Die Affêre (14)
deur Ramkat Erasmus
Fanie wag my opgewonde in as ek na die restaurant aangestap kom. Hy beduie dat ons die tender vir die jaarlikse maskerbal gekry het. Dis goeie nuus. Die jaarlikse maskerbal in die stadsaal is ‘n deel van die Pretoriase kultuur en almal wat iemand is baklei om die peperduur kaartjies in die hande te kry. Al die fondse gaan aan liefdadigheid en die gaste hang behoorlik uit met hulle uitrustings. In die laaste paar jaar het die maskerbal algaande meer van ‘n “Halloween” gevoel begin kry. Fanie en ek tender nou al 3 jaar vir die spyseniering, maar hierdie is die eerste keer dat ons suksesvol is.
Ons gaan sit in die kantoor en begin beplan.
-0-
Ek staan oudergewoonte by die kombuisdeur met my Batmanpakkie aan. Al ons kelners is soos superhelde aangetrek. Daar is Supermen and Spidermen en ‘n paar Catwomen en Wonderwomen. Daar is selfs ‘n baie aantreklike, blonde, Supergirl. Hulle skarrel rond om almal te bedien en ek maak seker geen tafel word afgeskeep nie. Ek het die Batmanpak spesiaal laat maak vir die aand en dit het my ‘n fortuin gekos, maar ek is nie spyt nie.
Ek sien vir Liewe Heksie saam met ‘n paar diverse dwergies en feetjies by ‘n tafel sit. Die laaste keer wat die mamma’s by ons was het ek gevra of enige van hulle die bal gaan bywoon en Natasha en nog ‘n vrou het aangedui dat hulle daar sou wees. Later het Natasha vir my ‘n sms gestuur wat net gesê het: “Liewe Heksie”
In ‘n stadium staan Liewe Heksie op en gaan kuier by ‘n ander tafel. Ek herken die stap, die beweging van haar heupe en die lang swart hare. Ek dwing myself om te konsentreer en gee een van die kelnerinne gas omdat sy haar tafel afskeep en te veel gaan rook.
Die aand vorder flink en dan word die dansvloer geopen, Die mooies en rykes dans vir ‘n vale en ek verkyk my aan die verskeidenheid kostuums en die geld wat dit moes gekos het.
Die nood begin druk en ek stap toilet toe. Een van die goed waarop ek aangedring het in my Batmanpak is ‘n ordentlike gulp. Mens kan nie alles moet uittrek as jy wil pie nie. Dit vat te lank en die mense moet gevoer word. Ek maak klaar voor die krip, gee myself ‘n kyk in die spieël, trek my masker reg en gaan uit.
Soos ek uitkom, sien ek Liewe Heksie uit die damestoilet uitkom. Ek vat haar aan die skouers en sy ruk soos sy skrik. Ek draai haar om en haar oë is groot onder die masker as sy in my gemaskerde gesig vaskyk.
“Shhh”, sê ek en soen haar op die mond. Ek vou my wye mantel om haar en trek haar in die donker in.
-0-
Liewe Heksie staan op haar knieë en suig Batman se piel.
-0-
Batman buig Liewe Heksie oor die trapreëling en naai haar hard.
-0-
Batman lê op sy rug en Liewe Heksie ry hom tot hulle albei kom.
-0-
Ek soen haar vlugtig voor ons weer die saal ingaan. Sy stap weg met haar swart rokkie wat om haar elegante bene fladder, die heksehoed skeef op haar kop. Iemand tik my op die skouer. Ek draai en sien ‘n vrou met lang swart hare, met lang elegante bene en ‘n kort, wit, heksemondering aan, langs my staan. Sy lig haar masker en Mona Lisa glimlag vir my.
“Ignoreer jy vir Liewe Heksie?” vra sy stout. Ek kyk oor haar kop na waar die ander Heksie by haar tafel gaan sit. En dan begin ek lag.