
Kollegas
deur Whale
Alhoewel ek myself voorgeneem het om nooit weer vir hom te werk nie, staan ek voor my nuwe eks-baas se huis. Ek en die ontvangsdame is hierheen ontbied omdat hy nie tevrede is met die manier waarop sy die materiaal in- en uitboek nie, so ek moes haar bring dat hy haar kan wys wat hy wil hê en hoe hy dit wil hê. Lizaan. Die reuk van haar soet parfuum hang swaar in die kajuit van my bakkie. Sy lyk nie te sleg nie, mooi gesiggie, groen oë, kuiltjies, effense mollerige figuur, vol borste en ‘n vol agterstewe. Sy het mooi bene vir haar postuur te danke aan haar té gesonde lewensstyl … ek sweer sy bly iewers in een van die kantore by die gym. Haar boyfriend gee haar moeilikheid, veral as hy onder die prop is, en sy het haar probleme met my gedeel. En soos gewoonlik gee die gedagte daaraan my ‘n semi …
-0-
Sy is die blou moer in toe sy amper ‘n uur later by die voordeur uitstap, ek kan dit aan haar lyftaal sien. Haar effense breë heupies swaai gevaarlik soos sy die trappies van die voordeur af twee-twee uitstorm, donderweer in haar oë toe sy die deur ooppluk en die vieslikste woorde in haar mond toe sy dit weer toeslaan. Sy praat nie direk met my nie, bly net sit en staar voor haar. Ek is nie seker of ek maar kan ry nie, en net toe ek haar daarna wil vra loop ‘n traan oor haar wang en my hart word week vir haar. Ek skakel die bakkie aan en hoor hoe sy woedend snuif en met ‘n aggressiewe gebaar die traan van haar wang af vee. Ek swyg, trek net weg en besluit om na ‘n plek langs die see te ry wat ek onlangs ontdek het.
-0-
Die Magnum-roomys wat ek vir haar gekoop het, het haar rustig gemaak en ons beide sit en staar voor ons uit oor die see wat kalm en rustig voor ons wieg voordat dit elke dan en wan ‘n klein brandertjie oor die strand uitspoeg. Al verwens ek die semi-horing in my broek met my hele wese, verlustig ek my tog in haar soet geur en rustige stem wat vir my vertel hoe sy vanaand nog die streep gaan trek met haar ou, hoe sy vir hom gaan vertel sy is nie ‘n seks-objek waarmee hy kan maak soos hy wil in sy dronkenskap nie en dat sy nog in liefde-maak glo. Ek is al gewoond aan hierdie tipe van wending wat ons gesprekke neem en ek weet al wat ek hoef te doen is swyg en net praat wanneer sy my direk ‘n vraag vra.
“En jy?” lees sy my gedagtes van flussies. “Hoe voel jy oor seks?”
Ek sluk. Het drie jaar laas seks gehad – met my eerste meisie. Die horing in my broek is nou ‘n volbloed en ek hoop sy sien dit nie raak nie.
“Ek dink seks is ‘n daad waarin twee siele na mekaar uitreik, dans en een word wanneer woorde nie meer genoeg is nie. Dit is die vervolmaking van die oer-dans tussen man en vrou en die afsluiting van ‘n diep en intensiewe begeerte na mekaar.”
Sy kyk stil na my, ek glo nie sy het geweet ek kan partykeer so hoogdrawend filosofeer nie. Maar sy knik net en kyk voor haar.
“Nou hoekom sien Juan dit dan as ‘n tipe van oorwinning wat hom die sterk een maak en die man der manne tussen sy pelle maak? Die een wat by hulle kan spog hoe hy my gisteraand van agter gevat het, sy saad in my ingepomp het en my toe net so huilend en seer gelos het?”
Ek voel hoe ek kwaad-jags raak en oorweeg dit sterk om hierdie Juan-ou te gaan besoek. Maar sy wag vir ‘n antwoord.
“Ek weet nie, al wat ek weet is dat jy daar uit moet kom … dit klink vir my na verkragting” waag ek dit in haar rigting.
Die skoot in die donker tref – ek kan dit sien aan haar gesig en my hart krimp.
“Hoekom is jy nog saam hom?” vra ek, verbaas oor my skielike bemoerdgeit.
Sy dink ‘n rukkie voor sy antwoord: “Ek is lief vir hom, hy sorg vir my, kyk na my, bederf my en is lief vir my. Dit is net in die slaapkamer …”
Sy bly stil toe ek die stuurwiel met die vuis slaan.
“Hoe kan jy? Regtig? Jy verduur elke keer se pyn en seerkry oor al daai dinge? Net totdat hy ‘n dop in sy gat het? Dan vergeet hy regte seks en verkrag jou?”
Sy glimlag hartseer. “Wat is regte seks dan, Mario? Hoe weet ek wat is regte seks? Weet jy wat dit is?” Haar vrae neem die wind uit my seile en ek moet eers dink voor ek haar antwoord.
“Dit is moeilik om te beskryf, dit moet van nature kom, nie geforseerd of beplan nie.”
“Nou wys my dan,” laat val sy die bom.
-0-
Sy kyk na my met groot oë, vol afwagting, verwagting en bietjie vrees. Sy staan voor my in my woonstel se slaapkamer, in haar gymklere, maar sonder skoene. Ek staan doodstil, al klop my voël pynlik in my kortbroek. Dan knik sy en ek beweeg nader. Terwyl ek haar gym-toppie stadig oor haar kop trek slaan die hoendervleis op haar skouers, arms en rug uit. Ek span elke spier in my ligaam, wag vir haar om dit stop te sit, maar sy staan stil. Ek gooi die toppie eenkant neer en tree ‘n halwe treë terug. Sy wil-wil haar melkwit borste toehou, maar ek skud my kop woordeloos. Sy laat sak haar arms en haar kop, staan snaarstyf gespan voor my.
“Kyk op!” beveel ek haar en haar groen kykers kyk skrikkerig na my.
Ek glimlag en sy knik. Ek stap nader, druk my duime by die spanbroek se rek in en begin stadig daaraan trek. Sy trek haar asem skerp in, maar sê niks. Ek sak op my knieë af en trek die broek oor haar enkels en kyk dan eers op. Haar venus heuwel sit prominent en sexy hier by my oë, en laat die wit g-string daaroor span. Vir ‘n oomblik oorweeg ek dit om haar in my mond te neem, maar ek besluit vinnig daarteen. Verbeel ek my, of is daar ‘n klammerigheid sigbaar op die g-string? Ek kom weer regop, kyk haar in die oë en wag. Haar lippe is effens van mekaar af weggetrek, en ek kan sien haar asem jaag effens. Dan stap sy nader en die oomblik toe haar duime by my broekrek ingaan is dit my beurt om hoendervleis te kry. Met ‘n dierlike kreun ruk sy letterlik my broek af en snak hoorbaar toe sy die horing in my onderbroek sien. Sy staan regop en die vrees in haar kykers het plek gemaak vir rou begeerte. Ek verloor my laaste bietjie selfbeheersing en trek haar gesig nader, begin haar soen en verken dan haar mond met my tong. Sy proe na peppermint, vars en koel in haar mond, en terwyl ons tonge begin dans vryf ek liggies teen haar maag af, oor haar naeltjie en vind die klam materiaal van haar g-string. Sy kreun in my mond en begrawe haar tong in myne. Ek trek die fyn materiaal weg, streel oor haar gladgeskeerde vroulikheid, vind die spleetjie en druk my vinger in die warm gladderigheid tussen haar lippies. Sy beur met haar heupe teen myne aan en ek druk twee vingers in haar soetigheid in. Sy kreun en ruk my onderbroek af.
Sy lê op haar rug, wydsbeen en skaam. Ek staar na haar geswelde koekie waar ‘n straaltjie blink uit die donkertes loop, oor haar anus en op die bed waar die donker in die blou laken intrek. Sy knik en ek stap nader, kniel voor haar en vryf my voëlkop op en af deur haar nat. Sy kreun en boog haar rug. Saggies stoot ek my in haar dieptes in en begin haar dan stadig ry. Elke keer wat ek uittrek trek haar binnewand saam, sodat ek haar weer oop moet druk met die instoot. Sy begin saam my beweeg, haar asem begin jaag en dit spoor my aan om vinniger te beweeg. Dit is nie lank voordat ek haar met harde en egalige stote binnedring en sy met elke instoot saggies kreun nie. Ek voel hoe die drukking in my balsak bou en beweeg stadiger, maar haar naels boor in my rug in, en met haar bene trek sy my in haar in. Dan kreun terwyl sy die laken vasgryp, haar rug boog, haar kop agteroor gooi en met slurp- en spuitgeluide kom. Dit is vir my een te veel en ek is net betyds om my voël uit haar te haal en my lading oor haar maag te spuit. Twee skote tref haar onder die ken, maar sy vee dit af en proe nuuskierig daaraan. Dan bedaar die storm en ek sak uitgeput langs haar in die bed neer, trek die duvet oor ons en vyf minute later slaap ons.
-0-
My selfoon lui my wakker en ek sien dit is 03h45 die oggend. Dit is haar nommer en ek antwoord onmiddelik. Sy huil hartverskeurend.
“Mario, kom haal my, dit was seer en hy het my geslaan.”
Fok! En sy het belowe sy gaan nie terug na hom nie. En vir die derde keer die week trek ek my sweetpak aan, gryp my karsleutels en ry na die huis in Derdelaan.