Die Affêre (4)
deur Ramkat Erasmus
My kop is deesdae gevul met Natasha. Haar naam tril in my senuwees. Haar lyf voel ek onder my hande as ek deeg knie, of met maalvleis werk. Ek ruik haar in die kruie en speserye in die spens en ek voel haar op my lippe as ek sjampanje drink.
By die restaurant gaan ons dag na dag aan. Daar is die gewone probleme met personeel, moeilike klante en voorraad wat nie afgelewer word nie of verkeerd afgelewer word. Die irritasies is klein, maar ek voel dit erger as gewoonlik. Want ek wil nie hier wees nie. Ek wil by haar wees, in haar wees.
Ek het ‘n sjef geword omdat ek ‘n sensualis is. Ek beleef met my lyf, my sintuie, my hande, en kos bied dit alles. Alles in my lewe was nog altyd ondergeskik aan kos. Ek leef vir nuwe smake, nuwe sensasies in die kombuis, of op die tafel, en skielik vind ek myself agterlosig in die kombuis.
En dis haar skuld. Natasha. Die donkerkopvrou met die Mona Lisa glimlag en die honger lyf wat haar aan alles onderwerp wat ek aan haar wil of kan doen. En ek gee nie om nie. Ek is seker my vennoot, Fanie, kom agter iets is verkeerd, maar vir die huidige sê hy niks, vra net of ek oukei is.
En ek is oukei. Meer as oukei. Ek vra myself af of ek verlief geraak het op die vrou, maar dit wat ek beleef is nie liefde nie. Dis wellus. ‘n Verknogting aan haar lyf, haar smaak, haar reuk en meeste van alles haar ywer en meedoen. Ek het van dag een af geweet sy hou van seks. Ek het net nie besef hoeveel sy daarvan hou nie.
Ek doen moeite om my roetine nie te laat afwyk van die normale nie. Behalwe vir Fanie se kommer oor my in die kombuis, kom niemand agter dat ek ‘n tweede, donkerder, meer sensuele lewe lei nie.
Ek en Natasha is, op die oog af, net restauranteur en klant. Ek gesels met haar en die ander mammas soos altyd. Skerts en maak grappies met almal om die beurt en niemand kom iets agter nie.
Dan breek ons tyd aan. Ons trek van gastehuis na hotel na gastehuis en verlustig onsself in mekaar se lywe. Dit gebeur ongereeld, want sy het die verpligtinge van man en kinders en ek moet verlief neem met haar skedule. Ons praat nie oor ons huislike omstandighede nie, en ons gebruik ‘n geheime taal wanneer ons daaroor moet praat. “Ek kan nie vir die volgende week wegkom nie” beteken dat daar aanspraak gemaak word op haar tyd deur haar gesin.
“Die restaurant is baie besig” beteken ek het ‘n gesinsverpligting. En alhoewel ons nie daaroor praat nie verstaan ons mekaar. En die tye wanneer ons nie bymekaar kan wees nie, maak die weersiens net soveel soeter.
Ek is gedurig op die Internet op soek na plekke waar ons mekaar veilig kan geniet. Die besige plekke is die veiligste, want in afgelëe gastehuise wil die eienaars gesels en uitvind van waar af ons is. Goedkoop hotelle in die stad het weer ander nadele, soos die tipe kliente wat daar uithang en die dun mure.
Dan ontdek ek ‘n klub vir ‘swingers’ wat op Woensdae deur die dag oop is. Ek lees op oor hulle, kyk na die foto’s, lig myself in oor die aktiwiteite en besluit dan om in te teken en die stywe lidmaatskapsfooi te betaal.
Ek gaan een Woensdag alleen en sit in die kroegie met ‘n drankie terwyl die vriendelike gasvrou, Irma, vir my al die reëls en regulasies verduidelik. Dan vat sy my op ‘n toer deur die plek. Daar is die verskeie speelkamers, elkeen met ‘n verskeidenheid tekens wat jy op die deur kan sit. Die tekens vra dat jou privaatheid nie geskend moet word nie, of sê dis ‘n paartjie wat ‘n derde party soek, of, of, of… Ek is nogal verbaas deur al die permutasies waarvoor daar gesorg word. Sy wys my die voyeurkamer waar mens deur ‘n venster kan staan en kyk hoe ander mense spyker of, jy kan self gaan spyker as jy wil, sodat mense vir jou kan kyk. Oral waar jy kyk staan elegante houers gevul met kondome en smeermiddels van alle soorte en geure. Die laaste kamer wat sy my wys, is die donkerkamer waar mens, anoniem, in die donker kan uitreik na ‘n beskikbare lyf en jouself bevredig. In party van die kamers is daar allerhande ander apparate soos blindoeke, swepe en boeie, maar sy verseker my dat die goed gereeld skoongemaak en gesteriliseer word.
Terug in die kroeg is daar nou ‘n paar mense. Die gasvrou stel my oor en weer voor en ek gaan kry weer ‘n kroegstoeltjie en gaan sit met my drankie. ‘n Middeljarige vrou met visnetkouse, hakskoene en ‘n tipe korset kom na my toe aangestap. Sy stel haarself voor as Hilda en wil op Engels weet wat my “poison” is. Ek is nie seker wat sy bedoel nie en sy lag en vra of ek ‘n “newbie” is. Ek knik instemmend en sy begin verduidelik dat almal sekere voorkeure het en sy wil maar net weet waarna ek op soek is. Sy is die informele koppelaar wat mense met soortgelyke voorkeure bymekaar uitbring. As ek bv. lus is vir ‘n “threesome” met ‘n man en ‘n vrou sal sy my aan ‘n paartjie voorstel wat ‘n derde party soek om mee te speel. Ek bedank haar en sê ek sal vir eers maar net sit en kyk en gesels. As ek aan iets dink waarvoor ek lus is sal ek met haar praat. Sy lag en sê ek hoef regtig nie “kinky” te wees nie, daar is heelparty mense wat net doodgewone een-op-een vanilla seks verkies.
Ek knoop geselsies aan met allerhande mense, soos die Britse egpaar wat na ander paartjies soek om saam met hulle te speel, ‘n man wat vir ‘n lugredery werk as vlieënier, ‘n dokter en sy “girlfiend” en verskeie ander eensame siele wat afleiding, of aanvaarding soek in die anonimiteit wat die soort plekke bied.
Een vrou kom stel haarself voor. Sy het ‘n deursigte bloes aan sonder ‘n bra, sodat ek haar boste duidelik kan sien, en daar is niks met hulle verkeerd nie. Sy’t ‘n naamplaatjie aan waarop daar staan: “Born to fuck”. Haar naam is Tina en sy is vriendelik en geselserig. Na ‘n ruk nooi sy my om saam met haar te gaan swem in die verhite binneshuise swembad.
Ons loop in die gang af en sy maak die deur oop na ‘n vertrek waar die mure reg rondom bedek is met sluitkassies. In een hoek is daar ‘n rak vol wollerige handdoeke. Sonder enige formaliteit, of selfs ‘n blik of ‘n bloos, trek Tina haar bloes uit en vou dit op voor sy dit in ‘n leë sluitkassie sit. Haar romp is volgende en dit gaan ook in die sluitkassie in. Dan haar skoene, en dan is sy kaal. Sy vat ‘n handdoek en draai dit om haar lyf. Dan steek sy haar naamplaatjie aan die handdoek vas. Ek is effens verbaas oor die terloopsheid van die gedoente, maar volg haar voorbeeld en trek my klere uit en sit dit in ‘n sluitkassie. Ons sluit ons kassies en maak die sleutels om ons gewrigte vas met ‘n toutjie. Ek draai die handdoek om my lyf en stap agter Tina aan na die swembad toe.
Daar aangekom, laat sy die handoek val en duik in die water in. Ek doen dieselfde en duik agter haar aan. Ons eindig in die hoek van die swembad en ek gaan staan met my rug teen die kant van die bad. Sy kom gly in my arms in en soen my op die mond. Dan gly haar hand af na tussen my bene en sy vat my semi-stywe horing vas. En na ‘n rukkie is hy nie meer semi-styf nie…
Ek word bewus van ‘n man wat op een van die stoele na ons sit en kyk. Hy het al sy klere aan en hy sit ‘n sigaret en rook.
“Ons het ‘n toeskouer” fluister ek in Tina se oor.
“Ek weet,” sê sy.
“Ken jy hom”
“My man. Hy hou daarvan om te kyk hoe ek ander mans naai”
-0-
Heelwat later sit ek en die vlieënier, Dawid, en gesels. Hy kom al lank na die plek toe, want na twee huwelikke wat op die rotse geloop het, het hy besluit die lewe van ‘n vlieënier is nie goed vir langtermyn verhoudings nie. Hy kuier nou gereeld by die klub, ten minste elke keer as hy in die RSA is, en hy besoek ook sulke klubs in ander lande. Hy beweer dat hy genoeg seks kry en dat hy nie ‘n verhouding mis nie. Dan begin hy my uitvra oor my omstandighede. Ek hou dit vaag en skimp dat ek eintlik ‘n plek soek om ‘n skelmpie heen te bring waar ons verseker is dat niemand gaan uitpraat nie. Hy lag en sê dat almal by die klub agter die deur staan. Dis per slot van rekening nog nie sosiaal aanvaarbaar om vir mense te sê dat jy sulke plekke besoek nie.
Ek hou van hom en ons gesels kopstukke oor alles en nog wat. Hilda met die visnetkouse gooi weer ‘n draai en glip sonder aarseling haar hand tussen Dawid se bene in. Hy soen haar op die wang, glimlag vir my, sit sy drankie neer en hulle verdwyn in die gang af waar die speelkamers is.
Ek gooi nog een draai deur die plek, kyk deur die venster van die voyeurkamer na twee paartjies wat inmekaar verstengel is, en gaan soek dan vir Irma.
Sy sê ek moet ‘n bietjie langer bly, want die plek begin nou vol loop, maar ek groet en sê sy sal my gou weer sien, en die keer met ‘n vriendin.
-0-
Natasha en ek moet 3 weke wag voor ons mekaar weer op ‘n Woensdag kan sien. Sy verseker my sy het reëlings getref dat sy laat by die huis kan kom.
Ek laai haar by haar kar op wat in ‘n besige winkelsentrum se garage geparkeer is. Ons ry en kort voor lank draai ek by die hekke van die klub in. Ek wys my klub ID aan die wag en hy beduie my na die parkeerterrein.
Daar is net drie karre daar en as ons instap wag Irma ons in. Die eerste keer wat ek haar gesien het was sy geklee in ‘n denimbroek en gewone bloes. Die keer het sy, soos Hilda die vorige keer, ‘n korset, visnet kouse en hakke aan. Sy onthou my naam en ek stel haar aan Natasha voor. Sy vra of sy vir Natasha op die toer moet neem en of ek dit wil doen. Ek gee Natasha in haar bekwame hande oor en gaan kroeg toe waar ek vir ons elkeen ‘n drankie bestel.
Soos die vorige keer is die plek leeg, behalwe vir my en die kroegmeisie. Sy onthou wat ek die vorige keer gedrink het en ek bestel Natasha se drankie ook. Na ‘n rukkie kom Hilda in en kom gee my ‘n druk en ‘n klapsoen. Sy’s die keer in ‘n sjoebroekie met ‘n hemp wat net onder haar borste vasgeknoop is en ‘n cowboyhoed op haar kop. Sy’t ook cowboystewels aan. Ek koop vir haar ‘n drankie en ons gesels ‘n bietjie oor die weer en dan kom Natasha in van haar toer af.
Sy kom sit grootoog op die stoel langs my en ek stel haar aan Hilda voor. Hulle groet beleefd en Irma en haar vriendin verdwyn na die kombuis toe.
“Hoe de fok het jy van die plek gehoor?”
“Internet”, antwoord ek haar vraag.
“Is dit veilig? Wat as iemand hier inloop wat ons ken?”
“Almal hier is in die dieselfde bootjie. Niemand gaan uitpraat nie.” probeer ek haar gerusstel.
Sy suig aan haar drankie en kyk rond.
“Het jy daai voyeurkamer gesien?, “ fluister sy.
“Jip”
“En naai mense regtig daar voor ander mense?”
Ek vertel haar van die twee paartjies wat ek die vorige keer daar gesien het en sy lyk asof sy my nie glo nie. Dan kom Dawid ingeslenter. Hy stap nader en ek stel hulle voor en kort daarna kom Tina en haar man in. Tina het die keer ‘n stywe broek aan waaruit daar gate gesny is op strategiese plekke soos haar dye, haar kuite en, as sy omdraai, haar boude. Haar top is ‘n mansonderhemp met gate in, en die keer sê haar naamplaatjie: “Wanna fuck?”
Ons gesels oor die en daai en dan koop ek vir hulle ook elkeen ‘n drankie. Hulle stap weg om ander mense te gaan groet en Natasha leun oor na my toe.
“Het jy daai naamplaatjie gesien?” vra sy.
“Jip. Laaskeer het dit gesê ; Born to fuck”
Dan sien ek die Mona Lisa glimlaggie vir die eerste keer. “Klink soos ek en jy…”
Ons ontmoet ander mense. Hilda doen haar bes om ons in ‘n rigting te druk, maar ek sê net dat ons oukei is.
Wanneer die plek goed vol is, maak ek my glas leeg en vat Natasha aan die hand. Ek lei haar na die kamer met die sluitkassies. Daar is niemand anders daar nie en ons trek uit en sit ons klere in een kassie. Ek sit die sleutel om my gewrig en met ons handdoeke om ons lywe stap ons weer terug na die kuier area.
Ek kry vir ons vars darnkies en met Natasha baie naby aan my, loop ek in die rigting van die voyeurkamer. Ons loop by die swembad verby en Tina is in die water saam met Dawid. Haar man sit en rook op sy gewone stoel en aan die bewegings in die water is dit baie duidelik dat sy besig is om Dawid se draad te trek.
Ek stap in die gang af by al die speelkamers verby. Van die kamers het tekens op die deur. Die eerste een sê; Lady wanted for threesome with man and woman. Die volgende een adverteer vir ‘n: Couple to join couple. Natasha kyk grootogig na alles en dan is ons by die voyeurkamer se venster. Op die groot matras is ‘n man besig om ‘n vrou se poesie te lek. Dieper in die kamer in is ‘n ander paartjie besig om te naai. Ek het hulle vroeër in die kroeg gesien. Hy’s lank en donker en sy klein en blond en sy het swart vlerkies aangehad. Die vlerkies lê nou langs hulle en hulle is albei kaal. Hy stut homself op sy tone en arms en sy lê onder hom met haar arms na die kante toe uitgestrek en haar bene bene wawyd oop in die lug. Hy trek uit en druk in en die enigste dele van hulle lywe wat aanmekaar raak is haar koekie en sy horing. Ek hoor hoe Natasha se asem begin jaag waar sy effens agter my staan en kyk.
Dan word ons aandag afgelei deur die ander paartjie op die matras. Hy het blykbaar die regte dinge gedoen, want sy begin gil en skree en sy het hom aan die hare beet terwyl sy die man se gesig dieper in haar seks intrek.
Natasha druk haarself van agteraf teen my aan. Haar asem jaag en sy fluister: “Fok, dit maak my jags om so na hulle te staan en kyk.”
Ek trek haar om sodat sy voor my staan en my ereksie kan voel wat teen haar rug druk. Deur die handdoek liefkoos ek haar borste en sy vat aan haar koekie en streel haarself.
Die paartjie met die vlerkies het nou harder begin naai. Maar steeds raak net hul geslagsdele aan mekaar. Ek besef hulle is nie besig om liefde te maak nie, maar om ‘n vertoning te gee, ‘n demonstrasie wat sê; Sien ? So naai mens!
Natasha verstyf teen my en haar asem jaag in haar keel. Ek hou haar vas en fluister in haar oor. “Daar’s nog baie tyd…”
“Ek wil kom en kom en kom…”
Die vlerkie paar bereik saam ‘n orgasme, maar dis net te netjies, te mooi beplan en ek vind dit nie eintlik seksie nie.
Ons loop terug na die swembad en nou is daar meer van die speelkamers wat beset is. Ons sit ons handdoeke op ‘n stoel en klim in die warm water in. Daar is ‘n trappie waar mens kan sit en steeds halflyf onder die water wees. Natasha leun terug sodat die water net-net haar tepels bedek.
“Jy gaan maak dat ek op jou spring,” sê ek vir haar.
“Is dit vir jou mooi?” en sy glimlag die Mona Lisa glimlag.
As antwoord leun ek oor en knyp een van die teples wat net-net bo die water uitsteek. Sy kreun, maak haar oë toe en haal diep asem.
Ons sit vir ‘n ruk en kyk na Tina en Dawid wat nog steeds in die poel is. Tina se man sit op sy stoel met sy sigaret en met die een hand vryf hy lui-lui oor sy gulp.
Irma kom nader en sê dat daar nou ‘n kompetisie in die kroeg is. Mooiste boobs wen ‘n bottel sjampanje. Ons trek onsself uit die warm water uit, en draai ons in ons handoeke toe.
Die kroeg is stampvol en Hilda staan by ‘n groepie vrouens wat heel duidelik die deelnemers gaan wees. Die eerste meisie klim op die kroegtoonbank en laat haar boobtube sak tot by haar naeltjie. Die mense klap hande en Hilda wys ‘n 6. Dan is dit die volgende meisie en sy knoop haar bloes oop. 7. Die volgende twee meisies het handoeke om hulle lywe en die eerste een kry 7 en die volgende een 8. Dan skielik is Natasha op die toonbank. Sy loop stadig tot in die middel van die vertrek en kyk die mense een vir een deur. Dan laat sy die een puntjie van haar handdoek stadig sak. Nes die tepeltjie amper ontbloot is trek sy dit weer op. Die manne boe haar en dan is dit die ander tepeltjie se beurt. Die mense geniet haar vertoning en wanneer sy uiteindelik haar handoek tot op haar heupe laat sak, kry sy dit ook reg om haar skaamhaartjies net vir ‘n oomblik deur die spleet in die handdoek te laat wys. Die mense gaan mal. Hilda gee haar ‘n 10 en ‘n bottel sjampanje.
‘n Paar gewillige manne help haar van die toonbank af en sy kom blosend met hygende asem by my aan. Ek gee haar ‘n druk en ‘n soen en sy vra dat ek die sjampanje moet oopmaak.
Ons deel die sjampnje met ‘n paar mense en dan staan Tina weer voor ons.
“Wil julle dalk in die donkerkamer gaan speel?” vra sy
Ek kyk vir Natasha en Mona Lisa glimlag vir my terug.
“Wie anders is daar?” vra ek en Tina lag.
“Dis die lekker daarvan. Jy weet mos nie…”
By die donkerkamer se ingang staan ‘n groot bak kondome en smeermiddel. Ek vat ‘n kondoom, byt die pakkie oop en gee die stukkie rubber vir Natasha. Ons laat ons handdoeke in ‘n hoop val en volg die nakende Tina in die vertrek in.
Ek hou my hand teen die muur en lei vir Natasha tot ek in die hoek van die vetrek kom. Dis stikdonker. Om ons hoor ons asems jaag en mense kreun. ‘n Vrouestem kreun laag en sê dan: “Oh yes, fuck me, fuck me hard!”
Natasha se naels druk in my skouer in. Ek draai na haar toe en druk haar op haar knieë. Soos ek haar geleer het, sit sy die kondoom in haar mond en rol dit oor die kop van my voël. Dan gebruik sy haar hande om dit af te rol tot onder. Haar een hand omvou my balle en haar mond en tong liefkoos sy my piel. Dan sit iemand hulle arms om my. Aan die drukking teen my rug kan ek voel dis ‘n vrou. Sy vryf haar hande oor my borskas en dan af tot sy die vrouemond om my piel voel. Sy kreun in my nek in en sak ook af. Dan is daar twee monde om my skag. Een om die kop en een om die balle.
Ek kreun hard en hulle doen hulle werk met oorgawe. Dan verdwyn eers die een mond en dan die ander. Ek sak versigtig op my knieë af en voel-voel na die vrouens wat flussies aan my voël gesuig het. Ek voel ‘n vrou se boude, volg die kontoere boontoe en ontdek sy is besig om aan ‘n ander vrou se poes te suig. Ek streel weer na onder, voel die boude, trek hulle van mekaar af en glip my hand in na die natigheid daaronder. Ek druk my piel in die nat kloof in en begin naai. Ek hoor kreune en steune van twee vroue stemme, maar weet nie wie ek naai nie, die ander vrou of vir Natasha.
Dan skielik voel ek hande op my skouers. Iets skuur teen my rug en ek besef dit ‘n bos skaamhare. Terwyl ek die poes onder my naai, trek ek die nuweling om en voel met my mond na die ding wat sy in my rug ingedruk het. Ek vind haar skaamlippe en boelie haar klit met my tong. Ek hoor ‘n gil, die lyf gee ‘n ruk, en dan is sy weg.
Ek voel dat ek nou naby is en trek uit. Die boude onder my druk terug. Sy wil nog hê, maar ek beweeg my heupe uit die pad en sak langs haar neer. Ek en die vrou eet nou saam aan die poesie voor ons.
-0-
Later staan ek en Natasha saam in die stort. Ons was mekaar sorgvuldig.
“Hoe was dit vir jou?” vra ek.
“Ek dink dit was oukei…”
“Net oukei?’
“Ja. Ek wil weet wie my naai. En wie ek naai. ‘n Man met ‘n baie groot piel het my bygekom. Ek is eintlik nou ‘n bietjie seer… En ‘n hele paar vrouens…”
Ek lag. “’n Man met ‘n baie groot piel het my ook probeer bykom!”
Sy trek my nader aan haar en soen my. “Kom ons doen dit weer, maar die keer kies ons wie ons wil naai en deur wie ons genaai wil word, en ons hou die ligte aan…”
“Deal”.
-0-
Net voor ek in my eie bed aan die slaap raak, hoor ek hoe gil sy my naam.
4 COMMENTS
Is daar dalk permanente blyplek beskikbaar in die klub ?
Is daar ‘n dokter beskikbaar vir resusitasie ?
Verdwyn die klub in wolkies as jy ophou droom ?
Smile ☺
ek hou van mooi meisies
En ek van manlike mans
Mag ek vra wat die club se naam is