
Dubbel genot
deur Alter Ego
My hart klop aansienlik vinniger as gewoonlik. Nie net is ek veronderstel om by my werk te wees nie, maar ek is oppad om ‘n afspraak vir seks by ‘n hotel na te kom. Nie dat dit die eerste keer is dat ek so iets in werkstyd doen nie, maar hierdie afspraak is net anders . . .
Ek staan in die hotelkamer. Om te bewys ek gee my toestemming, moes ek die bespreking en die betaling doen. Daar is niks emosioneel aan hierdie kamer nie – niks wat teen die mure hang of iets wat dit enige karakter kan gee nie. Nie omdat dit ‘n laegraadse hotel is nie, net omdat dit so is. Hy het gesê ek hoef niks te bring nie. Wonder tog of ‘n kersie nie sou gewerk het nie. Vir ‘n oomblik roer die skuldgevoel in my. Die vertwyfeling is kortstondig – die tinteling in my vrouwees laat my bly. Ek besef ek is reeds nat. Daar gaan nie veel voorspel wees nie – ons praat al te lank hieroor. Ek oorweeg om te mastrubeer terwyl ek vir hom wag, net om my tevredenheid te waarborg, maar dit voel nie reg nie. Daar is ‘n ligte kloppie aan die deur en ek weet . . .
Met ‘n aktetas in die hand, lyk hy heeltemal te formeel vir my en ek wonder of dit sy misleidingsplan was. Die energie wat hy uitstraal is ook anders as gewoonlik. Ek het verwag hy gaan inkom, die deur toestamp en ons gaan mekaar lewendig verslind. Blykbaar nie. Selfs sy groet is ietwat formeel.
“Dankie dat jy hier is” sê hy – so asof hy in my getwyfel het. “Ons het die oggend vir onsself en ons gaan dit beslis geniet,” kondig hy aan. “Vertrou jy my?” vra hy en ek wonder of die vraagtekens in my gemoed deurslaan. Alles verloop so anders as wat ek gefantaseer het.
“Ja” hakkel ek stadig. “Natuurlik”.
“Goed so. Trek uit jou klere en gaan lê op die bed”. Hy vang my heeltemal onkant.
“Ekskuus” vra ek terwyl duisend ander vrae deur my kop maal.
“Jy het gesê jy vertrou my. So, vertrou my. Trek uit jou klere en lê op die bed”.
Ek draai my rug op hom en begin stadig om aan sy versoek te voldoen. Ek gaan lê op die bed, bene effens opgetrek en hande op my borste. Ek voel ietwat skaam, maar die vrae in my gemoed oorheers alle ander emosies. Hy skuif sy aktetas na die hoektafel in die kamer en maak dit oop. Lyk aanvanklik vir my soos ‘n bondel lappe wat hy uithaal. Hy kom staan langs die bed en begin die bondel ontknoop. Vier lang repe lappe hang hy oor sy linker arm.
“Ek gaan jou vasmaak. Moenie bang wees nie, ek belowe ek sal jou nie seermaak of enigiets doen waarvan jy nie hou nie”.
Ek wil protesteer. Ek wil sê nee, nie met ons eerste afspraak nie. Maar daar is ‘n tinteling in my vrouwees wat die uitdaging wil aanvaar.
“Ek het dit nog nooit so gedoen nie” is die woorde wat uitkom.
“Ek ook nie,” bely hy “maar ons gaan dit vandag saam doen.” Met huiwering bied ek hom my arms en my bene – wat hy dan tot in ewigheid in oopspalk!
Hy treë terug om sy handewerk te aanskou. Nog nooit het ek my vroulikheid so blootgestel nie en ek wonder vir ‘n oomblik wat my besiel het. Ek voel hoe ek bloos. Tog is daar ‘n sensuele tinteling wat ander emosies oorspoel. Hy glimlag tevrede, soen my saggies op my mond.
Hy haal kerse en wierook uit sy aktetas en steek dit aan. Hy skakel die ligte af en die atmosfeer verander. Ek voel ook meer gemaklik. Hy staan met sy rug na my en begin stadig uittrek. Gemengde emosies spoel deur my. Ek wonder of ek nog nat is. Dan staan hy met sy manlikheid voor my. Instinktief probeer ek aan hom vat, maar ek kan nie. Ek wil sy manlikheid voel. Dit voel na ‘n ewigheid wat hy net daar staan om my my magteloosheid te laat besef. Hy glimlag want hy weet.
Hy klim op die bed, staan hande-viervoet bo-oor my en begin om my soen. Eers net saggies en ek wens ek kan hom nader trek. Dan meer intens. Met ons monde oop proe ons die eerste van maande-lange hunkering. Hartstogtelik gaan ons met mekaar om. Hy laat sak sy onderlyf en ek voel sy harde manlikheid teen my. Ek wil hom in my voel. Nou! Ek maak my rug hol en druk myself harder teen hom. Ek stoei teen die vasmaak. Dan skuif hy stadig af, soen my in my nek af tot by my borste. Ek voel hoe my tepels stywer raak, asof hulle wil keer dat hy by hulle verbygaan. Hy vat eers saggies aan my borste en ek voel ‘n saligheid oor my spoel. Dan begin hy hulle lek – saggies. Dan soen. Meer-en-meer intens. Totdat my begeerte my wegvoer. Sonder onderbreking skuif hy terug na my mond, soen my met dieselfde intensiteit. Ek het ‘n ongelooflike behoefte om hom vas te hou. Weer laat sak hy sy manlikheid tot op my en die behoefte in my wil skree. Die bande om my arms en bene herinner my aan my onvermoë wanneer ek weer beur om nader aan hom te wees. Vir ‘n oomblik is ek oortuig hy gaan sy manlikheid toelaat om die pad na binne-my te vind – my behoefte is so groot.
Ek prewel saggies: “Sit hom in. Asseblief”.
Hy verskuif sy mond weer kortstondig na my borste en beweeg dan stadig af met sy tong wat nuwe roetes oor my maag graveer. Natuurlik weet ek waarnatoe hy oppad is en die blote gedagte stuur allerhande rippels deur my lyf. Sy tong verdwaal om my naeltjie en moet ‘n paar keer sirkel voordat hy weer koers kry. Dit voel na ‘n ewigheid maar uiteindelik is hy daar. Hy begin met ‘n terg-proses – soen al om my vrouwees. My lyf begin onwillekeurig beweeg om hom in te nooi. Verleentheid poog om my gedagtes te kruis – die nat behoort teen hierdie tyd uit te loop.
Dan is sy lippe op my vrouwees se lippe. Eers net sag asof hy groet, maar dan raak dit meer intens. Hy verken al die openinge met sy tong. Liggies lek hy my klit. Ek kreun saggies van plesier. Sy liefkosing van my klit raak intens en ek voel hoe die golf van ontlading in my binneste breek – al hoe groter word dit; al hoe meer die sensuele, maar onwillekeurige beweging van my onderlyf; al hoe harder my vreugdekreun. Ek wil hom stop – hom vra om sy manwees binne in my te sit, maar my stembande wil nie praat nie. Nie nou nie. Dan ontplof dit diep binne-in my en dit rippel deur my hele liggaam. ‘n See van sensasie oorspoel my. Maar hy verminder glad nie sy liefkosing met my klit nie. Ek kan voel hoe ‘n volgende golf kom. En nog een. Al hoe groter word hulle. Ek besef my vokale ondersteuning van my plesier moet wyd hoorbaar wees, maar ek het geen beheer meer nie. Wil sy kop wegstoot. Of nader trek. Ek weet nie meer nie!
Ek weet nie hoeveel keer die golf bo-oor my gespoel het nie. Ek weet ek het byna daarin verdrink. Ek weet ook nie presies wanneer sy liefkosing gestop het nie. Ek is uitasem. Wanneer ek my oë oopmaak, staan hy langs my met ‘n sagte glimlag. Ek sien sy manlikheid wag steeds vir my en ek sien uit daarna om nou my beurt te kry.
Hy buk oor my en soen my saggies op my mond.
“Maak my los”, sê – vra ek.
“Nou-nou” sê hy en stap na sy aktetas toe.
Wanneer hy omdraai, sien ek die vibrator in sy hande en ek kan nie help om die skalkse glimlag op sy mond te sien nie. Hy hou die vibrator soos ‘n sambok vas en stap stadig terug tot by my.
“Nie vandag nie” sê ek. “Ek het mos nou klaar my beurt gehad. Wat van jou?” Ek kon dit net sowel vir die vibrator gevra het.
Hy sit die vibrator langs my op die bed neer. Asof dit die koorgedeelte van ons saamwees is, kom staan hy weer hande-viervoet oor my. Hy soen my saggies en terwyl hy dit doen, laat sak hy homself totdat sy harde manlikheid weer teen my is. Hy skuif stadig af totdat ek sy hardheid op my vrouwees voel. Hy druk ietwat af en ek probeer my lyf so beweeg dat hy kan ingly, maar dit is duidelik presies wat hy nie wil laat gebeur nie. Hy terg my verder terwyl hy my meer intens soen.
Hy staan op sy kneë tussen my oopgespalkte bene en streel my lyf saggies met sy hande. Elke keer dat sy hande oor my borste gly, kry ek ‘n sensaie wat met die see se kom-en-gaan deur my hele lyf spoel. Wanneer sy hande oor my vrouwees streel, ontsnap klein kreuntjies my lippe en ek besef dat die vrou in my weer vir hom voorberei. Hy spandeer al hoe meer tyd by my vrouwees, druk saggies met sy hande. Ek besef dat ek baie nat moet wees, want sy vingers gly net in en dan wil ek net my bene groter oopmaak.
Ek hoor die geluid van die vibrator. Ek maak my oë vir ‘n oomblik oop, maar besluit dan om my aan hom oor te gee. Hy maak groot esse oor my maag met die vibrator. Beweeg al hoe nader aan my vrouwees. Dan stadig oor my vrouwees. Hy laat die vibrasie vir ‘n wyle op my klit rus en ek kan voel hoe my rug holtrek en ek weet die golwe gaan my maklik oorspoel. Dan druk hy die vibrator stadig in my op. Ek weet nie hoe diep dit in my op kan gaan nie maar die vibrasie is in my hele lyf – dit kom en gaan in sagte ruk-sensasies, golwe wat my stelselmatig oorspoel. My vokale koorde het intussen op ‘n hoër oktaaf saam begin resoneer. Dan die crescendo. Die eerste golf ontplof oor my en die ekstase laat my bene in groter rukbewegings gaan. Hy hou die vibrator waar dit is. Die golwe word groter, volg vinniger op mekaar en ontplof binne en bo-oor my. Ek moet harder skree om myself hoorbaar te maak . . .
Ek dink ek het my bewussyn verloor! Toe ek my oë oopmaak, staan hy weer langs my. Hy glimlag en vee die sweet saggies van my voorkop af. Hy maak my los. Vir ‘n oomblik bly ek net so lê.
Sy manlikheid is kliphard wanneer hy op my kom lê. Met min moeite lei ek hom na binne. Dan ry hy my. Hard. Ek voel hoe hy in my ontplof. Wat ‘n bevrediging. Hy lê saggies op my en ek voel hom nog binne my. Hy soen my saggies en gly af om langs my te lê. Ek is nou syne. Vir altyd.
1 COMMENT
liewe moer :p