Die Reis

+3
Hoe lank gaan ek lees: 5 minute

deur Uther Pendragon

Petrus Meerhof sit die rol pelse en staf op die grond neer en gaan sit op ‘n klip in die lawende koelte van ‘n groot essenhoutboom. Hy vee die sweet van sy gesig en nek af en kyk mismoedig na die voetpaadjie wat teen die helling van die berg opkronkel.

“Ek word te oud vir hierdie stront,” mompel hy in sy grys baard. Elke jaar, wanneer dit lente word, besoek hy die dorp om die pelse, wat hy deur die winter gejag het, te verkoop.

Hy buk vooroor en haal ‘n bottel uit sy rugsak – dit is maar halfvol. Moeg besef hy dat hy binnekort ‘n stroompie sal moet kry om dit weer vol te maak. Sy pad na Nieuw Amsterdam is nog lank. Hy trek die kurkprop uit en neem diep teue van die louwarm water voor hy dit weer in sy rugsak druk. Hy staan op en met ‘n kreun trek hy die swaar bondel op sy rug. Gelate dra hy sy las, want hy weet dat hy ‘n goeie prys vir sy pelse gaan kry – veral vir die beervel. Die bewervelle is altyd in aanvraag, maar beervelle is baie gesog. Hy neem sy staf in sy regterhand en val weer in die pad.

Hy bereik na ‘n uur of twee die nek oor die kruin van die berg. Uitasem staan hy stil en kyk hygend oor die voetheuwels wat voor hom uitstrek. Hy kan in die verte die horison dofblou sien uitstrek en hy verbeel hom dis die Atlantiese Oseaan wat hy reeds kan sien. Met nuwe moed begin hy met die pad ondertoe. Sy water is op en hy begin rondkyk vir enige teken van ‘n kloof of ‘n waterval waar hy moontlik water kan kry. Hy stop in sy spore toe hy die klank van kabbelende water hoor. Hy sien ‘n opening tussen die boomstamme deur en kort voor lank kom hy by ‘n riviertjie uit. Hy kniel langs die rivier en vat lang slukke van die koel bergwater. Hy spat die water oor sy kop en gesig om af te koel. Hy besluit om sommer in die water te klim en trek sy stewels uit. Hy haak sy kruisbande af en trek sy hemp uit. Toe hy sy broek uittrek hoor iemand agter hom giggel. Hy vlieg verskrik om en sien tot sy verbasing ‘n vrou in ‘n opening in die woud agter hom. Verboureerd hou hy sy hande voor sy piel en vra “wie is jy, wat maak jy hier?”

Onbeskroomd kyk sy na hom en antwoord glimlaggend: “My naam is Appelliefie. Hierdie is my woud – die vraag is – wie is JY en wat maak jy hier in my woud?”

“Ek is P … Petrus, ek is … is net op pad na Nieuw Amsterdam,” stamel hy verontrus terwyl hy na die mooi blonde vrou kyk wat op die gras gaan sit en onbekaamd na sy kruis staar. Petrus besef dat sy hande nie groot genoeg is om sy balle, wat swaar onder sy piel afhang, te bedek nie.

Appelliefe se rok trek af toe sy haar wit bene wyd oopsprei. Petrus se blik word direk na die ruie blonde bos tussen haar sagte dye getrek en die gedruis van die bloed in sy ore doof haar woorde uit. Sy herhaal: “Kom hier na my jou moeë man” en sy klop met haar hand op die gras langs haar.
Petrus staan in sy spore gevries. Hy voel die angs sy keel laat toetrek en die koue sweet op sy voorkom uitslaan. Sy vrou Magriet is reeds twee dekades gelede met kindergeboorte oorlede en hy was nog nie weer by ‘n vrou nie. Sy oë rek toe Appelliefie se hand in haar bos insak en sy tussen haar voor en middelvingers haar poes ooprek. Sy hande val na sy sye en sy piel priem voor hom uit terwyl hy na die gapende rooi gat staar. In ‘n dwaal loop hy kaalvoet na haar terwyl sy haar rok voor oopknoop.

Hy staan langs haar en kyk na haar wit lyf wat soos ‘n blom op die oopgevlekte rok vir hom oopgaan. Sy lag skalks vir hom en rol onverwags op haar elmboë en knieë om. Met ‘n kreun sak hy tussen haar bene neer en met een stoot van sy heupe dring hy tot in haar diepste warmte in. Petrus hou haar boude vas en begin met sy heupe pomp, eers onhandig en rukkerig, maar soos die herinneringe terugkom, begin sy lyf sy ou vaardighede vind en sy bewegings word ritmies en al hoe sterker tot hy soos ‘n jong man wild sy dik piel in en uit haar gapende poes dryf. Petrus koppel vasberade tot sweet naderhand van sy slape stroom. Appelliefie kreun van genot terwyl Petrus se harde bruingebrande lyf haar sagte wit lyf ry. Petrus se oë staar onsiende voor hom uit toe hy met hardgebolde boude sy sperms krampagtig in haar sagte slymnat kont inspuit.

Petrus skrik wakker met ‘n ongelooflike lekker sensasie wat sy piel met warmte en natheid omgewe. Sy oë sukkel om te fokus – dit was nie ‘n droom nie – ‘n engel ry op hom. Die sakkende son maak ‘n stralekrans om haar kop soos dit deur haar wilde hare skyn. Haar groot tiete swaai wild soos sy op hom ry en hy gryp hulle instinktief in sy hande vas en begin die tepels trek. Appelliefie se asem begin hortend hyg en hy sien hoe haar oë wit omdop voor sy hees krete gee, maar sonder om op te hou ry. Dit voel vir Petrus asof hy deur ‘n pienk waas van tydlose wellus omhul word soos ou herinneringe van sy eerste welluservarings terugkom. Hy voel hoe sy piel tot by sy balle in haar opstoot, ritmies, tergend, onweerstaanbaar lekker en dan trek sy rug krom soos hy in haar spuit en spuit. Appelliefe val langs hom neer en hy hou haar hygende lyf vas.

Toe hulle wakker word soen sy hom oral oor sy gesig, terwyl hy haar sagte lyf streel. Hy knie haar groot tiete sag in sy hand en sy sê met ‘n hees stem: “Ek soek jou dik piel in my …” Hy skêr met sy bene tot tussen hare in wat sy wyd oopmaak om hom te ontvang. Sy piel gly moeiteloos in haar slymnat poes in en hy ry haar heupe met wilde onhandige stote tot tintels van die naderende orgasme oor die agterkant van sy dye en boude begin spoel. ‘n Pienk wolk van benewelde wellus sak oor hom soos wat Appelliefie se liefkosings herinneringe aan al die pare sagte vrouehande wat ooit oor sy lyf gestreel het terugbring. In sy beneweling verbeel hy hom hy sien bewers, vosse, takbokke en ‘n beer om hulle in die oopte staan voor hulle stil in die woud verdwyn. ‘n Kreun dui die eerste ekstatiese skok, wat deur sy piel skiet, aan. Appelliefie se arms en bene klamp om Petrus se styftrekkende boude saam en trek hom diep in haar in. Uitgeput raak hy aan die slaap, onbewus van die maan wat groot en geel op die oostelike horison verskyn.
Toe hy wakker word is dit nat en warm om hom. Dit is vreemd maar tog gerusstellend bekend. Hy is blind, maar kan voel en hoor. Alles om hom skud sag met ‘n diep doef-kedoef … doef-kedoef … doef-kedoef. Hy luister daarna en raak weer aan die slaap. Hy word weer wakker en dryf rustig en kalm in die ritmiese doef-kedoef … Hy word bewus van ‘n kleur – dis donkerpienk – die kleur van hitte en liefde wat hom omring. Hy tol stadig om die buis wat sy magie met die liefde om hom verbind. Hy is gelukkig en tevrede.

 

* Spiral Genesis deur Mark Henson
+3

One thought on “Die Reis

  • May 4, 2021 at 4:16 pm
    Permalink

    Uitstekend ! Prima leesstof van ‘n welbelese skrywer !
    Dankie Uther ! Ek het geweldig geniet !

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)
Enable Notifications    OK No thanks