Oom Potjie se gas

Hoe lank gaan ek lees: 15 minute

deur Wille Will

(Taalversorging deur Lusman) 

My huistelefoon lui na ek aangesit het by my kombuistafel en ek die eerste vurk vol rys en vleis van my aandete in my mond gesit het. Ek staan op en stap kou-kou gang toe om te antwoord. Toe ek die gehoorbuis optel erken ek onmiddellik Oom Potjie se stem toe hy sê: “Naand Wille, jammer om jou op die huistelefoon te pla, maar my selfoon lê in die kamer en ek wil jou net gou ‘n gunsie vra voor ek gaan lê. En ek wil nie hê Mirna, wat al kamer toe is, moet hoor wat ek gesels nie.”

Ek sluk my kos in en vee ‘n ryskorrel van my lip af: “Die saak se naam is Witwillem, Oom. Jy weet jy kan my enige tyd van die dag of nag kontak.”

Watse geheime het die ou tog nou weer wat hy van Mirna wil wegsteek? flits dit deur my kop.

Mirna was ‘n weduwee-buurvrou van oom Potjie tot hulle lekker begin kliek het. Dit was na oom Potjie haar vele keer uitgehelp het met boerderydinge na haar man se dood en sy alleen wou verder boer. Sulke “kliekery” het sy eie gang, tempo en resultate. Uiteindelik is die twee plase saamgemelt en Mirna het by oom Potjie ingetrek. Hulle boer nou saam, maar hulle het nog nie gekerk of getrou nie!

“Man die ding staan só,” praat oom Potjie weer in die gehoorbuis. “Die dorpsraad het my gevra of ‘n ou van Agrichem wat vir twee weke hier in ons dorp tuisgaan vir besigheid – en ook raad bied aan die boere – of hy by my kan tuisgaan. Die hotel nou mos toe vir renovasies. Hulle sal my vergoed vir kos en slaapplek.”

Oom Potjie gee so ‘n paar hoesies en dan vervolg hy: “Wel, die kêrel is nou al drie dae hier. Sy naam is Soon Venter.” Ek dink aan my kos wat nou koud word in die kombuis, maar ek bly maar stil.

“Die ding is, Wille, dit lyk my hy probeer aanlê by Mirna.” Hy kug weer.

Daar is ‘n oomblik stilte tussen ons. Ek voel sommer ‘n knop begin groei in my broek as ek terugdink aan my eie intieme aande saam met Mirna. G’n wonder Soon raak katools nie!

Ek sluk groot: “Nou wat laat jou só dink, my Oom?”

“Nee ek het al gesien as Myrna vir ons koffie bring of opskep vir aandete, dan loer hy onderlangs baie intensief na haar. Ek het selfs eenkeer gesien hoe lek hy oor sy lippe toe sy laag gebuk het om ‘n skinkbord op die stoeptafeltjie neer te sit en haar mooi lammers amper heeltemal uitgehang het. Ek het haar al gesê om kuiser aan te trek voor die man.”

“Ag Oom, dis seker maar net bewondering of het daar al iets verder gebeur? Weet Mirna of het sy al iets gesê?”

“Dis juis die ding!” roep oom Potjie amper. “Toe sy gisteraand in die bed klim, toe sê sy sommer so terloops: ‘Die knaap van Agrichem laat my soms aardig voel. Dis asof sy ogies altyd deur my klere kyk asof hy my kaal sien. Ek het hom al paar keer sien staar na my borste of my boude.’

“Ek wou my Mirna weet of die bliksem … het hy al iets gesê of by haar aangelê? Maar sy het net gesê ‘Nee, los dit, my ou man, dis seker net my verbeelding’”

Oom Potjie vervolg: “Sy het, toe sy dit sê, net teen my blad ingenestel en met haar een hand deur my borshare begin vroetel. Ek ken hierdie teken van haar en ek het haar ken opgelig om haar diep te soen en my hand laat sak onder die kombers in … Ag, Wille, los nou maar wat daarop volg … Ek wil net by jou hoor, soos wat lyk dit vir jou? Kan jy dalk ‘n plan kan voorstel met hom – sodat ek my sonde nie ontsien nie.”

“P-o-o-otjie waar draal jy? Ek’s al in die bed,” hoor ek Mirna roep in die agtergrond.

“Oom … ja… ek sal aan iets dink voor oormôreaand wanneer ons weer kom potjie eet by Oom – en dan vir Oom sê as ek ‘n plan uitgedink het. Oom moet nou gaan, Mirna soek Oom al.”

“Dankie, ou seun.” Sy telefoon klik.

***

Ek het die volgende dag ‘n draai gaan maak in die dorp by Jack Beth se kantoor, ons enigste prokureur op die dorp. Dit was meer oor die halsbandjie as die hond; Antjie Basson was sy sekretaresse – nie ‘n onaansienklike dame nie!

Nou kyk, Antjie het saam met Jack by ons dorp aangekom toe hy sy praktyk hier kom open het jare terug. Sy was al in haar middeljare – mens sou dit nooit sê nie! – maar het alleen, met net haar katte, ‘n huisie betrek in die dorp. Jack het op ‘n plot ingetrek met sy vrou en drie kinders, net buite die dorp.

Die storie het geloop dat Antjie ‘n oujongnooi is. Maar sy was baie aantreklik en het die vietse lyfie gehad van ‘n jong vrou wat net wag vir die regte man om haar om haar hand te vra.

Met elke jaar se Oesfees en Oujaarsaand se dans was daar altyd ‘n vrygesel – elke keer ‘n verskillende een – aan haar sy. En so ook by enige ander gebeurtenis op die dorp, soos ‘n besoekende TV-ster of sanger, of so iets.

Tannie Kokkie Kêkkelbek, wat toevallig haar buurvrou is, het ‘n storie versprei. Sy het te vertelle gehad dat Jack se swart Mercedes soms in die week tot baie laat in die nag voor Antjie se huis geparkeer is. Maar ons het dit afgemaak as jaloesie. Oom Hercules Haarhoff se seun wat meer in die kroeg lê as om sy pa te help boer, het glo een aand, baie dronk, kaatjie van die baan probeer wees. Hy het vir die ander kroegvlieë vertel dat hy al vir Antjie een jaar na ‘n dans vergesel het en dat hulle na die dans in haar bed gespring het – tussen al die katte deur. Ek dat sy jou kan aanhits soos ‘n teef wat op hitte is! Ons het maar almal gedink dis dronk praatjies!

Ek stoot die prokureur se kantoor-glasdeur oop en stap binne. Antjie kom op hierdie oomblik aangestap vanaf die kleedkamers aan my regterkant. Haar hande is besig om een of ander roompie in te vryf in haar vingers. Haar hoë hakke hou op klik op die marmerteëls soos sy vassteek toe sy my sien. Haar minirokkie kleef aan daai mooi lyf soos ‘n tweede vel. Ek dink aan Salomo wat die valleie en torings van ‘n vrou se lyf besing in Hooglied in die Bybel.

“W-i-l-l-e!” roep sy toe uit met spierwit tande. “Jy’s die skaarsste boer op die dorp en die enigste hubare man wat my nog nooit uitgeneem het nie.”

Haar voete klik-klak weer oor die vloer tot by my en sy gooi haar arms om my nek. Sy gee my ‘n nat klapsoen op die wang. Ek ruik haar sexy parfuum as haar borste hard teen my bolyf druk. Ek probeer my onderlyf terughou want ek’s bang sy voel my ereksie, wat skielik kliphard is, deur my broek.
Sy triptrap tot agter die ontvangstoonbank waar sy weer terugdraai na my toe. “Jack is nie huidiglik hier nie, kan ek ‘n boodskap neem of dalk help?”

My brein werk blitsvinnig: “Snaaks dat jy dit nou moes noem, maar ek wou jou nou reeds kom vra of jy dalk Vrydagaand saam met my wil uitgaan na oom Potjie se plaas?” glimlag ek.

Ek probeer dit vir haar aantreklik maak: “Hy maak mos elke Vrydag ‘n bobaas potjie vir wie ookal wil saam eet … en daarmee saam gee hy sy spesiale Buffelsfontein-brandewyn om dit af te sluk. Hy’t tot slaapplek as jy te veel Buffels gedrink het en liewer die volgende dag wil teruggaan dorp toe.”

Ons oë is vir ‘n paar sekondes vasgenael in mekaar en ek voel my ereksie weer dik word. Haar gesig sak vir ‘n oomblik af. ‘n Ligte rooskleur slaan uit om haar hals.

Sy kyk dadelik weer op na my: “Sjoe dit sal nou vir my ‘n voorreg wees. Ek wil jou hoeka al lankal beter leer ken het. Hoe laat laai jy my op … e-en moet ek iets saamneem?” Haar glimlag is amper half-skaam.

“Tussen vyf en ses,” antwoord ek. Ek kyk weer in haar oë: “Neem maar ‘n slaapdingetjie saam … jy weet … die Buffels … eh … vir die wis en die onwis.”
“Dan loop ek eers,” mompel ek, nou baie verleë, en draai om sonder om weer na haar te kyk.

“Tatta Wille,” streel haar stem agter teen my rug af.

***

Omtrent so kwart oor vyf, Vrydagmiddag, hou ek voor Antjie se voorhekkie stil met my Hi Lux. Ek loer vinnig in die truspieëltjie van die kajuit, of my hare orraait is en maak die kajuitdeur oop. Antjie kom egter reeds met haar tuinpaadjie aangestap.

Fok, sy lyk mooi! Sy’t ‘n laehals-haltertoppie aan wat styf onder haar borste omkom. Haar magie is oop tot onder haar naeltjie waarin een of ander juweeltjie die son weerkaats. Die bypassende klokpyp-langbroek sit styf om haar lyf en rus op haar heupbene. Sy’t sulke deursigtige plastiek-laehakskoene aan en haar hare is in krulle en draaie opgedoen bo haar kop. Haar slanke nek staan mooi uit. Aan haar ore hang oorringe wat so groot is dat ek seker is sy kan dit as armbande ook dra.

Sy sien my langs die bakkie. Met ‘n groot glimlag en een hand wat waai, maak sy die voorhekkie agter haar toe. Sy draai om sodat sy dit op knip kan sit. Ek sien agt pieringoog-katgesiggies wat deur haar sitkamervenster haar agterna staar.

Ek gee ‘n tree in haar rigting wanneer sy aangestap kom, maar swaai dan om na die passasierskant van die Hi Lux om vir haar die deur oop te maak.

Haar sexy parfuum walm om haar. Dan gee sy my ‘n soentjie op die een wang met haar sagte hand op die ander kies.

“Dêmmit, wanneer laas het ‘n man vir my ‘n deur oopgemaak!” ‘n Kloklaggie volg haar as sy op die sitplek ingly.

Ons ry in stilte tot ek deur oom Potjie se plaashek gery het. Ek klim uit om dit weer toe te maak.

Toe ek terugklim in die bakkie neem ek Antjie se hande in myne. “Jy lyk verruklik vanaand.”

Sy kyk in die naderende skemer in my oë en sê saggies: “Dankie”. Sy gee my hande ‘n drukkie.

“Ek is baie gevlei dat jy ‘ja’ gesê het vir vanaand. Ons sal maar sien hoe die aand verder verloop, nè.” Ek kyk ‘n oomblik weg deur die bakkie se voorruit maar sluk dan en kyk haar weer met erns in my oë aan. “Ek het ‘n gunsie om jou te vra.”

Vraagtekens skiet op in haar kykers.

“Oom Potjie en Mirna is baie na aan my en ek sal enigiets binne my vermoë vir hulle doen.” Ek skets vinnig die rede waarom oom Potjie my gebel het.
Sy trek haar hande onder myne uit en kyk ook deur die voorruit voor sy antwoord. Aan haar borsdeining kan ek sien dat sy nou baie vinniger asemhaal.

“Wille … ek … ek …” Sy draai haar gesig na my toe en ek kan sien daar is nou ‘n gelate, seer trek om haar mooi mond. “Is dit al rede waarom jy my vanaand saam genooi het? Om Potjie se gas te verlei en te vermaak dat hy sy dierlike attensies van Mirna af kan lei en meer in my belangstel?” Sy kyk weer weg en knak haar vingers op haar skoot.

Dan vervolg Antjie: “Gmf … ek weet van die onvolwasse mannetjies op die dorp waarmee ek al uit was het my al die naam van ‘n “los” of “maklike meisie” om die hals gehang. Maar ek is nog ek … en betaamlik grootgemaak. Maar die ding is net dat ek baie hou van seks. Daar het jy dit nou!”

Ek plaas my hand op haar skouer en draai haar na my toe: “Nee, Antjie, dit was nie my bedoe…” Sy plaas ‘n voorvinger stewig oor my lippe.

Haar groot oë blink nat en ek kan teleurstelling sien: “Maar ek sal doen wat jy vra, al is dit net vir Potjie en Mirna se opregte liefde vir mekaar en hulle behoud.”

“Kom dat ons ry, ons wil nie nog laat ook wees nie.” Sy sit weer terug en tel haar middelslag handsakkie weer op haar skoot.

***

By die plaas aangekom, was ek verbaas om ‘n hele paar bekendes ook daar te sien. Dit gaan verseker ‘n besige aand wees. Toe ons uit die bakkie klim en naderstaan, merk ek op: “Ek sien jy’t toe nie ‘n oornagtassie gebring nie?”

Sy glimlag na my en klop op die handsak. “Ek slaap altyd kaal en ek het ‘n tandeborsel en ‘n parfuumpie hierin”. Haar oë vra vrae maar sy neem my hand in hare en ons stap nader na die vuur en die mense toe.

Daar word oor en weer gegroet. Skielik staan ‘n baie kort, vet mannetjie met ‘n Casper de Vries-lyfie voor my. Hy stoot ‘n pofferige handjie uit. Hy’t ‘n swaar donkerraambril op met sulke swart kraalogies daaragter. “Ek’s Soon Venter, jou Agrichem-man.”

Ek stel myself voor en dink by my sigselwers: Dis nou die ‘kiem’ van hierdie hele storie!

Ek draai na Antjie. “Ontmoet vir Antjie Heefers, ‘n vriendin en een van my kollegas se P.A.” Ek voel haar oë brand op my oor die leuen, maar ek verskoon dan myself om oom Potjie te gaan help met die braaiery.

Oom Potjie loer eers oor sy skouers na die mense toe wanneer ek by hom aansluit en vra dan onderlangs: “Het jy toe ‘n plan gesien, ou Wille?” Ek glimlag met ‘n sug: “Ek dink so, Oom, ons moet maar sien of dit uitwerk.”

Ek draai van die tjoppies om en vra: “Ek sal seker oorslaap en Oom agterna help opruim soos altyd. Is daar ‘n kamer oop, want ek sien hier’s nogal heelwat mense?”

“Nee, moenie jou bekommer nie,” lag hy en lig die groot potjie se deksel op. Hy gee die pot ‘n goeie roer terwyl hy sê: “Almal gaan huis toe, behalwe my gas wat in die kamer langs die een is waarin jy altyd slaap.”

Die aand se gefuif het hoe later, hoe kwater – en al hoe heftiger – geraak. Die Buffelsfontein het erger geloop as Coke by ’n hoërskool se atletiekbyeenkoms. Stuk-stuk het van die mense tog begin vertrek. Antjie het op ‘n stadium by my elmboog kom vra of ons gaan oorslaap. Ek vra haar toe hoe vorder sy met haar missie en sy sê: “Ek dink ek het hom in die sakkie.”

Ek glimlag toe ek sê: “Nou toe dan, ek gaan eers oom Potjie help opruim. Ek slaap in die kamer langs Soon. Sien jou seker eers môre?”

Haar oë soek in myne: “Ja seker.” Sy draai om en ek sien Soon se rot-ogies soek oorkant die vuur alweer na haar tussen die mense.

***

Ek bêre die as-graaf weer langs die braaiplek en oom Potjie plaas twee gewaste, silwerskoon braaivurke in hul spesiale houers langs die braairooster.

“Ai Wille, ons kan jou nooit vergoed vir die hulp aan Potjie elke Vrydag aand na die braai nie,” sê Mirna waar sy nou by oom Potjie ingehaak staan.

“Hoe sê die Engelse, Mirna: “That’s what friends are for.”

Haar oë spreek boekdele as sy antwoord: “Jy is van die begin af meer as net ‘n vriend.” My gedagtes herroep daardie een aand toe haar een ongelooflike tepel in my mond soos ‘n druiwekorrel gesmaak het.

“Nou ja, lekker slaap Wille. Het jy niks verder nodig nie?” vra oom Potjie en sit sy arm om Mirna se skouers.

“Nag julle,” draai ek kopskukkend om en stap na die syingang van die huis waar my kamer geleë is.

Ek hoor harde dansmusiek uit die kamer langs myne wanneer ek my kamerdeur oopsluit. Sjoe, dans Antjie en Soon die tyd van die nag nog? Die duiwel neem by my oor en baie versigtig probeer ek hul kamerdeur se knop draai. Voorwaar, die deur gaan op ‘n skrefie oop ! Ek stoot baie stadig oop want die ligte in die vertrek skyn ook nog helder.

Skuins voor my, met haar rug gedraai na my, dans Antjie met baie sensuele bewegings poedelkaal! Haar hande gaan op oor haar kop. Dan bring sy hulle weer af. Een hand gaan oor haar borste en die ander na haar onderlyf. Dan is dit weer op, in ritme met die musiek.

Ek skuif die deur versigtig verder oop en sien dan Soon wat op sy rug op die bed lê. Hy is besig om so vinnig draad te trek met altwee hande dat jy nie eers sy voël kan sien nie. Aan die sweet op sy gesig met sy mond wat oophang en wat sluk-sluk en die bril wat skeef oor sy wange hang kan ek sien hy’s nie ver van klimaks nie!

Ek trek die deur weer stadig en saggies toe en maak my deur oop. Ek trek my klere dadelik uit en wanneer ek naak is, sien ek dat ek ‘n horing het ! Ek skakel my lig af en gaan lê op my bed en begin my meneer op en af te werk.

Ek wonder of sy mnr Agri-Chem in haar mond gaan neem voor hy kom. Of sal sy dalk cowboy-styl op hom gaan sit? My lat word dikker in my hand as ek weer haar perfekte boude sien en die syaansig van haar tiete. Ek rek nou my penis met lang hale wat dieper lus wakker maak.
Skielik stop die musiek en ‘n doodse stilte heers. My hand verstil ook op my trul. My ore voel hul span soos seile soos ek wil hoor of hy haar nou omgekeer het. Is hy besig om haar diep te steek?

Vir ‘n oomblik klink dit of my kamerdeur se slot draai, maar die stilte hang nog in die lug. My voël het sy ereksie verloor en ek wil net omdraai om te probeer slaap toe Antjie se stem bokant my bed saggies en hees, vra: “W-wille … ek wil nie by hom wees nie. Ek smag na jou.”
In die effense maanlig in die vertrek sien ek die donker kolle op haar borste en ‘n donker driehoek tussen haar bene waar sy teen my bed staan langs my. Ek lig my arm op en plaas my hand op haar lyf waar ek dink haar heup moet wees. Haar liggaam ruk met my aanraking en ek vryf my duim saggies op en af oor haar vel.

“Kom lê hier langs my, Antjie,” sê ek saggies.

Sy klouter oor my in die donker en val dan langs my neer. Sy skuif tot teen my en plaas haar arm oor my bors. Ek voel haar tepel teen my arm. Haar poeshaartjies skuur teen my heup as sy een been oor my gooi. Ek trek my arm uit dat haar tepel nou teen my bors lê. Ek skuif my arm onder om haar nek in sodat my hand op haar skouer rus. Ek streel dit met my handpalm.

“Nou wat het dan nou verkeerd geloop?” vra ek bietjie harder.

Sy skuif haar been wat oor my onderlyf lê bietjie af en ek voel skielik haar hand. Dit voel asof hy my voël soek. Wanneer sy haar hand om my stang vou, voel ek hom weer dadelik styf word.

“Mmmm … Mmmm … murmel sy en skuif die vel op en af. Dis nie lank nie of hy het weer tot sy volle glorie uitgedy.

Sy klink beslis as sy haar kop lig en sê: “Steek my eers so hard as wat jy kan en dan kan ons agterna gesels. Ek het jou nou diep in my nodig.”

Ek trek haar gesig op na myne en vind haar gulsige, oop mond in die donker. Ons suig, sluk en drink mekaar se sappe asof ons albei ‘n groot dors het. Ons tonge vleg en vlieg om mekaar asof ons hulle wil knoop.

Ons lê albei op ons regtersye, met haar rug styf teen my voorlyf en haar boude wat in my maag vasdruk. Sy kom op haar elmboog en haar gesig beur oor haar skouer teen my lyf soos ons nog steeds soen. My onderste hand skuif onder deur die elmboog en ek vat haar tiet ten volle vas daarmee en liefkoos dit. Haar ander hand trek my hoof af vir ons soen.

Ek tel haar been wat bo lê in haar syposisie aan die binnebobeen op. Ek druk dit hoog die lug in op. Haar vrug lê nou oopgesper soos ‘n oopgesnyde papaja tussen haar bene.

Haar hand wat agter my hoof was sak vinnig af na my meneer. Dit troon stokstyf net agter haar boude op, die skag in haar boudenaat genestel. Dan druk sy hom af sodat hy in lyn kom met haar oopgesperde poes. Sy bring hom blitssnel nader aan haar ontvanglike opening. Ek voel sy are bult voordat sy hom by haar nat doos instoot.

Ek stoot hom dadelik so diep as wat ek kan in haar op. Goeie Fok! Kan dit só lekker wees!

Dis asof prikkels van oneindige plesier op en af deur my voël blits. Haar nat poeswande voel soos ‘n vlesige pyp om my voël.

Ek begin stoot – in en uit, in en uit, herhalend.

“Hee-ee-ee-eere! … W-I-L-L!” gil Antjie. Haar hele liggaam slaan waansinnig oor in ‘n vinniger ritme as wat ek gehad het. Op en af teen my lyf beweeg hare.

Die oomblik en die staccato-beweging van haar lyf oorweldig enige vorm van beheer in my. Ek kners: “Antjie, ek gaan k-o-m-m.”

“Skiet, Wille, skiet … skíét! Ek kom reeds!”

Die klimaks, daardie top-oomblik van die orgasme is al deur duisende skrywers in alle tale omskryf. Maar tog is dit asof nie een ooit daarin kon slaag om jou eie intense oomblik van ‘n seks-euforie vas te vang in woorde nie. Dis so ‘n intieme ontploffing van jou persoonlike wese, van ‘n unieke gevoel en gewaarwording – ‘n uitblom van jou hele fisieke lyf en ook jou innerlike. Soveel so dat geen twee mense dit ooit dieselfde ervaar nie. My saad skiet, skiet en skiet nogmaals in haar in. Dis asof ek tegelyk doodgaan en tog ook gebore word!

“Wille … Wille … Wille,” kerm Antjie aanhoudend, uitasem, amper of daar ‘n gehuil in haar stem is. Haar vingers is nou stil, maar het haar klit goed gewikkel terwyl ons naai.

Ek stop skielik, nog diep binne haar. Ek is asof uitgewoed. Dis asof ek ‘n gevriesde foto wil neem van die oomblik.

Haar vinger dartel van haar klit af ondertoe, oor die plek waar my piel haar poes binnegedring het – waar ons lywe saamgesmelt is. Vir ‘n oomblik omsirkel haar vinger ondersoekend my skag by die lasplek van ons koppeling. Amper in sig-sag-formaat voel ek hoe sy ons beide se vlees met haar vingerpunt vertroetel.

Sy sak terug op haar rug maar bring altwee haar hande om na my boude en probeer my lyf nog dieper in haarself indruk. My regterbeen lig hoog as my onderlyf in ‘n laaste wellustige poging tussen haar oopgesperde bene inskêr. My lyf het nou meer dwars gedraai en is nou omtrent haaks met hare. My laaste pompe in haar is kragtig, my hoog geligte been se binneboud wat nou haar haar opgeligte been se agterdy vaspen. Ek voel hoe haar regterhand oor my heup reik en my ontblote, skommelende ballas liefderik toevou.

Dan bars sy uit in rou, diep snikke.

Ek hou op stoot en laat sak my been terwyl ek uittrek. Ek bring my bolyf weer nader aan haar rug en skuif my arms om haar liggaam en druk haar styf teen my eie lyf vas. Maar haar lyf ruk van die snikke.

“Antjie… Antjie… Antjie,” fluister ek oor en oor dat my stem skor klink in my eie ore.

Ons albei se liggame begin ontspan maar dis asof ons dieper in mekaar vloei eerder as om uitmekaar te beweeg.

Sy druk baie liggies teen my bors dat my kop net genoeg oplig dat ons mekaar in die oë kan kyk. Ek is nog steeds diep binne haar maar dit voel asof my penis begin opkrimp.

“Will…” fluister sy, en sluk dan. Ek sien ‘n traan wat aan een ooglid gehang het, val op haar wang. “As jy respek nou vir my gaan verloor …” Haar ooglede gaan toe, maar sy maak dit dadelik weer oop en kyk net asof pleitend weer diep in my oë.

“Ek het wel al met verskeie mans seks gehad. Ma … maa … maar wat … hier, nou, tussen ons twee gebeur het is verhewe bo dit. Ek het nog nooit so ’n klimaks … so ’n oomblik in my lewe ervaar nie. Dit was asof my gees buite my liggaam was, asof ek in die buitenste ruim sweef in ‘n seepbel met jou binne my. Soos ‘n kokon wat ons omhul.”

Haar onderlip bewe liggies asof sy weer gaan huil, maar ek bring my lippe saggies en rakelings oor hare.

“Jy is baie spesiaal, Antjie,” prewel ek en neem dan haar mond in myne.

2 thoughts on “Oom Potjie se gas

  • Meesterlik geskryf dankie Will!!

    Reply
    • As iemand dit geniet, selfs net een, dan het ek my doel bereik. Cheers Jack!

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)