Drif

Hoe lank gaan ek lees: 4 minute

deur Wille Will

Taalversorging deur Lusman

 

Sy oë gaan oop.

Sy gesig lê ‘n meter van Adrienne s’n op die kussings van sy bed.

In die glim van die nagliggie bokant die koppenent van hul bed kan hy die detail van haar gelaatstrekke duidelik onderskei. ‘n Welige bos rooibruin hare kroon die hoë wit voorkop. Ook is daar die fyn potloodstreep-wenkbroue, die hoë wangbene, die sproetbedekte wipneusie en die sensuele vollippe-mond wat halfpad oop is.

Hy merk haar rustige asemhaling wat hy amper kan hoor in die nagstilte.

Dis sy Adri.

Mag die Here gee dat sy nooit uit sy lewe geneem sal word nie. Sy is deel van hom, soos ‘n ledemaat … soos ‘n breinsel, soos ‘n bloedvat in sy hart. Sy is soos ‘n legkaartstukkie in sy gees.

‘n Rooi krul van haar hare lê skuins oor haar een toegeslane oog. Dit beweeg liggies op en af soos sy asemhaal. Met versigtige vingers probeer hy dit wegskuif, maar haar blou oë fladder oop. Hy laat sy hand rus op haar kaal skouer.

Hul oë staar in mekaar. Liefde sonder vrae.

“En as jy so na my lê en kyk? Is daar fout?” prewel sy saggies.

“Ek wonder maar of jy lekker slaap.” Hy vryf teer oor haar arm.

“Wanneer jý langs my lê is ek altyd rustig,” glimlag sy.

Sy vee met haar lang vingers oor sy wang en spoor dan met haar voorvinger ‘n strepie tussen sy wenkbroue af oor sy neus tot op sy lippe, waar sy mond oopgaan en haar voorvinger inlaat.

“Jou liefde maak was anders laas nag … s-so sag … intiem, stadig … amper huiwerend … asof jy my iets wou sê daarmee?”

Hy suig liggies aan haar vinger, maar sy trek dit uit sy mond en streel oor sy nek tot tussen sy borshare. Sy hand het intussen oor haar sleutelbeen gestreel en om haar een vol bors gevou dat net sy duim liggies oor haar tepel streel.

“Jy’t ‘n stukkie van ‘n lang verborge emosie aan my toevertrou toe jy my vertel het van jou verkragting as kind. E-ek was skielik bang ek sal jou seermaak of daardie hel weer aan jou ontbloot,” sê hy gevoelvol.

“Ek het dit afgesluit in myself, ek sal dit nooit vergeet nie, maar ek moes dit vir jou vertel. Want ek’t nou nuut begin by jou en geen geheime kan daar vassteek nie. Ons moet ons siele vir mekaar ontbloot, net soos ons liggame, om die reinheid van ons gevoelens te laat gedy.” Sy vryf nou senuagtig heen en weer oor sy bors en voel al twee sy tepels verhard.

Hy flik sy oë ‘n oomblik na haar bors en sien hoe haar roesbruin tepel ook dik en volrond geword het – die tepel op die maroen areola, onder sy duim. Hy vryf vinniger met sy duim en voorvinger daaroor en knyp dit dan styf vas terwyl hy sy lippe, rakend aan hare, laat fluister: “Was dit dan nie vir jou lekker nie?”

Haar hand speel nou oor sy maagspiere en haar ander hand kom onder haar lyf uit en trek sy gesig aan sy nek in haar mond in.

Hul tonge wriemel in mekaar in, streel hul verhemeltes, suig en blaas die vuur in hul weses aan, sluk, spoeg en verorber mekaar se lippe dat dit kneus. Passie wat ‘n uitvlug na genoegdoening soek in elkander.

Hul soen het hul hande vir ‘n oomblik laat verpoos, maar dan gooi Bernhardt die swart sylaken oor hul liggame af. Hy skuif sy een been oor hare en neem die tepel ten volle in sy mond. Hy voel ‘n siddering deur sy hele lyf gaan wanneer hy die tepel soos ‘n albaster in sy mond rol, suig … en byt.

Haar asemteug na die passievolle soen slaan oor in hyg as sy die byt voel en haar hand fladder ‘n sekonde tot dit sy volle ereksie raakvat. Die hand gly dringend op en af daaroor. Sy skuif die voorhuid oor sy groot kop af en terwyl sy nog steeds die op-en-af-aksie voortsit, vryf haar duim stuwend oor en in die gleufie van sy akker.

Hy kreun wanneer sy dit doen en kom op sy knieë, tussen haar bene, halfpad orent.

“Jissus, Adri, daar’s net een soos jy,” stamel-prewel hy en skuif nader aan haar lyf terwyl sy haar bene oor sy arms gooi dat haar knieë knak by sy elmboë.

Adri lig haar onderlyf op na hom toe en met haar een hand sprei sy haar poeslippe oop dat hy die nat pienk binnewande kan sien. Haar duim speel met haar uitstulpende  klit.

Sy kreun hard as sy tong skielik, indringend en aanhoudend oor haar gleuf op en af stryk. Dan gil sy as hy haar klit kielie met sy tong. Sy kom amper orent soos wat sy, van intense genot, haar vrug oor sy hele gesig probeer vou.

Sy stoot haar hand wanhopig onder hul lywe deur en gryp weer sy dik stang en masturbeer hom met al haar mag en spoed.

“Adri! Adri!” skree hy en gryp sy voël uit haar hand en vee twee, drie maal oor haar klit daarmee. Dan laat sink hy dit in haar oopgesperde genotsgrot weg.

Adri klimaks met oorgawe as sy baie stywe, dik voël haar kanaal aan alle wande met duisende genotprikkels masseer. Haar lyf is soos ‘n boog gespan – haar onderlyf beurend op na syne. Haar voorarms slaan houe op die matras voor sy dit met gestrekte vingers vasklem. Haar kop is agteroor gebuig as sy met gapende mond geluidloos haar orgasme ervaar.

Hy slaan onstuitbaar, hard en vinnig, so diep moontlik in haar lyf in. Want hy voel sy eie oomblik van passie is baie naby. Wanneer hy sy saad warm en vullend voel skiet binne haar, druk hy haar bene na mekaar teen sy bors. Hy laat sak sy hoof asof hy bid dat hierdie oomblik vir ewig sal aanhou.

Hul lywe bedaar en sonder dat hy uittrek uit haar uit, sak hy saggies neer op haar lyf, terwyl sy haar bene weer reguit maak.

Hy rus uitasem met sy hoof langs hare en sy streel met haar hand tussen sy hare. Sy een hand vryf weer verlore oor een van haar tepels.

Adri voel ‘n traan afloop oor haar wang as sy teen sy oor fluister: “Gisteraand se sagte passie het vir my die prentjie voltooi van hoe ‘n dierbare minnaar jy werklik is en ek het dit intens geniet. Maar hierdie afgelope drif, soos tevore, maak jou so spesiaal vir my.”

8 thoughts on “Drif

    • Willewill

      Van jou af…is dit inpirerend. Dankie/

      Reply
    • Willewill

      Dankie Always! ☺

      Reply
  • Baie lekker storie gewees om te lees en oor te dink.

    Ek hou van Adri en Bernhardt se karakters en hul interaksie. Adri, haar besluit om nie ‘n ‘victim’ te bly van ‘n onreg wat haar aangedoen is nie.

    Daar is soveel vroue met ‘issues’ wat ‘n ‘sterk’ Bernhardt nodig het om hulle te help om vry te kom van dit wat ‘n “vark” aan hulle gedoen het.

    Dankie

    Reply
  • Absoluut………… brijant!

    Reply
  • Meesterlik Will. Dankie

    Reply

Leave a Reply to OuBul Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)