Aankondiging: Kombiekiehier se skryfkompetisiefinaliste
Liewe Kombiekiehierleser,
Dit is tyd om ons finaliste vir Kombiekiehier se skryfkompetisie aan te kondig. Nou is dit in jou hande om te besluit watter storie gaan wen.
Die finaliste in geen spesifieke volgorde is:
Jan Pielewiet met die storie Nuwe ervarings vir ‘n eensame man.
Marie Claire met die storie Tarzan en Jane.
Stoute Jakie met die storie Die uitstorting van die vlees.
Wille Will met die storie Kompetisie-lekkerte.
Whale met die storie Klara.
Al vyf die stories word vandag gepubliseer. Al vyf is onder “Nuwe inhoud” te kry.
Stem asseblief vir die storie waarvan jy die meeste hou. Die stembrief is onder aan elke storie sowel as regs op elke bladsy van die webwerf. Elke leser kan net een keer stem. Die stemme bly ‘n week lank oop.
Nooi jou vriende en laat hulle ook kom lees en lus word en stem.
Baie dankie aan al die deelnemers. Kombiekiehier se lesers sal al die inskrywings oor die volgende paar weke kan lees. Ons hoop julle hou sommer aan om ons lus te skryf.
Geluk weereens.
Met lus en liefde
Annelise
