Die damkamp
deur Jan Pielewiet
Taalversorging deur Lusman
Wanneer realiteit en drome deurmekaar raak kan dit nogal probleme skep, kom ek mos toe agter uit dure ondervinding. Dit het gebeur by ‘n damkamp.
Ons klomp pelle reël sommer vir die lekkerte ‘n naweekkuier by die dam net anderkant Witbank. Ek beplan om die pad te vat met die Hilux met die kappie agterop en ‘n matras wat die bak vol lê.
Ek het so ‘n plank-affêre gebou wat bo-op die wielnis-boggels rus, met ‘n lang laai tussen die boggels. Die laai kan op rollers uitskuif, sodat dit op ‘n paar pote rus. Die laai het kleiner laaie in met ‘n blad bo-op wat terselfdertyd sommer as tafel dien. In die laaie pak ek alles wat nodig is vir ‘n kamp. Dis ideaal vir ‘n bachelor wat daarvan hou om tyd langs die viswaters deur te bring. As die kamp klaar is, stoot ek die laai in en daar gaat ek. Lekker man, lekker.
Ek besluit om die Donderdag al deur te ry om die Vrydagmiddagverkeer te vermy en ook om bietjie alleentyd te hê.
By die kamp aangekom, kry ek staanplek onder ‘n groot koelteboom met my bakkie se gat na die water en die neus na die ablusiegeriewe. Ek maak die kappie agter oop en trek die laai uit, verstel sy pote sodat alles waterpas staan en pak die los goed uit en reg.
Bo-oor die tafel word ‘n gazebo opgeslaan en die stoele word langs die tafel staangemaak sodat ek die dam se water kan bekyk. Dan gooi ek vir my ‘n whiskey in en gaan sit langbeen in die stoel en ontspan terwyl ek die waters se kalmte indrink. Ek sal later ‘n lyntjie natmaak, besluit ek.
Wanneer die son laag hang, steek ek ‘n vuurtjie aan en braai ‘n paar hoenderboudjies wat ek sommer so van die rooster af eet saam met ‘n koolslaaitjie wat ek van die huis af saamgebring het. As die son sy kop wegsteek agter die rant, klim ek agter op die bakkie, strek my uit op die dik matras en luister na die naggeluide wat my aan die slaap sus.
Vrydagoggend word ek wakker van die voëls se gekwetter bo my in die boom lank voor die son dit lig laat word. Ek gaan blaas die kole oop en kry ‘n klein vuurtjie aan die gang waarop ek ‘n keteltjie met moerkoffie brou. Niks kom by ‘n beker swart, soet moerkoffie en ‘n sonsopkoms nie, dink ek by myselwers. Dit sou net lekker gewees het om dit met iemand te deel, dink ek. Maar nou ja, die pelle is op pad en ‘n naweek se harde kuier lê voor. Dis nie nou die tyd om nostalgies te raak nie.
Ek maak solank ‘n potjie pap en terwyl hy prut, besluit ek ek gaan spring gou in die stort terwyl die kamp stil is en almal nog slaap.
Ek stryk aan ablusieblok toe. En toe sien ek haar!
Sy staan by die badkamer se deur. Sy is besig om na die dam se water te kyk en uit te rek. Sy het ‘n lang, lenige lyf met ‘n bos blonde hare wat ‘n spits gesiggie met ‘n wipneus en blou oë omraam. Die effense lig van agter skyn mooi deur en ek kan sien sy het niks onder haar dun hempie en broekie aan nie.
Sy skrik haar lam toe sy my om die draai sien verskyn. Dan probeer sy haarself betaamlik toehou, aangesien sy nog in haar nagklere was. Sy bloos bloedrooi, gryp haar handdoek en smuktassie wat op die tafel staan en storm die badkamer in. Ek gee maar ‘n verleë laggie en stap by die mans se kant in.
Hier teen middagete se kant begin die eerste pelle aankom. Ek help aflaai en opslaan aan elke man se tent en help die wat ‘n karavaan het, om dit reg te stoot. Natuurlik word ek na elke handbysit beloon met ‘n lekker yskoue bier. Teen die tyd wat die laaste persoon ingeburger is, is ek al lekker gekuier.
Die kampvuur word aangesteek en ons begin nou eers ernstig kuier. Meeste van ons was saam op skool en het saam gaan swot in Potch, elkeen in sy eie rigting. Maar na ons studies het ons gereeld nog saamgekuier. Ons het ten minste een maal in ‘n kwartaal ‘n groot kuier, gewoonlik ‘n kamp, gehou. Die meeste ouens het al ‘n vrou of vaste vriendin en net ek en twee van my pelle is nog vrygeselle.
Piet vertel ons sy vrou het ‘n ou skoolvriendin raakgeloop in die kafee en haar oorgenooi om saam met ons te kom kuier. Hulle sal seker nou-nou hier wees, sê hy. En ons moet ons asseblief gedra. Want sy is ons nie gewoond nie en sy vrou wil nie in die verleentheid gestel word deur ons klomp barbare nie.
Piet was skaars klaar gepraat, of sy vrou Annatjie kom aangestap. Sy het die blondine van vanoggend langs haar. In die halfdonker herken die blonde vrou my nie onmiddellik nie. Maar wanneer sy aan my voorgestel word, kan ek aan die blos in haar nek sien dat sy besef ons het al klaar ontmoet – al is ons nie vanoggend aan mekaar voorgestel nie. Ek sê egter niks en maak asof ek haar nou eers ontmoet.
Sy word voorgestel as Mia Jordaan. Dan gaan sy en Annatjie eenkant by die res van die vroue sit, terwyl ons mans begin braai. Wanneer ons opskep, beland ek langs Mia. Ons begin so ‘n paar sinne uitruil tydens die etery.
Na almal klaar geëet het, bied ek aan om die eerste aand op te was. Dan is my naweek verder stil, volgens ons reëlings. Mia sê aangesien ek alleen is, sal sy kom help.
Ons twee kliek tog te lekker en lag lekker vir dieselfde simpel grappe. Ons kom ook agter dat ons heelwat gemeenskaplike belangstellings het, soos visvang en kamp en vroeg opstaan. Sy verduidelik dat sy ook alleen gekom het en dat sy gewoond daaraan is om die plek vir haarself te hê so vroeg in die oggend. Die meeste mense roer eers lank nadat sy klaar gestort is, dus dink sy nie daaraan om meer betaamlik aan te trek voor sy badkamer toe stap nie. Sy spreek die hoop uit dat ek nie te veel ontsteld is deur haar vroegoggend-eskapades nie. Sy sê dat sy beslis môreoggend meer gepas sal klee.
Ek spot haar en sê dat sy maar enige tyd weer so kan verskyn. Sy het my dag op ‘n hoë noot laat begin en ek sal dit altyd onthou, bieg ek teenoor haar. Dit laat haar natuurlik weer bloedrooi bloos.
Teen dié tyd is my paal al heel ongemaklik styf. Ek moet die voorskoot mooi laat hang om die bult weggesteek te hou. Die per-ongeluk-aanrakings so tussendeur help natuurlik ook glad nie om my koerasievlakke te laat daal nie.
Nadat ons opgeruim het, gaan geniet ons ‘n night cap saam met die res van die geselskap. Ons praat kortliks oor wat ons die volgende dag, Saterdag, gaan doen. Daar word ski op die dam en skaap op die spit beplan. Aangesien Mia alleen daar is, word sy genooi om die dag saam met ons deur te bring.
Elkeen gaan klim in sy bed en daar daal ‘n stilte oor ons neer. Ek lê en droom oor Mia en wonder oor hoe haar lyf in ‘n swembroek gaan lyk en watter soort swembroek dit gaan wees. My een hand is onder my kop ingevou en die ander een hou my stywe paal vas. My oë is swaar na die lang dag. Dan raak ek aan die slaap.
Ek skrik wakker wanneer ek die bakkie voel beweeg. Dan sien ek die silhoeët van ‘n vrou wat in my bakkie inseil deur die opening aan die kappie se agterkant. Aan haar parfuum herken ek vir Mia. Ek vou my slaapsak oop en sy kom nes hier teen my sy.
“Hoop nie jy gee om as ek ‘n nagsoentjie kom soek nie,” wasem haar asem hier teen my nek.
“Glad nie,” kreun ek in ‘n skor stem. Ek voel haar lippe teen my nek op dartel en aan my mond se hoek raak. Ek krul haar lyf in my arm toe en lig haar so effens op my. Haar lippe is warm en sag en soet en ek voel hoe haar tande liggies aan my lip knibbel.
“Fok,” kreun ek dit uit.
Haar stywe tieties druk teen my kaal bors vas met slegs haar dun hempie wat dit van my skei. Ek kan voel haar nippels is stokstyf – van lus of koue, die weet ek nie. Haar mond maak my mal en my hand vind vanself sy pad teen haar plat magie op, terwyl my ander arm haar stywer vastrek. Ek streel oor haar rug en maag en dan raak my hand se bokant aan haar bors se onderkant. Ligte elektriese golwe pols deur my lyf en my asem jaag van jagsgeit.
Mia kreun in my mond en sy gooi haar een been oor my lyf. Die warmte van haar koekie straal teen my bobeen vas en met die afbeweeg voel ek die donsies bo haar skaamspleet.
Ek skulp haar dosie in my hand toe en gebruik my vingerpunte om ligte sirkelbewegings oor haar buitekantste lippies te maak. Dan voel ek hoe sy haarself stywer teen my hand beur. Die nat van haar seks laat my duidelik verstaan sy wil gespyker word.
Ek rol haar op haar rug en gaan lê tussen haar bene. Op ‘n manier is my broek op my enkels en ek voel haar klein handjie om my orgaan vou. Haar duim vryf die nat om my kop en dan mik sy met hom na die grot van plesier. Ek glip doeksag in haar in en begin haar met stadige bewegings penetreer. My swaard is aan die brand en kort voor lank voel ek hoe die kom opstoot uit my ballas uit. Ek wil nog waarsku dat ek naby is, dan knyp haar koekspiere my vas. Sy begin rukkend teen my orgasmeer. Ek kan natuurlik nie langer uithou nie en voel hoe die saad uit my uit borrel en diep in haar vasskiet. Die heerlike euforiese gevoel omhels my soos ek ontlaai.
En toe skrik ek wakker van papnat beddegoed. Ek weet sommer dus dubbele nattigheid, want daar is ook kom binne my broek.
‘n Natdroom soos laas op skool … Gelukkig vir my het ek nie soos my een pel ‘n veltie in my droom gevat nie.
6 COMMENTS
Jan, ek pak sommer nou my bakkie en gaan kamp by my windpomp. Wat n storie – absoluut stokstyf lekker tot op die einde tot die arme ou uitvind hys alleen – gelukkig glo ek die storie is nog ver van sy einde af. Welgedaan ou maat.
Dankie Jan, maar soos Annelise tereg opmerk, die skitterende “Kaptein”-reeks se cudo’s kom Ramkat toe !
Maar my kritiek staan ek by: Goeie werk, dankie!
Dankie Will.
Ek moet bieg, dit is jou Kaptein reeks wat my ge-inspireer het om hand aan pen te waag. Of moet ons eerder sê vinger aan sleutelbord te waag.
Die Kapteinreeks is Ramkat s’n ?
En da slaan ek my naam met ‘n plank. Groot verskoning Ramkat.
jan jan jan, jou dierbare ding….so sing geliefde Grietjie. Ek wil so ‘n huldeblyk betuig aan Jan Pielewiet met weereens ‘n heerlike storie. Hy kan spanning opbou met fleurige taalgebruik en altyd ‘n verrassing aan die einde wat jou voete onder jou lyf uitslaan !
Dankie, Jan, ek’t dit gate uit geniet !