Is jy seksueel gefrustreerd? (5)

13+
Hoe lank gaan ek lees: 17 minute

deur JouBok

Taalversorg deur Lusman

(Lees vorige episode HIER)

My regterhand is om my stokstywe voël gevou terwyl ek staande myself skommel. Ek voel of ek wil hiperventileer terwyl ek vinnig en vlak asemhaal. My oë is vasgenael op Jane se donker sjokoladebruin oë en gesig. Plesier is duidelik op haar gesig herkenbaar. Haar oë is gefokus op my stokstywe horing wat by my vuis uitsteek. My piel is ‘n spies wat uit my lendene in die rigting van haar liggaam wys.

Die blink-pers van my geswelde eikel verskyn en verdwyn soos my voorvel deur my hand voortgedryf word. Haar asem jaag. Ek voel die lug wat sy uitasem op my vuurwarm akker. My hand maak korter vinnige bewegings soos ek myself dryf na ‘n ontploffing. Prekom vloei uit my piel. My skommeling versprei my nattigheid en dit maak dat my piel glinster in die lig.

Jane lê-sit voor my op die stoel in haar kantoor. Haar hare hang soos ‘n waterval oor die stoel se rugleuning. Haar wit losgeknoopte bloes het van haar bruingebrande skouers geval en dit lê vasgeklem tussen haar rug en die rugleuning van die stoel. Daar is wit lyntjies oor haar skouers waar die son nie met haar vel kon liefde maak tydens haar sonbrandsessies nie.

‘n Roomkleurige deurskynende bra bedek haar tieties, maar dit steek niks weg nie. Vroeër het my mond haar tepels deur die materiaal geliefkoos en geknibbel. Die nattigheid van my spoeg het die materiaal ekstra deursigtig gemaak en die koue daarvan laat haar donker areolas saamkrimp. Klein knoppies omring haar bultende tepels. Haar bors dein op en af soos sy vinnig asemhaal. Haar maag is pragtig plat en bruingebrand deur die son.

Haar langbroek is oopgeknoop en is effens afgetrek. Die voorkant van haar bypassende roomkleurige broekie is baie nat. Die vingers van haar regterhand is onder die deurskynende materiaal sigbaar waar dit woes besig is. Drie vingers gly oor haar nat vulva. Haar wys- en ringvinger druk haar twee geswelde buitelippe weg van mekaar af, terwyl haar middelvinger oor haar klit en die sagtheid van haar binnelippe gly. Dan krul sy die vingers diep in haarself om die binnekant van haar poesie te stimuleer. Haar bene is stokstyf voor haar uitgeskop. Haar boudspiere trek ritmies saam en lig haar mons om harder kontak te maak met die hand wat haar lieflikheid bedek.

My balsak lê in haar linkerhand. Jane se vingers is om my saadballe gevou. Haar vingers het die ritme van die skommeling van my regterhand gevind. Sy pomp my balle saggies wanneer my vuis teen my bekkenbeen tot stilstand kom.

Hierdie oomblik voel soos ‘n ewigheid en ‘n ewigheid word in hierdie oomblik vervul.

Terwyl ons liggame jaag na die afgrond van verrukking, dwaal my gedagtes dralend na die kort SMS-gesprek wat ek en sy op 30 Desember gevoer het.

Sy wou weet wat die “RW” is waarvan ek geteks het. Moedswillig wou ek nie vir haar sê nie. Ek het haar aan ‘n lyntjie gehou, maar na ‘n rukkie se stilte het sy met ‘n SMS laat weet: “We will do it your way. You can have it on condition … You are not allowed to cum until you cum on me. The payment for the privilege: a decent pearl necklace.”

Met opbouende lus en wellus het dit baie moeilik gegaan om, oor die dae wat op die SMS gevolg het, die ooreenkoms na te kom. Verleidelike vakansiegangers met eina bikini’s en wulpse lyfies wat oral op die strande rondlê, het my koerasie opgejaag en koorsdrome laat droom. Ek het nagmerries gehad. Ek het onttrekkingsimptome gehad. Ek het stokstyf wakker geword. Ek het myself gevloek omdat ek hierdie ooreenkoms gemaak het, maar ‘n ooreenkoms is ‘n ooreenkoms.

Die dringend wordende intensiteit in my eikel ruk my gedagtes terug na waar ek halfkaal oor Jane staan en masturbeer. Jane se hand klamp oor haar poesie met drie opgekrulde vingers diep in haar genotsloot begrawe. Haar knieë is nou half opgetrek. Met haar dye teen mekaar gedruk, forseer sy haar hand harder teen haar seks. Jane se boudspiere trek ritmies saam. Grootoog staar sy na my voël se skrefiesoog wat na haar gesig loer. Haar linkerhand se vingers klem stywer om my ballas. Die vel van my skrotum verdik wanneer dit saamtrek. My nood vir bevrediging raak onbeheersbaar.

My deel van die ooreenkoms is feitlik afgehandel. Dae se afwagting en nagte se marteling is verby wanneer my testikels witwarm semen soos lawa uit ‘n vuurspuwende berg spuit.

Op die laaste oomblik druk ek my spoegende orgaan laer sodat my wit saad in lang semenslierte oor Jane se nek neerplons. Haar mond is oopgesper en sy gee ‘n dierlike grom terwyl sy sien hoe die wit klewerige toue semen uit my piel spuit. Wanneer my derde skoot haar teen die nek tref, hoor ek haar weer kreun. Jane krimp verder ineen met haar regterhand steeds in haar broekie en haar linkerhand ‘n knyptang om my balle. Met my laaste stuiptrekking skiet ek hoog. Dit mis haar nek, maar trek ‘n streep oor haar wang en die brug van haar neus.

Jane ontspan tevrede. Sy lyk vir my besonders mooi met drie semenstrepe wat soos pêrelhalssnoere oor haar nek gedrapeer lê en met ‘n streep op haar gesig. Haar vingerpunte sirkel in die sagte, nat taaiheid wat besig is om teen haar nek af te loop.

Hierdie keer het ek voorsiening gemaak om die oomblik te verewig. Met ‘n hoëresolusie- digitale kamera neem ek foto’s van die vrou wat haarself met soveel lus oorgee aan inhibisielose passie. Sy geniet die fotosessie en vra selfs vir ‘n paar nabyskote wat haar “pêrelhalssnoer” mooi vertoon.

Ek lag vir haar wanneer sy sê dat ek die foto’s van die kamera se geheuestokkie moet verwyder voor iemand anders dit ontdek.

Sy lag wanneer ek haar vra of ek een van die foto’s plakkaatgrootte kan druk en langs Rose van Titanic se foto teen haar kantoormuur kan ophang. Haar antwoord rol in suiwer Afrikaans oor haar lippe: “Jy sal kak.” H’m, die moontlikheid flits deur my gedagtes …

***

Later, wanneer ek met my motorfiets huis toe ry, herroep ek die gebeure van die eerste dag by die werk na ons kort vakansie.

Ek was vroeg op kantoor en het skaars my baadjie en valhelm opgehang, toe Jane die kantoor binnekom en ek haar vrolike stem onder in die gang hoor. Sy het by die kantore ingeloer en ons kollegas gegroet. Haar stem het dieselfde geklink toe sy my by die deur groet. Sy het vinnig by my kantoor ingekom en my ‘n sopnat soen gegee en hees in my oor gefluister. “I am already wet.” Enkele ure later het my semenslierte oor haar keel gehang.

***

Die volgende paar dae het stadig verbygegaan. Jane se nuuskierigheid het ‘n paar keer die oorhand gekry en sy wou weet wat op haar wag. Dit was heerlik om die afwagting en senuagtigheid in haar te sien opbou.

My sintuie is oor die laaste klompie maande fyn ingestel op die aksies, reuke, geure en die klank van haar stem. Soos ‘n jagter ‘n prooi bekruip, het ek haar maande lank bestudeer om haar te oorrompel wanneer die tyd reg is.

Daardie oggend toe ek by haar kantoor instap en ek haar stem hoor, het ek geweet. My Jane menstrueer! Soos ‘n tier ‘n prooi bekruip het ek stadig tot agter haar gestap en oor haar gebuk. Ek kon haar ruik! My gedagtes het die dag herleef toe ek haar die eerste keer geruik het.

Ek het haar saggies op haar oor gesoen en in haar oor gefluister: “I will collect my red wings today.”

Al wat ek haar hoor sê was: “What? … you can’t … I can’t …No!”.

Met ‘n “praat later” is ek uit haar kantoor uit. Ek  het begin om my planne in aksie te stel.

Omdat ek nie met haar in haar kantoor kon praat nie, stuur ek vir Jane ‘n e-pos om vir haar te sê dit is oukei en dat ek dit baie sexy vind – ook dat sy my dierlik lus maak. Ek vertel haar van my fantasie en my droom oor hierdie dag. Ek skryf hoe fantasties dit gaan wees om dié met haar te deel en dat ons na my huis sal gaan vir ons ontmoeting.

Na wat soos ‘n ewigheid voel, ontvang ek ‘n positiewe antwoord van haar. In haar e-pos vra sy wanneer ek beplan om hierdie ontmoeting met haar te hê. Op my enkele woord, “vandag”, reageer sy deur te sê dat haar eerste twee dae baie rof is. Wanneer ek laat weet dat ‘n dapper soldaat nie bang is vir ‘n bietjie bloed nie, stuur sy ‘n e-pos met ‘n enkele woord: “giggel.”

Terwyl ek besig is om my middagafspraak te skuif, kry Jane die geleentheid om haar reëlings te tref. ‘n E-pos van haar sê dat alles gereël is en dat ons die middag saam gaan spandeer. Ek is lus verby wanneer ek dit hoor. Die vordering oortref my stoutste verwagtinge. Die gedagte aan ‘n middag saam met Jane laat my ereksie teen my broek beur.

Met ‘n vinnige verskoning is ek by die kantoor uit. Op pad huis toe, stop ek by ‘n bekende voedselkettingwinkel om te kyk of ek dalk vars kersies kan kry. Vars, sagte, mooi rooi kersies met stingeltjies aan is ‘n ongelooflik sexy ervaring wanneer ‘n mens probeer om die stingeltjie in jou maat se mond te knoop met jou tong. Ongelukkig is kersies buite seisoen. Ek stap met ‘n groot bak ryp aarbeie en room uit die winkel.

By my huis gekom, trek ek die koningsgrootte bed en kussings met vars, pikswart sylakens en slope oor. Wanneer my hande oor die gladheid van die lakens die kreukels uitstryk, gaan my gedagtes onwillekeurig na Jane se sagte vel. My voël ruk in my broek.

Bo-oor die lakens gooi ek ‘n spierwit gansdons-duvet. Ek rond die prentjie af met twee bloedrooi en twee swart kontinentale kussings. Uit die linnekas trek ek ‘n groot donker handdoek. Ek druk dit teen my gesig voor ek dit op die voetenent van die bed neersit. Op die bedkassie plaas ek ‘n pak snesies.

Ek maak seker dat “Lady in Red” die eerste snit op die romanties-klassieke speellys is voordat ek na my wynversameling stap. Osbloed is my gunsteling. Maar vandag is ‘n sjampanjedag. Ek besluit op iets ligs en vol aroma met ‘n vars lemmetjie- en vrugte-neus wat jou mond vul met ‘n ryk kompleksiteit van smake. Iets om ‘n passiedors te blus wanneer die vuur van lus in ons liggame brand.

Nadat ek die voorbereiding gedoen het, staan daar op die tafel ‘n bottel Graham Beck Brut in ‘n emmer ys, twee blinkgevryfde langsteel-glase en ‘n enkel rooi roos gedrapeer oor ‘n sjampanjeglas. In die weerkaatsing van die gitswart glastafeltjie lyk dit romanties. Maar vandag is nie ‘n romantiese dag nie. Vandag is ‘n dag van verowering en dierlike passie.

Terug by die werk, stap ek by een van my kollegas se kantoor in. Ek sê vir Dirk dat ek die res van die dag uit die kantoor gaan wees.

Jane groet so skuins na twaalf en sê vir almal dat sy die middag af het vir inkopies.

‘n Uur later stap ek saam met die res van die personeel uit die gebou vir etenstyd. Ek haas my huis toe.

My minnares het nie op haar laat wag nie. Ek hoor haar motortjie die straat af kom en maak die outomatiese hekke oop terwyl ek vir haar staan en wag. Sy parkeer onder die afdak en sit vir ‘n oomblik terwyl sy onseker rondkyk. My voetstappe val hard op die plaveisel terwyl ek nader stap. Wanneer sy uitklim, swaai sy haar mooi bene uit die motor. Haar somersrok skuif vir ‘n oomblik tot hoog bo haar knieë. Haar rooigeverfde tone steek by die goue sandale uit.

Ek vou haar in my arms toe en sê sy kan ontspan. Terwyl ek haar styf teen my vasdruk, begin ek haar mond honger soen. Sy moes ‘n vinnige stort geneem het want haar hare is klam en sy ruik vars, met ‘n sweempie parfuum wat om haar hang. Haar mond gaan oop onder myne en haar tong skiet tussen my lippe my mond binne. Ek buk en tel haar op met my mond gesluit oor hare. Met haar hoog in my arms klim ek die trappe uit. Haar kop sak en rus op my skouer. Ek stap deur die spilpunt-kiaatvoordeur en druk dit agter ons toe. Sy soen my sag op my wang wanneer ek haar op die vloer neersit.

In die onthaalkamer trek ek die soom van haar rok op en laat haar met haar broekie-boude op die swart glasblad sit. Met die druk van ‘n knoppie begin Chris de Burgh – vir my Jane – “Lady in Red” sing. My mond sluit oor hare terwyl my gretige hande haar borste deur die rokmateriaal vasgryp. Haar hande maak my lyfband en broek los voordat sy haar regterhand by my onderbroek insteek en my stokstywe piel in haar hand toevou. My tong penetreer haar mond. My hande klem die sagtheid van haar tieties. Ek hoor haar kreun. Haar bene gaan oop wanneer ek met my been teen haar druk.

Moeiteloos trek ek haar somersrok oor haar kop en laat dit op die vloer val. Sy help, deur haar bra vinnig los te knip en oor haar skouers te trek. Met my hande druk ek haar teen haar skouers sodat sy agteroor, plat op haar rug, lê. Die glasbladtafel is koud onder haar rug. Haar sagte vel op haar maag is oortrek met hoendervleis. Ek snuif met my neus so naby aan haar vel dat ek die fyn, regop haartjies kan voel wat haar liggaam bedek. Met my regterduim druk ek op haar heuwel en laat gly dit stadig oor haar vulva tot waar my duim nie verder kan reik nie. Elke keer wanneer ek die aksie herhaal, knyp haar boudjies styf vas, terwyl sy haar seks styf teen my duim vasdruk.

Die reuk van begeerte hang swaar in die lug. Met my twee hande se vingers by haar broekie ingehaak, begin ek die stukkie materiaal van haar lyf afstroop. Die materiaal gly moeiteloos tussen haar boude en die glas uit. Sy voel elke sentimeter soos wat ek haar broekie stadig uittrek, eers oor haar heupe, haar bobene, verby haar knieë en oor haar kuite en voete. Soos wat sy, bene van mekaar, voor my op die tafel lê, kan ek die geur van haar seks ruik. Sy ruik anders as die kere wat ek haar poesie uitgeëet het.

Daar hang ‘n wit toutjie uit haar sagte pienk plooie. Ek klim uit my klere en my piel spring reguit voor my uit. Dit wys na haar opgewonde poesie wat met haar oop lippies vir my lê en wag. Met ‘n grynslag dink ek aan die betekenis van die Latynse woord wat die basis is van “vagina”: Die skede (van ‘n swaard). My swaard gaan binnekort ‘n skede nodig hê.

My tong gly oor haar borste, maag, sye, heupe, arms en hande. My mond suig aan haar vingers. Later lek my tong oor haar sensitiewe lippies en vind haar klit. Met haar hande gryp sy my kop en druk my weg. Haar oë kyk onseker na my wanneer sy prewel: “Are you sure?”

Ek antwoord dat dit my fantasie is om hierdie ervaring met haar te deel. Die wegdruk van haar hande op my kop verander na ‘n nadertrek.

Tong, lippe, mond en hande verken elke beskikbare sentimeter van Jane se lyf. Haar labia majora wat normaalweg haar poesie beskerm is uitgeswel, rooi en oopgesper. Die pienk vlindervlerkies, wat normaalweg wegkruip, is ook meer prominent. Haar effens groter as normaal tieties is meer sensitief vir my aanraking. Haar borste sak liggies langs haar sye. In die middel van die witterige driehoekies wat haar bikini gelaat het is haar tepels donkerbruin en kliphard. ‘n Sug ontsnap uit haar mond wanneer my tong sirkels om haar harde tepels trek. Oomblikke later rol ‘n dierlike kreun oor haar lippe wanneer my tande om een van hulle vasbyt. Haar hande klem om my kop.

Wanneer my kop weer suidwaarts werk bly my hande en vingers op haar tieties. Tussen my duim en voorvinger rol ek haar sensitiewe nippels. Sy kreun aanhoudend, maar stop my nie. My tong vind haar prominente pêrel van genot en dit neem nie lank nie voor haar kreun in ‘n gil van ekstase verander. Binne minute later volg ‘n tweede en ‘n derde gil. Ek voel hoe sy haar bene toeknyp en my kop wegstoot. Terwyl sy afkom van haar bergpiek van verrukking, proe ek die sout van haar lyf wanneer ek haar dye soen.

Wanneer Jane amper normaal asemhaal, trek ek haar op haar voete vanwaar sy op die tafel gelê het. Sy kom regop en rek soos ‘n kat wat wakker word in die oggend. Haar hand vou om die skag van my geswelde piel. Sy kyk af en sien dat my prekomdruppels op die teëls gedrup het. Met ‘n giggel sê sy: “You have been a bad boy”. Met my arms om haar, druk ek haar dat my voël tussen ons teen haar maag druk.

Ek draai na waar ek vroeër die sjampanje en aarbeie neergesit het. Die sjampanjebottel is yskoud wanneer ek dit uit die emmer trek. Met ‘n dowwe plof verwyder ek die prop van die bottel. Ek skink die sjampanjeglase vol, totdat die goue skuim oor die rand van die glas op die glasbladtafel drup. Met haar glas in die hand neem Jane ‘n groot teug daarvan. Sy neem nog ‘n mondvol en lig haar mond na myne. Sy spuit ‘n straaltjie yskoue vloeistof in my mond. Die borreltjies steek elke senuweepunt op my tong aan die brand. Sy herhaal die proses, maar dié keer baai sy my voël en ballas in die vloeistof. Want sy laat dit oor my drup wanneer haar lippe om my eikel sluit. Soos sy voor my knielend staan, neem ek ‘n aarbei van die tafel en druk dit in die room. Wanneer sy haar lippe van my stokstywe piel wegtrek, verbind ‘n lang sliert prekom en spoeg ons.

Ek trek haar regop. Aarbei en room verdwyn tussen haar verleidelike lippe. Sy byt die aarbei in die helfte. Haar tande kneus en breek die res in haar mond. Ek druk die oorblywende aarbei in my mond. Die smake van die vrug, die soet van die room en die talmende nasmaak van die sjampanje meng in my mond. Ek raak onredelik, roekeloos lus, wanneer ek na haar staan en kyk.

Ek neem die roos van die tafel en byt die steel tussen my tande vas. Ek skink ons glase weer vol en gee dit vir haar aan, voordat ek haar optel en met haar kamer toe stap. Met die glase eenkant neergesit, lê ek haar op die bed neer. Ek drapeer die roos tussen haar borste en staan terug. Jane is asemrowend mooi!

Onbeskaamd bewonder ek Jane se bruingebrande kaal lyf wat op die spierwit duvet uitgestal lê. Vol borste en heupe wat so een of twee kilogram te veel aanhet. Hier en daar op haar dye en heupe is ‘n karakterkuiltjie. Haar hande, naels en voete is onberispelik versorg. Die drie wit driehoekies, twee bo en een onder, verklap dat sy redelik baie tyd in die son deurgebring het.

Die skoonheid voor my se liggaam word omhul deur die sagte lig wat deur die kantgordyne die kamer binneval. Haar bene is effens uit mekaar. Sy sit-lê skuins teen die rooi en swart kussings met ‘n vol roos tussen haar sagte borste. ‘n Hemelse uitdrukking is op haar gesig. Haar los hare val soos ‘n waterval oor die kussings. Haar mond is verleidelik mooi. Sy byt haar onderlip tussen haar tande. My piel ruk regop wanneer ek tussen haar bene die wit toutjie sien uitsteek. Ek gryp die digitale kamera en neem ‘n klompie foto’s.

Ek sit langs haar op die bed en fluister in haar oor dat hierdie die eerste bed is wat ons deel. Sy giggel en sê dat ons die duvet moet aftrek. Want anders is dit die laaste keer wat ek dit sal gebruik.

Ons spring uit die bed en trek die duvet af. Vinnig sprei ons die dik handdoek op die bed oop. Sy sê dat sy gou badkamer toe wil gaan, maar ek trek haar terug bed toe. Sy protesteer maar val tog op die swart handdoek en lakens neer.

My vingers en piel wil hulle aan haar vergryp. Met inspanning hou ek my in. Ek begin stadig haar liggaam opwarm met liefkosings en ‘n sagte geknibbel. Dit raak gou meer ernstig.

Sy lê plat op haar rug met haar wydgespreide bene. My mond vind haar poesie en my lippe sluit oor haar twee geswelde lippe. Sy snak na haar asem wanneer sy voel hoe ek met my tong ‘n voor tussen haar poesielippe ploeg. Ek ruik die swaar aroma van haar seks. Onwillekeurig lig sy haar knieë en sprei hulle verder van mekaar om my gemakliker toegang tot haar plesier te gee.

Sy hou op asemhaal wanneer my tande die toutjie van haar tampon vasbyt en stadig begin trek. Die binnekant van haar vagina klem die sapgevulde katoenrolletjie vas. Dit gee mee wanneer ek harder aan die toutjie trek. Die laaste kontak van die tampon met haar lyf is haar vlinderlippies wat saggies vashou aan die bont wit-en-rooi watterolletjie, totdat dit uit haar poesie val.

Soos ‘n pendule swaai dit aan die toutjie wat ek tussen my tande vasbyt. Die tampon los rooi smeersels waar dit teen haar dye raak. ‘n Nuwe reuk oorlaai my neus. Hierdie reuk is donkerder en meer prominent. Dit ruik soos geroeste nat yster, gemeng met die effens muwwerige reuk van ‘n wynkelder. Uit my geswelde voëlkop stroom prekom en trek slierte op die handdoek. Ek neem die gebruikte tampon en sit dit eenkant op die bedtafeltjie. Soos wat ek oor haar gebuk het om by die bedkassie uit te kom, het my lekkende voël ‘n nat streep oor haar bobeen getrek.

Met die punt van my tong kielie ek die pêrel van haar lekkerkry wat tussen die voue van haar geswelde labia uitloer. Haar vingers vleg deur my hare en sy trek my mond teen haar poesie vas. Na ‘n paar minute het die lekkende poesienektar en bloed die ingang na haar genotsgrot gladder as wat ek ooit ervaar het. Twee van my regterhand se vingers gly moeiteloos in haar genotskanaal in. Wanneer ek hulle uittrek, is hulle bedek met ‘n bloederige slym.

My linkerhand vou om haar regterboud en my vingers klem die sagte vleis dat dit bulte tussen my vingers maak. Ek pomp met my vingers in haar genotsgrot terwyl my tong haar klit hard lek. Sy krom haar rug wanneer ek aan haar sensitiewe lippe knibbel. My lippe sluit om haar klit en ek byt dit deur my lippe. Die smaak van ou bloed is in my mond. Haar menstruasiereuk hang swaar in die lug en dit dryf my wellus soos ‘n wegholtrein.

Ek hoor haar fluister en oomblikke later hoor ek Jane skree: “I need you inside me.”

Met ‘n sleepbeweging trek ek my bemorste vingers uit haar dieptes. Dit los ‘n nat, gladde rooi streep oor haar heuwel, haar naeltjie, oor haar maag – tot waar die vloeistof tussen haar borste opraak. Met ‘n gefassineerde uitdrukking op haar gesig hou sy my dop terwyl ek oor haar liggaam kruip.

My piel raak aan haar bloedbemorste poesie en sink moeiteloos in haar dieptes in. Ek stamp so diep in as wat haar bekkenbeen my lyf toelaat om haar te penetreer. Jane lig haar bene en druk haar hakskene hard teen my rug. Haar heupe lig met elke stamp van die bed af, soos sy haar poesie vir my plesier aanbied. Daar is geen stadig-en-vinnig-patroon wanneer ek in haar pomp nie. In en uit stamp my lyf teen haar nat lyf. Sweetgom plak ons lywe aanmekaar. Bloed en poesie-kom maak dat ons wrywingsvry inmekaar pas. Haar Kegelspiere verstyf om my indringerswaard in haar skede.

Die oorspronklike warmte in my piel word ‘n vuur; die vuur word ‘n brandende inferno wat my eikel skroei. Haar vingernaels trek bloedstrepe op my rug soos haar naels my vel breek. Ek proe my bloed soos sy my lip stukkend byt. In my ore weergalm Jane se fluister-woorde dat sy gaan kom. In my lyf konsentreer die vuur in my akker. Die drukking van haar hakke op my rug en die pyn van haar vingernaels wat in my rug ingrawe dryf my ervaring tot ‘n crescendo! My sluise van selfbeheer bars oop. Met ‘n laaste wanhopige stamp, trek my rug krom. ‘n Oorwinningskreet tuimel oor my lippe. My bekkenbeen stop teen hare, wat myne hoog bo die bed ontmoet. My piel spuit witwarm kom diep in haar. My stuiptrekkende liggaam moes Jane oor haar afgrond van lekkerkry gestoot het. Want ek hoor haar gil die kamer vul. My kreet verander in ‘n wellustige dierlike grom; ‘n grom wat gewoonlik ‘n suksesvolle teling-koppeling proklameer.

My liggaam ontspan oor hare. Ek kom swaar op haar tot rus. Ons asems jaag. Ek rol van haar af. Vir die eerste keer sien ons die lieflike gemors wat ons gemaak het.

Jane kyk met ‘n geamuseerde glimlag na my en met ‘n tergende stem sê sy: “Now I see why you call it ‘red wings’ – your cheeks look like red butterfly wings. I like it!”

Terwyl ons woordeloos in mekaar se arms lê, keer ons hartklop en asemhaling terug na normaal. Jane knyp haar boude styf teen mekaar in ‘n onsuksesvolle poging om te keer dat die mengsel van ons kom en bloed afloop en die handdoek besmeer. Teen haar dye en oor haar poesieheuwel is die mengsel besig om op haar vel droog te word.

Ingedagte trek Jane met haar vinger oor die buitelyn van die donker smeersel tot waar dit halfpad na haar naeltjie oor haar maag lê. Ek reik na die bedkassie en gee vir haar haar sjampanjeglas aan. Sy drink ‘n lang teug uit haar glas en rol die vloeistof in haar mond voor sy dit wegsluk.

Ons bars uit van die lag wanneer “Sonata Erotica” se orgasmiese klanke oor die luidspreker begin kreun. Genadiglik sterf dit weg en “Unchained Melody” begin speel.

Jane rol van die bed af en stap badkamer toe wanneer die na-gloed van ons passie bedaar het. Terwyl sy loop, vryf sy met haar linkerhand agter, tussen haar boude. Sy bring haar besmeerde hand na haar gesig en trek haar neus speels op. Net voor sy in die badkamer verdwyn, loer sy om die kosyn en sê: “I can get used to this.”

Ek hoor haar die toilet gebruik. Sy spoel die toilet en draai die stortkrane oop. Ek staan op en neem haar gebruikte tampon van die bedkassie en stap die badkamer binne. Wanneer sy in die stort klim, gaan gooi ek die tampon in die toilet. Ek verlig my tot barstens toe vol blaas voor ek weer die toilet spoel.

Sy skuif die stortdeur oop en nooi my in om haar rug te was. My horing begin weer lewe kry wanneer ek teen haar staan. Met haar rug na my toe, druk ek haar teen die koue teëls vas. Bollende skuim hang aan haar liggaam wanneer ek haar rug, en dan tussen haar bene, was. My dwalende vingers probeer weer by haar lekkerte inglip. Wanneer sy my vingers op haar poesie voel, keer sy my en sê dat dit te sensitief is vir nog ‘n ronde.

Ek draai haar na my toe en soen haar innig. Met die warm water wat oor haar tuimel, was ek haar van voor. My mond volg my hande wanneer ek haar klaar gewas het. Ek gee haar ‘n soentjie op beide tieties en op daardie kaalgeskeerde poesie wat beide van ons soveel plesier gegee het.

Toegedraai in ‘n tamaai wit handdoek vryf sy haar hare droog. Ek gaan haal haar klere wat in die ontvangslokaal lê. Met die verbygaan vat ek die halfleë sjampanjebottel en die oorblywende aarbeie. Sy teug aan haar sjampanje en kou die aarbeie met room wat ek in haar mond druk soos sy aantrek.

Ons kinky middag saam het te vinnig verbygegaan. Wanneer ek haar na haar motor vergesel, draai sy meteens na my en sê dat ons iets vergeet het. Verbaas staar ek na haar. Sy lag wanneer sy sê sy het nie ‘n foto van my “RW” geneem nie. My skertsende antwoord was dat sy volgende maand maar weer haar werk-inkopiedag reg moet reël as sy so graag ‘n foto wil neem.

Haar pragtige bene skuif in die motortjie in en ek maak die deur agter haar toe. Dit voel so finaal wanneer die deur toeklap.

Jane skakel die motor aan en rol die venster af. Met haar kop half by die venster uit sê sy: “Remember, no regrets.” Sy druk die rathefboom in die truratposisie. Die motortjie ry stadig agteruit.

Skaars hoorbaar is die musiek van Sarah Brightman en Andrea Bocelli wanneer hulle treffer my somber gemoed groet met “Time to say goodbye”.

Ek staar haar motortjie agterna. Eers wanneer die skuifhek na 30 sekondes vanself toeskuif, draai ek om en stap terug – na ‘n leë huis …

13+

7 thoughts on “Is jy seksueel gefrustreerd? (5)

  • Avatar
    Nov 23, 2019 at 1:38 pm
    Permalink

    Volg van eerste
    Kan nie wag vir volgende storie nie

    Jy kan maar skryf

    Reply
  • Avatar
    Nov 20, 2019 at 7:55 pm
    Permalink

    Baie dankie manne dat julle tyd maak vir terugvoer en julle mooi komplimente.

    Dit was ‘n moewiese lekker om hierdie episode te skryf. Ek begin dit werklik geniet. Was in my ‘happy place’ gewees.

    😉 Nou! net ‘n ding wat my maak wonder? Die vorige episode het Madam-Edele gesê dat sy was amper jaloers, nou ignoreer sy arme Jane ‘flat’. Siestog, hoe moet sy nou voel? 😉

    Annelise, dankie vir jou en Lusman se moeite om die storie lekker leesbaar te maak.

    Groot waardering almal.

    Reply
  • Avatar
    Nov 20, 2019 at 12:40 pm
    Permalink

    JouBok – absoluut uitmuntend!!!!!!!!!!!!!!!

    Reply
  • Avatar
    Nov 20, 2019 at 10:58 am
    Permalink

    jouBok, jy’t jouself oortref!
    “n Ongelooflike stukkie skryfwerk, ek het dit baie geniet!
    Dankie, jy kan maar….☺

    Reply
  • Avatar
    Nov 19, 2019 at 4:00 pm
    Permalink

    Bokka! Die is nou ‘n episode duisend. Dankie

    Reply
  • Avatar
    Nov 19, 2019 at 2:32 pm
    Permalink

    Sjoe pragtige herinneringe in my wakker gemaak met soortgelyke belewenis tussen my en destydse buurvrou (jong weduwee). JouBok jy toor met die woorde so omskrywend.

    Reply
    • Avatar
      Nov 20, 2019 at 8:03 pm
      Permalink

      Dan.

      Dankie dat jy met ons deel (en kompliment). Ek is bly dat hierdie storie jou gedagtes laat terugrol het na ‘n goeie tyd in jou lewe.

      Goeie herinneringe is iets wat ‘n mens koester en altyd saam met jou dra. Soms haal ons daardie herinneringe uit en ‘spit & polish’ hulle voor ons hulle weer wegpak.

      Geniet joune!

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)