Hekelwerk met gemiste steke (8)

Hoe lank gaan ek lees: 6 minute

deur Tiptop

Taalversorging deur Lusman

Lees vorige episode HIER

Tommie stap, nadat hy sy kar volgemaak het, na die vulstasierestaurant vir ‘n hamburger. Dankie tog vir eetplekke wat in die vroeë oggendure nog oop is – dink toe hy die burger bestel het en gaan sit. Dan gaan sy gedagtes weer na Lyla.

Kort na die vestiging van sy praktyk en na die kortstondige verhouding met Tania, soek Tommie weer vir Lyla op. Hy besoek haar af en toe. Hulle ontwikkel ‘n soort verhouding waarin hulle mekaar kort-kort sien.

Tommie bly nou in ‘n meenthuis wat hy huur. Sondagoggende vroeg gaan draf Tommie of hy ry fiets. Terug tuis stort hy en gaan laai dan vir Lyla, wie se huis nie ver van syne is nie, op om kerk toe te gaan. Lyla gaan gewoonlik vroeg Sondagoggende gim, so die reëling pas haar goed.

Die betrokke Sondag het Lyla ‘n geel pakkie aan vir kerk. Dis noupassend en fraai. Tommie stoot vir Lyla liggies terug in haar huis in toe sy uitkom. Sy kyk hom vraend aan. Hy laat haar omdraai, buk en vat die rompie se rand vas. Hy trek dit op oor haar boude. Daarna trek hy haar deurtrekker af en druk dit in sy sak. Dan trek hy die rompsoom weer af oor haar boude, tot die romp netjies in plek is. Hy stoot haar by die deur uit. Sy wil nog iets sê, maar Tommie druk sy vinger saggies oor haar lippe.

By die kerk ontmoet hulle Lyla se ma. Sy kom sit langs haar oudste dogter. Die dag kon die dogter net nie haar sit in die kerk kry nie. Dis seker wat pêntieloosheid aan ‘n vrou doen, meen Tommie. Na kerk ry hulle na Brooklyn Mall waar haar ma by hulle aansluit. Hulle gaan sit in Café Rossini. Lyla is stiller as gewoonlik en eet min.

Na ete, toe hulle deur die mall stap, fluister Lyla in Tommie se oor: “Ons moet nóú huis toe gaan! My koekie brand vir jou!”

Tommie maak sy bakkie se deur vir Lyla oop. Met die inklimslag trek sy haar rompie op … en op … en op. Teen die tyd dat sy sit, is die romp om haar middel gefrommel. As Tommie inklim, is Lyla al drie vingers diep in haar onblote poesie op. Sy is nou roekeloos jags. Tommie kan beswaarlik sy oë op die pad hou. Hy het geen vrou al ooit so dierlik gesien nie! Net voor hulle die kompleks binnery, kom Lyla rukkend. Tommie ry tot voor Lyla se eenheid. Hulle sit ‘n hele ruk daar sodat sy tot haar sinne kan kom.

Later in die meenthuis het beide se klere by die voordeur op die vloer gelê toe hulle die kamer instap. Lyla gooi vir Tommie op die bed, rol ‘n geribte kondoom oor sy voël af en klim oor hom. Sy gaan sit en begin hom cowgirl-styl ry dat hy nie weet watter kant toe nie.

“Ek het ‘n monster geskep!” dink hy terwyl sy hom met lang oorglyhale, haar borste op en af wippend, spyker.

Maandag het Tommie vinnig opdragte aan sy werkers uitgedeel en homself uit die voete gemaak. Hy ry Midrand toe, na ‘n sekswinkel waarvan hy gelees het. Hy weet presies waarna hy op soek is: ‘n pêntie met ‘n ingeboude vibratortjie. Hy het dit in Londen in ‘n sekswinkel gesien. Hy hoop die Boerenasie kan dit hier al te koop kry.

Tommie is gelukkig – die winkel het nog een in voorraad. Dis ‘n g-string van rooi kant met so ‘n klein ingeboude kapsule-vibratortjie. Dit werk met afstandsbeheer, ‘n klein kontroletjie wat maklik in jou sak pas.

Die volgende Sondag wag Lyla sommer in haar huis vir Tommie – sonder ‘n pêntie, soos dit nou vir haar mode geword het.

Hy help haar om die rooi verrassing aan te trek. Lyla is baie bekommerd oor wat in die kerk sal gebeur. Sy hou aan vir Tommie sê hy moet versigtig wees. Hy glimlag net.

Tommie het ‘n plan. Net na die groet van die dominee, toe hulle begin sing, skakel hy die vibrator met die afstandskontrole in sy baadjiesak aan. Lyla gryp die stoel voor haar vas dat haar kneukels wit raak. As hy na Lyla oorleun en sy kop effe laat sak, hoor hy die ligte gonsing wat onder die klank van die orrel van haar mik voortkom.

Tommie sit die vibratortjie af toe hy sien sy kan dit nie meer hou nie. Kerklied na kerklied gee hy haar vir so halfminuut op ‘n keer van die vibrasiemedisyne. Met die laaste gesang swig Lyla se knieë. Sy syg op die stoel neer.

Na kerk is hulle reguit huis toe. As sy uitklim, sien Tommie Lyla het dik strome vrouekom op sy bakkie se sitplek agtergelaat. Hy weet wat hy met haar in die huis gaan doen as hulle die huis ingaan. En hy weet sy sal geen beswaar hê nie!

Aitsa, daai tydjie met Lyla was darem lekker, dink Tommie toe die kelnerin die burger voor hom neersit.

Maar wag, daar was nog verdere pret met Lyla, dink hy toe hy aan die burger begin weglê.

Lyla se jonger suster trou en Tommie gaan saam met haar. Dis ‘n klein oggendtroue – net die naaste vriende en familie is genooi. Nadat al die familie gegroet is en na hul welstand verneem is, is Tommie en Lyla na die suster se huis, waar hulle verklee.

So met die uit- en aantrekkery besluit Tommie se slang hy hou van wat hy sien en hy wil Lyla begin pik. Hulle eindig in die stort waar Tommie Lyla se koekie vryf. Hy sê hoe graag hy ‘n gladde koekie sal wil lek terwyl sy vingers met haar haartjies speel. Sonder ‘n woord vat Lyla haar suster se skeermes en skeer haar koekie seepglad. Tommie raak lighoofdig van opgewondenheid.

Nat vanuit die stort eindig hulle op die bed, waar Tommie dadelik afsak na die pas geskeerde lekkerny. Hy laat gly sy tong oor die gladde vel van haar lippies. Eenkant op, anderkant af. Hy knibbel aan haar klit. Dan word die klit liefderik gelek en geblaas.

Tommie het al die kuns van miksmullery bemeester. Of so dink hy. Hy druk sy tong in Lyla se spleet en skryf denkbeeldig die alphabet met sy tong uit. Eers klein letters dan hoofletters. Hy neurie ‘n liedjie en hoop maar daar is nie ander mense in die huis wat dit hoor nie.

Na maande se gemiksmul, raak sy tong nie meer seer nie. En nou kan hy Lyla ‘n rukkende orgasme gee hier op haar suster se bed gee – soos elke keer wat hy haar besmul.

Teen die tyd dat hulle die kerk instap vir die diens, sien Tommie Lyla trap met haar voete effe wyer uitmekaar as gewoonlik.

Tommie het geweet dis van sy bekwame miksmullery en sluk genoegdoenend die laaste happie van sy kos in.

Tommie dink aan daai besonderse aand by Lyla se blyplek, toe die kelnerin sy koffie voor hom neersit.

Tommie was vroeg by Lyla daai middag. Hulle was gou in haar kamer. Wetende hoe lus sy vir ‘n vrikkel met ‘n trilling was, het hy gou haar vibrator – haar gewone dildovormige een – uit haar laai gekry.

Hy druk dit diep in haar doos in en sit dit op volspoed aan. Dan lek hy haar klit. Lyla se lyf begin sulke klein rukbewegings maak.

‘n Oomblik later word die rukbewegings meer intens. Sy druk Tommie se kop weg van haar poes af. Tommie klou vir lewe en dood terwyl hy haar klit ‘n pak slae gee met sy tong. Lyla knyp Tommie se kop met haar bene vas dat hy seker is dit is sy laaste dag op aarde. Dan begin sy in alle erns ruk. Onwillekeurig ruk haar hele naakte lyf.

Tommie gee skiet by haar klit en stel die vibrator stadiger. Dan sit hy dit af. Die vibrator glip vanself uit Lyla se supernat doos uit en val op die bed.

Tommie gaan lê langs Lyla en streel liggies oor haar lyf met sy vingerpunte.

Lyla raak aan die slaap en word later wakker en al wat sy sê is: “wow …  wow … wow …” terwyl sy saggies oor Tommie se baard vryf.

Laataand is Tommie se slang oproerig. Heelmiddag al is die slang maar ‘n meter of so van die genot-plekkie af, maar kry nie ‘n beurt nie. Nou is dit tyd. Tommie rol ‘n kondoom af oor sy wa en soek die dieptes van Lyla se lyf op. Lyla hou hom styf vas en soen hom passievol. Tommie kom gou, maar is nie lus om nou al uit Lyla se lekker plekkie te kom nie. Hy hou aan met die naai-aksie.

Tommie voel later, terwyl hy haar nog naai, hy is darem baie naby aan Lyla. Hy kyk af en sien die kondoom het afgekom! Hy is nie reg vir snotneus-kindertjies nie! Hy pluk uit.

Lyla is half histeries. Sy loop was haarself dadelik om die sperms uit haar uit te kry. Tommie ry na ‘n 24-uur-apteek om die nabehoedpil te kry. Daar moet hy eers na die prehistoriese apteker se preek luister dat mens beter moet beplan – sodat jy nie die oggend-daarna-pil nodig kry nie.

Hy ry so vinnig moontlik huis toe, sodat Lyla die pil kan drink. Die volgende dag bel hy haar klokslag 12-uur om seker te maak sy het die tweede pil gedrink.

Maar Lyla het ook haar foute gehad, dink Tommie toe hy kleingeld uit sy beursie vir ‘n fooitjie haal.

 

(Lees volgende episode HIER)

6 thoughts on “Hekelwerk met gemiste steke (8)

  • Stout…. lekker stout… knip oog… in dit in die kerk, ek hou baie daarvan.

    Ek dink net albei se orgasmes sou soveel meer intens kon wees sonder ‘n kondoom.

    Reply
    • Dankie vir die positiewe terugvoer.

      Ja, kondome maak die sensasie minder, natneus kindertjies laat die seks sommer verdwyn!

      Reply
      • En dan is daar die orgasmiese opsie dat jy soveel kere en baie en hard as wat jy wil diep polsende in haar kan leegspuit… sonder die ander gevolge…. aan die ander kant… nipples wat drup van melk is net ook so kinky!!

        Reply
  • Dankie- dis erg goed geskryf

    Reply
    • Dankie aan Lusman vir sy versorging!

      Reply
      • Dankie vir die erkenning, Tiptop. Sonder jou veelkleurige taalgebruik sou ek waarskynlik nie veel kon bydra nie.

        Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)