
Land van Melk en Heuning (2)
deur JouBok
(Lees eerste episode HIER)
Ek het vir ons ‘n toerbus-pakket geboek om oorland van Dubai na Kaïro te reis. Heerlik luuks en onspanne. Ons wou graag padlangs-toer, want dit gee ons kans om meer tyd met mekaar te spandeer.
Die toerbus reis deur bykans 4000 km se antieke geskiedenis. Ons staal ons vir die verskillende interpretasies van dieselfde geskiedenis. Uitleg van mense wat dink dis vir vandag belangrik.
Ek is soos ‘n koshuis-seun wat elke truuk in die boek uithaal om Desiree êrens vas te hou of te druk sonder dat ons die lokale populasie aanstoot gee. Mohammed het ons gewaarsku en goed ingelig oor wat aanvaarbare gedrag in die eng kultuur is. Hy het gesê dat hy wil nie hê dat ons per ongeluk in die moeilikheid met die lokale owerhede kom deur die uitlewing van ons liefde nie.
Eers was dit genoeg om met Desiree te sit en gesels. Ek neem foto op foto van haar gesig-profiel met die landskap wat agter haar verbyskuif. Die geur van Desiree se parfuum sweef in die lug. Daardie reuk maak my intens bewus van haar nabyheid. Ek begeer om aan haar te vat.
Die dag sleep traag verby. Ons geniet die stop en rondstap. My fotoversameling groei by elke besienswaardigheid. Met die neem van een besondere foto dink ek daaraan hoe lekker dit gaan wees om weer die herinnering te beleef wanneer ek in my huis in Suid-Afrika sit en ek weet sy leef aan die anderkant van die wêreld.
Ons is ingeboek om te oornag in ‘n backpacker diep in die wildernis. Die gaste sit onder die sterrehemel gewikkel in komplimentêre komberse. In ons hande is ‘n beker stomende Arabiese koffie. Daar is geen lig wat buite skyn nie. ‘n Effense lig skyn van binne na buite. Die nag is stikdonker om ons. Ek is eers teleurgestel dat ek nie daaraan gedink het om ons toer beter te bespreek nie. Dit sou lekker wees indien die volmaan oor die duine in die woestyn opkom.
Ek sit met Desiree en gesels in Afrikaans. Ons praat oor die vakansie. Hierdie stikdonker nag met die sterre wat so laag hang dat ‘n mens voel jy kan dit pluk. Hoe die Gordel van Orion met die Drie Konings eintlik vyf sterre is. Twee is enkel, maar die derde een is eintlik ‘n driedubbel ster wat deur gravitasie aan mekaar gebind is. Sy sê ingedagte dat dit soos ons is. Onlosmaaklik deel van mekaar al is ons deur afstand geskei. Ons bly draai om mekaar en keer altyd na die ander terug. Ek sê vir haar dat ek baie daarvan hou om aan haar verbind te wees. Sy gee my hand ‘n sagte drukkie onder die punt van die kombers wat half oor ons hang.
Dae later ry die bus oor die massiewe brug wat oor die Suez-kanaal gebou is. Die hotel waar ons tuisgaan is aan die voet van die groot piramides. ‘n Klipgooi van die Kaïro-museum op die oewer van die Nylrivier.
Ons is betyds om skemerkelkiews op die groot patio te geniet terwyl die son die horison rooi kleur. Die hotel is Westerling-vriendelik. Die kleredrag is minder voorskriftelik en ek sit en kyk na hoe Desiree gemaklik in haar stoel sit en haar sandaal wip-wip soos sy haar gekruisde been op en af wieg. Die sexy toneel doen my koerasie nie goed nie. Ek sit later met ‘n stywe horing in my broek. Die laaste keer wat ek haar ordentlik kon vry was toe ons wakker geword het in Dubai.
Desiree sit my en my ongemak geamuseerd en dophou. Verleidelik sit sy aan die alkoholvrye cocktail en teug. Ek wens ek het ‘n bier of ‘n ordentlike rooiwyn gehad. Nou moet ek tevrede wees met iets wat ek nie weet waarna dit proe nie. Meer en meer sterre verskyn in die donker hemelruim. Ek trek haar aandag en sê vir haar dat wanneer ek die Gordel van Orion sien sal ek altyd aan haar dink. Sy sê verleidelik dankie – sy sal ook. Die tradisionele ete wat die hotel bedien is baie lekker.
Daardie nag kreun en steun ons ons lus en orgasmiese plesier uit na die groot verlang en onthouding van die vorige paar nagte. Die mure is maar dun en privaatheid is beperk. Wanneer Desiree met haar kop op my skouer lê en ontspan fluister sy in my oor. Ek ruk my kop van haar weg en kyk haar ongelowig aan. Dan sê ek: “Are you really going to do that tomorrow night on the train?”
Sy glimlag wanneer ek instemmend knik. Ons raak aan die slaap.
Kaïro het baie plekke om te besoek en dinge om te doen. Ons vat nie ‘n kans om deur die sede-polisie buite die hotel-gronde aangespreek te word nie. Vroegoggend is ons aan die gang. Ons gaan probeer om soveel as moontlik in die besige dag in te pas.
Gedurende ons toer van die piramide van Cheops klim ons swetend die ongemaklike trappe in die groot galery op na die koningskamer. Verwonderd kyk ek rond na die grootse dakstruktuur. Ek en Desiree is ingehaak wanneer ons ingedagte na die graniet sarkofaag staan en kyk terwyl die toergids vertel dat die koninginskamer laer in die struktuur gebou is.
Ek het nie besef dat ek hardop dink toe ek sê dat die Farao-koning maar bra onnosel was nie. Ek het gesê dat ek my koningin vir altyd naby my sou wou gehad het. Ek sou haar sarkofaag langs myne gebou het. Desiree lyk verleë oor my woorde. Sy pomp my in die ribbes en oral rondom my hoor ek shht.
Gedemp sê ek vir haar: “I don’t wish you dead but I would love to have you forever at my side.” Hier en daar giggel iemand. Met die kry ek ‘n perverse idee in my kop.
Ek hou Desiree effe terug sodat die ander toeriste eerste die lang stel trappe kan afklim. Ek manipuleer die toerleier om voor my te loop. Sodra hy sy rug draai trek ek Desiree hard nader en soen haar vol op haar mond. Met my linkerhand gryp ek haar vol oor haar poesie en druk my vingers tussen haar bene in. Ons gids draai om te sien of ons volg. Vinnig treë ek weg van Desiree af en maak of ek haar help om nie te gly nie.
Terwyl ons met die verweerde antieke trappe afklim, praat ons in Afrikaans. Desiree vra waarom ek haar “betas” het. Sy spreek die woord met haar Engelse aksent uit. Ek lag saggies terwyl ek vir haar sê dat die vibrasie van my ongewone, ontoelaatbare aksie nou vir ewig in die konings-kamer gaan vibreer. Elke rustelose gees in die plek gaan nou na haar begeer soos ek soms na haar verlang. Sy lag verleë.
Buite is die sonlig skerp. Ek knip-knip my oë agter my sonbril om aan die blindende woestynlig gewoond te raak. Ons is deel van die groep wat na die Kaïro-museum stap. Die duisende jaar oue Khufu-skip waarmee hy na die Egiptiese na-die-lewe-lewe sou gevaar het, is pragtig gerestoureer. Ons groep stap na die Sphynx om fotos te neem. Namiddag kom ons by die hotel. Na ‘n vinnige stort trek ons vars klere aan. Die hotel se bussie neem ons na die treinstasie. Opgewonde inspekteer ons die eersteklaskajuit. Ek klop met my hand op die sitplek wat later ‘n bed gaan word.
Buite is dit sterk skemer. Die masjinis blaas die stoomfluit om ons vertrek aan te kondig. Ons het een van die spesiale treinritte bespreek wat steeds van stoomlokomotiewe gebruik maak. Ek en Desiree hang by die venster uit. Die swart steenkoolrook borrel by die kort skoorsteen uit die buik van die massiewe stoomlokomotief. Klein stukkies brandende splinters skiet in die nag. Dit herinner my aan my koorsboom op die vliegtuig. Die masjinis laat die wiele tol op die spoor. Brute krag bring die lokomotief in beweging. Die treinwaens begin ruk-ruk beweeg. Onder ons begin die staal-wiele ritmies klik op die spoorstaaflaste. Ek gaan haal ons glase waarin alkohol-vrye sjampanje borrel en gee een aan Desiree wat by die venster uithang.
Desiree hang by die venster uit en ek is half oor haar gebuig. Die wind begin haar hare deurmekaar waai. Ek druk teen haar boude. Sy druk met haar regterhand haar hare uit haar gesig. Die drukking van haar boude teen my maak my lus wakker. My ereksie ontwikkel vinnig. My knop druk teen haar. Sy voel my horing teen haar steek. Tartend beweeg sy haar boude in sirkelbewegings teen my ereksie. Sonder seremonie lig ek haar lang romp op en gooi dit dat dit oor haar boude en rug lê. Desiree is nog besig om te vra ek doen toe sak ek agter haar op my hurke. My vingers haak haar broekie en trek dit tot op haar knieë. Haar ryp vrug sit reg voor my gesig. Ek ruik haar. My lippe vou oor haar poesie. Ek eet haar bultende poesie tot my wange nat is van haar sappe. Sy beur terug teen my terwyl haar bolyf steeds by die venster uithang. Ek los haar en trek my broek af. Haar poes is nat en glad wanneer ek haar binnedring en begin pomp. Die Groot Piramide lê donker op die horison. Ek pomp meer dringend. Sy stoot terug en voordat sy kan klaarmaak ontplof my lus diep in haar.
Ek sien gekleurde ligte. Eers dink ek my oë is in ekstase toegeknyp en dat die gekleurde flitse in my brein afgegaan het. Desiree se woorde: “Oh its beautiful” dring tot my hormoon-versuipte brein deur. Wanneer ek my oë oopmaak sien ek die gekleurde laserlig-blitse wat hulle gebruik om die piramide te verlig.
Ons maak ons respektabel om in die eetwa te gaan eet. Die tafels is koninklike gedek. Spierwit tafeldoeke lê plooiloos op die tafels. Wit porseleinborde met fyn blou kentekens dui die handelsnaam van die maatskappy aan wat die trein bedryf. Silwer eetgerei weerkaats die blinkgevryfde kristalglase wat presies eweredig langs die borde uitgepak is.
Buite is die nag donker. Nou en dan glim die skynsel van ‘n vuur in die verte soos die trein verbystoom. Ritmies klik-klik die wiele op die spore. Die nag-stilte word wreed verbreek deur die waarskuwende skril fluit by oorgange. Ek kyk in Desiree se oë wanneer ek voel hoe ‘n voet onder die tafel teen my been opbeweeg.
Die vyfgangmaaltyd wat die kelners aandra is heerlik. ‘n Farao sou sy lippe aflek. Onder die tafel is Desiree se voet egter beter as die vyfgangmaaltyd wat bo-op die tafel bedien word. Ek voel hoe die drukking in my onderlyf opbou. Skaars twee ure gelede het ek elke druppel semen wat in my saadsakke was in haar sagte dieptes gespuit. Nou is ek weer redeloos lus. My eetlus vir die verleidelike vrou is onversadig. Haar voet trap en vryf die knop in my broek. Ek kan nie wag vir die laaste kaashappie sodat ons kajuit toe kan gaan nie.
Die treinwa wieg heen en weer op die spore. Ons ontmoet die nagportier wat die kajuite se beddens opmaak in die gang. Ons skuur by hom verby.
Seksueel oorlaai stap ons waggelend na ons kajuit. Nog voor die kajuitdeur agter ons toeklap gryp Desiree my en stamp my op die grond. Sy kom sit op my. Ek is jags, maar Desiree is jags verby soos sy haar onderlyf deur ons klere teen myne maal.
Sy maak my das los en trek dit van my nek. Ongeduldig ruk sy aan my hemp. Sy druk die kante sodat my bors en maag ontbloot is. Sy bedaar effens wanneer haar vingers deur my borshare vleg. Net bo my tepels druk sy plathand op my bors en leun effens vooroor. Haar onderlyf maak doelgerigte vorentoe- en agtertoe glybewegings. Sy het haar klit direk bo-op my harde horing geposisioneer en ry haarself na ‘n orgasme.
Voor sy kan kom druk ek haar van my af en staan op.
Ek trek haar van die vloer op en wanneer sy voor my staan gaan sit ek op die kant van die bed sit en beveel haar om haarself uit te trek. Desiree transformeer oombliklik in ‘n verleidende nimf. Sy begin soos ‘n eksotiese danser voor my dans. Sy beweeg haar lyf onweerstaanbaar. Ek gryp na haar, maar sy ontwyk my hand. Stukkie vir stukkie ontbloot sy haarself vir my. Dit voel vir my of my oë vaskleef aan elke vierkante sentimeter van haar naaktheid.
‘n Aartjie in haar nek klop vinnig. My bloed druis deur my are. Sy het ‘n bekende warm gloed wat oor haar nek, bors en tiete sprei. My asem begin jaag soos ek na haar dansende naaktheid kyk. Sy sê met ‘n dringendheid in haar stem dat as ek haar nie nou gaan naai nie gaan sy haarself maak kom. Ek sê vir haar dat sy bluf …
Sy glimlag en sak op die vloer van die kajuit neer. Sy lê agteroor en stut haar skouers teen die muur. Haar vingers raak besig. Linkerhand op haar tiete en haar regterhand begin met haar poesie toor. Sy stoot haar bultende heuwel en kaalgeskeerde poeslippe in my rigting. Met my sintuie beleef ek die vrou voor my. My oë flits tussen haar gesig, tiete en poesie. Ek hoor haar klappend vingers op haar poesielippe. Haar kreune en liefdespassie-mompel klink hard in die kajuit. My neus ruik die bekende geur van haar wellus. Ek is oortuig ek voel die hitte van haar lyf na my toe straal. My mond en tong wil daardie lekkende poes-sappe proe.
Elke senuwee in Desiree se lyf word tot breekpunt toe opgewen. Met ‘n finale “I am cumming” bars sy in ekstase wanneer sy die grootste deel van haar hand in haar genot-grot druk. Sy krul ineen met haar knieë styf teen haar tieties vasgetrek.
Wanneer sy bykom sit ek steeds op die kant van die bed. My broek druk pynlik teen my erekte horing. Sy doen iets wat ek nie verwag het nie. Met haar hande na my uitgestrek vra sy dat ek haar moet optrek. Wanneer ons voor mekaar staan begin ek om my hemp uit te trek. Sy keer my en trek my weg van die bed af. Naak gaan sy wydsbeen op die bed sit en lê terug teen die muur agter haar. My oë fokus op alles behalwe haar gesig. Met ‘n soet, verleidelike, bose glimlag sê sy vir my om te dans. Ek is oortuig dat ek lyk soos ‘n gorilla op steroïedes wanneer ek probeer om verleidelik my lyf voor haar te swaai. Eintlik wil ek net my voël keel-diep in haar verleidelik mond begrawe.
Desiree is goed vir my. Sy verlos my van my marteling deur met haar vinger vir my te wys ek moet naderstaan. Wanneer ek nagenoeg is verdwyn my uitgeswelde pers akker tussen haar lippe. My hande vou om haar kop en ek sink diep in haar mond. Ons reageer op vol outomaties. Ek naai haar mond en haar keel. Sy laat my toe. Haar hande teen my bobene lei my sodat ek haar nie seermaak nie. Ek hoor hoe sy stik wanneer my semen agter in haar mond spuit. Sy stoot my weg en die laaste spuit van my ekstase trek ‘n streep oor haar wang. Druppels dik, wit vloeistof drup op haar bors en regtertiet.
Sy verstom my met haar totaal onvroulike, maar absolute sexy optrede. Met haar tong stoot sy my semen, slym en spoeg uit haar mond sodat dit in lang slierte oor haar ken teen haar keel afloop tot tussen haar tiete.
In my kop trip alles wanneer sy agteroor op haar elmboë gaan lê en sê dat ek haar moet skoonlek. Ek sak onmiddelik met my mond na haar gapende poes. Sy keer my voor ek my mond oor haar lippe kan sluit. Ek hoor Desiree sê dat ek dit later kan doen. Haar hande trek my kop nader aan haar bors waar slym, spoeg en semen ‘n dammetjie gevorm het. Elke instink in my skop teen die taboo hiervan. My mond gaan egter oop. My tong lek die sappe van ons seks in my mond terwyl my lippe daarom sluit. Voor ek kan sluk trek sy my kop na haar kop toe. Sy maak haar mond onder myne oop en wag dat ek ons sappe in haar mond laat loop. ‘n Lang slym-draad vorm wanneer die laaste vloeistof uit my mond in haar mond drup. Sy trek my kop nader na haar kop toe. Oopmond soen sy my terwyl haar tong ons sappe in ons monde rol. My piel word stokstyf en soos wat ek oor haar lê penetreer ek haar. Haar enkels kruis agter my rug.
Ons lywe word een. Twee lywe, verstrengel tot een organisme – geskape vir seks. Ek het nie ‘n derde keer gekom nie. Ook het ek nie my polsende ereksie verloor totdat ons natgesweet en seer uitgeput op die deurmekaar bed inmekaarsak gesak het nie. Indien iemand my sou vra wat my naam was sou ek net kon antwoord – seks.
Die trein skommel onder ons wanneer ek die beddegoed oor ons trek. Ons slaap!
Ligdag hoor ons die ghong van die portier wat vir ons vars koffie bring. Ons bestemming vir die dag is Luxor.
(Lees laaste episode HIER)
3 COMMENTS
Sjoe Sjoe Sjoe Bok mater – wat n storie. Roer jou met die vervolg, ons kan nie wag nie.
Heerlike storie om my naweek mee te begin. Ek raak somer lus vir tein ry!
Goed geskryf, en baie lusmakend…
Hierdie oorstelpende reis van seks en wellus los my uitasem aan die einde van die episode. My kritiek wat ek gelewer het aan die einde van die eerste aflewering van hierdie verhaal word net hiermee weereens onderstreep!
Dankie JouBok, verdere woorde van prys het opgedroog in afwagting vir die volgende aanbieding/episode