E.V.A.

13+
Hoe lank gaan ek lees: 16 minute

deur Uther Pendragon

Die buitenste lugluik sluit met ‘n slag wat vibrasies deur die tonnels stuur.  Van waar sy in die skaduwees onder die loopvlak wegkruip, kan die vrou die suisgeluid van die lug wat deur die binneste lugluik stroom, duidelik deur haar helm hoor. Toe die stilte weer neerdaal waggel sy so vinnig as wat sy kan, al langs die skaduwees, na die dienstonnel wat na die loods lei.

Sy maak die deur versigtig op ‘n skreef oop.  Sy tuur in die rotstonnel af, en so ver as sy in die dowwe lig kan uitmaak, is die tonnel vir ten minste die eerste honderd meter leeg.  Sy maak die deur stil agter haar toe en beweeg moeisaam in die tonnel al langs die pype af.  Die ligstrook op die dak, net ‘n paar sentimeters bo haar kop, maak ‘n donker skadu onder haar wat haar die gevoel gee asof sy op ‘n swart wolk loop.  Na ‘n paar minute moet sy staan om te rus.  Haar vinnige asemhaling eggo bedompig in haar helm.  Al weeg sy nou ongeveer 15 kg is sy moeg en die pyn in haar buik word al hoe erger.  Haar maag kramp saam en sy sukkel om die braakrefleks te onderdruk.  Sy moet versigtig wees – daar is soveel op die spel.  Honderde mense het jare lank vir hierdie missie voorberei.  Duisende mense reken op haar.  Miljoene se bestaan hang van haar af.  Na ‘n kort ruspose strompel sy met nuwe vasberandendheid voort – sy is die Uitverkore Een.

Sy bereik onopgemerk die volgende deur.  Weereens maak sy dit versigtig op ‘n skreef oop en loer uit.  Onmiddelik ruk sy haar kop terug, maar los die deur op ‘n skrefie oop.  Sy tree versigtig ageruit, weg van die deur af – hulle kan mens ruik. Al het die mans haar ruimtepak en helm met stoom afgespuit om sodoende alle mensreuke te verwyder, kan sy nie ‘n kans waag nie.

Na ‘n paar minute waag sy dit om weer uit te loer en na ‘n rukkie, na sy geen beweging bespeur het nie, besluit sy dat dit veilig genoeg is om die tonnel te verlaat.  Daar is houers naby die deur en sy glip in die skaduwee agter dit in, verskuil van die ses groot spreiligte wat die uitgeholde grotsaal verlig.  Die reghoekige vorm van die saal dui daarop dat dit nie ‘n natuurlike grot is nie, maar mensgemaak.  Sy kry ‘n wrang trek om die mond toe sy daaraan dink – nie mensgemaak nie … kunsmatig eerder. Sewe ruimtetuie staan op die blad.  Een is ‘n klein silwer pendeltuigie, dan is daar ‘n swart reghoekige personeeldraer en laastens vyf groot geel vragskepe.

Sy maak die deksel van die houer naaste aan haar oop.  Dit is vol swart erts – ilmeniet.  Sy beweeg vinnig na die tweede hoop kratte.  Op die deksel sien sy waarna sy soek – die rooi merk wat mensweefsel aandui.  Sy maak die krat oop en vind dat dit halfvol deursigtige sakke gepak is.  Sy lig een op en sien ‘n orgaan in die melkerige vloeistof ronddryf.  Sy moet mooi in die skaduwee kyk, maar sy sien dat dit soos ‘n lewer lyk.  Al die ander sakke in die krat het ook lewers in.  Sy maak die volgende krat oop en sien dat dit ook halfvol is.  Die sakke in hierdie krat het harte in.  Sy begin om die sakke met lewers in die krat met die harte oor te pak en toe die eerste krat leeg is, klim sy self daarin.  Die deksel van die metaalkrat sluit outomaties met ‘n klikgeluid bo haar kop.

Sy hoor hoe die mobiele hysers die kratte oplig en na die skepe neem.  Uiteindelik skud en kantel haar krat toe dit ook gelaai word.  Sy bid dat die gewone protokol gevolg sal word – naamlik dat die mensmateriaal in ‘n verhitte stoorkamer met aard-tipe atmosferiese gasse geberg sal word en nie in ‘n luglose, onverhitte vragruim soos dié waarin die rotsmonsters geberg word nie.  Dit alles hang daarvan af waarvoor die mensmateriaal bestem is – as dit kos is, dan sal hulle dit moontlik wil vries, maar as dit vir eksperimentele gebruik bestem is sal hulle dit bo vriespunt stoor in ‘n ruimte met ‘n aard-atmosfeer in wat sal verhoed dat die materiaal degradeer as een van die sakke per ongeluk oopskeur.  Bemande skepe se bewoonde ruimtes word gewoonlik met ‘n mengsel van metaangas en koolsuurgas, soortgelyk aan die atmosfeer op hulle planeet, gevul.  Sy hoop vurig dat hierdie materiaal vir ekperimentele gebruik bestem is, anders was alles verniet.

Die krat waarin sy lê is lugdig en versterk sodat dit nie in die vakuum van die ruimte oopbars nie.  Die binnewand is met ‘n dik rubberagtige laag uitgevoer om die goedere wat daarin vervoer word teen stampe te beskerm.  Dit sal haar egter nie kan beskerm teen ‘n dramatiese verlaging van temperatuur nie.  Sy kyk op haar suurstofmetertjie en sien dat sy nog genoeg suurstof vir amper ‘n anderhalf uur het wat uiteraard nie genoeg vir die vlug terug na die aarde sal wees nie.

Toe dit stil word om haar, skakel sy haar helmlamp aan en in die rooi lig haal sy die naald en magneet uit haar sak.  Sy het op aarde op een van hierdie kratte geoefen en weet hoe om die slot binne binne 20 sekondes oop te maak.  Sy moet die deksel van die krat oopmaak om lug in te kry, want die vlug sal net minder as ‘n dag duur – heelwat korter as die drie dae wat dit vir aardse ruimteskepe in die verlede geneem het, maar nog steeds te lank vir haar pak se suurstofvoorraad.

Sy maak die deksel oop en kyk om haar heen.  Die stoorkamer waar sy haarself bevind is in donker gehul en sy sien op haar termometer dat die temperatuur in die vragruim 20°C is.  Die kol rooi lig van haar helmlamp val op die plat bankie wat die lengte van die vertrek loop.  Net bokant die bankie is daar metaalringe in die muur.  ‘n Rilling loop langs haar rug af wanneer sy weer besef dat dit hierdie tipe vragruim was waarin die laaste oorlewende mans van die aarde tien jaar gelede na die ilmenietmyne op die maan vervoer is.  Sy haal haar helm af en haal versigtig asem – sy raak nie uitasem nie en daar is geen teken van lighoofdigheid nie – dit moet dus aard-atmosfeer wees en nie ‘n mengsel van metaangas en koolsuurgas nie.

Al die kratte is aan hul handvatsels met bande aan die vloer vasgegespe sodat dit nie met gravitasieversnelling rondskuif of onder gewiglose omstandighede ronddryf nie.  Sy hoor die dreuning en voel die vibrasie van die enjins soos die ruimtetuig regmaak om te vertrek.  Sy krap ‘n merk op die kant van die krat en maak die band van haar sak rondom die knip vas sodat die deksel vir ventillasiedoeleindes oop sal bly.  Sy maak die sak se band met ‘n knip aan haar gordel vas om haar aan die krat te anker as sy per ongeluk onder gewiglose toestande aan die slaap raak.  Sy maak haarself so gemaklik as wat sy kan om tydens gravitasieversnelling beserings te voorkom.

Die vragtuig waarin sy nou reis word outomaties gestuur en daar is geen personeel aan boord nie.  Dit beteken nie dat daar geen gevaar is nie.  Dis beter om in die krat te bly, want daar is bewegingsensors en kameras regdeur die ruimteskip.  Gelukkig kan hulle nie in die rooi spektrum sien nie en kan sy ‘n rooi helmlamp gebruik sonder om aandag te trek.  Dit is ‘n bekende feit dat hulle eenvoudig met afstandbeheer die ruim, waarin ‘n probleem voorkom, met gas kan vul, die lug kan uitsuig, of die ergste van alles – ‘n lugluik oopmaak sodat die moeilikheidmakers in die ruimte uitgesuig word en daar doodsmoor en in ‘n soliede blok ys verander.

Terwyl sy wag dat die skip vertrek maal die gebeure van die voorafgegaande dag deur haar kop.

Weens die haas om alles betyds reg te kry, en te sinkroniseer met die vragskip se skedule, was die prosedure sonder verdowing uitgevoer.  Die pendeltuig waarmee sy moes vertrek, het op die landingstrook reggestaan terwyl die enjins luier.  Die prosedure was sommer in die vliegloods langs die landingstrook uitgevoer.  Sy onthou hoe hulle die kort buis tussen haar tande ingewig het en die bande wat dit vashou, om haar kop vasgemaak het.  Die koue lug het in haar mond gespoel terwyl haar tong met die onderkant van die buis gekarring het.  ‘n Laparoskoop,met ‘n blou ballonagtige plastieksak daarom, was in haar keel afgedruk.  Daarna het die dokter lug ingepomp en sy kon voel hoe die ballon in haar maag opswel.  Die boonste rand van die ballon is in haar esofagus vasgeplak.  Sy sou nie kon eet of drink tot die ballon verwyder is nie.  Die doel van die ballon was om te verhoed dat haar gastriese sappe in die lumen van die maag inbeweeg.

Die dokter het haar toe aangesê om op die tafel hande-viervoet te hurk en toe het sy ‘n stent in haar anus tot diep in haar rektum ingedruk.  Die dokter het weer ‘n blou ballon op dieselfde manier binne haar rektum ontplooi en die rand van die opening net binne haar anale sfinkter vasgeplak.

Die dokter het vir haar ‘n vitamien-aanvulling binne-aars toegedien en toe vir haar ‘n sakkie met ‘n rubberbuis en binne-aarse naald in ‘n geseëlde sak oorhandig en gesê: “Dit is ‘n glukose-mengsel.  Soos jy weet, sal jy meer as twee dae sonder kos en water moet gaan.  Wanneer jy enigsins swak voel – veral op die tweede dag, moet jy jouself hierdie toedien soos ek vir jou gewys het.  Onthou dat dit nie met gravitasie sal kan werk nie – jy sal self die sak saggies moet druk sodat die vloeistof in jou bloedstroom ingaan.  As daar bloed in die pypie inbeweeg, moet jy bietjie harder druk.”

Na sy aangetrek het, het die dokter haar gevra of sy onthou het om ‘n anale prop saam te bring.  Al het sy geweet wat van haar verwag word, het die dokter haar hand op haar skouer gesit en met erns herhaal: “Nadat julle klaar is moet jy die prop in jou anus druk om alles in te hou, dit is baie belangrik.  Aan die ander kant sal jou esofageale sfinker sorg dat alles wat in jou maag is, in jou maag bly.”

Sy hoor en voel deur die krat hoe die enjins begin dreun.  Die hele vragskip begin vibreer.  Sy hoor die slag van die buitense lugluike wat oopgaan en dan kantel die skip vir ‘n oomblik voor dit met ‘n geweldige versnelling die ruimte inskiet.  Al weet sy wat aangaan, is sy vir ‘n oomblik gedisoriënteerd en die naarheid stoot in haar op.  Dit voel vir haar asof sy regop in die krat op haar voete staan in plaas daarvan om plat op haar rug te lê.  Dit is natuurlik weens die voorwaartse gravitasieversnelling.  Na ‘n paar minute voel sy hoe sy gewigloos word – die skip het sy maksimum spoed bereik.

Sy skakel die lamp van haar helm weer aan sodat die binnekant van die krat in ‘n rooi lig gebaai is.  Sy voel in haar sak rond en maak die lapbondel daarbinne oop.  Sy vat aan die talle voorwerpe binne die lap en haal een van die geskenkies uit – dit is ‘n ilmenietkristal, en nog een, en nog een.  Uiteindelik kry sy iets wat nie soos ‘n kristal voel nie.  Sy haal dit uit – dit is iets wat soos ‘n groot seeskilpad se bek lyk, maar met  verskeie skerp tandagtige punte.  Sy gooi dit met walging neer.  Tipies mans, dink sy – selfs wanneer hulle tot slawe gereduseer is, probeer hulle steeds om ‘n vrou met hulle krag, viriliteit of besittings te beïndruk.  Sy grawe tussen alles ‘n klein voorwerpie uit.  Dit is ‘n beeldje van ‘n vrou wat uit klip gekerf is – rond en ryp.  Met ‘n glimlag besef sy dat ander goed ook nie sal verander nie – mans het nog altyd die fertiliteitsgodin aanbid.

Sy dink terug aan wat in die myntonnels gebeur het.

Sy het sonder probleem haar weg in die myn in gevind.  Dit was baie makliker om in te kom as om uit te kom.  Mense probeer nie in tronke inbreek nie en dit was maklik om die rudimentêre sekuriteitstelsels by die ingang te ontduik.  Alles was goed vooraf gereël en die mans het haar ingewag.  Sy het sterk warm arms om haar lyf gevoel toe sy deur die ventillasieskag in die pompkamer afsak.

Sy het haar helm afgehaal en in die swak lig ‘n skare gesigte om haar gesien.  Nog nooit het sy soveel verwondering en dankbaarheid in soveel mense se gesigte gesien nie.  Die vreugde en opgewondenheid het uit elke gehawende, bebaarde, verhongerde gesig – wit, swart, geel en bruin gestraal.  Die stemme het opgewonde gesê: “Welkom, welkom, jy is so welkom;” “Ons het op die radio gehoor jy kom;” “Ons het so na jou koms uitgesien.”

Hande het warm en verwelkomend haar na die eetsaal gestuur waarvandaan die diep gedreun van honderde stemme gekom het. Toe sy inkom, het ‘n  doodse stilte vir ‘n sekonde oor die saal gedaal, en toe het ‘n opgewonde klank-golf opgerys en oor haar gebreek. Die dreunsang het sag begin en al hoe harder geword tot almal uit een keel roep: “Die Uitverkorene, die Uitverkorene, die Uitverkorene …”

‘n Gevoel van ekstase en ‘n diep liefde vir die skare mans het deur haar wese gevloei – en die gedagte het deur haar kop gegaan: dít is hoekom sy bestaan – sy was bestem hirevoor.  Dit is die dag en die plek waarop haar hele bestaan geregverdig word, waar sy rein word, waar sy skoon word, waar sy haar Übermensch word.  Dit is haar dag – dié dag wat die mensdom vir ewig sal herdenk.

‘n Doodse, respekvolle stilte het oor die skare gedaal toe sy voor honderde starende oë haar ruimtepak uittrek. Sy het nakend regop gekom en voor die skare gestaan.  Sy het haar hande na hulle uitreik in ‘n gebaar van totale oorgawe.  Die oorverdowende bulder wat uit honderde kele gebars het was hulle teken van aanvaarding.  Sy het gevoel hoe haar tepels saamtrek en sy begin lubriseer.

Die hele operasie was met militêre presisie uitgevoer.  Die mans moes in twee groepe aantreë.  Terwyl die mans rondbeweeg word, kom die leier van die groep, ‘n groot middeljarige blas man, na haar.  Hy het eers iets vir haar in Spaans gesê, en toe in geradbraakte Engels en uiteindelik met gebare beduie hy dat sy saam met hom moes kom.  Hy het haar na ‘n kamertjie geneem waar ‘n bekende gesig haar ingewag het.  Sy arms was om haar voor hulle eers mekaar se name kon uitroep.  Trane het oor beide se wange geloop toe hulle mekaar soen.  “Lastochka …. my liewe klein lastochka, ek dog ek sal jou nooit weer sien nie,” het hy met ‘n skor stem gesê.  Sy het oor sy bles gevryf en snikkend geantwoord: “Liewe Piotr, en ek het gedink dat ek jou in die vuurstorm verloor het.”

Hulle tydjie saam was kort en hartverskeurend, maar hulle het beide geweet dat sy daar vir ‘n hoër doel was – die toekoms van die mensdom het van haar afgehang.  Soos sy van die bed af opgestaan het, het hy vir haar gesê: “Ek hoop dis ‘n seuntjie.”

‘n Groot gejuig het opgegaan toe sy weer na die saal toe terugkeer. Die leier het haar na ‘n tafel toe gelei waar ‘n matras reggesit is. Sy het hande viervoet op die matras posisie ingeneem met haar hande op die kort ent van die matras op die rand van die tafel sodat sy die penis van die man voor haar in haar mond kon neem.  Die voorkom wat op die eerste geswolle pers eikel geblink het, het genadiglik haar droeë lippe gesalf.  Sy kon voel hoe die matras tussen haar bene induik soos ‘n man agter haar, tussen haar bene stelling inneem.  Sy het gevoel hoe die man agter haar een of ander lubrikant – dalk uitgekookte vet – rondom en in haar anus smeer en toe voel sy hom moeiteloos deur haar sfinkter dring.

Die tyd was beperk – daar was net vier ure om die operasie suksesvol uit te voer voor sy moes regmaak om op die volgende vragskip te ontsnap.  Sy moes haar bes probeer om te sorg dat elke man so vinnig as moontlik afkom om soveel sperms as moontlik te oes.  Daar was nie genoeg tyd om mans op die konvensionele wyse te akkommodeer nie, want dit kan tot so lank as 20 minute neem vir ‘n gemiddelde man om ‘n orgasme te bereik.  Gelukkig is sy uitgekies weens haar vaardighede wat haar ook die titel van Katharina die Tweede in die bordele van Moskou besorg het.  Die mans was ook voor die tyd uitgekies volgens die volume van ejakulaat en die spoed waarmee hulle orgasme kon bereik.  Hulle is ook aangeraai om te masturbeer terwyl hulle in die ry vir hulle beurt wag sodat hulle reg was om te spuit wanneer hulle voor in die ry kom.

Alhoewel morsig, was die resultaat baie effektief.  Elke suigsessie het ongeveer ‘n minuut of selfs minder geduur voor die man afgekom het en dan het sy so vinnig as wat sy kon sy sperms afgesluk en haar mond oopgemaak vir die volgende penis.  Dit het bietjie stadiger met die anale seks gegaan, want haar sfinkter was nie so vaardig soos haar lippe en tong nie en dit het die mans langer geneem om plekke tussen haar bene te ruil om hulle sperms in haar rektum op te spuit.  Soms het die masturberende mans hul orgasme bereik voor die man voor hulle klaar is en dan het hy sy sperms buite haar begin spuit.  Op ‘n paar geleenthede kon sy twee spuitende mans op ‘n slag in haar mond akkommodeer, maar soms het sy die tweede se skoot oor haar gesig of boude gekry.  Elke keer wat die sperms oor haar gesig gespuit het, of by haar mond uitgeborrel het, het sy dit gedienstig met die vinger opgevee en in haar mond gesit.  Sy het egter geen ander man buiten Piotr se sperms in haar vagina geneem nie.

Die mans wat haar van agter volgespuit het, was meer brutaal en duidelik gewoond aan anale seks en dit is ook hoekom hulle hulself vir daardie doel beskikbaar gestel het.  Sy kon voel hoe haar boude deur die tientalle hande gekneus is soos dit deur die wellustige koppelaars geknou is.

Na twee ure op haar hande en knieë het haar arms van die inspanning begin bewe en ruk.  Twee sterk mans, een aan elke kant, het hulle arms onder haar arms ingedruk en haar vasgehou terwyl die ander mans haar van weerskante gepomp het.  Sy moes twee keer in die tyd al koppelende urineer om sodoende nie tyd te verloor nie.  Na drie ure was haar nekspiere so moeg dat sy haar kop nie meer regop kon hou nie en ‘n man het toe gekom om haar kop vas te hou sodat die ander hulle sperms in haar mond kon spuit.

Op tye het trane in haar oë opgewel en oor haar wange gebiggel – maar nie weens pyn of die ongerief nie.  Dit was trane van empatie.  Een man het haar hare, wat aan haar sweterige voorkop vasgeplak het, weggevee en gesê: “My naam is Mikhail, my vrou se naam is Olga Vladimirovna.  Sê vir haar ek is lief vir haar” terwyl sy sperms in haar mond gespuit het.  Natuurlik het sy geen idee gehad waar Olga haarself bevind en of sy selfs nog lewe nie, maar sy het geweet dat hy op die oomblik van orgasme by sy geliefde Olga was, en sy was bly dat sy daar was vir Olga.

Verskeie mans het hule geliefde se naam uitgeroep terwyl hulle haar mond met hulle sperms opgevul het. ‘n Man wat so oud soos haar pa kon wees, het haar kop gestreel terwyl hy vir haar sag gesê het: “Dankie, dankie – jy is ‘n engel.”  Talle het hulself aan haar in ‘n Babel van tale voorgestel asof hulle gedink het dat sy hulle name sou onthou. Baie het ‘n geskenkie onder haar op die bed neergesit.  Deurentyd het die mans met deernis en bewondering vir haar gesê dat sy die Uitverkorene is, dat sy ‘n Heilige is, dat sy ‘n engel was wat na hulle gestuur is. Niemand het iets van haar verlede onthou nie.

En so was die grootste hoer van Moskou, wat berug was vir haar erotiese perversies en onversadigbare drange, deur haar onbaatsugtige liggaamlike offer aan ‘n menigte swetende, stink, uitgehongerde, wanhopige mans, daardie dag tot ‘n Heilige verhef.  En so het sy hoop en liefde gebring aan hierdie ontredderde, gedehumaniseerde oorblyfsel van die mensdom.

Na vier ure het sy na berekening – as ‘n gemiddelde ejakulaat vyf ml is, ongeveer een liter sperms in haar maag en ‘n halfliter sperms in haar rektum opgeneem.  Iemand het telling gehou – 305 mans het haar gevul.  Na vier ure was haar tyd op en iemand het die anale prop in haar bloeiende anus ingedruk.  ‘n Weeklaag van teleurstelling het uit honderde kele gekom, maar almal het verstaan dat daar nie ‘n ander opsie was nie.  Sterk hande het haar bewende, besmeerde liggaam opgelig en na ‘n skoon bed gedra waar hulle haar skoongewas en drooggemaak het.  Met sagte, respekvolle aanrakings was sy versorg en aangetrek.  Haar kaakspiere en nekspiere was lam en haar anus was ‘n kool vuur weens die talle skeurtjies.

Selfs nou, ure later, is haar kake, nek, boude en anus steeds seer.  Sy maak die bo-stuk van haar ruimtepak oop en trek haar arms uit die moue.  Sy haal die sak met die glukose-aanvulling uit haar sak en druk die naald in die aar in haar linkerarm. Sy neem die sak in haar hand en hou dit versigtig vas – die ligte drukking sal die vloeistof in haar aar laat opbeweeg.  Sy glimlag moeg en steel oor haar maag voor sy indommel.

Na bykans ‘n dag in die ruimte kom die vragtuig stadig tot stilstand.  Sy kan dit voel aan die negatiewe gravitasieversnelling soos die skip rem en moet inderhaas binne die krat omdraai sodat sy nie haar kop teen die kant van die houer stamp of haar nek breek nie.  Dit voel skielik weer asof sy regop staan en dan word sy weer eensklaps gewigloos soos die vragtuig tot stilstand kom. Die vragtuig is nou in ‘n naby-aarde wentelbaan en sal daar bly totdat robot-pendeltuigies die vrag volgens soort kom haal en na verskillende besendings toe neem.  Sy druk vinnig weer haar arms in haar ruimtepak in en maak dit toe.  Dit sal nie nou te lank wees voor sy opgepik word nie.

Na twee ure se gewag hoor sy ‘n tuig teen die wand aanklamp.  Sy sukkel om in die gewigloosheid die deksel toe te maak en moet dit met behulp van die magneet doen.  Sy hoor hoe die knippe sluit net betyds voor sy die suisgeluid van die lugluik hoor.  Sy sit inderhaas haar helm op en begin weer om haar pak se suurstof te adem.  Daar is genoeg suurstof om haar aan die lewe te hou – maar selfs na sekondes wat die kamer aan die ruimte blootgestel is, kan sy kan reeds die koue van 3 Kelvin deur die wand van die krat om haar voel vasklamp.  Sy stel haar pak se termostaat hoër.  Sy beantwoord die sagte klop op die krat se deksel met ‘n klop op die binnekant van die knip wat nie met stoffering bedek is nie.  Sy voel die vibrasies van die bande wat deur die handvatsels gly en dan die kanteling van die krat om haar en dan die ligte drukking van die binnewand van die krat teen haar kop soos sy opgelig word en deur die ruimte vervoer word.

* * *

“Versigtig nou,” kom die stem oor die luidspreker in Svetlana se helm.  Sy kan die bekommernis in Maya se stem hoor.  Natuurlik is sy versigtig.  Hulle koppel die krat met sy kosbare vrag met toue en knippe aan hul gordels vas.  Dan trek hulle hulself al langs die kabel wat vanuit die gapende duister van die vragruim van hulle pendeltuig soos ‘n dun wit wurm in die ruimte hang.  Binne sekondes is hulle binne die vragruim en sluit die lugluik agter hulle toe.  Hulle haas om die atmosfeerdruk te normaliseer en maak die krat vinnig oop.

Die twee ruimtevaarders lag van verligting toe hulle haar daar sien lê en help haar uit die krat.  Hulle bondel haar deur die lugluik na die kajuit waar hulle haar in ‘n stoel vasmaak.  Svetlana stel die kajuittemperatuur hoër terwyl Maya op die beheerpaneel doenig is.  Die vaartuigie skud van die vragtuig los toe Maya die elektromagnete van die koppelarms afskakel.  Hulle dryf stadig van die vragtuig weg.  ‘n Kort spuit van die maneuverings-vuurpyle vergroot die afstand tussen hulle en die vragtuig vinnig.

Die ruimtevaarders hou gespanne hulle monitors stip dop terwyl hulle van die vragtuig wegbeweeg.  Dit is waarskynlik die gevaarlikste deel van die sending.  Dit is heel waarskynlik dat die oop- en toegaan van die lugluik nie ongesiens verbygegaan het nie, want die outomatiese sensors sou dit opgetel het.  Hopelik sal dit as ‘n meganiese fout geïnterpreteer word, maar as die buiteboord sensors van die vragskip aanskakel word en die buiteboord kameras in hulle rigting gedraai word, dan sal hulle ontsnappingspoging ontdek word.  Dit is hoekom Maya hulle tuig agterom die vragtuig neem sodat hulle so gou moontlik aan die ver kant van die vragtuig, weg van die lugluik kan kom.  Van hier vaar hulle vinnig met ‘n sterker stu van die vuurpyle na die volgende vragtuig wat twee kilometer daarvandaan in dieselfde wentelbaan dryf.  Voor hulle sien hulle honderde geel vragtuie wat soos ‘n swerm geel sterretjies in die ruimte hang, met die spikkeltjies van pendeltuigies wat soos besige miere tussen die vragtuie skarrel om vragte op en af te laai.  Hulle het ‘n kans om in die middel van hierdie gewerskaf ongesiens hulle weg terug na die aarde toe te vind.

* * *

“Die Uitverkorene het veilig teruggekeer,” kom die aankondiging oor die luidsprekers in die Siberiese vesting.  Sy hoor hoe duisende vrouekele van vreugde gil terwyl hulle haar met die rystoel na die operasieteater toe stoot.  Hulle help haar bo-op ‘n operasietafel waarop sy hurk sodat ‘n verpleegter ‘n bedpan onder haar kan instoot.  Sy voel hoe die verpleegster die anale prop uittrek en dan hoe ‘n stortvloed sperms uit haar gekneuste, oopgerekte anus borrel. Sy druk hard af en voel hoe die feses in haar derms die ballon deur haar anus druk.  Die verpleegster vee met ‘n vinger al die melkerige jel van die oppervlakte van die blou ballon af.

Sy word na die volgende tafel geneem waar sy op haar sy moet lê.  Die dokter sit weer die buis tussen haar teer lippe en druk dit tussen haar tande in en klamp dit vas.  Dan spuit die dokter ‘n lokale verdowing oor haar keel om die braakrespons teë te werk.  Die dokter druk ‘n lang tang deur die opening van die buis tussen haar tande en trek die blou ballon uit haar keel uit.  Terwyl sy maagsappe opbraak, spoel ‘n verpleegster die wit jel binne die ballon versigtig uit en meng dit saam met die ander sperms.  Daarna verdun hulle die sperms met ‘n Ringers oplossing.

‘n Duisend spuite lê gereed in vlekvrye staal skinkborde.  Elke spuit het ‘n kort rubberbuisie voor aan.  Die spuite word een-een met 5 ml van die melkerige vloeistof gevul.  Agt verpleegsters stoot die trollies met die spuite deur na die saal waar honderde vrouens met ontblote onderlywe hulle met opgewonde stemme begroet.  Hierdie vrouens is almal voor die tyd uitgekies, want hulle almal het pas geovuleer of is besig om te ovuleer.  Die verpleegsters beweeg met die trollies tussen die beddens deur om elkeen van die opgewonde, gelukkige, wagtende vrouens ‘n skoot sperms deur die serviks direk in die baarmoeder toe te dien.

Die Uitverkorene lê in dieselfde saal in haar bed en kyk na die geskarrel en werskaf – dit herinner haar aan bye in ‘n byekorf.  Hulle het vir haar, haar eie kamer aangebied, maar sy het dit van die hand gewys.  Sy wou daar in die saal saam met die duisend gelukkige vrouens wees – hier waar die mens van nuuts af sal ontstaan.  Sy is na als die moeder van almal.

13+

8 thoughts on “E.V.A.

  • Avatar
    Oct 9, 2019 at 9:43 am
    Permalink

    Uther, weereens puik geskryf, maar iets sê vir my hierdie storie is nog baie ver van klaar af. Ons wag!!!

    Reply
  • Avatar
    Oct 8, 2019 at 6:46 pm
    Permalink

    Wow, beautifully written and intense. Who is this Uther Pendragon?

    Reply
    • Avatar
      Oct 8, 2019 at 6:51 pm
      Permalink

      Een van ons beste skrywers en ‘n waardevolle en gewaardeerde vriend op hierdie reis om sexy in Afrikaans te wees. Maar dalk vertel hy jou sommer self. 😜

      Reply
  • Avatar
    Oct 8, 2019 at 11:58 am
    Permalink

    Annelise ek sekondeer jou! Hierdie storie is prima en moet êrens aan die algemene publiek blootgestel word.
    Uther ek salueer kwaliteit en tog ‘n spannende voorlegging met goed-nagevorste agtergrond ens. (Ek is ‘n gereelde Wetenskapfiksie leser in Engels en ek kan waarborg dat hierdie verhaal die hoogste akkolade’s sal ontketen!)
    Dankie vir jou vertoon van meesterskap met die pen.
    Ons ander is nog ver agter jou.
    Saluut!

    Reply
    • Avatar
      Oct 8, 2019 at 12:13 pm
      Permalink

      Ek deel hom wel met die “algemene” publiek ook.

      Reply
  • Avatar
    Oct 8, 2019 at 11:23 am
    Permalink

    Hierdie is vir my een van die beste stories wat ek nog ooit gelees het, nevermind net eroties alhoewel ek baie deur die erotiese toneel aangedraai was. Ek is so bly ek kan sulke kwaliteitstories op my webwerf publiseer en is dankbaar vir elke skrywer wat bydra. xxx

    Reply
    • Avatar
      Oct 8, 2019 at 1:00 pm
      Permalink

      Ek sekondeer. Kwaliteit skryfwerk. Selfs al doen die sekstoneel niks vir jou nie moet elkeen erken dat dit meesterlik geskryf is!

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)