Totsiens Marianne (1)
deur JouBok
Ons kom effens laat by die gemeenskapsaal aan waar die funksie gehou word. Die idee van die byeenkoms is so ‘n ietsie van alles.
So ‘n padkafee allegaartjie. Stigting van ‘n sosiale klub. Verwelkoming van die nuwe intrekkers in die omgewing. ‘n Plekkie waar mense mekaar kan ontmoet en nuwe vriende maak. Gesels oor plaaslike probleme. So ‘n saamkuier en musiekluister bymekaarkom. As jy lus het kan jy sommer so ‘n paar passies op die dansvloer maak.
Ek haat dit om laat te kom by geleenthede. Wanneer ‘n mens van die eerstes is kan jy kies waar jy wil sit. Die nadeel vir laatkommers is voor die hand liggend. Jy moet sit waar daar plek is!
‘n Groter frustrasie vir ‘n laatkommer is dat jy moet omgaan en al die ander gaste groet wat hulself reeds gemaklik gemaak het. In die proses moet mens hier en daar ‘n gesprek onderbreek. Partykeer sekondes lank staan met ‘n mond vol tande en wag vir ‘n kans om hello te sê.
So hier stap ek en my Celeste die saal binne. Eetgerei-mandjie in die linkerhand en ‘n mandjie met verversings in die ander.
Mense wat by ‘n hoektafel sit waai vir ons om ons aandag te trek. Met ‘n kopknik erken ek die hand-wuifery. Ons stap nader tussen al die geselsende mense deur. Celeste se vriendin het ons genooi om die aand saam te kuier. Sy en haar haar man het so ‘n paar maande voor ons ingetrek. Genadiglik het hulle vir ons ‘n gerieflike plek gehou om te sit. Ahh dink ek – een van die twee struikelblokke is uit die weg geruim. Nou vir die inlyn-val en vreemdelinge groet.
Moet my nou nie verkeerd verstaan nie. Ek is nie teen vreemde- of baie mense nie. “Laatkom” is net nie my styl nie. Beheer! Ek hou van beheer. Mense wat na my toe stap kan ek beheer.
Met die naderstap poog ek so in die verbygaan om dit groetery vinnig agter die rug te kry maar ‘n langerige donkerkopvrou met die regte hoeveelheid liefdes-handvatsels vang my oog. Ek skat haar ouderdom so in die vyftigs. Haar oë is die kleur van die oseaan. Sy maak haar mond oop en ‘n “sit maar eers die mandjies neer dan kan ons beter groet” vloei uit haar rooigeverfde bekkie. My gedagtes makeer die pas. Mmm – beter groet sê sy. Ek wonder wat is haar definisie van beter groet?
By die tafel gekom groet ek vir Dirk. Ek en hy het saam gewerk, maar ek kan nie sê dat ons vriende is nie. Ons vrouens, inteendeel het baie goeie vriendinne geword oor die jare. In die myndorpie waar ons gewoon het was koek en tee die hoogtepunt van elke week. Die gunsteling onderwerp. Vroue wat by die myn werk. Ek dink gefrustreerd aan die baie konflik-gesprekke wat begin het met die woorde “Ek het gehoor dat die een of ander Evatjie wat by die myn werk weer …” Four, Five and Six – het die vroue nie hulle eie lewens nie? Ek het jare gelede vinnig vir daardie probleempie ‘n antwoord uitgewerk.
Dirk wys my waar ek my pakkasie kan neersit en ek ontspan effens. Dit is bloot toevallig dat ons op dieselfde dorp afgetreë het. Ten minste is hier iemand wat myn taal praat en verstaan. Ons groet vinnig so staande en binne minute het ons die nuutste myn-nuus uitgeruil. Ons praat feite en nie in nuanses nie.
Ons is ses by die tafel. Dirk, Elsie, my vrou, Celeste, en ek. So aan die ander kopkant van die tafel het twee dames met koppe bymekaar gesit en aanmekaar gesels. Ek neem aan dat hulle mekaar ken. Dirk verduidelik dat hulle deel is van die tennis-klub waarvan Elsie ‘n lid is. Dan volg die ander twee tafels met hulle geselsende gaste.
Die groot oomblik van hallo-sê breek aan. Dirk stap saam met my en stel my een vir een aan die dames by ons tafel en die gaste aan die tafels langs ons voor. Ek het die eerste dame se naam gehoor, maar nie geluister nie. Die vrou met die see in haar oë was steeds in my gedagtes. Soos ‘n legkaart wat uitgewerk moet word.
Ek is nie groot met die naam-onthou ding nie so ek het ‘n sisteem. Liedjies ken ek, baie liedjies! Wanneer iemand aan my voorgestel word wie se naam ek wil onthou, assosieer ek die persoon se naam met ‘n liedjie.
Die vrou met die oseaan in haar oë staan glimlaggend voor my en ek besluit dat sy moontlik Rod Steward se Sailing gaan word.
Dirk stel my aan Marianne voor en ek hoor oombliklik Leonard Cohen sing “So long, Marianne.” Die liedjie rol onmiddellik in my kop. Ek besluit dat Marianne diè mooi song se naam eer gaan aandoen. Ek groet haar vriendelik. Dalk meer vriendelik as wat die twee koek-en-tee, kop-in-een-mus saampraters sal van hou. Celeste, my ooitjie, kyk met ‘n sweempie van ‘n glimlag na my en trek daarna haar lippies dun. Dirk se vrou se wange lyk of dit ietwat te styf opgepomp is. Dunlippies reageer soos ‘n brat en groet skaars vir Marianne. Ek kyk streng na haar en sy laat haar kop sak.
Ek en Dirk kyk vir mekaar en hy trek sy skouers ongemerk op.
Ek en Dirk gaan oorkant mekaar in die middel van die tafel sit. Dit vorm so ‘n stukkie niemandsland tussen die vroue. Ek hoor hoe Dirk se vrou saggies aan Celeste vertel dat “daai vrou” ook by die myn gewerk het. Haar man was blykbaar baie ouer as sy en hulle woon al lank hier. Hy is intussen oorlede en het haar goed agtergelaat. Die manne draai blykbaar om haar en sy geniet die aandag. My ooitjie se lippies raak al hoe dunner hoe langer sy luister.
Op my ouderdom skrik ek nie meer vir ‘n winters-suidewind nie.
Ek draai na Marianne en vra of sy weet dat sy en ‘n hysbak wat in ‘n mynskag gebruik word dieselfde naam het. Haar aandag fokus oombliklik op my. Ek weet nie of dit was dat ek met haar gepraat het en of dit die gesprek oor die myn is wat haar aandag hou nie.
Sy antwoord dat sy nie geweet het nie. Ons drie raak aan die gesels oor myne en waar ons gewerk het. Sy vertel toe dat sy nie by ‘n mynskag gewerk het nie, maar dat haar man aan ‘n Randse myn in die Inligtingsinformasiedepartement as ‘n Analitiese Rekenaarprogrammeerder gewerk het. Sy het ‘n administratiewe pos gehad het by die Myn se medies fonds in Johannesburg.
Ahh sê ek. Bokstraat in Joubertpark. Haar gesig verhelder met ‘n glimlag toe sy vra of ek die omgewing ken. Baie moedswillig antwoord ek dat ek al so ‘n keer of wat daar verbygery het om iemand op die sypaadjie op te tel of af te laai. Ek knik ongemerk vir Dirk en soos die Engelsman sou sê the game is on.
(So met die draai van die vorige eeu was Bokstraat in Joubertpark bekend vir sy prostitute en ander lekker onderduimse dinge.)
Ongeloof en verbystering spoel oor haar gesig toe ek vir haar sê dat sy vir my vaagweg bekend lyk. Onmiddelik antwoord Marianne dat sy in die mediese gebou gewerk het en nie op die sypaadjie nie. Dirk bevestiging oombliklik dat sy vir hom ook bekend lyk. Marianne is hoogs ongemaklik en daar is ‘n veronregte rooi op haar gesig. Ek sien haar skaamheid vlamvat. Terwyl ek haar sit en dophou, sien ek die rooi – soos dit laer oor haar nek en onder haar klere inkruip. Marianne het ‘n bonterige bloes aan met knoppies wat tot so halfpad onder haar ken toegeknoop is. Die sagte boonste bultjie van haar groterige borste was kwalik sigbaar onder die bokant van haar toppie.
Soos ons Marianne terg raak die suidewind aan my linkerkant al hoe kouer namate Marianne harder protesteer en ongemaklik lag. Ek en Dirk is besig om haar te vertel watter goeie geld sy sou gemaak het, want ons sou om die beurt haar opgetel en afgelaai het. Dirk vertel haar hoe ‘n eersteklas sypaadjie-loper sy sou gewees het met daai lang bene en perfekte borste wat teen haar bra en hemp beur. Hy lag en sê dat sy sekerlik die elmboogtoets deurgekom het toe sy aansoek gedoen het vir haar werk. Ek sê vir haar dat met ‘n stel rooi hoëhakskoene aan sou sy nooit langer as vyf minute gestaan het nie. Sy bloos bloedrooi toe ons vir haar sê dat ons vir haar ‘n woonstel sou gehuur het en ‘n “lewenskostetoelae” sou betaal het vir alleenreg.
Marianne raak bietjie ergerlik met ons aanhou, maar ek kan sien dat die komplimente en die opregtheid daarvan haar nie verbygegaan nie. Haar twee stywe tepels lyk of hulle reageer op die winterwindjie wat van die onderpunt van die tafel af waai.
Sy word uit haar verleentheid gered deur die sameroeper. So in die luister trek ek en Dirk ‘n bottel rooiwyn nader en maak almal se glase vol. Marianne hou gretig haar glas nader – seker bietjie dors na die verleentheid van vroeër? Almal om die tafel het ‘n eetdingetjie voor hulle. Die tafel raak “vreetsaam” soos elkeen met hulle eie bordjie besig raak.
Tussen my en Dirk sorg ons dat die glase vol bly. Indien ‘n mens die geraasvlak in die saal sou gebruik om te bepaal of die byeenkoms ‘n sukses was sou ek skat dit is ‘n moerse sukses.
Marianne loer so nou en dan in ons rigting en glimlag. Sy sit seker en dink oor die aandag wat sy kry en hoe dit laat haar laat voel. Op ‘n stadium sien ek sy vat aan haar ken en vryf oor haar keel. Ek sien nou eers hoe mooi versorg haar hande is. Sy trek-trek effens aan die kraag van haar toppie. Tot my groot genot sien ek dat sy twee addisionele knopies losgemaak het. Haar oë vang my blik wanneer ek skelm na haar tietgleuf loer. Ek kyk in haar oë en vorm die woord “mooi” met my lippe. Sy glimlag met genoegdoening.
So aan die einde van die ete begin die kuier-gesels erge spoed kry.
Die DJ is so ‘n bietjie oorywerig met die volume van die musiek. Marianne en vriendinne skuif nader aan my en Dirk om te kan hoor wat ons gesels. My ooitjie en Dirk se vrou gluur so oor die deurmekaar tafel na die twee vroue aan die anderkant. In my vrou se oë sien ek ‘n glinstering. Daar talm ‘n effense glimlag op haar gesig wanneer sy na ons kyk voordat haar lippies weer dun raak. Sy draai na Dirk se vrou en praat saggies verder.
Toe Marianne die kans kry vra sy hoekom ek vroeër gesê het dat haar naam gekoppel is aan mynskag.
Ek vertel haar dat in die meeste mynskagte is daar ‘n klein hysbak wat so vier persone kan vervoer. Die hysbak word ‘n Mary-Ann genoem. Gretig wil sy weet waar die naam vanaf kom.
Sy luister aandagtig toe ek haar vertel dat volgens oorlewering het ‘n adelike Engelse myneienaar ‘n privaathysbak laat installeer sodat hy nie nodig gehad het om saam met die ander werkers in dieselfde hysbak ondergrond te gaan nie.
Marianne en haar vriendin skuif nader sodat hulle elke woord bo die gesellige-lawaai kan hoor. Ek sien hoe Dirk ook verleë wegkyk van sy tietie-koekeloerdery. Marianne se vriendin sit hom geamuseerd en aankyk.
Die twee wil nuuskierig weet waar die naam Mary-Ann vanaf kom. Ek antwoord dat die Hertog se minnares se naam Mary-Ann was en dat hy die hysbak na haar vernoem het.
Ou Dirk gryp die storielyn en borduur vir die twee dames ‘n verbeeldingstorie. Hy vertel hulle hoe die pragtige dame twee keer per week vroegoggend uit die Engelse mis te voorskyn gekom het. Die dame het met haar modderbesmeerde stewels gestaan en wag vir die Hertog om op te daag. Hulle twee het dan alleen in die hysbak geklim. Wanneer die traliehek agter hulle toeklap het sy styf teen haar Hertog gestaan en wag om deur die stikdonker skag ingesluk te word. Dit het etlike minute geduur vir die hysbak om na die ondergrondse werkplek te sak.
Dirk vertel dat die vrou blykbaar baie bang vir die donkerte was. Hy bly dramaties stil.
Ons niksvermoedende dames trap in die val deur hom te vra hoekom hy so sê. Dirk lag uitbundig wanneer hy antwoord dat die Hertog haar styf vasgehou het, want sy het seker paniekaanvalle gekry. Partykeer het die ondergrondse werkers vertel hoe hulle haar hoor gil het in die donkerte. Haar klere was elke keer erg deurmekaar wanneer hulle op die ondergrondse werkvlak aankom. Dirk sê dat die dame moes per geleentheid banger as ander kere gewees het. Hulle het dit afgelei van hoeveel harder sy gegil het as gewoonlik. Soms het haar stewels modder agter op die Hertog se rug en boude agtergelaat soos sy hom bespring het in haar benoudheid. Ek sluit Dirk se storie af deur te sê: “Die arme vrou en sy het dit gewillig gedoen twee keer per week.”
Marianne en haar vriendin bars uit van die lag wanneer hulle besef Dirk trek hulle been. Daar is ‘n glinstering in haar oë en ‘n droomverlore glimlag speel om Marianne se mond. Sy lyk asof sy by die Mary-Ann hysbak wil opdaag vir haar rit die donker dieptes in.
Ek begin hulle op ‘n meer ernstige noot te vertel dat daar ook ‘n ander bekende legende is waaraan die naam gekoppel is. Saint Anne se naam is sinoniem en welbekend in die legendes van mynbou. Die dame sou volgens oorlewering die matrones van ongetroude vroue, dames wat wil swanger raak en ook hulle wat geboorte skenk wees. Interessant dat die lys van mense wat sy beskerm ook perderuiters en mynwerkers insluit. Die twee skuif ongemaklik rond wanneer ek my storie afsluit en sê dat volgens legende word Saint Anne se baarmoeder gesien as die oorsprong vanwaar alle kosbare edelmetale gemyn word. Tong in die kies sê ek dat dit elke myner se droom is om so ‘n ongetroude vrou te kry en ‘n kosbare edelsteen tussen haar bene te myn.
Hulle kyk geskok na mekaar. Woordeloos kommunikeer hulle met mekaar. Marianne se vriendin knik eerste. Sy druk haar kop feitlik teen Dirk en vra of ek en hy nog myners is. Dirk glimlag net.
So deur die lag en uitspattighede deur vang my oog gereeld Celeste soos wat sy afkeurend na Marianne en haar vriendin kyk. Wanneer sy na my kyk is daar ‘n bekende trek op haar gesig. Estie se gesig is egter ‘n ander saak. Sy lyk soos ‘n Michelinband wat te styf opgepomp is. Ek dink vlugtig aan wat op my en Dirk wag wanneer ons by die huis kom. Na wat op ek op Estie se gesig lees weet ek dat sy probleme groter is as wat my dunlippies gaan gee.
Ek sit en wonder of ek vir Marianne en haar vriendin moet vertel van die gerugte wat jare daarna oor die Hertog se myn die rondte gedoen het. Ek dink dat sy die storie dalk meer by haar huis sal waardeer. My besluit om by haar huis ‘n draai te maak laat my voël lewe kry in my broek. Die aand se suggestiewe gesprekke en die kyk op my ooitjie se gesig het my ‘n lekker stywe ereksie gegee.
Die aand het vinnig, ver gevorder. Die gaste begin skarrel om hulle goedjies bymekaar te kry. Spoedig is ons almal gereed om huiswaarts te keer.
Met mandjies in die arms stap ons geselsende buitentoe. Buite in die parkeerterrein groet ons mekaar. In die donkerte voel ek ‘n hand by my broeksak ingly en ‘n oomblik raak vingers aan my erekte penis. Ek kyk om my. My ooitjie staan met haar dunlippies by Dirk en gesels. My oog vang die beweging van Marianne se hand soos wat sy van my wegtreë. Ek druk my hand in my sak. My vingers vou om die sag van ‘n papier-servet. Marianne en haar vriendin se lyftaal is soos die van kinders wat met ‘n handvol gesteelde koekies gevang is. Hulle staan met onsekere glimlagte na my en Dirk en kyk.
Ek groet die dames en stap na my motor. Ek fluit die bekende note van ek Cohen se liedjie: So Long Marianne.
Wanneer die motordeure agter my en Celeste toeklap is dit stil in die kajuit. Ek ry stadig uit die parkeerarea. Die reëlmatige waarskuwende “ping” van die veiligheidstelsel deurboor die stilte. Feitlik gelyktydig klik ons gordels in die aanhegtingspunte. Behalwe vir die dreuning van die dieselenjin is dit stil in die motor. In die halfdonker kan ek my ooitjie se gesig uitmaak soos wat sy effens senuagtig in haar sitplek rondskuif.
So halfpad huis toe hoor ek haar fyn stem: “My bok, ek het die lesse wat ek geleer het vergeet. Ek het my sleg gedra vanaand. Sal my bok my asseblief weer aan daardie lesse herinner.”
Dit is stil in die motor terwyl ons huistoe ry. Die motorligte skyn teen die skuifhek soos teen ‘n ondeurdringbare muur. Met die druk van ‘n knoppie skuif die hek oop en agter ons toe nadat ons ingery het. Ek is nou totaal gemaklik. Die toe hek en die hoë wit mure bevestig my beheer.
Ek parkeer my motor onder die neonverligte afdak en stap om die motor om die deur vir my ooitjie oop te maak. Eers wanneer ek my hand na haar uitsteek reageer sy en klim stadig, maar doelgerig uit die motor. Sy staan voor my met haar kop geboë en sê duidelik. “My bok, ek het die pad byster en is verlore.”
My horing spring weer styf in my broek. Die grof van die materiaal skuur pynlik teen my piel wat vorentoe beur in my broek. Die spasie word ongemaklik klein waarin my trots moet pas. Haar hande gaan uit na my lyfband en sy maak dit los en trek dit met een beweging uit die lussies. Sy neem die leerband en druk die punt deur die gespe en plaas dit oor haar kop en trek dit styf. Sy gee die punt van die leerband vir my en sak op die plaveisel op haar knieë neer.
Ek kyk met trots en waardering na die vrou voor my. Haar ouderdom maak dit nie vir haar maklik nie en die growwe stene druk in haar knieë. Sy kniel bewegingloos voor my asof niks saak maak behalwe my volgende reaksie nie. Vir ‘n oomblik plaas ek my hand op haar kop en vryf oor haar grys-wordende hare terwyl my regterhand ‘n plukkie aan die lyfband gee. Ek buig af en fluister in haar oor dat sy my groot plesier verskaf. Ek hoor hoe sy saggies sê. “Dankie, my bok”
Die leerband se punt val los op die grond wanneer ek dit laat los en my hande onder haar armholtes deurdruk. Ek trek haar stadig op dat haar sagte lyf teen my liggaam druk. Sy vlei haar liggaam verleidelik teen myne. Haar arms is agter haar rug met haar hande net bo haar boude oormekaar gevou.
Sy staan bewegingloos terwyl my hande oor haar klere beweeg. Ek stroop haar klere van haar bolyf af met doelgerigte bewegings. Die lyfband bly om haar nek met die punt wat skuins oor haar linkerbors hang. Vir die soveelste keer in veertig jaar se getroude lewe ontdek my hande opnuut haar lyf. My vingers streel oor en tussen haar hare. Tussen my vingerpunte voel ek die sagte kartel van haar goedversorgde hare. My hande gly stadig oor haar kop, nek, skouers en bolyf. Sy staan halfnaak voor my onder die helder neonlig wat die afdak verlig. Sy staan bewegingloos. Daar is geen teken van skaamte in haar postuur nie. Ek kyk na haar asof dit die eerste keer is wat ek haar sien. Soos wat my kop van kant tot kant beweeg stoot sy haar lyf nader aan my asof in ‘n poging dat ek haar blosend warm vel sal soen. Soos wat ek elke stukkie van haar vel ondersoek word my wellus en horing groter.
My hande vou liefderyk om elke kurwe en herontdek elke heuwel en vallei. ‘n Sagte kreun ontsnap haar keel wanneer ek my linkerknie teen haar bene druk. Sy plant haar voete so wyd as moontlik. Met my linkerhand omvou ek haar bultende vrouwees en krul my vingers tussen haar bene. Met my regterhand ondersteun ek haar agter haar rug tussen haar blaaie. My linkerhand druk harder teen haar poesie en sy beur haar onderlyf teen my hand terwyl sy haar skouers agteroor teen my ondersteunende regterhand druk. Sy is so van balans af dat indien ek my regterhand sou wegneem sal sy agteroor op haar rug sal val. Ek verlustig my in die totale vertroue wat die vrou in my hande het.
Ek druk haar regop en neem die leerband se punt in my linkerhand. Met doelgerigte treë stap ek na die voordeur. Die band trek nie styf teen haar nek nie soos wat sy gewillig ‘n treë agter my volg. Wanneer ons die voordeur bereik steek sy vas. Ek sluit die deur oop. Terwyl ek met my gesig na die huis staan hoor ek hoe sy haar broek se ritssluiter aftrek. Die plof van haar goue sandale soos dit op die stoepteëls val. Ek staan in wellus en luister hoe sy haar Jeans van haar bene stroop en dit ook op die teëls val. My godin sak weer op haar knieë en kyk op na my met haar groot bruin oë. Duidelik en sonder aarseling sê sy. “My bok, sal jy my leer hoe om ‘n goeie ooitjie vir jou te wees?” Met die aanhoor van haar woorde wil my hart bars van trots en my stywe piel swel tot barstens vol.
Daar is ‘n effense ego wanneer ek die ruim ingangsportaal binnestap. Die kristalkandelaar wat van die plafon hang weerkaats die lig in honderde kleurspatsels op die wit porseleinteëls. Ek draai om wanneer ek onder die kandelaar in die middel van die vertrek tot stilstand kom. My vrou se oê kyk na my blink skoene en begin stadig nader kruip. Ek kan sien dat die jare dit vir haar moeiliker gemaak het om so te kruip. In my hart kry ek haar jammer, maar ek stop haar nie. Ek weet sy wil dit hê. Dit wat sy na smag sal ek vir haar gee. Sulke onderdanige aksies maak haar sappe vloei.
Wanneer haar kop teen my bene raak, sak sy af sodat haar linkerwang op my skoene rus. Haar hande sterk reguit voor haar uit verby my skoene. My ooitjie se lyf sak af tot dit op haar bene rus. Ons bly onbeweeglik staan vir wat soos ‘n ewigheid voel. Met ‘n sagte beweging van my voet waarsku ek haar dat ek my voete gaan beweeg. Sy lig haar kop en nadat ek teruggetreë het, sak haar linkerwang op die koue porselein van die vloer. Haar rug is geboë en haar boude staan effens in die lug.
Doelgerig, stadig stap ek twee maal om haar en komplimenteer haar oor hoe goed sy haarself versorg. Effens, net effens sien ek hoe haar lyf reageer wanneer sy poog om haar poesie harder teen haar hakskeen te druk.
Ek buk by haar kop en druk met my hande weerskante haar skouers op die vloer. Met my tong trek ek ‘n spoegstreep van agter haar nek oor haar regterblad al langs die knoppe wat haar rugstring onder haar vel druk. My tong raak-raak aan die begin van die kloof wat haar stywe boude vorm. Soos wat ek oor haar sensuele liggaam reik, ruik ek haar geur.
Mymeringe van die verlede spoel deur my gedagtes. Daar was ‘n tyd toe my liggaam instaat was om in die posisie so ver oor haar te kon buk dat ek met my tong haar donkerbruin rosyntjies kon lek. Ek onthou hoe haar lyf gereageer het. Hoe nat sy was. Hoe dringend die behoefte om te kom geraak het. Hoe lus dit my gemaak het.
My tong volg ‘n ander spoor terug na haar nek. Ek soen haar saggies agter haar nek. Met my tande knibbel ek haar sagte vel en sien hoe ‘n siddering deur haar lyf gaan. Daarna soen ek haar sag op haar regteroor. Wanneer ek haar oorbel suig, ontsnap ‘n diep sug uit haar keel. Haar asem jaag vinniger. Hoendervleis slaan uit op haar arms. Ek sukkel om normaal asem te haal. Dis met uiterste wilskrag dat ek my hande beheer om haar nie te gryp om te draai en my kloppende voël diep in haar poesie te stamp nie.
Ek staan op en stap tot agter haar en gaan sit op my hurke. Haar vroulike vrug is ryp en donker waar dit onder haar anus uitbult. Twee effens swaar dye omraam haar poesie. Haar donker buitelippe is uitgeswel soos die bloed daarin versamel het. Pienk lippies glinster nat in die lig van die kandelaar wat op hulle skyn. My vrou se oorvloedige gladde nat poes verklap hoe sy die spel geniet. ‘n Druppel vloeistof vorm aan die buitekant van haar vlindersagte voue.
My regterhand vou liefderik oor haar boude. Sy reageer oombliklik wanneer my hand haar hoër trek. Sy staan nou op haar knieë met haar boude hoog in die lug. Sy beweeg haar knieë om meer gemaklik te wees, maar sê nie ‘n woord oor haar ongemak nie.
Met my hand oor haar regterboud gevou druk ek effens hardhandig sodat haar sagte vleis bultjies vorm tussen my vingers. Ek voel die hitte opbou tussen my hand en haar boud waar ek oor dit streel. Met ‘n vinnige opwaartse beweging klap ek haar teen haar boud – so aan die bokant van haar boudwangetjies. Die knal daarvan galm in die feitlik leë vertrek. Voor die ego heeltemal wegsterf bars ‘n geskokte gil uit haar mond. My hand vou sag oor die rooi-wordende handmerk op haar boud. Ek hou my hand stil oor die hitte. Dit is vir my lekker om te sien hoe die vrou voor my se liggaam span in afwagting vir wat volgende gaan gebeur. In ‘n entoesiastiese stem hoor ek haar tel. “Een.”
My regterhand beweeg na haar linkerboud. Die keer wag ek nie so lank voordat ‘n tweede knal die vertrek vul nie. Sonder huiwering tel sy hard. “Twee”. My hand vou oor die lekker-brand en hou haar boude vas. Wanneer die hitte tussen my hand en haar boud effe bedaar vryf ek oor haar boude en tussen haar bene. Elke keer as ek naby haar oorverhitte poes kom, beur haar liggaam teen my hand. My vingers is bedek met helder gladde godin-nektar wanneer drie van my vingers diep in haar smerig-nat dieptes steek. Met duim na onder vryf ek oor haar klittelaar. Ek werk my vinger diep in haar genotsgrot in. Stadig trek ek dit uit om weereens diep in haar te stamp. Haar asem jaag. Voor sy kan kom trek ek my vingers uit haar uit. Haar teleurstelling is hoorbaar in haar stem toe sy vra “Mag ek kom, asseblief?” Ek trek my vingers uit haar gloeiende hitte en klap haar met my nat hand ‘n vinnige hou op elke boud. “Drie, Vier” en dan is dit stil in die kamer
Sonder ‘n woord staan ek stram uit my gehurkte posisie op. Ek steek my hande na haar uit en help haar opstaan. Sy kom stadig regop en druk eers met haar hande op haar knieë en dan op haar heupe soos wat sy haar lyf reguit kry. Haar oë bly op my gesig. Ek sien hoe sy om die beurt na my mond en dan na my oë kyk. Dit lyk of sy teleurgesteld is. Sag vra sy: “Het ek jou teleurgestel, my bok?”
Weereens neem ek punt van die leerband in my linkerhand. Stadig stap ek in die gang af na ons kamer toe.
In die kamer laat ek haar tot in die middel van die vloer stap voordat ek haar stop. Met my hande maak ek die lus in die lyfband groter. Stadig trek ek die lyfband oor haar kop en laat dit op die grond val. Die gespe klingel op die vloer. My ooitjie staan skaamteloos kaal in die middel van die vertrek. Haar oë volg my voete soos wat ek in die kamer rondbeweeg. Sy weet eers nie wat om met haar hande te doen nie en vou hulle dan agter haar rug oor haar boude. Wanneer ek terugkom van die muurkas gaan staan ek agter haar en druk haar in die rigting van die vollengte spieël. Ek laat haar so staan sodat sy na haar eie refleksie kyk.
Haar ogies is blink en wakker soos wat hulle heen en weer – op en af na haar eie weerkaatsing kyk. Ek lees trots in haar oë soos wat sy na haar skouerlengte donker hare kyk wat saggies golf en dan na haar lyf kyk. Sy lyk baie goed vir haar ouderdom. Ek is oortuig dat baie vroue, jare jonger by Celeste kan leer hoe om na hulself te kyk. Sy staan met haar rooi lippies half vanmekaar. Sy steek ‘n stukkie van haar tong uitdagend uit. Haar skouers is effe teruggetrek en selfs hulle getuig van ‘n trotse vrou. Twee goedgevormde vol tieties word trots uitgedruk sodat ek hulle kan bewonder. Nieteenstaande die effense effek van swaartekrag en elastisiteit sak haar vol borste nie veel nie. Hulle vorm is natuurlik en pragtig. Sy bly ‘n lus vir die oog, my hande en my mond. Haar harde lang tepels sit in die middel van groot donker areolas. Haar magie boep effens en weerskante op haar sye is die gekartelde wit van rekmerke wat sy oorgehou het van ons kinders dra. Soos die sagte lig skuins op haar val is sy so hemels-mooi soos haar naam.
Sy kyk effens skaam na haarself wanneer ek haar bene uitmekaar stoot en haar geswolle buitelippe prominent in die mik van haar bene tentoongestel word. Haar welige bos swart hare krul oor haar heuwel. Met haar bene ver uitmekaar sak ek effens laer en druk my linkerhand moeiteloos van agter tussen haar boude deur na voor. Met my vingers bondel ek die bos swart skaamhare en gee dit ‘n pluk ondertoe. Haar mond gaan oop in ‘n geluidlose gil. Haar hande beweeg laer asof sy my wil keer, maar sy trek hulle vinnig terug agter haar rug.
Met my regterhand druk ek haar arm boontoe. Sy verstaan wat om te doen. Met beide haar arms opgelig sluit haar vingers inmekaar agter haar kop. Behalwe vir die gryswordende hare op haar kop en die krullebol tussen haar bene is daar nie ‘n haartjie van ‘n dagoud op haar lyf nie. Ek streel met my regterhand oor haar rug. Soos wat my hand van haar nek laer na haar boude beweeg trek haar rug krom. My greep van my linkerhand in haar bos weerhou haar om te beweeg. Na ‘n ruk gaan ek agter haar staan. Met die naels van beide hande krap ek liggies oor die vel van haar rug. Sy wriemel onder my aanraking.
Met beide my arms reik ek om haar. Elkeen van my hande vou om ‘n bors. Daar steek baie sagte wit vel by my hande verby. Ek masseer hulle eers liefderik, maar raak al hoe meer hardhandig totdat ek haar hoor kreun van ongemak en haar tepels hard teen die palm van my hande druk. Haar oë volg die sirkelbewegings van my vingers op die donker van haar areolas. Stadig reageer die donkerkolle en bondel saam rondom haar tepels. Ek rol haar geswolle tepels totdat hulle rooi is voordat ek hulle los. Sy steun vorm diep in haar keel. Die ruik van lus vul die kamer. Die klank van haar wellus vul my ore. Ek is in ekstase.
Ek treë weg van haar af en tel die blinddoek van die bed af op. Sy bly bewegingloos staan met slegs haar oë wat my volg soos wat ek van haar wegbeweeg. Met die blinddoek bind ek haar oë toe. My hande gly weer om en oor haar tieties, sensueel strelend oor haar nek, skouers, tieties, maag, oor haar heupe en dan volg hulle die vallei tussen haar dye totdat sy kreun van genot wanneer my vingers deur haar kloof ploeg.
Ons staan vir ‘n tydjie stil terwyl my ken op haar regterskouer druk en sy haar kop leun skuins oor om my te raak. Ek neem haar aan die skouers. Treë vir treë stoot ek haar in die rigting van ‘n heuphoë tafel wat eenkant staan waarop ek vroeër ‘n dik handdoek oopgegooi het.
Steeds met haar hande agter haar kop stoot ek haar nader tot sy die hout teen haar onderlyf voel. ‘n Sagte druk teen haar skouers laat haar gewillig vooroor buig totdat haar maag en tieties op die handdoek lê. Ek trek haar hande vorentoe en laat haar die anderkant van die tafel vashou. Steeds geblinddoek verwag sy nie die twee houe wat volg nie. Net soos ek sien sy ontspan wiks ek haar weer op elkeen van haar boude wat steeds ‘n rooi gloed het waar ek haar vroeër gepiets het. Vinnig sê sy “Vyf, Ses,” terwyl haar lyf verstyf en haar heupe stamp teen die hout voor haar vas. Haar greep verstyf soos haar hande die rand vasklem. Die spiere in haar arms trek saam en ruk ruk haar skouers vorentoe. Met beide my hande vryf ek saggies oor die nuwe pyn. Haar saamgetrekte boudspiere ontspan onder die sagtheid van die streling van my hand. Met verlange kyk ek na haar uitgestrekte naakte liggaam hoe sy gemaklik op die tafel lê met haar tieties wat weerskante van haar lyf uitbult soos wat haar borste tussen die tafel en haar bors vasgedruk word.
Vir die eerste keer vandat ons die kamer ingestap het praat ek met haar. My stem dra outoriteit wanneer ek vir haar sê. “My ooitjie. Jy het ‘n geheuprobleem waarmee ek jou moet help. Wil jy hê ek moet jou geheue so verfris?” Ek plant weer twee vinnige skerp plathand houe op elke boud.
“Sewe, Agt.”
Ek praat hardop met myself, maar sodat sy kan hoor. Ek sê dat ek glo nie die plathand gaan effektief wees nie en trek haar breë haarborsel uit die laai. Celeste het gehoor die laai oopgaan, maar weet nie wat ek uithaal nie. Klap-klap val twee dowwe borselhoue op dieselfde plek waar my hande haar senuwees aan die brand gesteek het. Haar bolyf ruk effens regop, maar sak weer terug op die tafel. Dan vra sy my. “My bok, moet ek van voor af begin te tel?”
Ek stap om haar en fluister sag in haar oor terwyl my vingers deur haar hare streel dat dit nie vanaand nodig sal wees om van vooraf te tel nie.
Sy hoor my wegstap, maar weet nie regtig waarheen ek gaan nie. Die muurkas se deur kraak toe ek dit vir ‘n tweede keer daardie aand ooptrek. Ek vroetel agter in ‘n laai en maak die krakende deur toe. Op pad terug tel ek die lyfband van die grond af op en gaan skuins agter Celeste staan. Ek sien die afwagting in haar lyf opbou. Haar nat glinster in die lig. Die kamer ruik na lus. Sy ruk wanneer die sag van die lyfband oor haar rug streel. Haar heupe pomp die rand van die tafel wanneer ek my vinger in haar sopnat druk en dit gebruik as salf om die brand op haar boude af te koel.
Terwyl my hande haar vogtigheid oor haar boude smeer vra ek haar wat sy onthou van haar vorige lesse. Wanneer sy begin antwoord val ek haar met ‘n streng stem in die rede. Ek beskuldig haar dat sy niks onthou van haar vorige lesse nie. Al wat sy onthou is hoe om haarself soos ‘n jagste teef te gedra.
Dit lyk of die woorde aan die spiere in haar boude gebind is. Wanneer sy my woorde hoor trek die spiere in haar boude saam en sy druk haar beboste heuwel stywer teen die tafel. Ek sê hard dat my hand, borsel en lyfband nie die gewenste uitwerking by haar kry nie. Celeste mompel: “Ek lus jou, my bok” terwyl haar heupe ritmies vorentoe beur.
Ek vra haar of sy nie skaamkry dat sy soos ‘n dier op hitte vloei nie. Al antwoord wat ek kry is ‘n kreun en die beweging van haar heupe teen die tafel. Ek sê hard dat ek iets anders sal moet doen om my ooi te kry om te onthou. Glinsterende vog loop tussen pienkerige kreukels uit wat tussen twee geswolle poeslippe omraam word. Daai lippe bult groter as vroeër toe ek haar op die tafel maak lê het. Met drie vingers druk ek diep in haar vagina en vee dan met my hand oor haar binnebeen. Met my hand en vingers smeer ek haar nattigheid oor haar vel. Sy kruin wanneer sy die glad-nat op haar vel voel. Dit klink asof sy in teleurstelling sug wanneer ek die lyfband en my hande van haar lyf wegtrek.
Celeste, my ooi, lê bewegingloos geblinddoek op die tafelblad terwyl ek agter haar staan. My regterhand vryf my klipharde horing. Ek dink hoe lekker dit sou wees om op hierdie oomblik die knope van my gulp oop te maak en my nat voël diep in haar dieptes in te stamp. Maar dit is nog nie my tyd nie. Celeste het gevra of ons net nog een keer hierdie fantasie kan leef. Ons passie en ons lus bly onaangetas deur die ouderdom wat ons stadig bekruip. Helaas ons liggame kan nie meer doen wat hulle twintig jaar gelede gedoen het nie. Ek kyk trots na haar. My lady van die suburbs – my lady van die bodorp.
Ek staan aan haar linkerkant. Met my linkerhand streel ek vanaf haar linkerboud, oor haar stuitjie, lae rug en kom tot stilstand op haar nek.
Die voorwerp wat ek vroeër uit die kas gehaal het is ‘n snaaksigheid-item wat ons jare gelede by ‘n seks-ekspo raakgeloop het, maar nog nooit intens gebruik het nie. Dit lyk soos een van ‘n stel spore wat ‘n cowboy agter aan sy stewels dra. Van nature is Celeste baie kielierig. Sy het geen idee wat op haar wag nie.
Sy lê plat op haar maag op die dik handdoek wat ek oor die tafelblad gegooi het. Haar arms vorentoe is gestrek en haar digbeboste heuwel druk teen die rand van die rafel. Sy is effens kort so sy het nodig om haar enkels te buig sodat haar tone net-net die grond kan raak. Haar kuite lyk soos omgekeerde melk-botteltjies soos haar kuit-spiere saamtrek
Met my handpalm oor haar nek en met my vingers en duim om haar nek maak ek gereed om haar kop en bolyf vas te hou dat sy nie kan opspring nie.
Met diè druk ek die bytende wieletjie teen haar linkersy net bo haar heup. Die aanraking was so onverwags dat haar hele liggaam ruk. Celeste se liggaam krul in ‘n poging om weg te kom van die sensasie wat die wieletjie. Die puntjies op die wieletjie los ‘n spoor van haar heup al langs haar sy, oor haar bultende tieties tot onder haar armholte. My linkerhand druk steeds teen haar nek, buig ek oor haar en vra naby haar oor of die herinneringe al besig is om terug te keer.
Na drie keer se heen en weer rol vra ek haar hard of sy nou kan onthou om nie van ander vrouens in my teenwoordigheid te praat nie. Haar antwoord talm ‘n oomblik wanneer sy deur geklemde kake sê dat sy begin onthou, maar alles is nog nie heeltemal duidelik nie. Ek druk die wieletjie teen haar regtersy en doen dieselfde.
Celeste se lyf krul en buig in ‘n alle rigtings soos wat sy probeer om weg te kom van die skerp tandjies in haar regtersy druk. Na die derde keer trek ek die wieletjie van haar vel af weg. Haar lyf val plat teen die handdoek op die tafel toe sy nie meer die wieletjie voel nie. Haar ervaring is egter nog nie oor nie.
Haar liggaam ruk weer wanneer die skerp puntjies van die speke op die wieletjie tussen haar blaaie op haar rugstring raak. Sy wil regop beur soos wat ek die instrument doelgerig, redelik hard oor haar vel trek. Elke puntjie op die wiel los rooi merkies in die vel op haar rug soos wat ek dit stadig millimeter vir millimeter na haar boude trek. Hier en daar is daar ‘n puntjie wat skerper as die ander is. Daardie ekstra skerp puntjies druk deur haar vel en ‘n spikkel bloed sypel deur die gaatjies. Die bloedkolletjies los ‘n reëlmatige spoor. Die streep kolletjies op haar vel lyk amper soos Morsekode soos die merkies lig en donker langs mekaar sit.
Sy beur teen my linkerhand om te ontsnap. Kreun op kreun, dan gil op gil dreun deur die kamer. Haar vingers klem om die rand van die tafel sodat haar hande nie hulle greep verloor nie. Haar skouers beur weg van die tafel af. My hand agter haar nek druk haar bolyf plat.
Dit lyk of sy haar heupe teen die tafel maal soos sy probeer om haar heupe nader aan die tafel te druk in ‘n poging om laer te kan sak – weg van die rollende pyn-ekstase wat besig is om oor haar laerug na haar stuitjie te rol. Die beuring van haar bolyf teen my linkerhand word minder soos wat die sensasie-instrument oor haar stuitjie rol. Ek rol die wieletjie aansienlik ligter toe ek die gleuf tussen haar boude binnegrol. Haar boudspiere trek saam en sluit die gleuf tussen haar boude vir enigiets om verder daarin te beweeg.
Ek beveel haar om haar hande bokant haar kop weg te neem en haar boude vanmekaar te trek. Sy begin pleit dat ek dit nie van haar moet verwag nie. Nieteenstaande haar pleidooi beweeg haar hande na haar boude en haar vingers raak aanmekaar net voor sy hulle in haar boud-gleuf druk en die handevol boude vanmekaar trek. Ek ry met die wieletjie in die middel van haar boudgleuf af. Toe die tandjies aan haar hol byt stamp haar heupe onsuksesvol vorentoe en sy gil “Nee!” Nee beteken nie stop nie so ek ry die wieletjie doelgerig na haar prominente pers-rooi vroue-vrug wat vir my plesier uitgestal word deur wyd oopgetrekte boude. Wanneer die tandjies aan haar vulva byt gil sy weer. Hierdie keer gil sy sagter, amper kermend.
Tussen haar geswolle poesie lippe rol ek die wieletjie oor haar soldaat wat op aandag staan nog voordat enigiets daaraan raak. Ek het lus om die lekkende druppels nektar vat van haar poesie hang op te slurp.
Die wieletjie begin sy terugwaartse rit oor haar ander geswolle vulva lip. Haar kerming het in ‘n smeking verander. Ek verander my plan. Net nadat ek die wieletjie by haar boud-gleuf deurtrek ry ek weer in die rigting van haar poes. Ek talm ‘n oomblik wanneer ek die wieletjie op en af oor haar hol ry. Elke keer wanneer die skerp tandjies ‘n ander deel van Celeste se anus raak-byt kreun sy “nee.” Ek ry later duike oor haar nat pink flinderlippe wat duidelik geswel uitstaan. Dit lyk vir my of Celeste enige oomblik gaan kom en ek trek die instrument van haar weg.
Met my linkerhand steeds oor haar nek buig ek oor haar en vra naby haar oor of haar herinneringe besig is om al terug te keer. Al wat sy uitkry is “Dis amper daar, dis amper daar.”
Celeste se liggaam ruk spasties terwyl haar heuwel die kant van die tafel naai. Haar wellustige lyf is op vol outomaties. ‘n Laaste keer ry ek ‘n tand voor oor haar klit. Ek moet versigtig wees dat sy haarself nie beseer met haar pompende heupe wat skielik terugbeur teen die ervaring van die wiel nie. Sy skree hees terwyl sy vinnig asemhaal: “Ek moet kom om te onthou … ek moet kom!”
Ek trek die metaal-instrument weg van haar vel af en laat val dit op die tafel langs haar. Vinnig trek ek my broek af. Terwyl my broek nog grond toe val ploeg my piel diep in Celeste se nat genotgang. Haar hande trek nie meer haar boude vanmekaar nie, maar klem nou weerskante van die tafel vas. Die fyn vingers klem wit aan die rand van die tafel. Celeste se liggaam het effens afgegly van die tafel. Sy staan nou met bene ver uitmekaar plat op die grond. Leunend oor die tafel behou sy haar balans deur met haar voorarms op die tafel te rus. Sy staan stewig terwyl ek met al my krag my slagram in haar nat instamp. My hande het die sag van haar heupe vasgegryp en met brute krag oer-naai ek haar. Ek hoor haar kerm toe ek haar heupe vir ‘n laaste keer terugruk teen my vorentoe stampende lyf. Dit het vir my gevoel asof ek ‘n uur lank kom. Saamtrekking op saamtrekking en ekstase-pyn bondel in my onderlyf en ontplof in my semen-spuitende piel.
Celeste se stem deurdring tot my bedwelmde brein. Sy kerm: “My bok. Ek moet nog onthou. My bok. Ek moet nog onthou.”
Ek ruk my horing uit haar uit en stamp twee vingers in haar semen-druppende poes. Met my regterhandse vingerpunte vryf ek in ons nat gemors aan die binnekant oorkant vanwaar haar klit sit en laat my duim oor haar klit streel. Na ‘n paar sekondes rek ek my hand uit en vorm ‘n skerp punt waar my vier vingers bymekaar kom. Ek druk my duim in die middel van my vingers sodat my hand soos ‘n tuit lyk. Oomblike later hervat ek my aanslag op Celeste se verruklike poes. Stadig beur my hand na binne. Haar rekkende skede sluit styf om my indringer-hand. My hand gly gemaklik in die laaste drie sentimeter in. Ek ontspan my vingers en bal my hand in ‘n vuis. Met stadige rukbewegings begin ek my hand in Celeste se poes te vibreer. Min of meer vyf millimeter op en af en heen en weer. Met my linkerhand soek ek haar klit en begin daaroor vryf.
Celeste se heupe beweeg saam met my hand vorentoe, agtertoe en heen en weer. Wanneer ek haar vra of sy nou al onthou dat ek en sy aanmekaar gebind is, skree sy haar orgasme en oorgawe uit: “Jaaaaa ek onthou.”
Terwyl ekstase-golwe oor haar breek het ek my gebalde vuis verslap. Wanneer sy teen my terugdruk begin ek stadig my regterhand uit haar goedgebruikte poes trek. Sy val met haar bolyf halfdood op die tafel. Ek trap tussen haar bene in en druk my half-erekte nat piel teen haar gapende nat poes. Ek buig oor haar en begin stadig haar skouers en blaaie masseer terwyl ek haar sag komplimenteer vir ‘n toneel perfek uitgevoer. Haar kinky idees het my nog altyd aangedraai. Vanaand was dan ook nie ‘n uitsondering nie.
Sy ontspan en antwoord net met ‘n slaperige: “dankie.”
Teen die tyd is my weer piel styf en ek gly sonder veel seremonie in haar in en begin pomp. Sy reageer nie veel op die stampende, stotende indringer in haar lyf nie.
Ek kan nie besluit of sy aan die slaap geraak het nie so ek trek die blinddoek van haar gesig weg. Haar oë bly toe, maar ‘n glimlaggie speel om haar mondhoeke toe ek haar vra of sy slaap.
Haar glimlag het op haar gesig gebly toe sy fluister. “Gebruik my – ek is joune. Dankie, my bok, ek onthou alles.”
My antwoord daarop is om harder en dieper te stoot.
(Lees volgende episode HIER in Kombiekiehier Vreesloos)
(Episode drie van die storie is HIER – dis nie nodig om episode twee te lees om te verstaan wat aangaan nie in episode drie nie)
3 COMMENTS
Jis ou maat- met die skryf van die storie het jy seker 3 keer gekom. Moet erken, as ek alleen was sou ek kom voor halfpad deur. Jou detail is verstommend goed!
Dis ‘n tablo van ‘n baie private, intieme ervaring tussen twee mense wat mekaar se kinks en seksuele top punte ken.
Die spanning wat behou word deur goed deur denke skryfwerk, laat mens gulsig elke volgende woord/sin/aksie opslurp.
Knap gedaan, JouBok, ‘n goue sterretjie vir jou op jou stêrre ! ☺
Nou wag ek vir die kuier by Marianne ? Alleen of dalk saam met Dirk vir ‘n 3-some? …of vriendinnetjie by, vir ‘n 4-some?
Ag, ek’s sommer net laf!☺
Dankie JouBok.
Kinky! 🙂