en ek sit. Hy’t reeds wyn bestel en skink vir my ‘n glasie.
“Op die weersiens,” sê hy en glimlag.
Ek glimlag terug en klink glase. Die wyn gee my hande iets om te doen en ek is baie verlig om te sien hulle bewe nie te erg nie.
-0-
Anton maak sy woonsteldeur oop en staan eenkant toe dat ek eerste kan inloop. Dis ‘n mansplek sonder fieterjasies of blomme. Teen die een muur hang ‘n paar sertifikate. Die meubels is alles redelik nuut met een ou leerstoel wat ek onthou uit sy ouerhuis uit.
“Ek onthou daai stoel,” sê ek.
“My pa het dit vir my gegee toe hulle aftree oord toe is. Nog wyn?”
Ek skud my kop, skielik haastig om sy klere uit te trek.
“Koffie? Iets anders? Ek dink ek het whisky.”
Ek sit my sak neer en loop na hom toe. Ek vat ek sy kop aan weerskante vas en trek sy gesig na my toe. Ek maak my oë toe en wag dat hy my soen. Sy lippe is sag en warm. Ek maak my lippe oop en trek sy tong in my mond in. Ek is skielik na maande en jare sonder seks, papnat en jags.
Ek maak sy knope los en trek sy hemp uit. Dan gaan ek op my knieë en wikkel sy belt los. Daar sit ‘n groot swart pistool op sy heup. Hy haal dit uit en gooi dit eenkant toe. Sy voël is hard in sy onderbroek en ek rem die material weg en neem hom in my mond.
Hy ruik effens na sweet en ander sappe. Ek suig hard, bewus daarvan dat hy sy skoene uittrap en dan die broek eenkant toe skop. Ek rem sy onderbroek of tot by sy enkels en hy skop dit ook weg. Ek suig en trek aan sy voël, speel met sy balle en dan sit ek my hande om sy boude en trek hom diep in my mond in tot agter in my keel. Hy trek sy asem in en kreun diep in sy keel. Ek hou so lank ek kan en laat gaan dan. Ek snak na asem dan trek ek hom weer diep tot agter in. Hy wikkel sy hande in my hare hare in en begin my mond met lang hale naai. Ek voel hoe hy verstyf en dan skiet hy in my mond en keel in. Ek sluk alles in en staan dan op. Ek soen hom hongerig met sy kom nog op my lippe. Hy lek dit af en begin my bloes losknoop. Ek help hom en dan maak hy my bra los. My tepels spring regop soos gebalde vuiste en hy laat sak sy kop om aan hulle te suig. Rillings van genot spoel deur my en ek begin my denim losknoop om heeltemal kaal saam met hom te wees. Ek skop my skoene uit en trek die stywe material oor my heupe en trek sommer my broekie terselfdertyd uit.
Hy sit sy hande op my skouers en stoot my weg. Hy kyk diep in my oë en ek voel hoe my sappe teen my bene begin afloop. Hy vat my hand en lei my na die ou leerstoel toe. Hy laat my sit en dan gaan sit hy op sy kniëe voor my. Hy druk my bene oop en druk sy gesig tussen my bene in. Ek rem my heupe nader sodat hy beter kan bykom en dan is sy lippe en tong op my en in my.
Hy was baie skrikkerig die eerste keer toe ek hom gevra het om dit te doen. Hy was per slot van rekening 18 en dit was maar die vierde keer dat ons seks gehad het. Maar ek het hom mooi beduie en na ‘n ruk het hy dit duildelik begin geniet.
Terwyl hy aan my klit suig druk hy een van sy vingers in my in en begin die boonste muur van my poesie streel. Ek begin onwillkeurig ruk an dan kom ek met ‘n kreun wat ‘n gil word. Hy trek sy vinger uit en leun oor my. Dit is asof sy oë donkerder geword het. Hy sit sy hande om my heupe en tel my op. Dan draai hy my om en sê ek moet met my kniëe op die sitplek van die stoel kniel. Hy druk my bene uitmekaar uit en ek kniel oopgevlek voor hom met my arms op die rugleuning vna die stoel. Hy vryf met sy plathand oor my poesie en dan druk hy homself in my in. Hy is haastig, dringend. Ek ruik die leer van die stoel, voel sy hande op my heupe en voel hoe hy hard in my instamp.
Die benoudheid in my maag en lieste begin bou en ek bid dat hy nie te gou kom nie. Hy stamp harder en dieper. Al vinninger. Die spanning word ondraaglik en dan laat ek gaan en kom weer en weer en weer. My sappe spuit oor sy onderlyf en dan kom hy. Hy gee ‘n diep kreun an dan ‘n sug, en ek voel sy saad in my inspuit.
Na ‘n ruk trek hy uit en tel my van die stoel af op. Hy dra my slaapkamer toe en lê my op die bed neer. Ten spyte van my oorweldigende jagsgeid merk ek dat die een bedlampie nog ‘n Mr Price etiket op het. Ek wonder of hy die lampe spesiaal gaan koop het na ons die afspraak gemaak het. Dan lê hy op die bed langs my met sy warm hande op my lyf en sy mond om my tepels. Ek maak my oë toe en sien sy gesig in my verbeelding. Maar nie die agtienjarige Anton nie. Die veertigjarige. Die gesig wat ek vandag vir die eerste keer in twintig jaar weer gesien het.
Ek sit my arms om hom en hoop dat hy heelnag gaan aanhou.
5 COMMENTS
Briljant !…wat meer kan ek sê as Ramkat se grootste “fan”
Dankie
Wille Will
Baie oulikke storie Ramkat. Nogal interesant dat die storie uit n vrou se oogpunt vertel word en uit n man se pen geskryf word. Baie netjies gedoen ou maat.
Dankie Ysbeer. Was nie maklik nie!
Ai hoe lekker moes dit nie gewees het nie. Great storie. Thanks.
Bly jy het dit geniet!