Liedjiestorie: The first time ever I saw your face

deur Ramkat Erasmus

Gert bel my die oggend van my 40ste verjaardag en nooi my vir ete. Hy wens my geluk en beduie vir my waar sy nuwe gunsteling restaurant is. Ek en Gert ken mekaar al van Graad 1 af en behalwe vir sy florerende regspraktyk het hy net twee belangstellings – meisies tussen 20 en 25 jaar en peri-peri hoender. Hy het al per geleendheid Durban toe gevlieg na hy van ‘n plek daar gehoor het wat bo-gemiddelde peri-peri hoender maak.

Ek skryf ‘n aanwysing of twee neer en spreek af om hom 12uur by die restaurant te kry.

-0-

Ek was ‘n polisieman gewees, maar die stres het my vrou, Izel, mal gemaak. Veral na sy my eendag in die hospital moes kom besoek na ek ‘n koëelwond in die arm opgedoen het. Ek het bedank uit die mag uit en forensiese ondersoeke begin doen. Dit was nie so opwindend soos polisiewerk nie, maar die geld was heelwat beter en my vrou het rustiger geraak. Meeste van my sake het van Gert en sy regsvriende af gekom en vir ‘n wyle het dinge goed gegaan. Tot Izel my eendag inlig dat sy iemand anders ontmoet het. Gert het die egskeiding hanteer, sy het die huis gekry en ek het in ‘n woonstel ingetrek wat heeltemal voldoende was vir my behoeftes. En kort voor lank was ek gewoond aan die alleen wees en die stilte.

-0-

Die nuwe restaurant is in ‘n deel van Pretoria waar ek nie baie gereeld kom nie en ek ry maar half stadig om nie ‘n belangrike afdraai te mis nie. Die boomryke pad maak ‘n slap draai na links en begin dan afdraaend loop. Langs die pad is ‘n groen munisipale vullisdrom met ‘n eindomsagent se advertensiebord op. “Liizl – Area Spesialis”

Ek ken net een person wat haar naam so spel.

‘n Ent verder is daar nog so ‘n drom met dieselfde advertensie op. Ek trek af en klim uit. Die foto op die bord en van ‘n mooi vrou met kort donkerbruin krulhare en ‘n breë glimlag. Liizl. My matriekmeisie. Populêrste meisie in die skool. Kranige hekkiesatleet, uitmuntende student met agt onderskeidings in matriek, en my eerste liefde.

Ek haal my selfoon uit en neem ‘n foto.

Dan klim ek weer in my kar en ry verder.

-0-

Gert se keuse van restaurant stel nie teleur nie en hy belowe my dis die lekkerste peri-peri hoender in Pretoria. Ek begin met peri-peri hoenderlewertjies en slaan dan oor na ‘n stuk lendeskyf en slaai. Tussen die twee van ons maak ons twee bottels Byerskloof Pinotage klaar en dan daag daar twee jong meisies op. Hulle lyk soos gym-bunnies met fietse lyfies, keurige grimering en stywe kleertjies. Die enetjie gaan sit op Gert se skoot en gee hom ‘n diep soen. Gert stel ons voor en noem dat dit my verjaardag is. Hulle altwee gee my ‘n piksoentjie en Gert bestel cocktails.

Ek weet Gert bedoel goed, maar ek sukkel om aan die gesels te raak met die jong bokkies, en die manier waarop hulle heeltyd selfies neem, en gesigte trek as hulle dit doen, begin my gou irriteer. Gert sit agteroor en geniet duidelik die bokkies se manewales. Ek begin wonder hoe ek hier gaan uitkom, want die een meisietjie sit al nader en het naderhand haar hand op my been. Gert en die ander enetjie vry so tussen die slukkies cocktail deur en ek begin loer na my horlosie.

Dan staan ek op verskoon myself. Ek loop toilet toe en gaan by een van die hokkies in. Ek gaan sit op die toilet se deksel en haal my foon uit. Ek maak oop en kyk na Liizl se foto. Ek wonder of ek moet bel of nie.

Ek loop terug tafel toe en maak ‘n flou verskoning van ‘n klient wat gebel het. Die meisietjie met haar oog op my, lyk baie teleurgesteld en vra of ek gaan terugkom. Ek beduie dat ek sal sien en gaan spring in my kar. Na ‘n ruk bel Gert en wil weet wat aangaan. Hy glo nie my storie nie en sê hy sal maar self albei die girls moet bevredig. Ek wens hom alles van die beste toe en bedank hom weereens vir die ete. Hy lag en sê hy’s jammer ek het nie van my geskenk gehou nie. Dan lui hy af.

-0-

In my woonstel sit ek musiek aan en gaan lê op die bank. Op die TV is ‘n rugbywedstryd wat ek klaar gesien het, maar ek hou dit aan sonder klank en luister na Frank Sinatra. My gedagtes gaan onwillekeurig terug na Liizl en my 18e verjaardag. Daar was ‘n span van die skool se matrieks daar. Ek en my pa het liggies in die bome gehang, my ma het koek gebak en later het die man met die skaap op die spit daar opgedaag. My pa het kroegman gespeel en baie streng seker gemaak dat net die van ons wat reeds 18 is alkahol kon kry.

Ons het gedans, geëet en later almal in die swembad gespring. Ek en Liizl het in die hoekie in die diepkant gestaan met ons arms om mekaar se lywe. Sy’t my liggies gesoen en ek kon die Breezer op haar lippe proe. Nog later het ons uitgeklim en onsself in handdoeke toegedraai. Ons het in ‘n donker hoek op ‘n bankie gaan sit. Op pad het ek vir ons elkeen nog ‘n bottel by my pa gekry.
So sit ons in die donker met ons arms om mekaar en vry tussen die slukkies deur. Ek sit naderhand my leë botteltjie neer en sit albei my arms om haar lyf. Van die dansvloer af begin ‘n Frank Sinatra-liedjie speel en ek weet dis my ma se werk. Sy is mal oor Frank Sinatra. Ek en Liizl beweeg ons lywe op maat van die musiek, haar arms om my nek en my hande op haar rug.

Soos ons dans laat ek my hande al laer sak tot ek aan die bo-kant van haar bikinibroekie raak. Sy sug en druk haar gesig in my nek en begin my daar soen en suig. Ek laat my hande verder sak tot ek ‘n gespierde boudjie in elke hand vashou. Sy druk haar heupe vorentoe teen my aan en ek is skielik baie bewus van die horing wat warm teen haar onderlyf vasdruk.

Dan roep my pa my.

Van die kinders se ouers begin opdaag om hulle huis toe te vat en ek staan by die hek en groet en sê dankie. As almal weg is, help ek my pa om alles weg te pak. My pa betaal die skaap op die spit man en ons dra al die vleis wat oorgebly het kombuis toe. Dit word in bakke geskep en in die vrieskas gepak. Dan kom my ma en Liizl die kombuis in. Liizl is nie meer in haar bikini nie, maar sy het ‘n kort stywe broekie aan wat haar lang gespierde bene mooi afwys en ‘n hemp wat onder haar boobs vasgeknoop is sodat haar magie kaal is. Hulle gesels land en sand en my ma bduie dat sy Liizl se ma gebel het en voorgestel het dat sy by ons oorslaap. (Ons sou haar huistoe gevat het …) Liizl se ma en my ma is vriendinne en Liizel se ma het nie besware gehad nie.

-0-

Ek en Liizl sit in die sitkamer en vry. Die radio speel saggies in die agtergrond. Roberta Flack sing “The first time ever I saw your face”. Liizl sê sy dink altyd aan my as sy die liedjie hoor. Dis een van my ma se mix-tapes en Liizl het gedink dis beter as ACDC.
Ek trek haar langs my neer op die mat en begin haar ordentlik soen. My een hand is agter haar kop en met die ander een trek ek sirkels op haar maag. Ek beweeg my hand al hoër tot ek aan die knoop van die hemp onder haar boobs raak. Liizl se asem jaag in my nek en sy trek my hare en vryf my rug soos ons mekaar soen.

Ek wikkel die knoop los en haar hempie val oop. Ek sit my hand op haar boob bo-op haar wit kant bra. Sy laat los met haar een hand my kop en trek die bra van haar tieties af. Dan trek sy my kop af en fluister ek moet hulle suig.

Ek begin versigtig, bang ek maak haar seer, maar sy druk haar bo-lyf teen my vas en begin saggies kreun.

Dan skielik sit sy regop en stoot my weg met ‘n wilde kyk in haar oë.

“Nee, fok. Ons moet ophou. As jou pa of ma nou hier inloop …”

Ek kreun, pynlik bewus van my ereksie wat soos ‘n tentpaal my broek wegdruk van my lyf af.

“Ek is jammer. Ek is jammer… maar ons moenie stupid wees nie.”

Ek knik. Ons staan op, gee mekaar nog ‘n warm soen of twee en dan loop ek saam met haar na haar kamer toe. In die deur gee sy my weer ‘n warm uitasem soen en dan maak sy die deur toe.

Ek sit ligte en radio af en gaan na my kamer toe.

Ons huis is in twee vleuels gebou. My ma en pa se kamer is aan die een kant en dis die vleuel waar die spaarkamer is waarin Liizl slaap. Ek is aan die anderkant van die huis, waar my kleinboet en ousus ook slaap, dis nou as sy by die huis is en nie by die universiteit nie.

Ek loop in die donker in my kamer in en sit die bedliggie aan. Ek kan aan niks anders dink as Liizl se tepels in my mond nie.

-0-

Dit vat lank om aan die slaap te raak, want ek kan nie ophou dink aan Liizl en haar tieties nie. En ek is ook pynlik bewus van my horing wat nie wil gaan lê nie …

Ek oorweeg dit om badkamer toe te gaan en draad te trek, maar voor ek kan opstaan gaan my slaapkamerdeur oop. Ek wonder of dit my ma is wat kom kyk of Liizl nie by my is nie. Ek sit die lig aan.

Liizl staan met groot oë in die deur.

“Sjjt, Sit af,” fluister sy.

Ek sit af, hoor hoe die deur toeklik en dan skuifel sy oor die vloer tot by my bed.

“Skuif op,” sê sy.

Ek lig die kombers en voel hoe sy langs my inklim. Dan is haar warm lyf teen myne en ons soen mekaar hard. Toe ek die lig aangesit het, het ek gesien sy’t ‘n t-hemp aan wat tot amper die middel van haar bo-bene kom. Die hempie ry op teen haar lyf en as ek my hande om haar boude sit voel ek die sagte material van haar broekie.

Sy kreun en dan buig sy haar kop af en begin my tepels suig. Dis ongelooflik en ek wonder of dit vir haar ook so voel as ek hare suig. Sy sit regop en trek die t-hempie oor haar kop. Dan druk sy haar warm lyfie weer teen myne vas. Ek voel of ek gaan bars en weet nie mooi waar moet ek vryf en waar moet ek los nie. Sy begin weer my tepels suig en dan voel ek hoe haar hand teen my maag afgly en onder my pajamabroek se rek inbeweeg. Die volgende oomblik vat sy my piel vas en begin my draad trek. Dit vat nie lank voor ek haar hand, my maag en my broek volskiet nie.

My asem jaag en ek sukkel om nie te gil van die lekker nie. Ek hoor hoe sy saggies in haar keel lag.

“Was dit lekker?” vra sy

Ek knik net my kop en kreun. Ek lê agteroor en snak na asem. Sy los my voël en vryf haar hand deur die kom op my maag.

“Was dit jou eerste keer?”

Ek knik.

“Ek is bly dit was saam met my …”

Dan sit sy weer regop en ek besef sy trek haar broekie uit. Skielik is ek baie bang en senuweeagtig. Vry is lekker en dis wonderlik toe sy my laat kom het, maar wat gaan nou gebeur?

Sy vat my hand en sit dit op haar maag. “Ek gaan jou wys hoe ek daarvan hou. Is dit okay?”

Ek knik net, te skrikkerig om iets te sê.

Sy sit haar hand bo-op myne en beweeg dit tussen haar bene in. Ek weet nie wat ek verwag het nie, maar daardie sagte warm en nat spleet voel wonderlik. Sy beweeg haar hand stadig op en af en ek volg haar bewegings met my hand. Sy sug diep en fluister dat dit vir haar vreeslik lekker is.

Haar hand begin vinnger beweeg en ek volg haar bewegings. Dan los sy met haar hand en fluister “Ja, net so, hou net so aan …”

Skielik begin haar liggaam ruk en sy kreun diep in haar keel. Dan byt sy my skouer. Ek vryf nog steeds want ek weet nie wat anders om te doen nie. Dan stoot sy my hand weg. Ek wonder of ek haar seergmaak het maar sy soen my wild en byt my aan die lip en tong. Dan val sy agteroor en lê diep en asemhaal langs my.

“Is jy okay?” vra ek versigtig.

Sy lag diep in haar keel. “O, ja … Ek is okay. Ek is meer as okay. Jy’s nie sleg vir ‘n beginner nie.” Ek kan voel hoe ek bloos en is skielik bly die lig is af.

Sy rol om en kom lê bo-op my. Ek voel hoe my horing tussen haar bene indruk.

“Stadig. Stadig …” en sy laat sak haar hand tussen ons in. Sy vat my voël en glip hom in daai nat spleet van haar in. “Lê jy stil. Ek sal die werk doen,” fluister sy, en dan begin sy haar heupies beweeg. Ek voel hoe ek in haar in en uit beweeg en skielik verstaan ek hoekom mense so behep is met seks. Dis wonderlik.

Die keer vat dit effens langer, maar nie veel nie. Ek skiet en skiet en skiet en sy knyp my met haar bene vas.

As ek klaar is besef ek skielik wat ons gedoen het. “Liizl! Wat van …”

“Sjjj, ek is op die pil. Dis okay … ”

-0-

Sy vertel my dat sy op ‘n atletiek-kamp geleer het om te doen wat ons gedoen het. Sy vra of ek omgee. Ek weet nie of ek omgee nie, maar ek skud maar in elk geval my kop. As dit effens lig begin word buite die venster, klim sy uit die bed uit, trek haar broekie en haar t-hemp aan, en glip uit. Die keer kan ek myself nie help nie en gaan badkamer toe en trek draad tot ek kom, my gedagtes vol van Liizl en wat ons gedoen het.

-0-

Ek skrik wakker, sit die TV af an gaan slaap.

Die volgende oggend is ek vroeg by die kantoor. Ek kyk na my e-posse. Daar is niks belangriks nie, gaan my dagboek na, ook niks belangriks nie en as Tilla, my assistant, inkom sê sy ook daar is niks belangriks nie. Ek nooi haar om saam met my ontbyt te gaan eet, maar sy sê sy het ‘n klomp leêrs wat sy wil uitsorteer en sy het saam met haar kinders geëet.

Ek loop om die hoek na die ontbytplek toe en gaan sit in die hoek. Simon weet wat ek eet en hy bring sommer dadelik swart koffie. Onwillekeurig haal ek die foon uit en kyk weer na die foto van Liizl.

Na skool is sy eers Stellenbosch toe, en toe Amerika toe met ‘n sportbeurs. Die volgende keer wat ek haar gesien het was op die TV toe sy aantree vir die eerste uitdun van die 100 meter hekkies by die Olimpiese Spele. Sy was leniger en meer gespierd as wat ek haar kon onthou. Haar lang poniestert het ook plek gemaak vir ‘n kort, amper mansagtige kapsel. Sy’t in die semi’s uitgeval.

Daarna het ek haar gereeld op TV gesien as sy iewers in Europe deelneem. En nog later het die Suid-Afrikaanse skinderkoerente begin berig oor haar verhouding met ‘n Amerikaanse paalspringer. Hulle is daar anderkant getroud en Liizl se ma het eendag vir my ma kom kuier met ‘n Ipad vol fotos. Ek was toevallig by die huis en moes saam met die vrouens vir foto na foto kyk van Liizl, die beeldskone Liizl en haar nuwe man.

Daarna het ek opgehou om haar op TV te soek, gladnie meer die skinderkoerante gekoop nie en met Izel getrou. Nog later het my ma my vertel Liizl en die Amerikaner was besig om te skei.

Simon bring my ontbyt en ek eet lekker aan die varkworsies, spek en eiers.

Ek betaal en stap terug kantoor toe. Tilla het twee boodskappe vir my en ek gaan sit agter my lessenaar en doen die nodige. Die een is van Gert af en hy vertel my met groot smaak van sy lekker aand saam met die twee bokkies. Ek vermoed dat hy bietjie groot gaan, maar maak goedkeurende geluide en sê uiteindelik ek moet gaan, ek het ‘n afspraak.

Die volgende een is van ‘n man wat vermoed sy vrou verneuk hom. Ek sug. Dis nie lekker nie, maar dis goeie geld. Ek bel hom, plaas hom deur na Tilla toe en sy maak vir hom ‘n afspraak.

Dan haal ek weer my selfoon uit, roep Liizl se foto op en na ‘n paar diep asemteue, bel ek die nommer.

-0-

Sy antwooord.

Ek sê “Hallo Liizl.”

En dan … na ‘n lang pouse … sê sy my naam.

(Lees die vervolg HIER)

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

6 thoughts on “Liedjiestorie: The first time ever I saw your face

  • July 20, 2017 at 10:08 pm
    Permalink

    Dankie vir die mooi woorde. Opvolg sal volgende week hier wees.

    Reply
  • July 20, 2017 at 8:33 pm
    Permalink

    Baie geniet soos altyd. Kan nie wag vir die opvolg nie.

    Reply
  • July 20, 2017 at 3:02 pm
    Permalink

    Ramkat ! Die meester.
    …baie dankie soos altyd
    Wille Will
    ns. ek’s bly ons is weer in sirkulasie, nou kan ek die suurstoftenk afskakel en weer asemhaal !
    Die foto touch aan die einde is impressive, Annelise

    Reply
  • July 20, 2017 at 1:09 pm
    Permalink

    Lekker!! Sit ek sommer met ‘n moerse horing by die werk..

    Reply
  • July 20, 2017 at 1:02 pm
    Permalink

    Nice Storie…..
    ‘n Opvolg sal interessant wees.

    Reply
    • July 20, 2017 at 1:25 pm
      Permalink

      ‘n Opvolg is reeds belowe 🙂

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)