Kombiekiehier verjaar :)
Kombiekiehier is vandag vyf jaar oud. Vyf jaar! Baie dankie vir al julle stories en kommentaar en ondersteuning in die moeilike tye. Baie dankie vir sommige van julle se liefde en selfs vir die wat dinge moeilik gemaak het, want so het ons al sterker geword. Ek skink saam met jou ‘n glasie op die volgende vyf jaar en hoop dat julle saam met my al die lusword en orgasmes en storms en drange daarvan sal ervaar.
Ek sal vir julle in Vreesloos ‘n “nuwe” persoonlike verjaarsdaggeskenkie gee later vandag. 😉
Met lus en liefde
Annelise


Baie geluk Annelise.
Ek het nie besef ek deel my geboorte-dag met hierdie lieflike, lyflike plek nie.
Mag daar nog baie jare en baie plesier vir ons almal wees.
Baie baie dankie vir die wonderlike woorde 🙂
En baie geluk met jou verjaarsdag 🙂
Baie geluk aan Kombiekiehier en sy mamma. Dit is voorwaar ‘n mylpaal om te vier. As my wiskunde my nie in die steek laat nie is daar gemiddeld daagliks bykans 2800 hits, glad nie sleg nie. Sal interesant wees om te weet wie wat waar
Dalk eendag vir ons so n “poll” laat doen met vrae soos geslag, ouderdom, huweliks status, orientasie ens.
Baie dankie vir die blad Annelise en baie geluk met 5 jaar.
Annelise – Onse Edeldierbare – Eerstens hartlik geluk – tweedens Moewiese baie dankie en derdens ons hoop hierdie forum bars uit sy nate soos n te klein G string oor n paar te groot boude.
Baie dankie vir alles – jy n diamant.
Baie geluk Annelise!
Wees verseker eks met Kombiekiehier vir die volgense 5 jaar
En die foto hierby is pragtig eroties!
Baie mooi gestel Will en Anonymos….ek kan nie daarop verbeter nie.
Baie geluk Annelise en Kombiekiehier….ons geniet julle daagliks. Ook baie geluk met die meer as 5 miljoen hits en dankie aan elkeen se bydraes hier.
Ek vat enetjie op julle vanaand!!
Dankie vir jou skepping en eindelose moeite om als op datum en klopdisselboom te hou.
Dis ‘n plesier 😊
Waar loop vader tyd met ons? Woorde kannie omskryf wat Kombiekiehier in ons, die lesers, se lewe beteken het nie en hoeveel vernuwing, hoop, lekkerkry en lusbevrediging hierdie blad aan so baie van ons gebied het.
Die deelname van sovele skrywers, bydraers en sommer net vriende het hierdie blad laat blom soos immergroen plante jaar na jaar.
Maar die slagaar van hierdie kloppende, lewende, seksblad se hart is Ons Liewe Annelise. Sy’t alles bymekaar gehou, geskaaf, geliefkoos, gemaan, vertroetel.
Ek saluut jou Prinses van Belusting, mag ons jou nog baie jaar deel en aan die stuur hê in die jare wat voorlê.
😊 Dankie Wille Will, en dis ‘n plesier.