
Die Kiekie
deur Uther Pendragon
“Location, location, location” – dit is wat die agent gesê het toe hy die vervalle huisie in die middelklasbuurt vir ons gewys het. Ek onthou dit nog soos gister, al was dit seker meer as 15 jaar gelede, toe ek en Liefie as pasgetroudes huis gesoek het. Dit was ons eerste huis en dit was die enigste een wat ons kon bekostig. Na ‘n lang restourasieproses het die huis ‘n aardige som op die huismark behaal, want die agent was toe al die tyd reg.
Maar vir my is dit nie die struktuur wat regtig vir my die gevoel van huis gee nie – dis die liefde van jou lewe wat die struktuur in ‘n tuiste omskep. Ek is een van daardie weinige mans wat dit bedoel wanneer hy vir sy geliefde sê: “ek sal jou vir ewig liefhê”.
Liefie is die mooiste vrou op aarde, en die liefste en die gaafste, en die slimste, en gevatste, en stuitigste en en en … en ek sal nooit genoeg van haar kan hê nie. Dit is ook hoekom ek haar nooit vir ‘n ander sal los en ewig by haar sal bly. En ja, jy is reg – ek ís obsessief oor haar, en ja, ek erken dit openlik – ek aanbid haar. Ek dink heeldag aan haar, wil heeltyd by haar wees en kan nie my oë van haar wegskeur nie, selfs al is daar ander vrouens in die omtrek. Om dit eenvoudig te stel: ons is vir mekaar gemaak.
Ons verhouding het geblom van stuitige verliefdheid, tot ‘n diep passie, tot ‘n alleroorheersende intieme innigheid. In al die jare wat ons saam was het ons verhouding net verdiep. Ek onthou toe ek haar op kampus raakgeloop het – eerder raakgehardloop het. Ek was laat vir klas en het vinnig om die Fisikagebou gehol en so hard in haar vasgebots, dat sy op haar agterstewe op die plaveisel geland het. Sy het vir ‘n sekonde of twee winduit, met haar bene daar oopgesprei gelê. Sy het ‘n wit broekie aangehad – wat ‘n bietjie klein was, of miskien was haar bos te groot. Ewenwil, daar waar ek op hande viervoet tussen haar bene geval het, kon ek so 30 cm voor my neus haar swart skaamhare rondom die wit lappie sien uitkrul. Ek kon sien hoe haar gesig donker bloos toe ek my hand na haar toe uitsteek om haar op te help en toe sy haar asem terugkry, snou sy my toe met: “kyk waar jy gaan stupid!” Ek het haar boek-goed, wat op die grond uitgeval het, in haar sak teruggestop en dit vir haar aangegee. Sy het dit uit my hand geruk en met die wegstap gemompel: “fokken vark”.
Ek het haar daarna in die gange en tussen die geboue op pad klas toe of biblioteek toe opgemerk. Op Woensdagoggende het sy in die biblioteek gesit en swot. Ek het een dag so gemaak-toevallig verby haar in die biblioteek gestap en in die verbygaan vinnig ‘n sjokolade op haar tafeltjie gesit met ‘n notatjie: “Sorrie – vir die stamp en die loer”. Ek het vinnig verder gestap sonder om om te kyk om te sien wat haar reaksie was. Ten minstens het sy my nie met ‘n boek teen die kop gegooi of so iets nie.
Dit was ‘n reënerige aand en dit was sulke tyd by die varsity. Ons het een van daardie take gehad wat jy nie slegs met jou goeie verstand en met behulp van ‘n senior se taak van die vorige jaar kon afskryf nie. Dit was ‘n opsoekery en kruisverwysery en opsommery vir ‘n vale en die beste plek daarvoor was maar die biblioteek eerder as die lawaaierige koshuiskamer. Gelukkig was dit al laat en ek was basies alleen op die boonste vloer van die biblioteek en ek kon sonder enige onderbrekings werk. Ek was so diep in die joernale versonke dat haar sagte “haai” langs my, my amper aan my spoeg laat stik het.
Ek het opgekyk en haar gesien staan met dieselfde rok aan as die dag toe ek in haar ingeploeg het. Ek het die bloed na my kop voel druis en my sjarmantste glimlag gegee en my bril afgehaal. Sy het kalmpies oorgeleun en my bril van die tafeltjie opgetel en weer op my neus teruggesit en met ‘n glimlag gesê: “jy sal dit nodig hê as jy wil loer” en daarmee het sy haar skoen uitgeskop en haar kaal voet op my knie gesit. Dis toe wat ek vir die eerste keer haar rooi toonnaels gesien het. Sy het met ‘n glimlag die rand van haar rok stadig voor my neus opgelig. Sy het nie ‘n wit broekie aangehad nie – trouens sy het geen broekie aangehad nie. Binne ‘n sekonde was my hand stewig op haar stomende poesie geplant. Ek het maar min intieme ervarings met meisies gehad en die kontras van haar growwe krulle teen my duim en haar nat rubberige lippe op my palm het ‘n erotiese skok deur my gestuur. Ek het na haar opgekyk en gesien hoe haar ooglede swaar word toe ek my hand teen haar sagte vleis begin beweeg. Sy het haar dy wyer oopgemaak sodat ek beter kon bykom en my middelvinger het in haar slym-nat warmte ingeglip.
Sy het gesien hoe my ereksie my broek laat uitbol het en het haar voet daarop gesit. Ek kon sien hoe haar rooinael toontjies soos vingers om my knop vasklou. Skielik het sy sonder ‘n woord onder haar rok ingereik en my duim vasgevat en dit hard heen en weer teen haar klit gevryf. Ek kon voel hoe sy my vinger die dik vlesige stafie tussen haar lippe teen haar heupbeen vasdruk en wring en ek het daarmee aangehou. Duidelik het sy daarvan gehou, want toe ek opkyk was haar gesig bloedrooi met ‘n blos wat teen haar nek en oor haar bors sprei. Sy het met haar hande haar tieties deur haar rok geknie. Ek kon haar ruik en my hand het ‘n morsige slop-geluide gemaak soos wat haar poesie oor my dringende palm en vingers begin kwyl het. Haar voetbewegings het al hoe meer rukkerig in my skoot geraak.
Sy het diep suggeluide begin maak. Haar oë het oopgeflikker en ongefokus na my gestaar toe ek of sy “naai” uitsteun. Ek het wild rondgekyk na moontlikhede. Ek was nie lus om geskors of andersins gestraf te word nie – maar skielik tref die gedagte my: die trappe. Daar sou niemand dié tyd van die nag op die boonste verdieping se trappe wees nie. Ek het haar aan die hand gegryp en ons het waansinnig van belusting na die trappe gehaas. In die verbyhol het ek die deur van ‘n stoorkamer langs die trapdeur getoets en dit het oopgeswaai – nog beter. Ons het oorhaastig deur die deur gebondel in die donker papiermuf kamertjie die klere van mekaar begin afruk. Die enigste lig in die kamertjie was die ligstreep onder die deur. Ons lywe het mekaar warm en dringend ontmoet. My ereksie het slymstrepe op haar maag gedruk terwyl ons tonge nat mekaar se oop monde verken het. Haar tieties was vol en sag onder my vingers terwyl haar tepels styf in my palms geknop het.
Sy het my bo-op haar na die vloer afgetrek en ek het met een stoot my ding tot diep in haar skede opgedruk. Ons het soos wilde diere tussen ons klere op die stowwerige linoleumvloer gekoppel – sonder kondoom, voorbehoedpille, vrees vir swangerskap of siektes en sonder om mekaar se name eers te ken want dit was alles onnodige detail. Die belangrikste van alles was dat ons daar op die stowwerige vloer in die donker muwwerige kamertjie een wese geword het – en so het ons gebly.
Deur die jare saam het ons lus vir mekaar nooit getaan nie – selfs nie in die moeilike tye nie. Ons wou graag kinders hê en ons het alles gedoen om reg te maak daarvoor. Die spaarkamer is in ‘n kinderkamer omskep en ek het ‘n werk in die buurdorp gekry om meer te verdien. Al het dit ure per dag op die pad gekos, was geen opoffering te groot om vir my toekomstige gesin te sorg nie. Maar niks het gewerk nie – sy kon net nie swanger word nie. Sy was lank van die pil af, sy het kegel-oefeninge gedoen en ek het koue baddens gevat. Twee keer ‘n dag seks gehad wanneer sy ovuleer en elke dag vir die dae voor dit en daarna – net vir ingeval. Ons het verskillende dieëte en boererate uitprobeer, verskillende posisies probeer en elke dokter en kwaksalwer se raad gevolg. Uiteindelik die ginekoloog ons die nuus meegedeel dat die endomitriose so erg is dat dit onopereerbaar is en dat selfs in vitro-bevrugting nie sal werk nie. Ons het vir weke, eintlik maande hieroor getreur maar uiteindelik troos in mekaar gevind.
Ons sekslewe het stadigaan al hoe meer avontuurlustig geword en aangesien daar geen gesinsbeplanningsoorwegings meer was nie, kon ons laat waai wanneer en hoe ons wou. Ons het geweldige genot in mekaar gevind en amper alles in die boek uitprobeer. Soos die jare verbygegaan het, het haar figuur voller geword maar vir my was sy nog steeds so seksie soos daardie eerste dag. Wanneer sy kaal voor die spieël peinsend na haar hangtieties kyk en dit in haar hande oplig of skuins draai om oor haar skouer na die dimpels op haar boude te kyk, met ‘n fronsie wat verdiep, vertel ek vir haar altyd hoe seksie sy is en hoeveel ek van haar volwasse lyf hou terwyl ek na my ereksie beduie wat gretig saam sy bewondering knik. Dan sal sy my wellustige komplimente met ‘n klik van die tong afmaak, maar die skalkse glimlag om haar mond het my nooit ontgaan nie.
Ek hou haar graag geselskap terwyl sy bad – dis maar een van ons ritueeltjies. Sy was eers haar arms en dan haar oksels, dan haar gesig en nek. Volgende aan die beurt is haar bors, maag en tieties – onder en oor. Dan was sy haar voete en bene. Die res was sy onder die water. Dan steek sy eers die een been bo die skuim uit en dan die ander om dit te skeer. Ek kyk hoe die skeermes oor haar skuimnat ferm kuite glip terwyl sy haar tone punt. Dan skeer sy onder haar arms.
Sy stap uit die badkamer pienk en blosend – sommer so sonder ‘n handdoek. Daar is mos niks om voor skaam te wees nie. Dan sprei sy ‘n handdoek oor die een kant van die bed en gaan sit dan op die rand van die bed en lig haar voet op die bed om haar toonnaels te verf. Dit was nog altyd vir my opwindend om dit dop te hou. Elke vrou doen dit seker op haar manier, maar die manier hoe sy dit doen is ongelooflik eroties vir my: haar een been hang oor die rand van die bed terwyl die ander been op die bed is. Sy rus haar ken op haar knie terwyl sy aan haar tone werk. Ingedagte verf sy haar toonnaels, skynbaar onbewus van die feit dat ek haar poesie onder haar skaamkrulle tussen haar skaamlippe kan sien oopgaap. Terwyl sy aan haar voete werk swaai haar tieties sag heen en weer. Haar tepels is plat van die hitte van die bad.
Sy blaas haar hare droog en borsel dit uit. Ek hou daarvan om te kyk hoe haar tieties wip terwyl sy dit borsel. Die ligbruin tepels, veral die areolas, is groter as dié van meeste ander vrouens. Sy het nog nooit in kapsels geglo nie en dit is ook nie nodig nie. Haar hare val soos ‘n swart waterval oor haar skouers. Sy lyk soos ‘n godin uit die Antieke Tyd – Afrodite of Venus.
Sy trek haar swart snaksnaartjie aan. Die piepklein rooie is eintlik my geliefkooste een want dit is so klein dat dit niks toemaak nie, maar dié hou sy vir spesiale geleenthede. Die swart ene is ook mooi en het ‘n valletjierandjie wat net-net haar baldadige krulle, wat verby die lappie se grense beur, bedek. Sy trek dit stadig aan deur om eers met die een voet, dan die ander deur die openinge te trap. Sy staan effe bakbeen om die lappie oor haar poesie te span en dan trek sy met haar duime in die kant-toutjies gehaak, die middelste toutjie tussen haar boude in. Hierdie omgekeerde ontkleedans maak my amper net so warm as om haar te sien ontklee.
Volgende trek sy haar spesiale bra aan. Hierdie bandjielose bra is laag voor en druk haar tieties op sodat hulle groter lyk en die kloof tussen-in meer beklemtoon word. Die voorste deel is so laag dat mens die boonste rand van haar ligbruin areolas net-net kan sien uitsteek. Sy gaan seker haar swart nommertjie vanaand aantrek – en sowaar! Sy haal haar laehals swart rok uit die kas en trek dit aan. Dit gaan sowaar ‘n spesiale aand wees.
Sy buk weer in die kas en haal haar swart hoëhakskoene uit. Ek het nie ‘n voet fetisj nie, maar ek moet bieg: daardie rooi toonnaels wat voor deur die openinge uitsteek laat elke keer herinneringe van gespreide dye met rooi-toonnael voete weerskante van my pompende heupe op die stowwerige linoleum vloer in my gedagtes opkom.
Sy buk vorentoe oor die smuktafel en borsel saggies swart in haar wimpers in. Dan tuit sy en smeer rooi lipstiffie oor haar vol lippe. Dis al – sy glo nie aan die gekleurde ooglede effek of onderlae of poeiers nie – dis ook nie nodig nie. Laastens sit sy ‘n druppeltjie parfuum op haar linkerpols en vryf haar polse teen mekaar en dan agter die ore.
Daar is ‘n toet in die rylaan en sy loer deur die slaapkamervenster se gordyn. Dan gaan staan sy by die smuktafel en vat ‘n geraamde kiekie in haar hand en sê met ‘n sagte stem: “dis nou al ses jaar, Bokkie. Die dag toe ek by die graf trou aan jou gesweer het tot ons mekaar weer in die hemel sal sien…. ses jaar is ‘n lang tyd, Bokkie”. Sy vee ‘n traan van haar wang af. “Die jare stap aan en ek is eensaam – jy kan nie my by daardie droewe belofte hou nie, Bokkie. Jy ken my dan – ek is ‘n vrou van vlees en bloed. Jy moet my laat gaan.”
* Egon Schiele (1917) Umarmung
2 COMMENTS
Uther jy’t die gawe in jou weerspieëlings van selfs net die gegewe, alledaagse om dit te metamorfiseer in iets uniek en spesiaal. Dis wat jou skrywes vir my, persoonlik, so besonders maak.
Dankie weereens vir uitmuntende vermaak!
Uther. Uitstekend en uiters besonders. Dankie.
Ek wens my kop het so beeldend en ordelik soos joune gewerk. Ek kon die twee Sielsgenote se lewe ‘sien’ gebeur.