Pionierswerk met Afrikaanse erotiese skryfwerk in Loslyf deur Ryk Hattingh (1)

5+
Hoe lank gaan ek lees: 7 minute

deur Lusman

Om met Erotikaans af te skop is dit gepas om ‘n bietjie te kyk waar en wanneer gepubliseerde skrywery oor seksuele en erotiese sake in Afrikaans in Suid-Afrika begin het. Want, voor dit was sekswoorde en uitdrukkings wat in die omgangstaal bestaan het, liefs nie op papier te sit nie. Daarvoor het streng sensorskap gesorg.

Die naaste wat mens voor 1995 aan ‘n foto van ‘n kaal meisie en geil erotiese taal in ‘n Suid-Afrikaanse publikasie kon kom, was in die tydskrif Scope. Maar dan was die poesie teleurstellend bedek en het die tiete ook twee sterretjies op gehad. En die enigste Afrikaans wat hier ter sprake was, was dié in jou gedagtes as jy draadtrek.

Voor 1995 kon jy ook nie ‘n woord soos “naai” in enige publikasie in ‘n verband gebruik wat nie op naaiwerk met klere betrekking gehad het nie.

Die wat gelukkig genoeg was om ‘n ingesmokkelde Playboy of ander buitelandse porno-tydskrif in die hande te kry, moes genoeë neem met Engels. En toe die deur op ‘n skrefie oopgaan wat erotiese goed op skrif in Suid-Afrika moontlik gemaak het, was daar vir Afrikaanssprekendes steeds ‘n probleem. Want toe die porno-tydskrif Hustler sy verskyning in 1993 maak, was daar nog steeds niks vir Afrikaanse lesers nie. Afrikaansspekendes het nie eens aan die agterspeen gesuig nie; wat Afrikaans betref was daar niks om aan te suig wat erotiese leesstof betref nie. En suig wou hulle suig, in Afrikaans.

En toe, in 1995, verskyn Loslyf – ‘n pornografiese tydskrif in Afrikaans. En wat ‘n kwantumsprong was dit nie! Want nou kon Afrikaanssprekendes deel word van die wêreldgemeenskap van porno-lesers.

Wat nie uit die oog verloor moet word nie is die uiters belangrike bydrae wat Loslyf gelewer het in die ontwikkeling van Afrikaanse eksplisiete seksuele taal. Dis waar Ryk Hattingh in die prentjie kom. ‘n Taalgeleerde en reeds gevestigde skrywer op baie ander gebiede, het Ryk, as die eerste redakteur van Loslyf, pionierswerk gedoen om Afrikaans as geskrewe taal vir pornografie en ander erotiese skryfwerk te vestig.

Ryk het baie woorde en segswyses wat toe reeds in die informele omgangstaal bestaan het, wyer blootstelling gegee. Maar hy het ook nuwe woorde en segswyses daargestel. Hy het in ‘n sekere sin ook die spelling van sekere geil en eksplisiete woorde bestendig. Baie maniere van uitdrukking wat vandag wyd gebruik word, is deur Ryk Hattingh geskep.

Met Loslyf se koms kon die algemene publiek hulle begin verlustig in ‘n belewenis van “seks op papier” – in woorde en in beeld. En het die mans nie al skommelend die tydskrif gelees nie! Dit was duidelik uit die briewe wat ingekom het. Draadtrek-saadstortings het nou nie meer op die toeplak-sterretjie op die Scope-bladsy geval nie. Die prentjies van die kaal meisies met ‘n opgeilende byskrif in Loslyf het gehelp dat mens ver bo-oor die foto kon skiet. En nie net die manne het gebaat nie. Vroulike lesers kon met die erotiese lywe in beeld en die erotiek in die teks, vrikkel dat dit vrek – met of sonder ‘n speelding. Want alhoewel daar aanvanklik nie veel ontblote penis gewys is nie, was daar genoeg erotika in die skryfwerk wat die hand in die rigting van die moemfie sou laat beweeg.

Die sukses van Loslyf as prikkeltydskrif, wat vir etlike jare gepubliseer is voordat sensuur dit ook ondergekry het, het die impetus verskaf vir baie ander om ook die hand aan erotiese skryfwerk te waag. So het Litnet met sy hygliteratuur-afdeling op ‘n stadium begin blom as ‘n platform vir erotiese stories. Mens kon daarin die invloed merk wat Hattingh gehad het. Want met sy gehalte-skryfwerk het hy groot indruk gemaak.

Dit loon om bietjie te kyk na die taal wat mens in Loslyf onder die meesterlike hand van Ryk Hattingh aangetref het. Maar eers is dit nodig om agtergrond oor die aard en wese van die tydskrif te gee. Dit gee meer perspektief as mens na die taal begin kyk. Alhoewel sommige mense die tydskrif daardie tyd as skurwe, hardebaard porno gesien het en niks meer nie, is dit nodig om ‘n bietjie te kyk na ander aspekte van die tydskrif. Dit het baie meer van ‘n kuns- en opvoedingselement gehad as wat baie sou wou toegee. In wese het Ryk Hattingh oor ‘n breë spektrum ‘n hele aantal dinge op sekskultuurgebied gedoen.

Ons begin by die eerste uitgawe van Loslyf, wat ons in betreklike diepte beskryf. Dit sou vir dié van julle wat dit nooit onder oë gehad het nie, dalk van nut wees. Want jou kans om daai eerste Loslyf in ‘n openbare biblioteek te kry en self te kyk na die inhoud, is min of meer nul. Ek is besonder gelukkig om ‘n aantal van die eerste Loslywe in die hande te kon kry en hulle te bestudeer.

Die openingswoorde in Ryk se redaksionele artikel van die eerste uitgawe was: “In jou hande hou jy heel eerste kraakvars uitgawe van Loslyf, die eerste Afrikaanse sekstydskrif wat nie doekies omdraai nie; die eerste tydskrif in die geskiedenis waar jy na hartelus in Afrikaans na doos kan kyk, in Afrikaans kan kwyl en sommer in Afrikaans kan lekkerkry ook. Loslyf is ‘n tydskrif vir Afrikaanssprekende grootmense wat hul deel van die jagse mensdom voel.”

Die teks in die tydskrif het gewoonlik gepaard gegaan met visuele materiaal. Byvoorbeeld, daar was baie foto’s van meisies. In die eerste uitgawe was die meisies nie heeltemal kaal nie. Dit was keurige, half kunstige foto’s van mooi meisies met netjies getrimde haardossies en niegesilikoonde tiete. Daardie jare was volledig kaalgeskeerde koekies nie juis in die mode nie – haarpatroontjies soos landingstrokies egter wel. Selfs waar heelwat pienk te sien was, was daar deurgaans ‘n mooi omraming van ligte harigheid op die lippies en die omstreke. Driehoekies bokant die vulva was ook gewild, sowel as deur hare versierde geslagtelike spleetjies. Prammetjies het gewissel van sterk vorentoe puntend, soms deels bedek en selfs effens hangend. Daar was ook meisies met vol, wyd uitspreidende tiete.

Wat drag betref, het vinielstewels bygedra tot die gloeiende seksualiteit. Daar was ook laarse wat halfpad teen die bobeen op gestrek het en die hoedanighede van die ten toon gestelde poesie mooi in fokus geplaas het.

Mooi sokkies, ‘n blommetjie wat ‘n poesie komplementeer, ‘n mooi bolyfkledingstukkie, ‘n bed met fleurige kussings en lakens waarop sy lê, het sekere bladsye van die tydskrif versier. Dan was daar dié met dyhoogte kouse en kousophouer-belde. Dit was alles smaaklike foto’s van die meisies wat Ryk in sy tydskrif gehad het.

Maar reeds in hierdie eerste uitgawe van Loslyf het Ryk bedenkinge of die moraliste, sedebewakers en radikale pretbederwers die tydskrif sal toelaat om voort te bestaan. Hy skryf: “Of hulle Loslyf ‘n plekkie in die son sal gun, sal nog gesien moet word.” Ryk was reg, want jare later is die wet so verander dat die tydskrif moes sluit. Gelukkig was hy op daardie stadium nie meer die redakteur nie; dit sou sy hart gebreek het.

Behalwe resensies oor porno-video’s en die kaalmeisiefoto’s was daar heelwat onderhoudende erotiese artikels. Alhoewel nie juis van ‘n erotiese aard nie, was daar onder andere een oor die wye ontevredenheid van amptenare in die polisiediens. Ook hierdie artikel was goed geskryf.

Aan die seksopvoedingkant was daar die artikel oor ‘n onderhoud met ‘n dame wat later ‘n bekende skryfster van Afrikaanse verhale geword het. Sy kon dit nie genoeg beklemtoon hoe belangrik seksopvoeding vir kinders is nie. Sy het ook die klem op verskillende soorte feminisme, insluitende haar eie, geplaas. Sy het vertel hoe sy, wat aanvanklik in Engels oor seks gedink en gevry het, geleidelik van die Engels bevry is. Dit het gemaak dat sy seks in haar Afrikaanse skryfwerk ingebring het. Heerlik verligtend in die onderhoud is haar openlike taalgebruik. Die woord “naai” is sommer ‘n hele paar keer deur haar gebruik. Sy sê byvoorbeeld daar is mense wat dink as jy met kinders praat oor seks, “dan gaan almal uitstorm en naai tot hulle flou val.” Daar is van haar mansvriende wat haar meedeel: “Afrikaanse meisies naai lekkerder as ander meisies.” Van haar vriendekring sê sy: “Ons gebruik al jare lank die woord ‘naai’”. Dit was vir my ‘n openbaring en goed om te weet dat daar daardie tyd al ontwikkelde mense was wat so openlik oor seks gepraat het.

In die eerste uitgawe van Loslyf was daar ook die advies van die seksuoloog, dr. Marie Jansen. Net om te wys dat holnaai nie ‘n taboe behoort te wees nie, brei sy in omtrent ‘n driekwart bladsy daaroor uit – die psigiese en fisieke aspekte daarvan. Geveinsde (fop-) orgasmes kom aan die beurt en so ook die fetisj genaamd infantilisme (doekdraery en doekomruilery deur jou seksmaat). Die seksuoloog skroom nie om van haar eie ervarings te vertel nie. Eksplisiete taal word gebruik sodat ‘n mens presies weet waarvan sy praat.

Loslyf het reeds met die eerste uitgawe heelwat advertensies oor seksvideo’s en seksspeelgoed gehad.

Van die eerste eksplisiete strokiesprente wat ooit in Suid-Afrika verskyn het, was in hierdie eerste uitgawe van Loslyf – in volkleur. Daar was die kunstenaars van die reeks Bitterkomix, H. Conradski en Joe Dog. Hulle val in die komiek genaamd Vetkoek weg met ‘n prentjie van ‘n werktuigkundige wat sy meisie vroeg op ‘n Maandagoggend missionêr stoot. Haar bene is teruggevou deur sy sterk arms wat langs haar op die bed rus. Dis al oor die honderd naaihale met sjlop-sjlop-geluide, volgens die kriptiese teks by die prentjie, waarin ook die wippende boude mooi geïllustreer word. Die volgende prentjie toon hoe sy piel met ‘n plopgeluid en met sous wat in alle rigtings spat uit haar steeds smekende koek tevoorskyn kom. Want hy’t skielik besef hy’s laat vir werk. Hy laat spaander. Terwyl hy later aan sy eerste kar werk, wys ‘n prentjie hoe sy girl tuis die sessie wat hy met haar begin het kreunend enduit voer – met ‘n reuse- pienk tweekopdildo. Natuurlik self nie behoorlik bevredig met sy kortgeknipte naaisessie nie, slaag Meneer Mechanic daarin om die baas se assistent “vir ete” te neem. Sy stel ‘n broodjie voor, maar sy voorkeur is koek eet, by haar plek. Tyd is min. ‘n Prentjie wys haar dan met haar geel rok nog steeds aan, maar bolangs weggetrek, Meneer Mechanic se mond op haar tiet. Die spoeg spat soos hy haar tepel suig. Die prentjie wys hoe hy met sy ander hand haar broekie eenkant toe trek om sy stywe grootkop-piel, wat by sy gulp uitpeul, in haar pienk koekspleet in te steek. Die volgende prentjie wys hoe hy verbaas omkyk as daar ‘n doef-doef-geluid uit die hangkas agter hom kom. Dit eindig hier, want natuurlik sal die volgende uitgawe moet toon wat dit was. Die hele tweebladsy-komiek is mooi kleurvol geïllustreer. Dis ook goeie draadtrek-materiaal, danksy vernuftige kunstenaars onder die leiding van ‘n vernugtige Ryk Hattingh.

Die eerste uitgawe het ook goeie resensies van bloufilms en -video’s bevat. Dit was alles in eksplisiete, maar kleurvolle en keurige taal.

In die volgende Erotikaans-item gee ons aandag aan die taalgebruik in hierdie eerste en daaropvolgende Loslyf-uitgawes.

Intussen verneem ek graag of van julle bekend is met Loslyf en hoe julle dit gevind het. Enige kommentaar is welkom.

Lusman.

5+

21 thoughts on “Pionierswerk met Afrikaanse erotiese skryfwerk in Loslyf deur Ryk Hattingh (1)

  • Avatar
    Oct 9, 2019 at 10:58 am
    Permalink

    Jou skrywe van Ryk Hattingh, Loslyf, Lênet en Litnet en miskien moet ons byvoeg die “Intiem” n poging om erotise material aftewater en meer in n Christelike konteks te stel. Ons ou Volkie sal mos liewer die kat in die donker knyp as om openlik oor die lewe te wees. Het my weereens laat besef hoe gelukkig ons is dat daar mense soos Ryk Hattingh, Ingrit Lehmensich en ons eie Annelise wat ek dink onder die grotes van groot tel

    Onthou LêNet se openings teks
    LêNet is gemik op volwasse lesers wat van erotiese literatuur hou. Jy sal self weet of jy hier tuishoort of nie. Dis in jou hande. As jy dus te jonk is of dalkies ontuis voel met die aard van die materiaal, moet jy eerder nou omdraai! Skoert!

    Ek het nooit die voorreg gehad om Loslyf onder oë te kry nie was op daardie stadium in die buiteland vir n paar jaar.

    Reply
    • Avatar
      Oct 9, 2019 at 11:49 am
      Permalink

      Dankie Always

      Reply
    • Avatar
      Oct 10, 2019 at 5:54 am
      Permalink

      Always, dankie vir die perspektief wat jy ten opsigte van die erotiek gee. Ja, die lekker van erotiese skryfwerk is dat daar soveel moontlike maniere is waarop mens kan skryf. Jy kan in baie verskillende smake voorsien. Dis moontlik om ‘n opgeilende storie te skryf sonder ‘n enkele eksplisiete woord — aan die een kant — en deur die heelpad van suggesties gebruik te maak. Aan die ander kant kan jy uiters eksplisiet en selfs kru wees – en op daardie manier ‘n sekere soort leser bereik (en hitsig maak!). Die moontlikhede is onbeperk. Dis tog interessant hoe mens met woorde baie meer kan bereik as met prentjies en video’s. Vir dié wat nog nie nie probeer skryf het nie, is die ding om ërens te begin. Jy kan jouself dalk verbaas!

      Reply
  • Avatar
    Oct 8, 2019 at 9:04 pm
    Permalink

    Ek het ‘n hele klompie stories vir Loslyf geskryf, so veel so dat ek en latere redaktrise goeie vriende was en ek stories op aanvraag vir ‘n tema geskryf het…

    Reply
    • Avatar
      Oct 10, 2019 at 5:37 am
      Permalink

      Nouja, Neil, met jou ondervinding is daar seker geen verskoning om nie ook vir Kombiekiehier stories te skryf nie. Wanneer sien ons die eerste een? Ons was daar dalk al ‘n bydrae van jou kant af?

      Reply
      • Avatar
        Oct 10, 2019 at 11:16 am
        Permalink

        Daar was.

        Reply
  • Avatar
    Oct 8, 2019 at 9:45 am
    Permalink

    Ek dink ek moet eendag ‘n stukkie “geskiedenis” skryf van hoe dit is om as ‘n vrou so iets te doen. Mans en vroue word mos ander behandel as dit by seks kom – ons word anders geoordeel. Ek kan amper wed dat Ryk Hattingh nie dieselfde soort briewe, boodskappe en aanvalle as ek moes deurstaan nie. Hy het ook foto’s van vroue-lywe geplaas – iets wat hy nie self is nie. So hy kon nooit die objek word soos die wat hy “gebruik” het nie. Hy kon op ‘n manier buite dit staan. Ek dink dit sal eintlik nogal ‘n baie interessante vergelyking wees – veral omdat hy dit in ‘n meer konserwatiewe tyd gedoen het – juis omdat ek vermoed dat dit dalk nie so baie verander het nie. Leef hy nog, Lusman?

    Reply
    • Avatar
      Oct 8, 2019 at 10:42 am
      Permalink

      Lusman moet help maar ek verbeel my ek het gelees dat hy nou in ‘n ander land woon. Australie?

      Reply
    • Avatar
      Oct 8, 2019 at 12:41 pm
      Permalink

      Inligting.

      Wikipedia het ‘n baie interresante stuk oor Ryk Hattingh en sy lewenswerk. Hy sterf op 10 Oktober 2017 in Nieu-Seeland aan ‘n hartaanval. Hy het sedert 1997 in Auckland in Nieu-Seeland gewoon nadat lede van sy gesin in hul huis in Kensington, Johannesburg die slagoffers was van geweldmisdaad.

      Annelise. Ek sien uit na die geskiedenis deur jou oë. Dit sal goed wees om te sien waardeur die dames gegaan het om vir ons te kan gee wat ons vandag ganiet.

      Dankie Lusman vir ‘n terugblik in die verlede. Waardering vir jou tyd en kennis.

      Reply
      • Avatar
        Oct 8, 2019 at 3:24 pm
        Permalink

        Ek het onthou wie hy is. Hy is oorlede net na hy ‘n prys gekry het oor ‘n boek wat hy geskryf het oor hoe hartseer dit is om te emigreer of so iets. Ek kan nie nou gaan soek nie, maar dis in elk geval nie retig belangrik nie. So ons sal ongelukkig nie ons persoonlike ervarings kan vergelyk nie.

        Reply
        • Avatar
          Oct 8, 2019 at 9:03 pm
          Permalink

          Ek het ‘n hele klompie stories vir Loslyf geskryf, so veel so dat ek en latere redaktrise goeie vriende was en ek stories op aanvraag vir ‘n tema geskryf het…

          Reply
          • Avatar
            Oct 8, 2019 at 9:05 pm
            Permalink

            Nou hoekom doen jy dit nie vir my ook nie? 😜

            Reply
            • Avatar
              Oct 9, 2019 at 5:48 am
              Permalink

              Hoekom NEIL ? !
              Loslyf is geskiedenis, skryf vir “Kombiekiehier” ! “Kombiekiehier ” is NOU !♥☺
              Hier is baie van ons oudstryders wat jou stories ken en onthou en baie nuwes wat aan die magnetiese skryfwerk van Neil A Morum voor gestel moet word.
              Jou verhale sal met ope arms verwelkom word.
              Miskien kan Annelise een van jou diamante uit die argief opdiep en weer vir ons plaas?

              Reply
        • Avatar
          Oct 8, 2019 at 9:36 pm
          Permalink

          Daardie laaste boek van Hattingh se naam is Huilboek. Dis ‘n outobiografiese novelle wat hy geskryf het terwyl hy ‘n skoenmaker in Nieu-Seeland was. Dit het in 2017 die KykNet-Rapport-prys gekry.

          Reply
    • Avatar
      Oct 9, 2019 at 8:32 am
      Permalink

      Ryk bly nou in Nieu Zeeland

      Reply
  • Avatar
    Oct 8, 2019 at 9:24 am
    Permalink

    Baie dankie vir jou erkenning Wille Will. Dit beteken vir my baie.

    Reply
  • Avatar
    Oct 8, 2019 at 5:23 am
    Permalink

    Loslyf het die pad geloop van Scope. Sensasionele nuwigheid, ou toppies van sensuurraad wat wakker skrik met hul hande nog in hul broeke van vorige draadtreksessie.
    Ek het wel ‘n paar eksemplare gelees en geniet en Ryk Hattingh se naam staan in neonligte bo-aan vir sy baanbrekerswerk. Nadat hy as redakteur weg is kon mens die verval sien want dit het afgeplat geraak in vertalings en oorsese bydraes en die SA uniekheid was daarmee heen.
    Jammer vir ‘n stukkie Africana wat verdwyn het.
    Nou het ons Annelise en “Kombiekiehier” Net die lesers en bydraers kan hierdie uiterste webwerf laat voortleef en ontwikkel deur Annelise Erasmus in alle opsigte te ondersteun, by te staan en te onderskraag in haar pionierswek.

    Reply
    • Avatar
      Oct 8, 2019 at 7:18 am
      Permalink

      Inderdaad woorde van inspirasie, Willewill! En ons gaan beslis meer van jou stylvolle bydraes nodig kry.

      Reply
      • Avatar
        Oct 8, 2019 at 9:22 am
        Permalink

        Dankie Lusman, ek waardeer jou woorde, maar hierdie verg ‘n spanpoging van elkeen wat op hierdie blad selfs net inloer.
        Kom ouens en ou-inne laat ons almal saam lus word en plesier geniet ten volle♥

        Reply
  • Avatar
    Oct 7, 2019 at 4:08 pm
    Permalink

    Ek kon net ‘n paar “loslywe” te siene kry, maar ek dink hulle was die moeite werd.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)