Die Prys van Vryheid (10)
deur Annelise
(Lees vorige episode HIER)
Dominee Stefan staan langs my, maar ek kyk nie na hom nie. Ek bestaan uit een groot skaamte. Hy het my uitgeskop. Vanoggend het hy die deur van die wit kamer oopgesluit en vir die eerste keer agter hom oopgelos. Hy het langs die bed kom staan. Op sy gesig was nie meer vriendelikheid nie. Daar was iets soos woede en walging.
“Jy hoef my niks te vertel nie, ek weet wie en wat jy is,” het hy gesê. “Ek kan nie glo ek het jou weer heel gedokter nie. ‘n Godsman soos ek en ‘n hoer soos jy. Trek hierdie aan,” het hy gegrom en een van sy blokkieshemde op die vloer gegooi.”
My boobs is dalk merkloos, maar die merke van sy toue het rooi om my polse gesit toe hy my losmaak. Dit is steeds daar.
“Sies,” het hy gesê. Ek weet nie of hy dit vir my of vir homself sê nie.
Ek het sy hemp van die grond af opgetel en dit aangetrek. Dit hang tot net so onder my boude.
‘Trek jou skoene aan en kom saam,” het hy gesê.
Ek het in my rugsak gegrou – wat ek steeds nie weet hoe dit daar beland het nie – en my rooi sneakers uitgehaal. Hy was reeds op pad uit by die deur toe ek klaar was. Ek het in die warm, helder lig uit die kamer gestruikel-val agter hom aan.
Hy het in ‘n stowwerige wit bakkie geklim en die passasiersdeur van binne af oopgemaak. Ek het ingeklim en toe het hy in ‘n stofwolk weggetrek en nou staan ons hier onder ‘n groot kremetartboom langs ‘n spierwit stofpad.
Ek verstaan nie waar ek is nie. Ek verstaan nie wat hy dink hy weet van my nie. Ek weet nie wat ek verkeerd gedoen het nie, maar ek weet ek is skaam.
“Dankie vir alles,” sê ek versigtig.
Hy antwoord nie.
Na ‘n hele ruk van doodse stilte en stilstaan langs mekaar onder die boom, kom daar ‘n stofwolk in die pad aan. Dis ‘n gehawende ou Mercedes. Beige. Twee mans klim uit. Hulle lyk oud. Ouer as hulle kar. Hulle is seker al sewentig of ouer. Hulle het rooi aartjies op hulle gesigte. Die een se neus lyk dik en geswel soos gebarsde aartjies dit oortrek. Die ander ene is kaalkop. Die kaalkop ene loop krom en het dun bene, die ander ene is baie vet.
Dominee staan vorentoe en skud hulle hande.
“So julle sal haar tot by die grens vat en dan oorhandig?” sê-vra hy.
“Vir betaling,” sê kaalkop.
“Nou ja toe, dan ry ek maar,” sê dominee.
Hy kyk nie eens weer na my nie. Hy klim in sy kar en ry.
Ek kan dit nie glo nie! Wat gaan aan?
“Ek hoor jy soek ‘n lift Kaap toe,” sê rooineus. “En ek hoor jy betaal.”
My kop draai. Vir maande, vandat ek van die grens af ontvoer is, het ek nie eens aan die Kaap gedink nie. Ek het nie aan my vorige lewe gedink nie. Ek het nie gedink nie. Ek het net probeer oorleef in die wêreld waarin ek gegooi is. En toe skielik bevind ek myself in ‘n wit kamer met ‘n toe deur waar ek ook nie myself kon toelaat om te dink nie, want dan sou ek dalk mal word.
En nou … nou staan ek hier langs ‘n grondpad in die middel van nêrens, met net ‘n manshemp aan en iemand vra my of ek nog Kaap toe wil gaan. Hoe weet hulle daarvan, anyway? My kop voel asof dit opstyg van my lyf af en hoog bo die bosse om my begin sweef. Wat moet ek dink en voel en doen? Die wêreld is mal aan die tol en ek wil afklim, maar weet nie hoe nie.
“Miskien moet ek net huis toe gaan,” se ek, my oe weer op die grond.
“Huis toe gaan? Met daardie gesig en bene? Met daardie hare. Wil jy nie ‘n model word nie? Ek het so iets gehoor?” se dikneus.
Ek weet nie ek weet nie ek weet nie ek weet nie. My kop sweef steeds oor die bome en ek weet ek moet antwoord, maar my woorde sweef daar bo saam met my kop en dan voel ek hoe my wang die growwe pad tref.
“Kom ons sit haar op die agterseat. Ons kan later klaarpraat oor die betaling,” se die een oom vir die ander.
Iewers op die agtersitplek van die beige Mercedes word my kop weer swaarder en sweef dit in deur die oop venster tot dit weer vas aan my nek sit. En dan weet ek weer niks.
***
“Ons is nou naby Maun. Dis amper so ver noord as wat Rundu is,” sê die sweterige, vet man aan die anderkant van die sementtafel. “Dis nog ver tot by die grens van Suid-Afrika, maar ons het ook ‘n kontak wat jou oor die grens kan smokkel sonder ‘n paspoort wanneer ons daar kom. Daar sal dan iemand wees wat jou verder kan vat.” Hy vee eers die sweet met ‘n vuil sakdoek van sy voorkop af voor hy verder praat: “Maar ons gaan dit nie vir liefde en charity doen nie. Ons het ver gery om jou te kom help op jou journey en om deur jou betaal te word.”
Ek skud my kop. Hoe het hulle geweet van my en om my te kom oplaai? Het die dominee hulle laat weet? Ek kan nie mooi dink nie, miskien het die mense in die jagkamp iets in my brein gebreek, want ek sukkel om sin te maak van wat alles nou gebeur. Miskien moet ek net op een ding op ‘n slag probeer konsentreer. Net soos aan die begin van my reis – voor alles verkeerd gegaan het. Ek maak my oe toe en sien weer Tafelberg en die see. Ek sien myself op ‘n tydskif se voorblad. Ek sien ook oom Kobus wat oor my le met sy lyf – vir altyd. Nee! Ek soek vryheid. As ‘n mens aanmekaar in die regte rigting ry, is die Kaap nie so baie dae weg nie, net baie kilometers.
“Hoeveel wil julle hê moet ek betaal,” vra ek sag.
***
Ons het drie dae lank met die warm, stadige kar gery om tot hier te kom waar ek op die oewer van die Limpopo-rivier staan. Drie dae en twee nagte. In die dag het ek op die taai agtersitplek van die kar geslaap. In die nag het ek betaal vir die kilometers. Twee nagte op vuil lakens in vuil motelkamers in die arms van een van die twee mans. Een man slapend en snorkend op ‘n bank of enkelbed in ‘n aangrensende vertrek en die ander lekkend en slurpend en stekend en vattend aan my. Een nag van my bene wyd genoeg oopmaak om plek te maak vir ‘n groot boepens. Van sukkel om asem te kry wanneer hy oor my neersak. Die ander nag gevul met hangvelle en hangballe en alles wat opgegee het en ek wat dit moet liefkoos. Albei se piele wat oud en moeg is, probeer styf maak sodat dit in my poesie kan leegmaak sodat ek weer van voor af kan begin styfmaak en lusmaak. Twee nagte van vingers en tonge en monde, sweet en stink asems. Omies wat opstaan in die nag om toilet toe te gaan en dan eers weer wil soen en vry en styf gemaak word. Een pap mond, want die vals tande op die kanttafel is sommer uitgelos. Twee nagte van wat die res van my lewe sal wees as ek dit saam met oom Kobus sou deurbring.
Maar nou het ek klaar betaal en staan ek hier op die grens van Botswana en Suid-Afrika. Iemand is besig om met ‘n bootjie oor die rivier te kom. Die sakkende son maak die golfies agter die boot rooi. Hierdie man gaan my oor die grens vat en dan na iemand vat wat my gaan help om in die Kaap te kom.
Die man wat my oor die rivier vat is jonk. Hy is een van die boere langs die rivier se seuns. Hy het ‘n baie kort broek en ‘n kakiehemp aan. Sy hare is kort gesny en sy lyf is gespierd. Hy sê hy gaan my Pretoria toe vat na iemand wat my sal help met my modelloopbaan. Daardie persoon sal ook vir my ‘n lift Kaap toe reel. Hy sê hy het klaar gesê hy wil my voor en na die lift naai en die ooms het gesê dis reg so.
Dan is dit seker reg so…
Hy druk my teen sy Land Cruiser se voorste bumper vas en zip my short oop.
“Ek soek jou poes, hoer,” sê hy.
Ek trek my short en pantie uit. Sy piel is reeds stokstyf en uit sy broek wanneer hy my van my voete aflig. Met my rug teen die bumper my bene in die lug druk hy sy teelpaal sonder seremonie in my in. Hy kom hard en vinnig en met ‘n vloek. Hy zip sy broek toe en gaan sit agter die stuur tot ek aangetrek het en langs hom inklim. Vir die drie ure Pretoria toe sê hy nie ‘n woord vir my nie.
Uiteindelik stop ons voor ‘n gebou in Pretoria. Die laaste groot pad se naam was Van der Hoff Weg. Dit lyk nie so mooi hier soos wat ek my verbeel het Pretoria met sy Jakarandabome lyk nie. Miskien is dit net omdat dit donker is. Bo die een deur van die gehawende gebou flikker ‘n neon woord: photographer. ‘n Lig gaan op die tweede verdieping aan. Na ‘n rukkie maak ‘n man met ‘n lang grys poniestert maak die deur onder die photographer-teken oop.
Boerseun loop om die kar na waar ek staan en wag.
“Poes,” se hy en ek verstaan.
Ek trek weer my short en pantie af. My pantie is nog nat en klewerig van sy vorige kom wat uitgeloop het. Hy druk my sommer langs die deur aan die kant van die bak vas. My tone raak raak net-net aan die grond hierdie keer. Hy kom net so vinnig en net so hard soos drie ure gelede op sy pa se plaas langs die rivier.
Die man wat die deur oopgemaak het staan en rook terwyl hy wag vir my om my klere weer aan te trek. Agter my trek die Land Cruiser lawaaierig weg.
“Welkom, welkom se die nuwe man. Lilly? Jy is seker moeg na die lang pad? Kom gerus binne. Kom eet ietsie voor jy gaan rus. Ons kan more gesels. As jy gelukkig is sal Nixon vanaand op jou bed slaap.”
