Liedjiestorie: Baby makes her blue jeans talk …
deur Ramkat Erasmus
Sy is moeg. Daardie lekker moeg wat mens voel as jy hard geoefen het. Die instrukteur vra haar om regop te staan en sy doen dit. Hy neem ‘n foto van haar en sê sy moet gaan stort, hy sal haar in die kantien kry.
Sy loop na die kleedkamer toe, handoek oor die skouer en gaan klim in ‘n stort. As sy uitklim sien sy haarself in een van die tamaai spiëels. Vir ‘n oomblik kan sy amper nie glo dis sy nie. Sy trek aan en stap kantien toe. Die instrukteur sit en wag. Hy’t haar logbook by hom. Sy kry ‘n botteltjie water en gaan sit by hom.
“Jy’s baie fiks. Jy’t met al die toetse wat ons vanoggend gedoen het, baie beter as gemiddeld gevaar. Geluk,” sê hy.
“Dankie.”
“Maar ek wil vir jou iets wys,” gaan hy voort.
Hy maak die logbook oop en wys vir haar die foto wat hy sewe maande gelede geneem het toe sy begin het. Dis die ou sy. Plomp, onmodieus en, in haar eie oë, onaantreklik.
“Jy’t vir my gesê, jy wil hê mans moet weer na jou kyk asof hulle daarvan hou …”
Sy knik haar kop.
“Wel, Aletta, jy werk so hard, en so gefokus, dat jy glad nie bewus is van wat om jou aangaan nie. Al die mans en baie van die vrouens hier, kyk na jou as jy instap. Kyk …”
Hy maak die logbook se agterblad oop en wys vir haar die foto wat hy flussies van haar geneem het. Aletta sien haarself. Lenig, gespierd, sweterig met stylvolle kort hare en net ‘n bietjie grimering.
“Verskoon my frans, maar jy is ‘n fokken mooi vrou.” Hy maak die logbook toe en stoot dat na haar toe. “Gaan lees dit, kyk hoe’t jy begin en waar jy nou staan. Weereens geluk.”
Hy staan op, gee haar ‘n piksoentjie en sê met die wegstap: “Ek sien jou volgende week.”
-0-
Aletta stap haar woonstel binne en stroop haar sweetpak af. Sy gooi dit in die wasgoedmandjie en loop in haar onderklere slaapkamer toe. Sy trek alles uit en bekyk haarself in die spiëel. Dan maak sy die kas oop en trek die denim uit die agterkant van die kas uit. Dis ‘n effens outydse Lady Wrangler denim en toe sy dit nog kon dra het dit haar soos ‘n handskoen gepas. Sonder om ‘n broekie aan te trek druk sy eers een been, dan die ander een in die denim se pype in. Sonder om te sukkel trek sy die denim tot bo en maak die knopie vas. Sy trek die rits versigtig op sodat sy nie per ongeluk haar skaamhare vasknyp nie en bekyk haarself. Sy lyk regtig mooi in die ding, dink sy. Die broek sit selfs ‘n bietjie los. Net daar besluit sy om haarself te beloon.
Sy trek ‘n vars vleeskleurige bra uit die laai, sit dit om haar lyf en maak dit vas. Dan kies sy ‘n kort roomkleurige bloes uit en trek dit aan. Laastens trek sy kousies aan en dan haar duur cowboy stewels. Sy begin amper giggel as sy haarself sien. Sy dink nie sy lyk 40 nie, en al dink mense sy is tog 40 is sy ‘n baie goedversorgde en sexy 40.
“Fabulous and forty,” dink sy en glimlag.
Aletta gooi haar leerhandsak oor haar skouer en stap kar toe. Sy ry in die rigting van haar gunsteling koffiewinkel, maar verander eensklaps van plan. Sy sit die flikker aan en ry na die klein kroegie toe waar sy en Wessel altyd gekuier het. Sy dink dis dalk ‘n bietjie vroeg, maar as sy indraai, sien sy Wessel se Mustang op sy gewone plek staan.
Wessel, haar eks. Hy’t sy vrou en kinders gelos toe hy 40 was en sy 21. Wessel met die Mustangs. Die rooi en witte wat voor die kroeg staan is een van ses wat hy besit. Wessel die advokaat. Wessel wat vier maande voor haar 40ste verjaardag vir haar gesê het hy het iemand anders ontmoet en dat hy wil skei. Wessel nou 60, en sy nuwe vrou, Amalia, 22.
Aletta is skielik bewus van die growwe denim teen haar sagte vroulikheid en sy kan voel hoe sy nat word. Sy stop langs die Mustang, haal haar handsak uit die kattebak en stap regop met kop omhoog die kroegie binne. Sy sien nie dadelik vir Wessel nie en stap na die kroeg toe. Manfred, die kroegman, herken haar. Hy lig ‘n vinger en begin dadelik ‘n Martini maak soos sy daarvan hou. Hy sit dit voor haar neer en verwelkom haar met een van sy breedste glimlagte. Sy vat ‘n slukkie en draai om. Wessel en Amalia sit in die hoek, waar sy en hy ook altyd gesit het.
Wessel se mond hang behoorlik oop en Amalia se kyk is pure venyn. Aletta glimlag en waai vir hulle. Hulle waai nie terug nie. Dan draai sy haar rug op hulle en stap met swaaiende heupe na die kroegstoeltjie in die hoek toe. Sy is bewus van die mans wat na haar kyk. Sy hoor een ou aan sy maat fluister: “Fokkit, check daai sexy kat.”
Sy gaan sit, suig aan haar Martini en bekyk die mense in die kroeg. Party gesigte ken sy, ander is nuut.
Wessel en Amalia staan op en gaan sit buite op die stoep.
‘n Man staan skielik langs haar.
“Hallo pragtig, kan ek vir jou jou volgende dop koop?”
“My naam is Aletta, en dankie dit sal lekker wees.”
“Ek’s Koos,” sê die man. “Eintlik Kobus, maar vandat ek kan onthou noem almal my Koos. Wat drink jy?”
“Manfred weet.”
Koos lig ‘n vinger en wys vir Manfred om ‘n rondte te bring.
“Ek dink ek sal jou Kobus noem, in plaas van Koos. Okay met jou?” vra sy.
“Sure. Moet net nie kaad word as ek dalk nie antwoord nie. Ek’s nie aan Kobus gewoond nie …” Hy lag en sy lag saam.
Wessel kom in en vra vir Manfred om nog drankies na buite te bring.
Aletta krap in haar handsak en haal haar sigarette uit. “Gee jy om?”
Kobus skud sy kop. “Ek rook nie, maar jy is welkom. Ek stap saam …”
Sy stap vooruit na die stoep toe, ignoreer vir Wessel en Amalia and met ‘n ekstra heupswaai loop sy na die stoepreling toe. Sy steek aan en leuen vooroor sodat Wessel en Amalia nie haar boude kan miskyk nie.
Kobus kreun. Sy kyk hom vraend aan.
“Sorrie. Maar die manier waarop jy daai Jean vol maak is nie goed vir my nie.”
Sy lag. “Dankie”.
Sy is skielik nie meer lus vir die sigaret nie. Sy gooi dit in die asbak en draai na Kobus toe.
“Jy getroud?”
Hy wys haar sy kaal ringvinger.
“Mooi. Kom ons gaan sit weer dan vertel jy my van jouself …”
Sy swaai haar heupe sodat Wessel dit moet sien.
-0-
Kobus is meesterlik in die bed. Hy vat sy tyd, maak seker dat haar plesier eerste kom en wannneer dit nodig is, is hy hard en ongenaakbaar. Sy besef vaagweg dat hy maar die vierde man is met wie sy seks het, dan klem sy haar bene om hom en trek sy gesig in haar nek in en gee haarself oor aan die plesier. Kobus is groter as Wessel en dis vir haar lekker. Hy dryf in haar in in en kom uiteindelik met ‘n brul.
Sy hou hom vas.
“Doen jy dit gereeld?” vra hy.
“Wat?”
“Nooi vreemde mans huistoe…?”
“Jy’s my eerste…”
Hy lig himself op sy elmboog en kyk haar vraend aan.
“Dis ‘n lang storie waarmee ek jou nie gaan verveel nie. Hier’s ‘n vraag … Hoekom het jy saamgekom?”
Hy lag. “Onthou jy daai liedjie? Jare gelede… Baby makes het blue Jeans talk?”
Sy knik. ‘n Effense fronsie op haar voorkop.
“Wel dis wat jy doen. Jy laat daai denimpie van jou gesels …”
Sy soen hom. “Dankie”.
Hy grom diep in sy keel en dan laat hy haar lyf met syne gesels op ‘n manier wat sy nog nooit geken het nie.
-0-
Later kyk sy na haar selfoon. Daar is ‘n boodskap van Wessel af. Dis net een woord.
“BITCH!”
2 COMMENTS
‘n Sirkel word altyd voltooi….lekker storie, Ramkat.
Dankie swaer…