Die Affêre (5)
deur Ramkat Erasmus
Ek sien haar oor die parkeerterein aangestap kom en my hart gee ‘n bokspring in my borskas. Ons het ‘n nuwe truuk uitgedink. Ons ontmoet mekaar in Virgin Active se parkeerterrein en ry dan klub toe.
Sy gly langs my in die kar in en ek soen haar ordentlik. Dan skakel ek aan en ry. Ons gesels oor ditjies en datjies en dan sit sy nader aan my en sit haar hand op my gulp.
“Jy’s nie eers bly om my te sien nie,” sê sy en vryf my deur die broek.
Ek lag en sommer gou-gou beur die man om uit te kom. Mona Lisa glimlag en trek my gulp oop. Sy streel my ‘n paar keer op en af en dan leun sy oor en neem my in haar mond.
Ek klou aan die stuurwiel en probeer om nie die petrolpedaal te diep in te trap nie. Sy suig harder en ek voel die spanning opbou in my knaters.
“Hou op! Ek gaan in jou mond kom!” probeer ek keer. Sy suig net harder en dan ontplof ek in haar mond. Sy sluk en kom dan regop. Sy wys my die kom wat nog in haar mond lê en dan sluk sy alles af. Sy vee met die agterkant van haar hand oor haar mond en lek haar hand af. Terwyl sy in haar sak krap vir ‘n sneesdoekie vra sy wat ons gaan doen by die klub. Ek sê sy moet wag en sien. Sy kry ‘n sneesdoekie in die hande en vee my sorgvuldig af. Dit laat my sommer weer orent kom. Sy lag en sê sy het duidelik ‘n fout gemaak, ek het haar gemis.
Die wag by die hek ken al my motor en hy maak oop sonder om my vir my klub ID te vra. Die parkeerterrein is verbasend vol en ek kry ‘n plekkie ‘n hele ent van die ingang af. Ons stap ingehaak na die ingang toe waar Irma ons inwag in ‘n skepping wat soos een of ander superheld s’n lyk. Ek vra wat aangaan en sy sê dis ‘n verjaardagpartytjie vir een van die ‘regulars’. Ons stap in, kry ‘n plekkie by die kroeg en bestel ‘n lafenis.
Ons groet die paar bekendes en dan kom Tina en haar man by ons aan. Sy het ‘n stywe swart leerbroek aan en ‘n leerbra. Daar is gate in die bra gesny sodat haar tepels kan uitsteek. Deur elke tepel is ‘n ringetjie en die ringetjies is verbind met ‘n kettingkie. Haar naamplaatjie se: I fuck for fun.
Natasha vra hoekom sy die kettingkie dra en Tina verduidelik dit is sodat die mans wat haar wil naai haar aan die ketting kan rondlei. Ons los ons drankie by hulle en gaan na die kamer met die sluitkassies, waar ons ons klere uittrek, handoeke om ons draai en alles wegsluit. Ek bind weer die sleutel om my pols vas en ons gaan terug kroeg toe. Hilda kom verby met ‘n mandjie waarin daar ‘n klomp note is en sy vra ons om ‘n bydra te maak tot die verjaardagmaatjie se present. Ek loop terug na die sluitkassies toe, kry ‘n paar rand uit my beursie en gaan soek vir Hilda. Ek gooi my geld in die mandjie, kry ‘n nat soen by haar en gaan terug kroeg toe. Tina en Natasha is nie daar nie, en as ek vra, beduie Tina se man, Gert, dat hulle swembad toe is.
Ek en Gert gesels rugby en as my drankie klaar is kry ek nog ‘n rondte en stap ook in die rigting van die swembad. Ons gaan sit en kyk rond, maar van die vrouens is daar g’n teken nie. Na ‘n rukkie staan Gert op en verdwyn in die gang af.
Die vlieënier kom verby met ‘n fyn blondine aan die hand. Hulle haal hulle handoeke af en spring in die water. Van die bietjie wat ek kon sien is die blondie heel goed bedeeld. Hulle beweeg in die rigting van die trap en gaan sit. Dan verskyn Gert weer uit die gang. Hy wink vir my en ek loop agter hom aan. By die voyeurkamer se venster gaan ons staan. Ons twee meisies is op die bed besig om mekaar te soen. Daar staan ‘n paar mense en kyk.
“Sal ons by hulle aansluit?”, vra ek vir Gert, maar hy skud net sy kop. Sy asem begin jaag na aanleiding van die twee op die bed. Natasha se handdoek lê op ‘n hoop langs hulle en Tina se broek en bra ook. Natasha sak af en begin aan die kettingkie trekmet haar tande. Tina trek haar rug in ‘n krul en dan kyk Natasha my vol in die oë. Sy glimlag en trek harder. Tina kom regop en trek Natasha se gesig in haar borste in. ‘n Paar van die mense om ons gaan in die voyeurkamer in en laat hulle klere en handoeke val. (Volgens die reëls van die klub mag mens nie met klere in die voyeurkamer wees nie.) Ek erken ‘n Pretoria egpaar van my eerste besoek af en hulle klim saam met Tina en Natasha op die bed. Die vrou begin aan Natasha se borste te suig en die man gaan lê tussen Tina se bene. Hy begin haar lek en soen. Langs my is Gert nou besig om soos ‘n ou Listerenjin asem te haal. Hy druk homself styf teen die venster aan en staar met oopgesperde oë na die toneel op die bed. Dan gly die vrou af en beweeg haar kop tussen Natasha se bene in. Natasha leun agteroor op haar elmboe en kyk vir my terwyl die vrou haar eet. Mona Lisa glimlag.
-0-
Ek en Tina en Natasha en Gert gaan na een van die speelkamers waar Gert homself tuis maak op die stoel in die hoek. Ons klim op die bed en ek en Tina maak beurte om Natasha met mond en hand te laat kom. Wanneer sy uiteindelik genoeg gehad het, draai sy vir Tina op haar rug en begin haar poesie lek. Ek kniel agter haar en druk myself in haar in. Ek begin haar hard naai, want teen die tyd is ek so jags ek weet nie wat om met myself te doen nie. As ek oor haar rug kom hoor ek ‘n kreun uit die hoek uit en sien hoe Gert sy saad in een van die waslappe wat by die wasbak lê, skiet. Tina kom gou-gou daarna en ons eindig op in ‘n hoop op op die bed.
Gert prewel oor en oor: “Jy’s so mooi. So fokken mooi…”
Tina steek ‘n hand na hom toe uit en hy vat dit. Natasha druk haar tong in my oor en dan fluister sy my naam.