
Jasmin (5)
deur Nostradamus
‘n Week of wat later moet ek iemand gaan sien op ’n Wildsplaas daar naby Bela-Bela en ’n vriend van my bied aan dat ek dalk sommer oor ’n naweek moet gaan en daar op sy Bosveldplasie gaan ontspan. Hy het met die dogter van ’n Bosmarateler getrou en hulle het so 400ha ongerepte Bosveld met ’n lodge op wat hulle as familie gebruik en waarna hy so nou en dan kliënte neem om ’n bok of twee plat te trek. ’n Gedagte begin in my agterkop vorm aanneem, of was dit nou voor in my broek, want ek vra vir Jasmin of sy dalk kans sien om ’n Saterdagoggend in Bela-Bela te shop terwyl ek doen wat ek moet doen en sy dan sommer die aand saam met my na die lodge toe gaan. Met ’n glimlag sê sy dat dit nie eintlik haar styl is om sommer so saam met enige man vir ’n naweek weg te gaan nie, maar sy stem in. Met die uitnodiging al het sy my herinner dat ek nie moet dink ons gaan heel naweek net seks hê nie, want ons het mos gesê ons wil eers die vyf sintuie afhandel om só die voorspel uit te rek.
Soos die N1 ons deur Hammanskraal vat, begin ek haar so bietjie meer vertel van wat ek doen en wat ons te wagte kan wees in die Bosveld, ’n plek waar sy nog nooit was nie. Sy kon nog nooit ons Afrikaanse mans se beheptheid met bier en braaivleis en Bosveld verstaan nie, waarop ek haar reghelp en sê dat vrouens as reël ook nie ons beheptheid met boobs en boude kan verstaan nie. En daar gooi ek amper die Ranger om toe sy antwoord: “Is jy seker ek verstaan nie hoekom ’n half ontblote bors of ’n skoongeskeerde koekie julle korasie in die hoogte instuur nie?” Defnitief iets om later verder te ontdek.
Ek laai haar by die Bela-Bela Mall af, met die belofte om haar te bel oor so uur of twee as ek klaar is. Ek sien sommer dadelik dié Mall is nie wat sy verwag het nie, maar ek moet ry en is gou die pad af.
So knapsie onder twee ure later laai ek haar op en nadat ons gou die nodige aangekoop het vir vanaand en môre se etes, val ons in die pad. Ons ry by Klein Kariba verby en sy lag te lekker toe ek vertel hoedat ek as tiener menigte male hier my moses teëgekom het by die skoner geslag. Ons kom by die Lodge aan en maak dadelik ’n paar van die vensters oop en sit die dakwaaiers in die grasdak gebou aan om die lug aan die beweeg te kry. Terwyl ek gou die vleis en die ys in die koue plekke sit, loop sy deur die lodge en kom opgewonde terug om my te vertel dat hier ’n lekker swembad en ’n twee jacuzzi’s is – een binne en een buite.
Sy sê sy gaan solank in die swembad afkoel, terwyl ek gou vir ons ’n lekker middagete aanmekaarslaan, en vra so oor daai sexy skouer van haar of ek die ete en ’n lafenis vir die keel sommer soontoe kan bring. Wie is ek om daarmee te stry? Nou, ek is nie ’n meester kok nie, maar ek is baie lief vir kosmaak en het besluit om sommer vir ons ’n kruising tussen Roman’s se Chef slaai en ’n kaasbord te maak met allerhande lekker goed op ’n skikbord – kersietamaties, gherkins, verskillende kase, kouevleisies, beskuitjies en natuurlik biltong en droëwors. Met die uitstapslag sit ek die skinkbord en ons drankies op die koffietafel in die lapa en vra of sy by my gaan aansluit hier op die bank. Sy vra of ek asseblief vir haar haar handdoek van die stoel af kan bring en met die uitklimslag probeer ek soos ’n gentleman wegkyk sodat sy haar decorum kan behou terwyl daardie donkerblou bikini soos ’n tweede vel aan haar kurwes vasklou en haar borsies so amper ontbloot. Terselfdetyd het die materiaal van haar venus heuwel af ondertoe so in haar slootjies vasgesuig van die uitklimslag en haar een linker lippie glimlag vir my! Ek neem aan julle kan nou agterkom dat alhoewel ek hard PROBEER het om weg te kyk ek nie vreeslik suksesvol was nie?
Ons gaan sit op die bank en begin eet – het jy al ooit beleef hoe sexy dit is om te sien hoedat Jasmin jou in die oë kyk terwyl sy ’n agurkie tussen haar lippe insuig? Anyway, sy laat my aan my bier verstik toe sy opstaan en my blinddoek met haar bikini-toppie. Voordat die duisternis my oorval sien ek daardie karamel koppies met die sjokeladepuntjies en dadelik is ek nie meer lus vir slaaiblare en tamaties nie!
Maar dit was van korte duur! Want sien, sy’s dalk nie ’n boer nie, maar sy het ’n plan! Sy lig my in dat ons vanmiddag gou die derde sintuig gaan hanteer – smaak. (Gewoonlik hou ek nie daarvan om nie in ’n besluit geken te word en net van iets ingelig te word nie, maar dalk het die gevoel van daardie nippeltjies wat ten my bo-arm skuur my brein verskroei?) Sy vertel dat sy my met haar mond gaan voer en ek moet sê, was dit nou lekker?! Die tamatietjies byt sy in die helfte en voer my met haar mond, nadat sy in my oor gefluister het ek moet my probeer verbeel watter deel van haar lyfie so sappig en smaaklik is. Die droëwors word in en uit deur my lippe gestoor en getrek en die kasies bedien sy vir my van die punte van haar vingertjies af. Skielik spring sy op en vir ’n oomblik is ek bang die stukkie hemel is iets vandie verlede, maar sy is vinnig terug met ’n agurkie en ek word oorweldig deur die soet-suur-soutsmaak van die agurkie terwyl ek die soet gladdigheid in my mond rondrol en die muskusgeur inasem. Whoa!
Muskusgeur? Soet gladdigheid? Ek weet die agurkie moet soet wees, maar hierdie is ’n anderse soet – ’n aardse soet. En glad? Nee, hierdie gerkin is ’n gerkin van ’n ander oorsprong. Jasmin begin lag en terwyl ek spook om die blinddoek van my oë af te kry giggel sy so dat sy agteroor val terwyl sy proes dat sy hom ’n ander doopsousie gegee het – deur van haar eie natuurlike doopsousie te gebruik – die wat in haar genotgrot gevind word! Hoe gaan daai spreekwoord: Just one bite, and you’re hooked!
Ek kielie haar en kry skielik ’n gedagte. Is dit die Japanese wat die tradisie het dat hulle Sushi van ’n maagd se naakte lyf afeet? Nou bevrug my met ’n pynappel, maar ek dink ons kan ’n plan maak – al het ons nie Sushi nie. Ek vra haar om my te vertrou en stil te lê en stadig pak ek stukkies kaas en blaarslaai en doopsous en wortelstokkies en opgerolde koue vleisies oor haar hele lyfie uit terwyl sy haarself soos ’n kat op haar rug uitstrek op die bank. Komkommerskyfies om die tieties, doopsous in haar naeltjie, kasies op haar magie en ’n opgerolde stukkie pastrami binne-in haar gleufie. Ek blinddoek haar en begin haar soen, terwyl ek haar hande bokant haar kop vashou. Stadig soen ek al teen haar kakebeen af, oor haar nek net onder haar oor, oor haar sleutelbeen en rondomhaar tieties. Ek los die roomkaas op haar nippels en doop dan ’n stukkie kaas in die doopsous in en om haar naeltjie, terwyl sy rondskuif soos daai kat op die Plascon advertensie. Ek kan sien sy soek meér – meér kontak op meér plekke, maar ek bly haar terg met ’n lekkie hier en ’n soentjie daar, voordat ek al hoe nader beweeg aan die pastrami. Ek slurp hom op en skuur teen haar pubis terwyl ek my pad boontoe vind om haar vol op haar mond te soen. Op pad af ondertoe soen ek haar al rondom haar tieties, al hoe nader totdat ek skielik haar linkernippel vol in my mond vat ek die roomkaas afslurp! Jasmin kreun saggies in haar keel, terwyl sy my kop vasdruk teen haar bors en met haar regterhand kan ek sien hoedat sy haar regtertietie bewerk en die roomkaas oor haar hele lyfie versprei. Daardie muskus reuk word al hoe sterker en toe ek haar bors met ’n pop geluid los wil sy my kop weer soontoe dwing, maar ek het ’n ander plan. Stadig soen ek al teen haar lyfie af totdat sy uiteindelik snap wat my eindbestemming is en haar bene laat oopval. Met haar linkerbeen bo-op die bank se ruglening en die linkerbeen op die vloer, sien ek hoedat haar blom voor my oë oopvou en toe ek liggies met die punt van my tong aan haar lippies raak, maak hulle vanself oop en word my neusgate ge-flood deur haar reuk. Soet. Sappig. Sensueel. Aards.
Ek kielie haar met my neus se punt al teen haar dye af, sonder om te gaan waar sy my wil hê. Ek hoor hoe sy ongeduldig raak en skielik soen ek haar vol op haar nattigheid. Ek steek my tong in haar fluweelhandskoen in totdat ek nie meer dieper kan gaan nie en trek hom dan vinnig weer uit voor ek hom stadig weer in haar warm nattigheid indruk. Na die sesde of sewende keer beweeg ek my kop so bietjie hoër en ek sien haar olyfie het uit sy skede uitgekom. Ek suig haar olyfie tussen my tong en die agterkant van my bo-tande vas, terwyl ek saggies met ’n vinger soek na daardie growwe stukkie aan die bo-punt van haar liefde. Ek kielie haar olyfie teen my tande en hoor hoedat sy al hoe hoër begin skree. Na so kort rukkie gaan haar hele lyf in spasma en word ek oorweldig deur haar liefdesappe. Ek het al gehoor van meisies wat squirt, maar self nog nooit so iets beleef nie en glo my, dis fokken ongelooflik! Met die soet geur van muskus in my neus en haar soetigheid op my tong, kyk ek na Jasmin wat duidelik op ’n ander planeet is en lyk asof sy slaap. Ek trek die handdoek oor haar lyfie, en terwyl ek opstaan hoor ek daai gedig van DJ Opperman:
“My nooi is in ’n nartjie, my ouma in kaneel …”
DJ Opperman, met alle respek, jy het NIKS op ’n vrou se natuurlike smaak nie!
1 COMMENT
G-o-e-i-e Bliksem ! Ons moet nog net ‘n foto van Jasmin kry dan is die Euforia voltooid….