Is jy seksueel gefrustreerd? (6)

2+
Hoe lank gaan ek lees: 18 minute

deur JouBok

(Lees vorige episode HIER)

Ek sit en dagdroom op die balkon wat uitkyk op die see. Die golwe wat oor die rotse breek se dreuning vul die lug. Hoë dennebome trek lang skadustrepe in die laatmiddagson. Dit is warm en die humiditeit is ongemaklik hoog. Genadiglik waai daar ‘n effense briesie van die see se kant af. Die koel daarvan is ‘n lafenis vir my natgeswete liggaam. Langs my staan ‘n yskoue bier. Druppels water teen die buitekant van die glas rol lui na onder. Daar lê ‘n water-ring op die tafelblad wanneer ek die glas oplig en daarvan drink

In my gedagtes herleef ek warm passievolle dae wat ek met Jane gedeel het in die somer van die laat negentigs.

Dié dag toe Jane haar neus speels opgetrek het toe sy haar bloed en ons kom-besmeerde hand na haar gesig gebring het staan uit soos ‘n ligtoring in ‘n donker nag. Haar gesigsuitdrukking en woorde “I can get used to this” sal ek nooit vergeet nie. Jane het die dag daarna ‘n vinnige ontmoeting tydens etenstyd gereël sodat sy haar Red Wing-foto van my kon neem. Dit is asof daardie ervaring iets in Jane aangeskakel het. In haar het ‘n damwal gebars en die bruisend passie waters het die stagnante waters van haar plain Jane bestaan weggespoel.

Sy het haar eie lewe begin leef. Menigmaal het ek geglimlag wanneer ek Jane hoor lag en gesels wanneer sy ons kollegas in die koffie-drink area ontmoet. Dit is heerlik om die vrou dop te hou en te sien dat sy nie meer die goedkeuring van ander soek om haar lewe te definieer nie.

Partykeer het ons kans gekry vir ‘n skelm ontmoeting by die werk. Sy het my of ek het haar vuurwarm gevry.  Soms was daar tyd vir passievolle seks. Keer op keer het ons weggeglip net om mekaar se nabyheid geniet.

Januarie is ‘n goeie maand! Die maand voor ‘die maand van passie, liefde en seks’. Ek het begin planne maak vir Valentynsdag. Die Hustler-winkel het laat weet dat ek my bestelling kan kom afhaal. Ongelukkig val die jaar se Valentynsdag oor ‘n naweek en dit pootjie my planne.

Ek begeer ‘n nag saam met Jane. Om haar neer te lê op ‘n bed bestrooi met geel roosblare en haar naakte liggaam te bewonder. Natgesweet en uitasem bo-oor haar te lê. Haar natgeswete hare van haar wang te streel en haar sag op haar lippe te soen. Ek wil na haar asemhaling lê en luister wanneer sy uitgeput, tevrede aan die slaap raak. In die oggend wil ek vroeg wakker word en haar vroegoggend asem ruik. Wanneer haar sjokolade- bruin oë oopgaan moet my glimlag die eerste wees wat sy sien. Haar eerste woord vir die dag moet vir my naam wees.

Dirk vertel my een oggend dat hy, Jane en een van hulle kollegas, André se opleidingskedule aangepas is na die laaste drie dae van komende week. Dit beteken dat hulle dié drie dae voor Valentynsdag in Johannesburg gaan wees. Dirk sê dat hy en André gaan na opleiding ‘n draai by Sun City maak.

Jane is afhanklik van die vervoer wat die myn reël. Ek probeer om nie te gretig te klink nie toe ek aanbied dat Jane saam met my kan terugkom aangesien ek Vrydag by hoofkantoor gaan wees vir ‘n vergadering met verskaffers van IT toerusting. Jane protesteer teen die offer om die skyn te bewaar, maar daar is ‘n glinstering in haar oë wat my jags-opgewonde maak. Die res van die dag en dae daarna tot die naweek het stil verloop.

Maandagoggend toe ek die kantoor aankom sien ek die buitedeur is reeds oopgesluit.

Binne die gebou hang die heerlike geur van vars koffie in die lug. Jane roep my na haar kantoor en offer my haar lippe voor sy die beker vars koffie vir my aangee. Sy is gekleë in daardie hibiscus blomme-rok wat sy die dag aangehad het toe sy gedurende etensuur half op my tafel, wydsbeen gesit-staan het. In my gedagtes herroep ek hoe diep my vingers in haar poesie was. In my herinnering sien ek haar oë toegeknyp en haar gesig getrek toe sy kom. Die poesiesappe oor my hand wat vrylik teen haar dye afgeloop.

Ek teug aan die stomende beker koffie in my hande terwyl my oë die lyne van die silhoeët van haar lyf volg wat teen die lig wat deur die venster skyn sigbaar is. Met my oë probeer ek die materiaal van haar liggaam afskeur sodat ek haar naakte bruingebrande lyf kan bewonder. Ek lek oor my lippe en verbeel my ek lek oor haar donker uitdagende tepels. My hande verlang om op haar borste te rus terwyl my vingers roep om daardie sagte warm tieties te omvou. My liggaam skree om teen haar naaktheid vasgedruk te word en my klipharde horing gil om deur Jane se warm vogtige gladde vagina omvou te word. My horing beur teen my onderbroek en druk ‘n bult in my broek.

Ek kan nie genoeg van die vrou voor my kry nie. My brein sukkel om te konsentreer. Woorde kom uit Jane se mond, maar dié dra geen betekenis nie. In my verbeelding hoor ek hoe Jane steun en kreun in daardie oomblik van vreeslik lekkerkry. Sy moes gesien het dat my gedagtes op ‘n ander plek is, want sy kom nader en neem die beker uit my hande. My gedagtes keer terug na die mynkantoor wanneer ek Jane hoor sê. “A ticky for your thoughts”. Jane sê opgewonde dat sy ‘n geskenk vir my het.

Sy buk en trek ‘n platterige goue pakkie onder haar tafel uit. Terwyl Jane gebukkend hurk en die rok styf oor heupe en boude span hoor ek Lucas Maree sing “… ek ken die rondings van jou lyf …” Die son weerkaats op die goue papier van die pakkie. Dit is bietjie groter as ‘n A3 bladsy.

Vraend kyk ek na haar. Sy geniet die oomblik en my ongemak. Jane antwoord dat dit ‘n dankie-sê ietsie is vir die kans wat ek maande gelede gevat het. Ek het ‘n idee van watter kans sy praat, maar vra moedswillig: ” Watter een?”

Sy stap nader en gee my ‘n drukkie en sê ek moet na die muur kyk. Ek draai en bewonder die massiewe plakkaat van Rose van Titanic waar sy agteroor op die bank lê en Jack se hand is besig om haar pragtige gesig en aanloklike tieties te teken. Vir my waagstuk om daardie naakte plakkaat teen haar muur op te plak word ek beloon.

Ek neem die pakkie by Jane en trek versigtig die kleefband af. Met die papier effens teruggetrek steek ‘n stukkie van ‘n houtraam uit. Versigtig trek ek die res van die papier van die raam af. Ek kyk vraend na die kunswerk wat in die raam, agter die glas gemonteer is. Die gel-drukwerk is op duursame papier gedruk. Die abstrakte kunswerk is eers onherkenbaar.

Die foto wat sy aangedring het om te neem is verwerk tot ‘n abstrakte weergawe. “This is to remember us by,” sê Jane wanneer ek haar druk en dankie soen. Die soen word méér en onkeerbare lus brand in my. Jane lê gewillig in my arms wanneer ek haar styf vashou.

Ons hoor ons kollegas opdaag vir werk Ek haas my na my kantoor na ‘n vinnige soen op haar lippe.

Die ure op kantoor het stadig verbygegaan. Ek was nie meer lus vir die res van die week nie. Jane en haar departement gaan die grootste deel van die week by hoofkantoor wees. Ek was dikbek daaroor, want dit het beteken dat ek Jane nie kon bederf op die Vrydag voor Valentynsdag nie. Die ligpunt in die tonnel was dat sy Vrydag saam met my van Johannesburg af terugry Vrystaat toe.

Eros – god van liefde, lus, seks, erotiese en sensuele begeertes was aan my kant.

Dinsdagoggend, rondom tien kom Jane met ‘n beker koffie by my kantoor ingestap. Sigbaar geïrriteerd begin sy my vertel dat haar man geskakel het. Blykbaar het hy haar kort en saaklik meegedeel dat hy ‘n oproep van sy familie onder uit die Kaap ontvang het. Sy teenwoordigheid word as gevolg van ‘n ouerhuis-krisis vereis. Sonder om haar te raadpleeg het hy besluit, dat aangesien sy Johannesburg toe gaan, hy verlof gaan vat. Hy en hulle kinders vertrek vroeg die volgende oggend.

Ek het Jane nooit uitgevra oor haar “huislewe” nie. Net na sy by ons begin werk het, het ek eendag by haar kantoor verbygeloop en haar agter die amper toe deur hoor huil. Van my rekenaar af het ek ‘n kort epos gestuur met ‘n vraag en ‘n aanbod. “Are you OK?” en “If you need an ear – I have two.” ‘n Rukkie later het ek koffie gemaak en na haar kantoor gestap. Ek het liggies teen die deur geklop, Sonder om te wag vir ‘n antwoord die deur na vyf sekondes oopgestoot en ‘n beker koffie op haar tafel neergesit. Toe sy vraend opkyk het ek saggies gesê “Enjoy”. Daar was ‘n skewe-brawe glimlag op haar lippe toe ek omdraai en uitgestap. Ons het nooit oor daardie dag gepraat nie. Ek het hier en daar gerugte gehoor en gewonder. Wat vir my baie interessant was, was Jane se woorde wanneer sy ‘n punt daarvan maak om elke keer wanneer ons bymekaar is te groet met die woorde: “No regrets”.

Die Woensdag het frustrerende stadig verbygesleep. Ons SMS mekaar so tussen take deur. Teen laatmiddag was die teksboodskappe stomend en partykeer meer as bloot suggestief. Ek het die aand se jagse teks-gesels afgesluit deur haar te bel en haar om te praat vir foon-seks. Dit was ‘n eerste vir beide van  ons – kinky lekker.

Terwyl ek Donderdag op kantoor sit, kry ek ‘n ingewing. Aangesien ek die volgende oggend by hoofkantoor gaan wees kan ek net sowel Donderdagmiddag deurry en daar oornag. Nadat ek plek bespreek het by ‘n hotel, maak ek ook ‘n hoopvolle tweede oproep vir Valentyn’sreëlings. Kwart oor vier die middag snel my motor in die rigting van Kroonstad en ek ry spoedgrens plus verkoopbelasting.

By die Ultra City laat ek die motor vol brandstof maak. Ek bel Jane terwyl ek wag. Haar stem klink moeg na die lang dag, maar is opgewonde om te hoor dat ek op pad is. Skuins voor nege stop ek in die hotel se parkeerterrein en Jane ontmoet my vriendelik. Voor ek kon uitklim om die deur vir haar oop te maak het sy reeds ingeklim en die motordeur agter haar toegemaak. Sy sê dat ek na my hotel moet ry. Daar aangekom parkeer ek die motor en sit vir ‘n oomblik stil. Sy kyk vraend na my. Haar glimlag sou die son laat skyn op die somberste van somber dae toe ek vir haar sê dat dit heerlik is om by haar te wees.

Ons stap hand aan hand die hotel binne. Op haar vraag of ek al geëet het besef ek hoe honger ek is. Sy stel voor dat ons by die hotel se restaurant eet. Ek smul aan ‘n biefstuk wat perfek voorberei is. Jane peusel uit my bord. ‘n Tweede bottel rooiwyn staan op die tafel en asemhaal wanneer ons aan die gesels raak. Vir die eerste keer van ons mekaar ken praat ons.

In die vreemde stad, vreemde hotel, onbekende restaurant tussen vreemde mense begin ons praat oor al die taboe onderwerpe wat ons sorgvuldig in die verlede vermy het. Haar kinders wat besig is met reëlings om te emigreer. Liefde, verbintenisse, verhoudings en omstandighede. Onvervulde verwagtings en mislukte, uitmekaargeskeurde huwelike. Bloeddruk medikasie, geen libido, disfunksie, impotensie en eensame nagte. Die verwerping!

Dit voel of iemand my met die vuis op die krop van my maag slaan wanneer die gesprek draai na ‘ons’. Jane hanteer die gesprek soos sy haar werk hanteer. Reguit en sonder verskonings. Gemaklik koel, soos buitestaanders bespreek ons ‘ons’. Jane bars ‘n bom wanneer sy sê: “I don’t love you but I love sex and I love to have sex with you!” In daardie oomblik besef ek dat ek het hierdie vrou nooit wil verloor nie. Ek reik uit oor die tafel en neem haar hande in myne. In die dowwe lig kyk ek in haar oë kyk en sê. “I love everything that you love – including you”. Sy raak vir ‘n paar sekondes stil voor sy sê: “I can live with that.”

Die kelner skink die laaste wyn in ons glase en vra of ons nog iets wil bestel aangesien die kombuis oor ‘n paar minute sluit. Ons bestel ‘n Ierse koffie en Jane verras my deur te vra wat ek vir haar Valentyn verrassing beplan. Ek trek die handgemaakte uitnodiging uit my sak en gee dit vir haar.

Sy trek die kaartjie uit die koevert en glimlag wanneer sy my die deuntjie van Railway Hotel van Mike Batt hoor neurie. Jane lees my uitnodiging.

“Why Kraalkop?” Ek antwoord sag dat ek met haar alleen en niemand anders die nag wil spandeer. Haar glimlag en haar lippe wat “dankie” vorm bevestig dat my begeerte besig is om waar te word.

Jane maak ‘n opmerking dat dit reeds na twaalf is wanneer ons die laaste van ons koue Ierse koffie drink.

Die swaar houtstoel se pote skuur op die teëls wanneer ek die stoel terugskuif na Jane opgestaan het.  Hand aan hand, gemaklik soos ou vriende stap ons die restaurant uit.  Jane vra dat ek haar na haar hotel sal neem. Die hotel waar sy tuisgaan se voorportaal is verlate. Ek plaas ‘n goue pakkie in Jane se hande wanneer ek haar groet en na my motor stap. Wanneer sy die pakkie in haar hand omdraai om te lees wat daarop geskrywe is, is ‘n effense klingel hoorbaar. Sy skud die pakkie effens harder en kyk vraend na my.

Vrydagmiddag breek uiteindelik aan. Net na twaalf het Jane vir my ‘n een-woord SMS gestuur: “hedonis 🙂 ”

Ek moes vinnig ‘n verskoning prewel toe die mense om die tafel opkyk toe ek poog om my lag te onderdruk. Vieruur sit ek en wag voor by ontvangs. Uiteindelik kom Jane, Dirk en André aangestap. Jane lyk pragtig met haar wit bloes met klein swart knopies. Die boonste knopies is los en die sagte ronding van haar bors smeek om bewonder te word. Ek kan die wit van haar bra uitmaak onder die bloes. Sy het ‘n swart langbroek en swart sandale aan haar voete. Jane loop effens anders as normaal.

Saam stap ons na die hysbak. Die manne gesels opgewonde oor die kursus. Wanneer ek en Jane buite hoorafstand is fluister-vra ek haar of sy dié ervaring geniet. Sy gee my ‘n draai-knyp toe die ander twee nie sien nie. Op die laagste vlak van die ondergrondse parkeergarage skuif die hysbakdeure oop. Geselsende stap ons na waar die motors geparkeer staan. Dirk haal Jane se oornagtassie uit sy motor en gee dit vir my. Ek laai dit so dat die ander nie sien dat my tas ook in die kattebak is nie.

Die Vrydagmiddag verkeer is druk. Vordering is maar stadig. Toe ons by die Goue Hoofweg kom begin die verkeer vinniger beweeg. Wanneer die verkeer stiller word plaas ek my linkerhand op Jane se regterbobeen net onder haar lies met my vingers tussen haar bene gekrul. Haar regterhand lê stil bo-op myne met haar vingers effens om my hand gevou. Ek kan sien sy wou iets sê, maar sy het haar kop na die venster gedraai en stil uitgekyk soos die landskap verbyskuif.

Kraalkophotel se personeel was flink. Inboek het sonder haakplek verloop. Jane haak by my in terwyl ons agter die portier kamer toe stap. Wanneer die deur agter die portier toeknip gryp sy my en ruk my teen haar vas. Haar woorde is skaars hoorbaar wanneer sy in my oor sis. “You bastard. Do you know what you have put me through?”

Ek vou my arms om Jane. Met my linkerhand op haar rug druk ek haar lyf dat haar tieties tussen ons teen my bors platdruk. Met my regterhand op haar boude boor ek met my vingers tussen haar boude in en trek haar onderlyf hardhandig teen my horing vas. My mond sluit oor hare mond en ons tonge vind ‘n dansritme van hul eie.

Die vorige aand het ek aan Jane ‘n pakkie gegee. Die instruksies was duidelik op die pakkie geskryf. Sy mag die pakkie nie voor middagete oopmaak nie. Binne die pakkie was ‘n fluweel sakkie waarin ‘n stel, redelik swaar vlekvrye staal Ben Wa balle is.  Die deursnee van die balle is 30mm. Die tekstuur op die buitenste sfeer lyk soos die kuiltjies op ‘n gholfbal. Binne elke Ben Wa bal is daar ‘n kleiner soliede balletjie wat vry rondrol soos die groter bal beweeg. Die tekstuur veroorsaak dat die soliede staal balletjie ‘n trilling veroorsaak wanneer dit binne die groter bal rondrol.

Binne die pakkie was instruksies. Indien sy wil saamspeel moet sy die volgende gehoorsaam:

  • Voor die middag se opleidingsessie begin moes sy die twee vlekvryestaal balle in haar vagina plaas.
  • Sy mag hulle nie verwyder nie.
  • Sy mag nie kom voor ek haar nie toestemming gee nie

Agter die toe deur van die outyds gemeubileerde hotelkamer ervaar ek Jane se jagsheid. Haar hande gryp na my das om dit te verwyder. Ek neem die das uit haar hande en blinddoek haar. Haar hande vroetel en maak my broek los. Sy druk haar hand tussen ons lywe in en sy sug wanneer haar hand styf om my stywer piel sluit. Ek ruk haar bloes oop en knope spat in verskillende rigtings. My mond vind die bult van haar sagte tieties waar dit effens bo haar bra bult.

My mond beweeg stadig teen haar bors, haar nek totdat my lippe saggies aan haar linkeroor begin knibbel. Ek voel hoe haar lyf inmekaartrek van lekkerte.  ‘n Kreun uit haar mond vertel my van haar lekkerkry. Jane se vingers vroetel in my hare. Sy rus haar kop op my skouer met haar mond teen my nek.  Ek voel hoe sy hard aan my nek suig met die bedoeling om ‘n liefdesbyt te laat. Haar lyf word een met myne. Sy vou haar regterbeen om my been in ‘n poging om haar poesie harder teen my te druk.

Met my hande druk ek haar bloes oor haar skouers, maar laat dit net tot by haar elmboë sak. Saggies beveel ek haar om dit daar vas te hou. Haar hande is nou nie meer so beweeglik nie. Met my spoeg maak haar bra deurskynend nat. My tong trek sirkels oor haar hardwordende tepels. Jane se tepels beur teen die materiaal van haar bra. Wanneer ek op die nat van die materiaal blaas trek die wye donker sirkels van haar areolas saam en klein knoppies punt saam met haar kliphard tepels. Met beide hande vertroetel ek haar pragtige tieties.

Jane se kop het effens kant toe gekantel. Haar oë is steeds toegebind met die das waarmee die myn my beloon het vir 20 jaar diens. My oë bewonder die vrou wat halfkaal voor my staan. Ek sak op my hurke terwyl ek haar swart langbroek aftrek. Sy help my deur haar voete op te lig wanneer ek haar sandale en broekspype uittrek. Van waar ek op my hurke sit en opkyk na Jane se gesig toring sy oor my. ‘n Spierwit broekie steek haar kaalgeskeerde poesie weg. Die materiaal is nat tussen haar bene. Ek ruik haar jagsheid. Bo haar broekie maak haar maag ‘n effense bult. Haar hande op haar heupe keer dat haar bloes verder teen haar arms afgly. Deur die gaping wat die heuwels van haar tieties vorm sien ek hoe haar tong oor haar lippe lek.

Ek staan op en gaan agter Jane staan. Versigtig stoot ek haar in die rigting van die spieëltafel. Die liggie op die tafeltjie se helderheid kan stel en ek draai dit sodat ‘n sagte lig die kamer verlig. Terwyl ek agter Jane staan verwyder ek my das om haar kop en laat dit oor haar skouers hang. Sy kyk na haar weerkaatsing in die spieël en dan oor haar skouer in my oë. Ons glimlag vir mekaar.  Ek soen haar in haar nek en op haar skouers. My hande vind haar tieties. Duime en voorvingers begin haar tepels deur die fyn materiaal van haar bra rol. Jane druk onwillekeurig haar bobene teen mekaar en met haar linkerhand druk sy op die krop van haar maag en met haar regter gebalde vuis druk sy teen haar heuwel. Haar asemhaling is oneweredig.

Ek los haar tieties en begin om met die das om haar nek ‘n dubbele Windsor-das-knoop te maak. Dan trek ek die das stywer om haar nek. Bekommerd volg haar oë die knoop soos wat dit nader aan haar nek skuif. Die das begin stywer span. Wanneer die das styf trek druk dit effens in die sagte vel van haar nek. Ek vou my linkerhand om haar ken en trek haar haar kop skeef agtertoe. Die los punte van die das hang skuins oor haar regter bors. Jane haal swaar asem, maar staan stil en kyk na haarself in die spieël. Die are in haar nek bult soos die bloedsomloop versteur is. Ek lees in Jane se oë ‘n vrees, maar totale vertroue.

Met my regterhand se naels trek ek krapmerke op die sagte vel van haar linkerbors wat bo haar bra uitsteek. Die strepies vertoon eers wit en dan verkleur dit rooi. My hand beweeg oor haar maag. Die ekstra kilogram of drie magie wys vyf rooi strepe waar my naels merke van onder haar linkertiet tot bo haar regterheup getrek het. Wanneer my hand naby Jane se geswolle poesie kom trek ek my hand weg en buk effens sodat ek met my hand laag op haar regterknie kontak maak. Met my naels trek ek rooiwordende strepe op die vel van haar bobeen, hoër na waar sy haar poesie vorentoe beur. Jane se gesig is rooi soos die bloed in haar kop versamel. Ek ruik haar lus. Sy smeek saggies om te mag kom.

Dit moes vir haar soos ‘n ewigheid voel voordat ek die das om haar nek losmaak. In die middel van die das maak ek ‘n lekker groot knoop. Ek druk die knoop tussen haar tande en sê sy moet dit vasbyt. Terwyl die das se punte uit haar mond oor haar ken en tieties hang begin ek haar bra losmaak. Ek trek haar bloes en bra uit. Haar vol borste sak effens, maar is nog steeds begeerlik mooi.

Haar hande sak na haar poesie, maar ek keer haar. Met my linkerhand hou ek vir ‘n oomblik haar hande agter haar rug vas. Sy verstaan en hou hulle daar. Ek neem die das uit haar mond en trek dit van voor na agter tussen haar bene deur. Stadig trek ek die lengte van die das oor haar poesie. Haar broekie het tussen haar poesielippe ingetrek. Wanneer die knoop oor haar broekie tussen haar geswolle lippe begin gly, stamp, stamp sy haar poesie vorentoe om meer drukking te kry. Na ‘n tydjie fluister ek vir haar dat sy mag kom. Ek begin om die knoop vinniger en effe harder van voor tot agter te sleep. Die knoop in die das gly moeiteloos in die sloot wat gevorm is. Die materiaal tussen haar bene is sigbaar meer nat wanneer ek haar saggies hoor kreun en sy inmekaarsak.

Sy hang aan my nek wanneer ek haar bed toe dra. Saggies lê ek haar op die bed neer. Ek lig haar knieë en druk haar voete ver uitmekaar.  My das is nat en glibberig. Ek druk die punt van die das by haar linkerdy onder haar broekie in. Dan druk ek dit tussen haar broekie en poesie na die regterdy en trek die punt daar uit. My das lê nou plat tussen haar vulva en haar broekie. Wanneer ek die das stadig heen-en-weer trek gly dit oor haar vlinder-lippies. Haar broekie hou my das in stywe kontak met haar poesie. Met my heen en weer saagbeweging skuif die das sodat die gladde materiaal oor haar geswolle klit gly. Ek flip die das. Die harde lussie sleep nou pynlik oor haar sensitiewe vel. Om die beurt diens ek haar poesie met ervarings van die sagtheid van die das, die lussie en die knoop wat oor haar seks beweeg.

Jane begin kerm en smeek om weer te kom. Ek haak my vingers weerskante in haar broekie en trek dit oor haar heupe. Gretig lig sy haar boude van die bed sodat ek die nat broekie moeiteloos kan aftrek. Sy gryp my kop en pluk my tussen haar bene in. Met my tong gly ek oor haar nat sloot. Ek begin laag onder net bokant haar anus en laat dit diep in haar vagina ingly. Die tekstuur van haar vagina nektar oorweldig my tong. Jane vloei mildelik wanneer sy kom.

My tong voer ‘n ontdekkingstog tussen die sagte voue. Die smaak verander na jagse vrou. ‘n muskus, souterige lekkerny. Die proe van haar jagsheid dryf my jagsheid. Voordat my tong haar klit vind weet ek dit is gewel en staan prominent. Haar klit smeek vir aandag – maar dit is sensitief gespeel. Sy hou my kop stil sodat ek haar saggies kan bedien. Haar heupe pomp op en af soos wat sy dryf na orgasme. My hande het hare hande gevind. Met ons vingers verstrengel lê ek oor haar maag en kyk na haar gesig soos wat dit eens vertrek in ekstase en later versag tog ‘n uitdrukking van hemelse tevredenheid. Sy kom in ‘n waterval van lekkerkry.

Ek is nog nie klaar met Jane nie. Met my twee duime begin ek haar labia masseer. My vingers gly deur haar gladde kom. Ek druk haar bloedgevulde lippe teen mekaar soos wat ek dit van voor na agter masseer. Sy ervaar hoe haar klit gestimuleer word deur die drukking van my vingers deur haar vulva lippe. Ek hoor hoe Jane haar asem intrek. Haar  heupe beur teen my hande. Sy begin vinniger asemhaal en haar heupe vind ‘n ritme saam met die bewegings van my hande. Haar bewegings word wilder en ek hoor die klingel van die metaalballe in haar vagina. Die op-en-af van haar pompende heupe, die drukking van my duime op haar klit en die vibrasies wat haar bewegings diep in haar poesie veroorsaak resoneer met elke senuwee-verbinding in die kern van haar vrouwees.

Jane se orgasme is ‘n ontploffing wat haar liggaam skud. Sy verloor beheer oor haar ledemate. Haar kop val agteroor en skud van links na regs. Arms val slap half oor haar maag. Haar bene maak onwillekeurige rukbewegings en haar bloedgevulde, bultende poesie lyk of sy sluk. Dis verruklik mooi! Ek weet ek is die gelukkigste man op aarde. My lus en geswelde piel is vir ‘n oomblik onbelangrik.

Ek skuif tot langs haar en hou haar vas. Sy nestel in my omhelsing.

Jane moes die drukking van my voël teen haar bobeen gevoel het. Sy druk haar hand bo by my broek in en vind my stokstywe piel wat smag na ontlading en plesier. Sy breek uit my omhelsing. Met die opkomslag ruk sy aan my hemp en druk dit oor my skouers af. Sy teiken my broek en binne sekondes lê ek kaal op die naat van my rug. My stokstywe piel is soos ‘n vinger wat na die hemele wys. Haar wonderlike lippe sluit oor my eikel. Die helfte van my skag verdwyn in haar mond. Aan haar doelgerigte suig en haar hande wat met mening oor my balsakke masseer weet ek sy wil my maak kom. Hard kom.

Jane staan op haar knieë langs my linkerarm. My voël kop is diep in haar mond begrawe. Met my regterhand reik na haar tieties wat bo my swaai. My linkerhand beweeg stadig teen haar op tot my vingers die ingang na haar vagina vind. Die ingang na haar poesie en liefdeskanaal is slymerig glad soos haar sappe uit haar vloei. My wys en middelvinger dring haar moeiteloos binne.

Die onderste een van die Ben Wa balle lê binne reikafstand van my vingerpunte. Ek begin met die balle te speel deur met my vingerpunte teen die onderste een te tik. Die metaal klink wanneer die een teen die ander stamp. Daar is ook ‘n effense dreuning soos die metaal balletjies binne die sfeer rondrol. Die vrou wat oor my buig raak intens bewus van die beweging en trillings in haar brandende genotsgrot.

Met die vingers van my linkerhand stook ek die vuur wat in haar brand tot ‘n inferno. Spoeg loop uit haar mond oor my skag. Met haar mond en tong suig hard aan my piel.  Sy klem my ballas in ‘n ystergreep. Haar onderlyf pomp in die lug teen my hand en my vingers wat diep in haar begrawe is. Met harde stampbewegings penetreer vier teenmekaar gebondelde vingers haar ontvanklike poes.

Die drukking in my onderlyf konsentreer in my geswelde eikel. Ek bestaan uit lus en passie. My hele wese word een groot piel. Sonder waarskuwing ontplof my heelal in ‘n supernova.  My regterhand sluit soos ‘n skroef om Jane se tiet. Haar hand sluit om my balle. Die pyn van my ballas ontplof saam met my verblindend orgasme in my brein. Drukking van haar tande om my skag vloei saam met ‘n onverstaanbare geluid uit haar keel. Ek gee nie om nie.  My hakke en skouers anker in die matras. Met my boude hoog van die bed druk ek myself so diep ek kan in Jane se mond. My stokstywe piel spoeg my lekkerkry diep in haar mond.  Sy kreun wanneer sy die sout van my kom in haar mond proe en haar mond sluit verwoed om my skag. Haar onderlyf stamp ‘n finale stamp teen my hand en versteen. Sy stik. Met my vingers diep in haar oopgesperde poes voel ek hoe die wande van haar vagina om my hand pulseer.

Tyd en plek het in daardie minute wat volg geen mening of betekenis nie.

Wanneer haar konvulsies bedaar sak sy uitasem oor my ineen. Seksuele drang vir bevrediging het ons gedryf tot dierlike optrede. Ons is teer en gevoelig van die stimulasie.

Jane vra sag dat ons die staalballe uit haar vagina verwyder. Sy trek haar spiere saam en haar vagina bult uit. Met my vingers trek ek een vir een die gladde balle uit haar rooi en opgehewe lippe. Daar is bloederigheid aan die laaste een wat ek aan haar oorhandig en apologeties glimlag. Sy kyk daarna en sê: “No regrets”.

My laaste gedagte voor ons totaal tevrede aan die slaap raak is hoe mooi en begeerlik die vrou in my arms is. Ek kan nie wag vir ons sessie na die romantiese ete wat ek bespreek het nie.

 

(Lees volgende episode HIER)

2+

4 thoughts on “Is jy seksueel gefrustreerd? (6)

  • Mar 30, 2020 at 12:02 pm
    Permalink

    Dankie manne vir die terugvoering. Hoop meer mense het die skryfwerk geniet…

    Interessante uitwerking op julle gehad. 😉
    Superlus soos ek toe ek die storie geskryf het en waardering vir ‘n besonderse vrou. ( Sy is 🙂 )

  • Mar 26, 2020 at 2:36 pm
    Permalink

    Jack is reg ek het dit ook nou al drie keer gelees en dis asof daar nuanses en emosies en fisiese genot is wat ek nog nie bygewerk het nie.
    Uiters intiem, hoogs eroties en tog so privaat dat jy amper skaam is om alles te lees.
    Voorwaar ‘n puik relaas, JouBok, jy verdien alle eer vir hierdie stukkie meesterskryfwerk.
    Dankie

  • Mar 26, 2020 at 1:48 pm
    Permalink

    Foook JouBok ek sal 3 keer lees om dit ten volle in te neem!!! Baie intens.

Leave a Reply

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)