Drome van Passie (2)

deur Wille Will

Lees eerste episode HIER)

Tydens die volgende repetisie het Sue oogkontak vermy buiten as hulle teenoor mekaar was in ‘n toneel op die verhoog.
Met tee-pouse het Annemarie hom stil-stil eenkant toe geroep. Sy’t nie haar gebruiklike lang stewels aangehad nie, net gemaklike slip-ons en ‘n knielengte maroen fluweelromp wat aan die een hele sy met ‘n goue ritssluiter oop-en toemaak. Bypassend was sy gekleë in ‘n deurskynende crème chiffonbloes met strategiese frilletjies sodat mens nie kon sien of sy ‘n bra oor die wellustige borste aan het nie.

“Ek wil jou iets vra … as jy kans sien?” kyk sy met die groot bruin oë in syne, terwyl sy tee skink.

Duvan knik net belangstellend.

“Kan ons vanaand bietjie gesels wanneer jy my huis toe vat? Sommer net ‘n paar dingetjies wat ek wil weet?” Sy gee sy tee vir hom aan.

Hy voel die groot ring aan haar pinkie as hy die tee by haar neem: “Vra nou as jy wil,” glimlag hy gerustellend.

Sy gee ‘n skaamlaggie en sê: “Nie hier by al die ander nie, liewer as dit net ons twee is.”

“No probs,” sê hy en gee haar elmboog ‘n drukkie as hulle almal weer terug verhoog toe stap.

***

Toe die Beemer se twee deure toeklap ry hy stadig by die oefenlokaal se hek uit. Voor hy links in die straat kan indraai sê sy haastig en hard: “Nee, draai regs vir twee blokke en dan weer regs.”

Hy maak so en wonder hoekom hul van die gewone roete na haar huis verander het. Toe hy weer regs draai sê sy: “Net reguit, jy sal sien waar kom ons uit.”

Na so twee blokke met huise weerskante word die pad skielik grondpad en daar is nie meer huise nie.

“Waarheen gaan ons?” vra Duvan.

“Geselsplek,” sê Annemarie en kyk by haar sy-ruit uit.

In die donker van die kar sien hy haar twee hande is op haar skoot, in mekaar verstrengel.

Die grondpad eindig skielik by ‘n hek wat oopstaan en hy trap rem en ry stadiger daardeur. Die BMW se hoofligte gooi lang strale oor ‘n watermassa wat in die flou maanlig kabbel.

“Hou stil waar jy wil, niemand sal ons hier steur nie.”

Hy skakel die motor af met die neus wat na die water wys.

Hy draai na haar kant toe langs hom en sien dan dat sy reeds na sy kant toe gedraai het en een been op die sitplek onder haar ingevou het.
Hy leun oor en skakel die klankstelsel aan op lae volume en hoor Schubert klavierklanke saggies daaruit stroom.

“Wat wil jy weet, meisiekind?” Sy stem klink vir hom te hard in die skielike stilte. Hy kan haar silhoeët met die slanke nek duidelik sien, maar haar gesig is in donker gehul.

“Ag, ek voel nou skielik simpel en dit het in elk geval niks met my te doen nie, Duvan.”

Hy tel haar een hand van haar skoot af op met ‘n drukkie en sê : “Jy sou my nie hierheen laat ry het as dit nie vir jou belangrik was nie.”

Hy vryf met sy duim oor haar kneukels en sy gee sy hand ‘n drukkie voor sy dit weer terugtrek na haar skoot toe.

“Dis net … wel … het jy ‘n meisie? Jy en Sue speel so eg teenoor mekaar dat dit vir my voel daar is dalk rêrig iets tussen julle? Sorry dat ek vra, jy hoef nie te antwoord nie, dit maak nie regtig saak nie.”

Sy het nou (dalk in afwagting) meer vorentoe geleun na sy kant toe en die ander hand rus nou op die sitplek se leuning en raak aan sy skouer.

Die klein jakkalsies in sy brein tart hom skielik dat sy op onverklaarbare redes uitgevind het van die ‘manage-de-trois’ tussen hom, Sue en Josephine!

Hy raak yskoud en benoud van binne, maar antwoord: “Dis maar ons goeie toneelspel, jy moet ons liewer gelukwens.”

Altwee bars uit van die lag en die maan breek ook skielik deur en verlig hul gesigte. Sonder verklaring neem hy haar skielik in sy arms en hul monde omvou mekaar. Haar eerste huiwering gaan oor in volslae oorgawe en hul tonge soek en spartel en suig aanmekaar. Sy een hand gryp en vryf agter oor haar skouers en rug terwyl die ander na haar midrif beweeg. Sy het haar een hand op sy wang, waar sy naarstigtelik soen en die ander hand is agter om sy hoof tussen sy hare.

Sy hand beweeg dringend op na haar een bors oor die bloes en as hy dit ferm beetkry voel hy haar tepel kliphard onder die bloes. (Sy het toe nie ‘n buustelyfie aan nie!)

“Du … Duvan … ons moenie …” asem sy hortend teen sy oor, maar hy verskuif sy mond na haar oorlel waar hy haar liggies byt en dan weer vol afbeweeg in haar mond in. Sy kreun hard en dan skuif hy sy hand onder die bloes in en neem haar kaal bors ferm in sy hand terwyl sy ander hand die bloes van agter optrek oor haar skouers.

Haar een hand is nou dringend om sy nek van agter af en die ander hand se naels grawe oor sy broek in sy bo-been in.

Hy leun effe terug en hy trek die bloese met albei hande in een swiep oor haar kop terwyl sy ook haar arms in die lug opstoot om hom te help.

Vir Duvan staan die tyd vir ‘n vlietende oomblik stil as hy afkyk na die klipharde ronde tepels wat, soos haar intense bruin oë, opstaar uit die groot wit volmaakte borste. Dan vou hy albei sy hande onderom die rondings en buk vorentoe en neem die tepels om die beurt in sy mond. Hy byt saggies, suig en speel met sy tong op elkeen en wissel dan vining na die ander vir meer genot.

“O Here … wat maak jy?” gil sy hard en haar hele liggaam begin te ruk.

Hy besef sy klimaks en versnel die vuurspel op haar borste. Haar liggaam ruk op en aanmekaar dat haar onderlyf oor die rathefboom van Beemer na sy liggaam roep.

Hy gryp haar boude saam en druk haar lyf teen sy maag terwyl hy sy kop tussen haar volmaaktes indruk en haar net styf vashou.

Annemarie se klimaks begin hortend met laaste rukslae bedaar en dan lê sy stil teen hom.

“En wat nou, lover?” verbreek sy die stilte.

 

(Lees volgende episode HIER)

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

9 thoughts on “Drome van Passie (2)

  • Oct 2, 2018 at 2:50 pm
    Permalink

    hahaha opwinding in al sy formate!!

    Reply
  • Sep 28, 2018 at 1:26 pm
    Permalink

    Ja en daar doen die ou meester dit wragtig weereens, manjifiek gedoen ou Will, ons sien uit na die volgende.
    En Annelise, jy moet nou asb nie met ons lelik wees en ons uitmergel nie. As ek moet help lees en redigeer praat maar, maar moet nie ons lus so uit toring nie, want iemand wat ons a;lmal goed ken se mos altyd – altyd lus.
    HEHEHEHE

    Reply
    • Sep 28, 2018 at 2:21 pm
      Permalink

      Hehehe. *evil laugh :p

      Reply
  • Sep 27, 2018 at 3:28 pm
    Permalink

    Annelise….los die sadistiese neigings….jy straf ons…..lol
    Plaas opvolg gou asb.
    Wille soos gewoonlik, welgedaan. Of jy het ‘n baie kinky verbeelding of baie ondervinding. Hetsy hoe ookal ek geniet jou skrywes

    Reply
  • Sep 27, 2018 at 2:54 pm
    Permalink

    Jy doen n baie goeie joppie Annelise, ons wag in spanning.

    Reply
  • Sep 27, 2018 at 2:18 pm
    Permalink

    Hier kom moeilikheid vir Annemarie hoor. Net mooi begin insettle toe breek die storie. Jy moet roer Wilde Wil

    Reply
    • Sep 27, 2018 at 2:21 pm
      Permalink

      (Onthou ek moet op kombiekiehier die comments eers goedkeur so dit gaan nie altyd dadelik deur nie – hang af of ek eers besig is om te slaap of masturbeer of iets 😉 )

      En soos met Boschcak se storie lê Wille Will se volledige storie al lankal by my. Ek moet dit net mooi vir julle uitrek vir die lus en ook van die ander (net sulke goeie) bydraes tussen-in vir julle opdis. 🙂

      Reply
      • Sep 27, 2018 at 9:48 pm
        Permalink

        Annelise -masturbeer-…?!

        O hemel help!! 😉

        Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)