Hartstog

Hoe lank gaan ek lees: 4 minute

deur Wille Will

(Opgedra aan Ramkat L’amour)

Taalversorg deur Lusman

Daar is nog net hier en daar strepies mis waar die son begin neerbak op die dorpie. By die dorpsingang staan ‘n skewe naambordjie – want die een pen is dieper ingeslaan as die ander een – waarop die dorp se naam verskyn. Daar is egter twee, nou al geroeste, koeëlgate deur die bord en al wat wys is “Ha…tog”.

Die eerste huis aan die linkerkant van die gruishoofpad is ‘n draadomheinde moddersteenhuisie met ‘n netjiese tuintjie. Die boonste gedeelte van die voordeur staan oop en ‘n vrou is besig om met ‘n grasbesem te vee-vee by die klein hekkie aan die straat se kant. Sy’t ‘n donkerrooi kopdoek met twee punte in die lug gebind op haar hoof waaronder haar wit, amper-porselein-gesig met die natuurlike rooi blos op die wange, sterk kontrasteer. Haar Paisley-patroon- maroen rok is vollengte maar sy’t seker ‘n hoepel-onderrok aan, want dit staan wyd uit vanaf haar middel ondertoe. Klein knopies met ‘n wit kragie maak die rok toe tot hoog teen haar hals asook by haar gewrigte. Bo-oor dit het sy ‘n spierwit vollyf-voorskoot aan.

Op die buitehoek van die erf, naaste aan die ingangsbordjie, sit ‘n bejaarde Griekwa-man op ‘n vierkantige, omgekeerde leë paraffienblik. Hy’t ‘n Homburg-hoedjie op sy hoof met ‘n veelkleurige veertjie in die hoedband. Hy leun op ‘n swart reliëfgekerfde loopkierie met altwee hande en hy’t ‘n tweedbaadjie aan met leer-insetsels by die elmboë en ‘n koordferweelbroek.

Daar is baie kraaispore om sy oë, saam met al die ander plooie op die geel/ligbruin gesig. Hy tuur na die vlaktes van waar die pad na die dorp kom deur die wuiwende hoëmielie-lande. Hy herroep sy Kimberley-dae toe hy met Salmien en haar soepel jonkvroulyf die riel gedans het op die jaarlikse skou. En hoe hulle, na hul die eerste prys verower het, daardie aand met haar lyf onder syne, verdere passie uitgeleef het. Sjoe, haar tolle met die donker tepels wat so geswaai het toe sy ‘n slag bo-op hom gesit en sy longe uitgery het. Allemastig, sy’t ‘n koek gehad wat voel asof dit jou genotstok kou van lekkerte terwyl sy naai!

By hom staan ‘n klein meisietjie met ‘n blasser vel as syne. Sy’t twee kroeshaar-poniesterte weerskante van haar gesig. Met een hand wat op sy skouers rus, draai sy ingedagte met die ander hand die een poniestert al in die rondte terwyl sy met haar kaalvoet-groottoontjie sirkels trek in die los sand. Wanneer sy skielik opkyk slaan haar ysblou oë jou voete onder jou uit. ‘n Bruin kind met sulke oë?

‘n Grys gebou met ‘n afskilferende groen sinkdak is aangrensend aan die huis en het ‘n Kaapse gewel voorkant met die jaartal 1892 uitgegraveer by die boonste boog. Onder dit is ‘n sonverbleikte, geverfde advertensie met ‘n vrou wat glimlaggend oor haar skouer na jou loer terwyl sy ‘n geel pakkie “Trekker”-koffie in haar hande vashou. Onder dit is “Handelshuys” ook uitgegraveer op die muur.

Die stoep het nog houtrelings reg rondom waaraan perde se leisels vasgemaak kan word. Die dubbeldeuringang is reeds oopgemaak en ‘n lenige man, met ‘n verweerde blou denimbroek en -baadjie aan, leun met een elmboog op die houtreling terwyl hy ‘n deuntjie fluit. Hy gooi die wieletjie van die ou spoorslag, wat hy besig was om te tol met sy sterk vingers, eenkant in die stof. Hy kom regop en kyk op en af met die hoofstraat langs, skuif sy Stetson-hoed agtertoeër op sy blonde hare en vat gerusstellend aan die kolf van sy Colt 45 in die leerskede wat laag aan sy regtersy hang, saam met die paar loodkoeël-patrone in die bandeliergordel om sy heupe. Hy lig sy cowboy-stewels om die beurt op om te sien of daar beesmis aan die sole is en dan leun hy weer met een elmboog op die houtreling en kyk na die ou, ongebruikte rooi en geel Vaudeville-koets wat oorkant die pad langs die hotel staan.

‘n Skewe glimlag plooi om sy lippe wanneer hy terugdink aan een aand, nog in die fleur van sy lewe, toe hy te veel mout en whiskies gedrink het, alhoewel hy met elkeen van die “Vaudeville”-danseresse gedans het. Half-uitgepaas het een van hulle hom met die trappe opgevat en in ‘n kamer op die bed laat lê. Sy’t met groot gesukkel sy cowboy-stewels uitgetrek gekry, sy hemp oor sy kop getrek gekry en toe die Colt 45 saam met die gordel van hom losgemaak en eenkant gesit. Toe sy die broeksknope los het en dit begin aftrek, het sy gesonde dik penis met ‘n “blaps”-geluid op sy maag geval. Sy beneweldheid het intussen bietjie afgeneem en toe sy sy voël met versigtige vingers van sy maag af optel, was hy wawyd wakker. Hy’t afgekyk oor sy liggaam en het gesien hoe sy intens kyk na sy stok terwyl sy haar vingers stadig daaroor begin op en af skuif.

Meteens het sy meneer lewe gekry en kloppend begin stywer raak. Sy’t haar rooihaar-kop opgewip om na sy gesig te kyk met groot groen oë. Maar hy was reeds aan die beweeg.

Hy’t die laehalsrok by haar wit tiete afgeruk en altwee in sy hande geneem en die ligrooi tepels gesuig en geknibbel totdat hul stokstyf staan.

“O glory be! O glory be!” het sy amper singend uitgeroep.

Toe het hy haar om die middel gegryp en neergegooi op die katel dat die rok en onderrokke in die lug opfladder. Hy’t haar pofbroek oopgeskeur sodat haar nat, swart behaarde koek soos ‘n blom uitpeul tussen die drillende vet binnedye. Met sy een duim op die pienk snellerknoppie aan die bokant van haar gleuf, wat hy vinnig vryf, het hy sy stokstywe voël van sy maag weggebeur en na haar sloot gebring terwyl sy nou hortend steeds sing: “O g-glory be! O g-glory b-be!”

Toe slaan hy sy meneer met een stoot tot diep in haar en begin haar met snelle gang naai.

“The prophet has cometh!” skree sy en slaan haar pofferhandjies om sy boarms en bokspring in klimaks dat die bed se vere eintlik raas en die kopstuk teen die muur slaan.

Hy was bang die katel donner inmekaar! … mymer Kurt by homself … en dan hoor hy dit. Hy staan meteens regop en sy een hand sak outomaties na die Colt 45 aan sy sy.

Martha het ophou vee en leun op die besem en kyk na die stofwolk wat al nader kom op die gesigseinder. Die onderdeur van die voordeur het oopgeklap en ‘n baie maer, witbleek man kom vinnig aangeskuifel na die hekkie toe met sy een horrelpoot. Hy’t net ‘n vuil, besmeerde frokkie en ‘n kniebroek aan en sy hare staan in alle rigtings. “Watse donnerse geluid is dit?” roep hy terwyl sy diepgesonke oë wild staar in die rigting van die dorp se ingang. Mnr. Doempie het intussen stadig opgestaan van die paraffienblik en die kind teen sy been vasgedruk dat net die groot blou oë om sy broek loer.

Die geluid was soos die horison-gerammel van ‘n naderende donderstorm, maar dit was mensgemaak – ‘n metaalgedruis wat enige oomblik met die meegaande stofwolk deur die hoë mielieplante gaan bars.

(Word vervolg)

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

6 thoughts on “Hartstog

  • Avatar
    May 23, 2019 at 10:37 am
    Permalink

    Lekker storie die Wil! Nog altyd gedinki dit sou lekker wees om Louis L’amour in Afrikaans te kon lees!

    Reply
    • Avatar
      May 24, 2019 at 4:57 am
      Permalink

      Dankie Ramkat! Ek is nou nie in sy liga nie, maar dis ‘n poging in die gen’re wat hy sy eie gemaak het.
      Lees maar eers die hele verhaal voordat jy my met Louis L’amour vergelyk. (glimlag)☺

      Reply
  • Avatar
    May 16, 2019 at 7:34 pm
    Permalink

    En moènie dat ek agterkom jyt ook n vingeŕ in hierdiw pastei nie ne.🤔🤔🤔

    Reply
  • Avatar
    May 16, 2019 at 7:12 pm
    Permalink

    Dis mos maar ‘n manier om jou aandag te boei vir die volgende aflewering, anders lees mense nie die vervolgverhaal tot die einde nie?

    Reply
  • Avatar
    May 16, 2019 at 4:50 pm
    Permalink

    Magtag ou Will, jys nou net soos die stories op TV. As jy ons mooi vas het – dan moet ons van vir volgende week.
    Ek gaan vir jou n girl stuur en as sy jou mooi opgewerk het dan sê sy vir jou ook wag tot volgende week.
    HAHAHAHAHA

    Reply
    • Avatar
      May 16, 2019 at 4:54 pm
      Permalink

      Hahaha dis ‘n goeie plan Ysbeer.

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)