Die Maseru-konneksie
deur Kleinboer
Dit voel soos ’n tuiskoms toe ek by die Royal Park Hotel instap. In die kroeg drink ek ’n Hunter’s Dry. Daar is mooi vroue om uit te kies, en halftien se kant vergesel ek Patricia. Sy het ’n rooi bloes aan waarop wit dotjies gedruk is (dié kleurkombinasie was my oorlede ma se gunsteling). In die gang wat uit die kroeg lei, vra sy ek moet vir haar ’n Aeromint-tjoklit by die vending machine koop. In die hysbak hou sy dit na my uit sodat ek ook kan hap. Sy sê sy het drie weke terug vanaf Lesotho na Johannesburg gekom. Haar naels is kort, sy dra min grimering en het nie fieterjasies soos ’n neus-stud of ’n naeltjiering nie.
Kamer 302. Ons lê op die bed en sy vertel my haar pa is ’n kleinboer buite Maseru. Hy het ’n klompie beeste en plant ook gewasse, en kan slegs Sotho praat. Sy kniel langs my, haar boude vorm ’n mooi boog, en maak my voël met haar hand styf. Terwyl sy dit met ligte beweginkies skud, sê sy “listen!” en hou haar oor naby. Dis so ’n klotsgeluidjie van sous wat van binne kom, en ek sien ’n bietjie deurskynende vog wat reeds aan die voorkant uitkom. Patricia rol ’n kondoom oor my horing af. Sy begin met die blowjob en ek maak my oë in ekstase toe, maak hulle weer oop om na haar mond te kyk en maak hulle gou weer toe, verleë om die ekstreme intimiteit so te besigtig. Sy haal haar mond vlugtig van my voël af en sê: “You can look at me, I don’t mind.” Ek kyk vir ’n rukkie hoe sy suig en lek, maar maak my oë dan weer toe ─ dis asof mens meer vóél met geslote oë.
“Are you dead?” vra sy.
Ek maak my een oog oop. “Yes, all of me has gone stiff.”
Sy lag en beweeg haar heupe. “We’re going to do it nice,” sê sy. Ek streel haar ondermaag, die vetlagie het die perfekte dikte vir my.
Puik naai. Lekker nuwe doos.
Agterna trek ek my klere aan en gee haar R90. Daar is botteltjies met verskillende rome op haar spieëlkas. Toe ek daarna wys, verduidelik sy elkeen se funksie aan my. Die een room is vir rekmerkies wat sy ontwikkel het toe sy swanger was. “May I have some of it for the stretch marks on my cock?” vra ek.
Ek wens mense wat dink dat die lewens van alle prostitute desperaat is, kan nou vlieë teen die muur wees. Patricia sê vol vertroue sy gaan met ’n lang wit ou van Pretoria trou, maar ek weet nie of ek dit moet glo nie. Sy demonstreer hoe mooi manlik loop hy.
Sy vergesel my na my kar. Uit die kattebak haal ek ’n piesang en gee dit vir haar, en ook ’n Farmer’s Weekly. “Give it to your father when you go home. It doesn’t matter that he can’t read English, the pictures will help him,” groet ek.